Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Winterwee in Noord-Amerika
Winterwee in Noord-Amerika [boodskap #118657] Do, 29 Januarie 2009 22:57
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Almal stem saam dat hierdie winter een van die
moeilikste is in Noord-Amerika. Dis asof daar
min blaaskans is tussen elke slegte stuk nuus.
In die laaste dag of twee het 'n groot storm
Noord-Amerika van die Middelweste tot in die
Ooste getref. Ons hierbo in Kanada se ooste
het gelukkig alles as sneeu ontvang, en sneeu
in die winter is iets wat Kanada kan hanteer.
Maar die weerkompleks het ysstorms in die
suide van die VSA veroorsaak, en ysstorms
kan iets skrikwekkends wees.
Waar 'n koue front 'n warm front tref, is
daar gewoonlik 'n paar uur wanneer daar ysreën
liewer as sneeu presipiteer. As dit net 'n paar
uur duur, en dan na reën oorslaan, is dit nie
te sleg nie. Maar as hierdie ysreën vir te lank
aangaan, dan begin die ys op die bome en op
die elektrisiteitsdrade swaar weeg. Die drade
kan dan breek of die pale kan kantel. En as
die ysgewig aan beide kante van 'n groot boom
opbou, dan kan dit die boom in die middel laat
oopskeur. In die enigste ysstorm wat ek nog
hier in Ontario ondervind het, het dit later in
sekere dele gelyk of die buurtes uit die lug
gebombardeer was. Orals het groot bome
se groot stamme oopgeklief gestaan en die
takke het op die grong gelê. Ongelukkig word
die regerings eers 'n paar dae na die tyd bewus
dat hulle 'n katastrofe op die hande het, en
stuur die soldate in om te begin help.

Gloudina
Vorige onderwerp: Pseudo-wetenskap alweer
Volgende onderwerp: Uit Beeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:38:36 MGT 2024