Almal stem saam dat hierdie winter een van die
moeilikste is in Noord-Amerika. Dis asof daar
min blaaskans is tussen elke slegte stuk nuus.
In die laaste dag of twee het 'n groot storm
Noord-Amerika van die Middelweste tot in die
Ooste getref. Ons hierbo in Kanada se ooste
het gelukkig alles as sneeu ontvang, en sneeu
in die winter is iets wat Kanada kan hanteer.
Maar die weerkompleks het ysstorms in die
suide van die VSA veroorsaak, en ysstorms
kan iets skrikwekkends wees.
Waar 'n koue front 'n warm front tref, is
daar gewoonlik 'n paar uur wanneer daar ysreën
liewer as sneeu presipiteer. As dit net 'n paar
uur duur, en dan na reën oorslaan, is dit nie
te sleg nie. Maar as hierdie ysreën vir te lank
aangaan, dan begin die ys op die bome en op
die elektrisiteitsdrade swaar weeg. Die drade
kan dan breek of die pale kan kantel. En as
die ysgewig aan beide kante van 'n groot boom
opbou, dan kan dit die boom in die middel laat
oopskeur. In die enigste ysstorm wat ek nog
hier in Ontario ondervind het, het dit later in
sekere dele gelyk of die buurtes uit die lug
gebombardeer was. Orals het groot bome
se groot stamme oopgeklief gestaan en die
takke het op die grong gelê. Ongelukkig word
die regerings eers 'n paar dae na die tyd bewus
dat hulle 'n katastrofe op die hande het, en
stuur die soldate in om te begin help.
'n Paar dae gelede het ek vertel van die brief wat op my gewag het toe
ek hier by die huis aankom - R250 spoedboete. Betreffende dit, 'n
waarskuwing aan julle: Dit is 'n Harrysmith boete. Ek het spoed
oorskrei in 'n 80 KMU sone (108 kmu gery). Toe verwonner ek my waar
op die N3 is die spoed stadiger as 120. In Van Reenen Pas onthou ek
spoedtekens van 80. Dit sou daar gewees het.
So loop (of ry:-) maar lig daar.
Lees die tema wat ek die skrywe gegee het. Toe ek netnou vanaf
La Lucia hier aankom, het hier weer 'n brief gewag.
"Congratulations!
You have won a holiday of your choice worth R10 000..!
Compliment of Metro Club!
Ek noem by wie ek dit gewen het omdat dit weer 'n munisipaliteit is.
Durban se munisipaliteit is hope beter as Harrysmith s'n:-)))
Volgens die NVG het Shaik R34M verdien uit onwettige praktyke
en dit is dus gekonfiskeer. Die rente daarop was blykbaar nie
onwettiige verdienste nie en hy, die NVG en regspaktisyns
deel dit.
Nou vra hy vir begenadiging en sommer op die koop toe die R34M
ook terug! Hy wag nie eens vir Zuma om aan bewind te kom nie!
Dit blyk dus dat jy 'n taxi kan steel en wanneer jy gevang word
sal die taxi terug geneem word maar die geld wat jy daarmee
gemaak het is joune. Of so iets.
Het enige iemand advies om te keer dat ape oor die heining klim?
Hulle pes die honde en is lastig in die huise.
Heining is van baksteen voor en draad agter.
Iemand het in 'n forum voorgestel dat Citronella olie verdun met een
deel water gebruik word *maar dit was raad aan iemand wat wil
katte uit haar erf hou. Miskien sal dit werk vir
ape ook, maar die draadheining maak dit ietwat onprakties.
Elektriese heining begin na die antwoord lyk
maar dit is verdomp gemeen en behoort
die laaste uitweg te wees.
"Torreke" wrote in message news:7a52c433-600b-4d49-8f33-e30e6e3f6ea8@r37g2000prr.google groups.com...
On Jan 20, 5:03 pm, Jottie wrote:
> On 20 Jan, 11:34, Torreke wrote:
>
>> 3) Ek wil nie met jou in 'n gesprek oor godsdiens betrokke raak nie,
>> Jottie, bloot vir jou se: "Die dwaas se in sy hart dat daar geen God
>> is nie". Alles wat jou oe sien, jou ore hoor en jou hande tas getuig
>> dat God is.
>
> Was dit bedoel as 'n belediging om my "dwaas" te noem? Ek kon 'n hele
> paar kwotasies hier plaas wat baie beskrywend sou wees vir iemand wat
> aan sprokiesverhale glo maar ek sal dit maar ignoreer. Ek dink darem
> nie jy het regtig probeer om my te beledig nie ;-)
Beslis nie bedoel om jou te beledig nie. :) Bloot
die Bybel
gekwoteer.
>
>> Die slimste man wat tans leef, Steve Hawking, het onlangs
>> op besoek in SA oor TV gese hy "glo" ALLES het spontaan uit niks deur
>> die "big-bang" ontstaan. Dat so 'n intelligente man so 'n "pot
>> stront" (jou woorde) kan kwytraak, gaan my verstand te bowe. Om te
>> glo dat 'n ewige, almagtige Wese wat ons "God" noem dit uit niks
>> d.m.v. die "big bang" geskep het, lyk vir my baie meer logies en
>> waarskynlik as dat dit "spontaan" "uit niks" gebeur het.
>
> Op grond waarvan in Hawking die slimste man wat tans leef?
Moes eerder gese het hy word so genoem.
Ek dink
> self hy is buitengewoon slim maar in 'n veld waarin bitter min ander
> mense spesialiseer.
> T.o.v. die Big Bang, ek kan jou verseker dat Hawking, as 'n toegewyde
> wetenskaplike, onmiddellik die bestaan van 'n bomenslike wese sal
> aanvaar die oomblik as onteenseglike bewyse voorgelê kan word.
>
Let wel ek het die woord "glo" in aanhalings gesit - "I
believe" was
Hawking se presies woorde - nie "bewys" nie, maar
geloof!!!!! Want hy
kan netso min bewys dat alles spontaan deur die
"big-bang" ontstaan
het as wat ek kan bewys dat God deur middel van die
"big-bang" alles
uit niks geskape het.
Die storie oor "bewys" is ook 'n "stront storie". NIKS
kan
"onteenseglik bewys" word nie. Jy kan nie eens
"onteenseglik bewys"
dat jy self bestaan nie.
Om sg. iets "onteenseglik" te "bewys" verlaat jy jou op
jou sintuie.
Maar veronderstel iemand het geen sintuig wat
funksioneer nie...; dan
sou dit ONMOONTLIK wees om enige sg "bewys" aan
hom/haar te verskaf.
NIKS sou vir hom bestaan nie.
Jy kan magnetisme ook nie sintuiglik waarneem nie - jy
kan bloot die
uitwerking daarvan sintuiglik waarneem.
Jy kan God nie sintuiglik waarneem nie - sy werke
(skepping,
onderhouding en regering van alle dinge) wel!
In 'n kriminele hof word verwag dat iemand se skuld "bo
REDELIKE
twyfel" bewys moet word - om dit "bo ALLE twyfel" te
bewys, sou in
baie gevalle onmoontlik wees - sou dit onmoontlik maak
om iemand slegs
op grond van omstandigheidsgetuienis skuldig te bevind.
Net in die kriminele reg geld "bo redelike twyfel" - in
alle ander
sake geld oorwig van waarskynlikheid. Ook in
vakdissiplines soos
sielkunde geld oorwig van waarskynlikheid. Ons sou nie
medisyne kon
toets en goedkeur as ons nie op oorwig van
waarskynlikheid kon bewys
nie. 1000 teen 1 word as beduidend - bewese! - beskou.
Die waarskynlikheid dat God is, is ontelbaar teen geen.
Die feit dat mens ten opsigte van menslike gedrag jou
op oorwig van
waarskynlikheid moet verlaat, is op sigself 'n "bewys"
dat God bestaan
en dat lewe nie spontaan uit materie ontstaan het nie.
______________________________________________________
Hallo Torreke!
Woorde moet in konteks verstaan word.
"Glo" (ditto in die geval van "believe") kan meer as
een betekenis hê.
As iemand wat een of ander godsdienstige geloof aanhang
sê hy "glo" iets, dan het dit 'n spesifieke, religieuse
betekenis. Hy "glo" iets wat nie logies verklaar _kan_
word nie. Waar Hawking sê hy "glo" iets, het dit 'n
ander betekenis. Hy "glo" omdat dit vir hom die mees
aanvaarbare logiese verklaring is van dit wat hy met sy
sintuie waarneem.
Jy is alweer besig met jou pseudo-wetenskaplike onsin.
Jy probeer om 'n religieuse geloof logies te verklaar.
Jy mors jou tyd.
Swart Simon
NS: Ek kan nie my nuusleser (Outlook Express) kry om
Torreke se plasings te indenteer en met 'n '>' te merk
nie. (Dit is wel so in "Tools...Options...Send"
gestel.) As gevolg is dit moeilik om dit wat hy sê te
skei van dit wat ek sê. Wat ek te sê het begin onder
die streep.
Dit lyk vir my dis net met Torreke se plasings waar ek
die probleem het. Ek het dit nie met meeste ander
deelnemers se plasings nie. Weet iemand hier wat fout
is? Lê dit by my of by hom?
Jottie skryf:
> Torreke, ek gee toe die woord "onteenseglike" was hopeloos die
> verkeerde woord om te gebruik. En ek stem saam dat daar bitter min
> dinge is wat ooit onteenseglik bewys kan word.
> Wat ek wel probeer sê het, en wat ook my eie siening weerspieel, is
> dat gegewe die beskikbare bewyse, is die teorie van die spontane
> onstaan van alles uit niks uit vir my die mees aanvaarbare teorie.
> "Glo" is vir my 'n te sagte woord daarvoor. "Oortuig" is miskien meer
> van pas. Indien daar wel meer bewyse vorendag kom vir 'n ander
> oorsprong vir die heelal of selfs bewyse vir 'n wese wat
> verantwoordelik was daarvoor, dan staan ek en vele ander (soos
> Hawking) voor in die koor om daardie nuwe bewyse te ondersoek en 'n
> nuwe teorie te vorm.
> Maar dit is te maklik om 'n "god" in daardie teorie in te bou. Noem
> dit energie, noem dit wat jy wil. Die feit bly staan dat ons geen
> bewyse daarvoor het nie en dit ly bloot tot die volgende vraag "waar
> kom daai god/energie vandaan?". Ook uit niks uit?. Maar die gebrek aan
> bewyse stop god-gelowiges nie net om daardie energie te verpersoonlik
> deur dit 'n naam te gee nie maar selfs ander eienskappe (alwetend,
> almagtig, liefdevol, jaloers, etc) wat hul geloofsoortuiginge pas. Met
> die naam kan ek nog saamleef maar geen van die addisionele eienskappe
> nie. Op grond waarvan is dit meer waarskynlik? Wat is die toets
> daarvoor om die waarkynlikheid te bepaal? Ontelbaar teen een? Ish....
> Kyk, dit sal baie stupid van my wees om jou te probeer oortuig. As ek
> dit nie mis het nie is jy 'n opgeleide predikant en dit is waarskynlik
> jou forte om ouens soos ek vir brekvis te eet sou ek jou ooit uitdaag
> tot 'n debat. Indien jy wel belangstel, voel vry om my te probeer
> oortuig. Alhoewel ek van nature skepties is, luister ek graag. Voel
> vry om 'n nuwe thread daarvoor te maak.
1) Ek is traag om in 'n uitgerekte gesprek hieroor betrokke te raak
oor ten minste 2 redes: (i) Die diensverskaffer waarvan jy ons laas
vertel het, "news.aioe.org", het blykbaar hulle gratis diens gestaak -
ek's terug by Google - ek haat dit, maar ek wil ook nie nog add geld
vir internetdienste betaal nie. (ii) Ek was vantevore in 'n byna
eindelose gesprek op die ng betrokke oor hierdie onderwerp en het nie
lus vir 'n herhaling nie.
2) Aan die ander kant is jou houding oor so 'n gesprek heelwat anders
as waarmee ek tevore te doen gehad het en dit maak my wel geneë om die
uitnodiging te aanvaar.
3) Ja, ek is 'n opgeleide predikant, maar, nee, ek dink nie dat ek
enigiemand vir brekvis kan opeet nie. 'n Intellektuele debat sal in
elk geval geen verskil maak aan jou oortuigings nie, al sou ek ook die
debat "wen". Dit gaan oor "geloof" en geloof bestaan uit ten minste 2
elemente, kennis en vertroue, dus: intellek en emosie. Ek kan jou die
"kennis" gee, maar nie die "vertroue" nie. Lsg werk God deur sy
Gees. Verdra asb my laaste stelling vir nou, al weet ek jy stem
gewoon nie saam nie.
4) Wil nie soos 'n grammofoon-plaat klink wat op een groef vasgehaak
het nie, maar voel ek moet beklemtoon Hawking se presiese woorde was
"I believe..." Jy gebruik die woord "oortuig"; daarmee gryp jy na die
2e element van geloof, nl vertroue - d.i. die emosionele reaksie op
die kennis.
5) Ek het eers geskryf "ontelbaar teen een" en toe verander na
"ontelbaar teen geen". Die "een" argument teen die bestaan van God is
die bewering van "geen bewys van sy bestaan". Maar die "bewys"
argument geld presies andersom ewe sterk; daar kan ewe min "bewys"
word dat Hy nie bestaan nie. Die een kanselleer die ander een uit en
daarom het ek "een" na "geen" verander. Maar dit sou in elk geval
geen verskil maak aan die oorwig van waarskynlikheid nie.
6) Miskien sou dit loon om eerste te praat oor dit waaroor ons
ooreenkom en van daardie punt af na ons verskille te kyk.
7) Jou opmerking oor daardie iets "noem dit energie" wat ook erens
vandaan moet kom, is relevant en moontlik die beste punt om die
gesprek te begin. As ek bloot intellektueel moet kies tussen die
enigste 2 moontlikhede - Albei moontlikhede gaan 'n mens se kennis en
verstand te bowe! - (i) IETS wat ewig is, onveranderlik, sonder begin
en sonder einde, wat die oorsprong van alles is, en (ii) NIKS wat die
oorsprong van alles is, dan lyk die 1e een beslis meer logies en
waarskynlik as die tweede. Die 1e een wat se "iets uit iets" is in
lyn met wat ons weet en kan "bewys", die 2e een "iets uit niks" is NIE
in lyn met wat ons weet en kan "bewys" nie.
8) Iets wat "onveranderlik,sonder begin en sonder einde is" is ook in
lyn met wat ons weet, bv. die "ruimte" rondom ons is oneindig in
afstand en tyd en basies onveranderlik. Die vraag is: Is daar iets in
die "ruimte" wat ons nie sintuiglik kan waarneem nie - en dus nie kan
"bewys" nie - wat netso "groot" as hierdie ruimte is - dus: oneindig
in tyd en afstand! - en derhalwe onveranderlik! - wat die oorsaak is
van die goed wat ons wel sintuiglik kan waarneem? Wat my teruglei na
die keuse onder par 7 hierbo.
Dit behoort redelik moeilik te wees om sy toespraak te kritiseer.
Tyd sal leer of daarop staat gemaak sal kan word.
Dit is hoop en beloftes wat die hele westerse wêreld sal affekteer.
Ek het vandag 'n monitor gaan koop.
My Acer het opgepak enkele dae voor die 3 jaar waarborg verstryk het
en ek het Acer enkele dae later geskakel. (Dit was vanmôre). Gekoop
11/01/2006. Ghêrentee het gelêps - 'n week gelede. Dis al drie weke op
die koffie, anyway.
Back to basics - rond gery vanmôre en 'n screen gesoek. Gesê ek wil 'n
square screen hê want dit maak sense dat dit vierkantig moet wees.
PC Zone in Pinetown gaan kuier. Daar was een 17"er wat vierkantig is
en die res is widescreens. Reg, terug na HIFi Corp in Springfield
Park. 1 (EEN!) 19" LG wat vierkantig is. 4milliseconds - R2400.
Die bestuurder kom agter ek is eintlik 'n nice ou en se dat ek dit kan
kry vir R2300.
Incredible Connections is net om die hoek. 1 (EEN!) vierkantige
monitor 5millisecs vir R2200. Incredible goedkoper is HIFI Corp?!?
Strue - dit is weklik incredible!
Verkoopsman by Incredible oortuig my toe deur twee screens langs
mekaar te gebruik, dat 'n wye skerm nié die beeld verwring nie.
Dit was die belangrikste boodskap van die dag! Hy het my oortuig.
Toe tune ek in vir 'n wide screen.
Terug na HIFI Corp, slégs om aan die verkoopsman en bestuurder te
verduidelik waarom ek nie by hulle koop nie. Ek meen, dis 100 treë
daarvandaan (en dìt is waar my mouter gepark is).
Hulle offer drop nòg 'n R100 in prys.
Ek ry toe terug na PC Zone in Pinetown, en verdra toe maar dieselfde
verkoopman se beterweterige smaail, en smaail toe beterweteriger
toe hy koelkop 'n 19"er uithaal..., deur my order te verander na
22"..!:-)
Om hierdie lang storie korter te maak, ek koop toe dieselfde 22" LG
LCD wat R2800 kos by Incredible Connection vir R1900 by PC Zone.
Kredietkaartkoop R2000. Kontant soos in kêsh R1900.
Terug na my storie - vir R1900 koop ek toe 'n 22' LG LCD monitor.
Glo my, ek het, soos ek altyd doen wanneer ek koop, pryse vergelyk.
Kom huis toe, gooi my 'n laaang wit wyn, en skuif die rooi wyn tot
agter in die hoek, want dis sleg. Die koue wit wyn is baie lekkerder.
Die wynkelk is leeg. Nou moet ek nog net gewoon raak aan hierdie
wye skerm, want blykbaar het hulle, die wye skerms oorgevat in die
computerwêreld soos Cope besig is om oor te vat in die ANC wêreld.
Gevolgtrekking - as jy 'n 19" vierkantige skerm ruil vir 'n wye
skerm, moet jy dit ten minste 'n 22"er maak om te vergelyk
en darem ook op te gradeer.