Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

oorseese strontgatte

Thu, 13 April 2000 00:00

Ekwil net aan Bep Nieuwhof en Pro Pacem se ek dink julle verstaan my
heeltemal verkeerd.Ek maak beswaar teen die persone wat oorsee sit en vir
ons blankes se hoe sleg ons is. Ek ondersteun nie die ANC nie. Volgens van
die aanmerkings wat gemaak word is alles die skuld van ons blankes in die
land. Van die persone wat sulke groot bekke het en dink dat hulle alles van
oorsee kan regmaak, hoekom kom hulle en doen dit nie want van die person
dink dat die ANC alles reg doen

Hier is van hulle wat se dit is reg dat die wit boere se plase in Zimbawe
afgeneem moet word. As ek reg onthou was dit GLOUDINA wat dit te se gehad
het. Ek weet nie of se n Suidafrikaner is nie of n Kanadees nie.
Ek neem aan dat sy wel van hier moet kom. Ek wil net vir haar vra hoekom gee
Kanada en Amerika nie die grond terug aan die oorspronklike bewoners
nie.Hoekom moet die boere wat die grond gekoop het en n plaas opgebou het
van niks dit net so weggee. Sal jy tevrede wees as iemand vir jou se dat
hulle jou huis net so gaan vat. Ongelukkig het dit so gebeur in die land,
dit was nie reg nie maar sal dit nou alles regmaak om weer van voor af te
begin. Dan was al die bloedverlies mos verniet gewees

Dan merk ek op dat hier baie mense hulle se se maar te bang is om hulle name
te gee. As jy iets te se het moet jy mos nie bang wees om jou naam te se nie

Ons is mos groot mense en ons kan mos ons opinies lig soos groot mense en as
ons verskil kan ons lekker daaroor stry. Miskien kan jy dalk n opinie wat ek
het verander dan het ons mos iets bereik.

Dit is vir my lekker om met mense te praat wat so ver sit en dit nog in
Afrikaans.

Ek hoop dat julle aan die praat raak

Reenen van Niekerk
Kaapstad
rhe...@iafrica.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sal ons dit ooit erken?

Wed, 12 April 2000 00:00

Dat ons wit Suid Afrikaners eitlik die grootste genetiese vockops op aarde
is.

Dink so daaraan:
Wie het Jan Van Riebeeck se drie skepe beman?
(£10 aan die een wat die drie skepe se name kan onthou, sonder om dit te
gaan oplees,nou)
antwoord: Vuilgat Hollanders

Daar het hulle gewoon vanaf 1652 en wat gedoen?
Maleiers ingevoer as slawe en hulle sommer lekker met die speen gepiets
wanneer vroulief nie kyk nie.

Toe kom die Franse en die Portugese en gooi hulle genetiese invloed in die
pot in.
(Ek neem aan hulle het ook die Maleiers lekker gepiets)

Toe kom die Britte en vock alles op, toe moes voorvader maar die ossewa pak
en spore maak.

Toe kom die Goldrush en al die kak van ooral oor Europa en ander westerse
lande kom was hulle pannetjies in ons genetiese pot.

Nou, soos hulle se:"Too many coocks, spoil the broth"

Die twee wereld oorloe het die jode gebring. Nog meer besmetting.

Geen wonder ons kry niks gedoen nie en staan nooit saam nie. . . .

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

ICQ in Zuid-Afrika

Wed, 12 April 2000 00:00

Hallo,

Is er iemand die ICQ op de pc heeft in Zuid-Afrika en wil ICQ'en in het
Nederlands/Afrikaans ?

Groetjes
Nick

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Is die Duitser en Hollender van virskillende Ras?

Wed, 12 April 2000 00:00

Volgens die uitspraak van die hof in die saak van David Irving is hy
skuldig bevind van onder andere rasisme. Van watter ras? Die Joodse ras?
Die Duitse Ras of nou die Amerikaanse ras? Of, is dit nou dat Irving
eintlik Engels is? So ironies - selfs die Jode van die tyd was
hoofsaaklik van Duitsland. So, waar pas nou rasisme in as, almal
betrokke geklasifeer as 'Europeer'? Of, is die hof nou eintlik so
bietjie konfuse?

Ernest
Die pennie drop nou eers. Dit moet wees dat Hitler nie Duis was nie!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

@home.com(wat reg is vir een is reg vir n ander)

Tue, 11 April 2000 00:00

Ek stem in n manier saam met jou. As jy gemoor het vir die lekker daarvan
soos Basson en ander gedoen het moet hulle die gevolge dra.Dit tel natuurlik
aan die ander kant ook soos die Winnies en co. In my opinie mors ons te veel
geld met die Basson se verhoor. Hy het skat ryk geword deur ander se leed. n
Koel in die kop sal goedkoper wees vir hom.En al die persone wat in die
parlement sit wat bomme geplant het en onskuldige mense gedood het kort die
selfde.

Net jammer die persone wat die opdragte gegee het sit lekker en die poeppol
wat die opdragte moes uitvoer moet in die tronk sit.Net jammer van die wat
opdragte gegee het sit nog in hoe poste

Ek self was n polisieman vir 18 jaar en ek is nie skaam om dit te se nie. Ek
moes om mediese redes gaan. Soos ek sit en skryf sit ek in gips na my 5de
operasie op my been.Ek kan se ek is deur met n skoon rekord en ek voel dat
ek altyd reg probeer optree het. Dit is met spyt dat ek elke dag in n
koerant moet lees dat n polisie man betrokke was met misdaad. Êrens moet iets
drasties gedoen word of ons land gaan in n gemors opland en ons is vinnig op
pad daarna.

Dit is lekker almal is bereid om daaroor te praat en voorstelle te doen om
dit reg te stel maar niks gebeur nie

Reenen

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Ou Amsterdam" deur A.D. Keet (1888)

Tue, 11 April 2000 00:00

Ou Amsterdam is tog so mooi
Met al sy liggies uitgetooi
In donker, donker nagte.
Dis liggies hier en liggies daar
In lange rye aanmekaar,
Wat flikker in die gragte!

En honderd duisend ogies loer
Op spieëlgladde watervloer
Daar bowe uit die hemel.
Dis liggies hier en liggies daar
En bootjies, wat so saggies vaar,
Dat ligte golfies wemel.

Die liggies zoek mekaar weer op
In water, wat teen walle klop
Op stormachtig' nagte.
So towerachtig, lief en skoon
Is liggies, wat op walle woon
En flonker in die gragte.

A. D. Keet
----------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Die Lied van die Nagwind" deur D. F. Malherbe (1881)

Tue, 11 April 2000 00:00

Ek lê op my bed, so onrustig -
dis middernag lank al verby,
en ek hoor hoe die nagtlike koelte
deur eike en denne sig sprei.

Dit ruis nes die siltige waters,
wat daar skuif oor die sandige strand,
gehoor deur die wandelaar van verre
wat seewaarts hom haas oor die land.

O nagwind, o nagwind, kom sê my,
wat spreek tog jou ruisende lied?
Vertel jy 'n tyding van liefde?
Breng jy vrede of wee en verdriet?

Dit is my of duisende stemme
van mense reeds lang weggekwyn
vermeng met jou ruisende sugte,
hul eggo van droefheid en pyn.

Die voorsang van duisende wesens
nie-gebore, vertolk my jou sug,
die lied van hul komende weedom
die draag jy so sag deur die lug.

O nagwind, ek hoor maar deurgrond nie
jou klagende, suisende sang -
my harte klop sneller en sneller,
my kinderlik harte word bang!

D. F. Malherbe

------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Muskiete-jag" deur A.D. Keet (1888)

Tue, 11 April 2000 00:00

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier op my kamermure,
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie
Wees ook nie so keiskeurig nie,
Jy moet tog één dag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie
Al soebat jy nou nog so lang,
Al se jy ook: ek es nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie ....

Hoe sedig sit hy. O, die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nou gaan die vabond sterwe ....
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer -
My naam is van der Merwe!

A. D. Keet

-------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Ons Afrikaanse Moedertaal" (1865)

Tue, 11 April 2000 00:00

Daar is iets liefs en groots gebeur
als kinderlippies "Mamma" sê:
'n wondersaadjie wat ontkiem,
deur God in vaarlands grond gelê.

Die plantjie van die moedertaal
word stil gekweek door moederhand;
die wêreld weet nie wat daar groei
aan moederskoot, vir vaderland.

En als die wêreld dit gewaar
en, net bedag op eiebaat
die boompje wil ontwortel, dan
is 't reeds te laat, o, veel te laat!

Sy krag groei aan deur ruk en pluk,
hy klou nog vaster, duisendmaal,
met liefdegreep in vaarlandsgrond, -
hy word heldin- en heldetaal -

geheilig, dan, in trane en rou,
in klag van moederhartewond, -
geheilig, onder wreedaardshand,
in sterwensroep uit kindermond.

Dis afbetaal, die dure prys.
Deur lye sterk, in stryd gestaal,
is wereldburgerskap jou loon,
ons Afrikaanse moedertaal!

En aan jou hand sien ook ons volk
sy wêreld, hou jou nie meer doof, -
Pas op, die vlakte is ontwaak!

Jan Celliers

---------------------------

Beste wense

Alex Koster
Student
Cambridge, V.K.

www.koster37.freeserve.co.uk

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Mense Regte en Immigrasie in Suid Afrika

Tue, 11 April 2000 00:00

Mens vang glo meer vlieë met heuning as asyn, so hier gaan ek weer.

The following is a resource site for people who are married to a South
African citizen, or intend to and wish to emigrate to South Africa. ( not
many do, but some like myself and my Canadian spouse have found that the
system not ideal)

If you have a similar problem feel free to join us in our fight for Human
Rights for our chosen spouses.

http://1freespace.com/spouse/ (Moenie worry nie, daar is nie kaalgat
prentjies nie......)

All inputs are appreciated even those that chose to nit-pick the validity of
my statements.

Submissions can be made on the website.

Regards

Francois

Emigrasie & buiteland | 4 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102  1103  1104  1105  1106  1107  1108    »]
Tyd nou: Mon Jan 20 04:08:14 UTC 2025