As daar een ding wat my nou behoorlik be#*?**# maak is dit persone wat
oorsee sit op hulle vet gatte en baie te se het oor wat ons in Suid Afrika
moet doen. Plaas hulle eers kyk watter kak in hulle eie land is .Amerika en
Kanada is net so rassisties .Ek wonder wat hulle te se sou gehad het as dit
sy swanger vrou was wat in haar maag gekiet was of sy 10 jaar oue kind wat
verkrag was.En as die doners gevang word stap hulle more weer buit rond.
Alles word blameer op arpartheid maar ek dink persoonlik dit is pure
barbaarsheid
Reenen, ek het so n vae gevoelente dat jy na my kant toe skimp
as jy praat van "oorsese vetgatte" wat vir julle wil sê wat om
te doen. Ek het nie gedink ek sou dit sê nie, maar ek is nie
destyds weg oor politieke redes nie. Inteendeel, ek was baie
gelukkig op vele vlakke. Ek het bloot n Amerikaner ontmoet in
ZA en met hom getrou, en het hierheen getrek omdat . . . wel
omdat mens gewoonlik agter jou man aan trek.
Ek en hy praat juis nou die dag dat waneer ons eendag aftree,
(seker so in 15 jaar), dat ons graag vir ons in ZA wil vestig,
omdat ons verder sal kom met ons dollar, en omdat dit nog myns
insiens die mooiste land in die
wêreld is. Ons kyk juis nou na grond in Darling, en langs die
Weskus op, om te begin bou.
So ja, ons sal baie te sê he, want as mens verwyder van die
probleem is, sien jy baie keer meer duidelik wat verander moet
word. En ja, die meeste Amerikaners is ook rassisties, maar twee
verkeerdes maak nie n regte nie. Ek gun net elke mens sy plek
in die son, en voel ons wit Afrikane moet probeer om te aanvaar
en te verdra, al is dit soms moeilik.
Reenen van Niekerk wrote in article
...
> As daar een ding wat my nou behoorlik be#*?**# maak is dit persone wat
> oorsee sit op hulle vet gatte en baie te se het oor wat ons in Suid Afrika
> moet doen. Plaas hulle eers kyk watter kak in hulle eie land is .Amerika en
> Kanada is net so rassisties .Ek wonder wat hulle te se sou gehad het as dit
> sy swanger vrou was wat in haar maag gekiet was of sy 10 jaar oue kind wat
> verkrag was.En as die doners gevang word stap hulle more weer buit rond.
>
> Alles word blameer op arpartheid maar ek dink persoonlik dit is pure
> barbaarsheid
>
> Reenen
>
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet.
Veral vir die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook vir
die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Veral vir
die effektiewe beleids bestuur aangaande die verskaffing van
hulp bystand, en brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes
wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En
om die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Wil ook graag Plaaslike en Internasionale Banke, veral die IMF,
Chase Manhatten, en die Wereld Bank gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die
Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir
die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook vir die
verskaffing van menige dienste aan die gemeenskap - plaaslik en
internasionaal. Veral om lenings toe te staan vir nasionale en
internasionale projekte, om die ekonomiee van Lande op die
Planeet te stimuleer. Insluitend die menige bydraes wat gelewer
word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om die
Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet te ondersteun
om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Wil ook graag Padbouers en Kontrakteurs in ons Paradys, en
elders op die Planeet, asook Yster en Staal, Grond verskuiwing,
Padbou toerusting en materiaal, Brandstof verskaffings
industriee en Verskaffers, veral Sasol, en Tolpad firmas,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë en
vasberadenheid. Asook vir verskaffing van menige dienste, om die
pad stelsel van Lande op die Planeet te verhoog. Veral vir
Italiaanse pad bou firmas, wat aan menige projekte in ons
Paradys, en elders op die Planeet deelgeneem het, en uitstekende
dienste lewer. Asook Koreaanse Padbouers, veronderstel Suid
Koreaanse padbouers, om die pad stelsel van Malaysia asemrowend
te verhoog. Insluitend menige ander padbou firmas nie hier
genoem. Om die ekonomiee van Lande op die Planeet te stimuleer.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en
Suid Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en
elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die pad stelsel te
verhoog in ons Paradys, en in SAOG lidlande. Behou geloof, hoop
en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee
in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.
Stel voor om ontmoetings te verhoog met Munisipaliteite,
Private, Informele en ander Sektore nie hier genoem, asook
Organisasies en Individue. Om die verhoging van die pad stelsel
van die 2020 plan in ons Paradys, en in SAOG lidlande te
bespreek. Asook, om geleendhede te identifiseer waar die pad
stelsel verhoog kan word, tot die voordeel van die gemeenskap,
en die ekonomie in geheel.
Ontmoetings kan ook verhoog word om die haalbaarheid vas te stel
van die betaling van tolgelde vir die eerste 6-8 maande waar
verbeterde paaie beskikbaar gestel word, indien nodig.
Afhangende van die keuse van die gemeenskap woonagtig in die
gebied. Asook enige ander faktore benodig om hierdie besluit te
neem.
Ontmoetings met Internasionale Banke en Geld skieters kan ook
verhoog word, om vir lenings aan te vra, om die pad stelsel van
ons Paradys te verhoog, waar nodig. Asook tussen Lande en Banke
en Geld skieters, of enige ander prosedure wat gevolg moet word
om fondse te verkry om die pad stel te verhoog in SAOG lidlande.
Koste berekeninge kan ook verhoog word in gebiede waar die pad
stelsel verhoog word. Om berekeninge te bepaal om met projekte
te begin. Projekte kan ook prioritiseer word. Hoogtens aanraai
om plekke wat deur vloede affekteer is, indien enige, prioriteit
te gee, bv. Oos Kaap, Mpumalanga, Noordelike Provinsie,
Mosambiek, Zimbabwe. Daarna om verder noord te beweeg, bv.
Tanzania, Kenia, Zambie, Ivoorkus, Nigerie, ens. Baseer op die
beskikbaarheid van hulpbronne, plaaslik en internasionaal, asook
toerusting en materiaal benodig en beskikbaar.
Daarna kan ontmoetings met pad werk firmas verhoog word,
plaaslik en internasionaal, verkieslik Westerse, veral VSA,
vriendelike firmas, indien moontlik. Asook, om die huidige
verhoudinge met Lande en SAOG lidlande te behou, afhangende van
die keuse van Lande self waar die pad stelsel verhoog word. Dan
om met projekte voort te gaan waar die pad stelsel verhoog word,
in ons Paradys, en in SAOG lidlande terselfdertyd. Lang termyn
doelwitte kan ook met firmas verhoog word, afhangende van die
prestasie en kwaliteit van dienste gelewer tydens projekte, o.a.
Suid Afrikaanse pad bou firmas kan prioriteit gegee word, indien
moontlik, en so verkies deur Lande alreeds genoem.
Die produksie van voorafgevaardigde brue en konkryt produkte
benodig kan ook verhoog word by fabrieke. En opgerig word waar
en wanneer nodig. Om projekte vinniger af te handel om die pad
stelsel in ons Paradys, en elders in SAOG lidlande te verhoog.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Meer
paaie kan die ekonomie asemrowend verhoog. :) Infra struktuur
kan verhoog word in gebiede wat vloede ondervind het. :)
Tolgelde kan aangewend word om 'n gedeelte van die ontwikkelings
koste te betaal van die verhoging van die pad stelsel, indien
moontlik. :) Vervoer kan asemrowend verhoog word. :) Werk
verskaffings geleendhede kan asemrowend verhoog word in ons
Paradys, en in SAOG lidlande. :) Ekonomiee, en potensiële
ekonomiee kan asemrowend stimuleer word. :) Onafhanklikheid, en
inter-afhanklikheid, kan asemrowend verhoog word. :) Vrede en
voorspoed kan asemrowend verhoog word. :) Gemeenskaplike belange
kan alle partye geweldig bevoordeel. :) Die Afrika en Suid
Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem. :) En 'n
beter lewe kan vir almal geskep word. :)
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.
Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)
P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Van die begin af was die Nederlandse stamouers so sterk in die meerderheid
aan die Kaap, dat hulle meer as die helfte van die stamouers gelewer het van
diegene wat later bekend sou staan as Afrikaners. En wat nog belangriker
is: dwarsdeur drie eeue van ontwikkeling en groei heen het die Nederlandse
belangstelling in en bydrae tot die nuwe eenheid nooit opgehou nie.
Dwarsdeur die jare heen het daar voortdurend Nederlanders na Suid-Afrika
gekom uit alle lewensterreine, van die laagste tot die hoogste, en dikwels
was daar manne en vroue onder hulle, wat op die hoogste kulturele vlak
leiding en versorging kom bring het.
En toe die Afrikanervolk teen die einde van die 19e eeu sy lotsuur
binnegegaan het en sienderoë met uitwissing bedreig was, het juis
Nederlanders die ondergang kom help besweer en na die bittere afloop van die
stryd weer kom help om koers aan te dui die toekoms in.
Om saam te vat: die kiem, die wortelstok, die kern en die grondslag van wat
later die Afrikanervolk sou word, was Nederlands. Die meeste stamouers, die
taal, die godsdiensvorm, die omgangsvorm, die sedes en gewoontes, die
volksgeloof en volksoorlewering, die volksgebruike, die rympies en raaisels
en volksverhale, die begrafnisgebruike en volksfeeste - gans die geestelike
besit van die stamouers was 17e-eeus Nederlands. Dit was die fondament en
dit is nog grotendeels die aard van die Afrikanervolk.
Wat daar anders sou kom by die Afrikaner, wat daar omvangryk sou kom aan eie
ontwikkeling of as latere wysigings en omvorming, as toevoeging en
verstewiging, kon net kom as voortbouing op of wysiging van die
oorspronklike Nederlandse voorraad wat aanwesig was en deurentyd aangevul is
Dit is die trotse bydrae van die Nederlanders tot die Afrikanervolk: sy
oorsprong, sy wese, sy aard. Uit die 17e-eeuse Nederlande, met toevoegings
en wysigings, is gebore die Afrikanervolk, het gegroei die Afrikaanse
volkskultuur.
Siende dat hy nou weer in die nuus is dog ek ek deel hierdie staaltjie met
die groep. Op 'n vlug na SA vanaf Boston in '92 vlieg ek via Luxembourg na
Jhb (kon nie op daardie stadium direk vlieg nie en studente vlieg maar
goedkoop). Vind op die lughawe uit dat die uwe, Eugene Terreblanche, op
dieselfde vlug is as ek. Sal die vesel so waaragtig by die vliegtuig se
deur staan en almal wat die vliegtuig ingaan se hand probeer skud! Was
interresant om die toeriste se gesigte te sien, het seker gedink die kerel
met die baard was die vlieenier... Wonder nog steeds of hulle braaf of net
dom was, as my vlieenier sulke rooi oe en brandewyn asem gehad het, het ek
nie op die vliegtuig geklim nie...
Paul
NS Moet die man dit toegee, hy het dit goed gevat toe ek hom blatant
geignoreer het...
Wil slegs aanbeveel vir mense wat interesse het aan die afkoms van die z.g.
"blankes" in Suid Afrika en viral vir mense wat dink hulle en hulle familie
is puur wit die twee navolgende dunne boeke te lees. Dese gee 'n verrassende
insig in die samenstelling van die blankes in Suid afrika.
"GROEP SONDER GRENSE" deur H.F. Heese (senior navorser aan die Wes-kaaplandse
Instituut vir Historise Navorsing aan die Universiteit van Wes-Kaapland,
Bellville 1984
-----------
"DE AFKOMST DER BOEREN" deur Dr. H.T. COLENBRANDER uitgawe 1902
Sy naam was Autshumao - Herrie was die paternalistiese naam wat die hollandrs
hom gegee het omdat hulle kwansuis nie sy naam kon uitspreek nie. Die boot wat
tans mense na robbeneiland ferry word dan ook die Autshumao genoem. Heel gepas
omdat hy die enigste (sommigge se een van twee) persoon was wat vanaf
robbeneiland ontsnap het.
> was die eerste native-African wat kon Engels
> praat
Nee, die eerste Khoe of inheemse suid-afrikaan. By hierdie tyd was daar al
talle "native-africans" aan die weskus van afrika wat kon engels praat.
> Waar het hy die taal
> geleer en wanneer. Ten eerste het hy die taal geleer in Engeland
Ek het altyd geleer dat die taal eerste gekom het en die trippie na engeland
later (hy was, na sommigge berigte, ook frans en portugees magtig - ten minste
so dat hy kon interpreteer).
Hy is natuurlik later na robbeneiland verban as die eerste prisonier daar, as
ek dit reg onthou.
As 'n Afrikaner wat nie meer in Suid-Afrika woon nie geniet ek hierdie NG
soos geen ander nie. Wat sal die lewe wees sonder verskillende sienings.
Ek dink ek het meer geleer oor ons geskiedenis in hierdie NG die laaste paar
weke as in al my jare in skool in SA - die wondere van die internet en 'free
speech'! Dankie aan almal - veral aan reisiger wat my daaglikse komedie
verskaf...
Baie dankie vir al positewe "follow-ups" aan die pos. Hier is meer
woorde wat ek vertalings nodig het...
Browser
Links (sleutel, link,....klink dit reg????)
Software
Official Homepage
Server
'n Gedagte : M-web is my "server", en hulle het opleidings boeke met die
modem gestuur "Die Groot Swart Doos." (nie Mugabe nie!) Die boeke is in
Engels, ek wonder nou of hulle 'n Afrikaanse uitgawe het. Dit sou my
help....