Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit Beeld
Uit Beeld [boodskap #118659] Vr, 30 Januarie 2009 13:36
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Pik se seun sê De Klerk was ’n ‘slapgat’
Jan 29 2009 08:26:29:930PM - (SA)

Charles Smith

Bloemfontein. - ’n Seun van oudmin. Pik Botha het oudpres. F.W. de
Klerk ’n “slapgat” genoem omdat hy destyds uit die regering van
nasionale eenheid gestap het.

Dr. Roelof Botha, ekonoom van Pretoria, het gesê De Klerk het sy een
oog op die vrou van ’n vriend gehad toe hy uit die RNE gestap het,
verwysende na sy huidige vrou, Evita.

“Jy kan nie jou hand op die stuur van die vliegtuig hou en ’n mooi
vrou gelukkig hou nie,” het Botha hier op ’n inligtingsdag van Graan
SA gesê, waar hy die gasspreker was.

Volgens hom was die ANC tegnies onbevoeg om die land in 1994 te
regeer. Dit was die RNE met die ANC en die NP wie se hande op die
vliegtuig se stuurstok was. Sy pa, Pik, het toe ook in die kabinet
gedien.

Hy het baie respek vir De Klerk gehad, maar nie meer nie. Hy het na De
Klerk se “slapgatgeid” verwys wat hy openbaar het deur uit die RNE te
stap.

Botha, wat ’n gloeiende prentjie van Suid-Afrika se ekonomiese groei
die afgelope 15 jaar geskets het, het gereageer op ’n vraag oor hoekom
die land steeds goed doen ondanks korrupsie en diefstal wat aan die
orde van die dag is.

Hy het gesê die media jaag meestal sensasie na en sal nie berig oor
die verpleegster wat oortyd werk nie. Suid-Afrika het ook goed
afgeskop omdat die land deur die ANC en die NP bestuur is. Hy het ook
dr. Jeremy Cronin van die SAKP ’n “mamparra” genoem omdat hy skepties
is oor die ekonomiese groei en dink net ’n klomp wit rykes word tans
bevoordeel.
Vorige onderwerp: Winterwee in Noord-Amerika
Volgende onderwerp: Interessanthede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:30:53 MGT 2024