Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Interessante toespraak gewees
Interessante toespraak gewees [boodskap #118582] Di, 20 Januarie 2009 17:35 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Dit behoort redelik moeilik te wees om sy toespraak te kritiseer.
Tyd sal leer of daarop staat gemaak sal kan word.
Dit is hoop en beloftes wat die hele westerse wêreld sal affekteer.
Re: Interessante toespraak gewees [boodskap #118589 is 'n antwoord op boodskap #118582] Wo, 21 Januarie 2009 03:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Tyd sal leer  of daarop staat gemaak sal kan word.
> Dit is hoop en beloftes wat die hele westerse wêreld sal affekteer.

Ek vind dit irriteer my dat die Obama-presidensie
geinterpreteer word as "die eerste keer wat daar
'n swart man president van die VSA word." Obama
het president geword nie omdat hy 'n swart man is
nie, maar omdat hy 'n intelligente en verfynde man
is, in teenstelling met die white trash presidensie
van George Bush, en die white trash keuse wat
McCain gemaak het toe hy Sarah Palin as sy vise-
presidentskandidaat gekies het.

Gloudina
Re: Interessante toespraak gewees [boodskap #118592 is 'n antwoord op boodskap #118589] Wo, 21 Januarie 2009 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Jan 2009 19:47:37 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Tyd sal leer  of daarop staat gemaak sal kan word.
>> Dit is hoop en beloftes wat die hele westerse wêreld sal affekteer.
>
> Ek vind dit irriteer my dat die Obama-presidensie
> geinterpreteer word as "die eerste keer wat daar
> 'n swart man president van die VSA word." Obama
> het president geword nie omdat hy 'n swart man is
> nie, maar omdat hy 'n intelligente en verfynde man
> is,
>
> Gloudina

Ek vind dit irriteer my grensloos wanneer mense dink dat Obama
die VSA se eerste swart president is. Die VSA het nog nooit 'n
swart president gehad nie en het dit ook nie nou nie. Dit is
ongelooflik irriterend wanneer onkundiges dink dat nie-wit beteken
swart. Nie eens weet dat hy die seun van 'n wit vrou is.
Heelwaarskynlik skuil daar meer agter daardie domheid as slegs onkunde
- ook gebreinspoel.
Die deursnee bruin mens sal nie daarmee genoë neem om as swart
bestempel te word nie. Nie omdat dit beledigend sou wees nie maar
omdat dit vals sou wees - geuiter deur leuenaars. Nie fouteerders maar
leuenaars - want as hy minister van buitrelandse sake sou wees, sou
julle erken het dat hy bruin is. Nou laaik julle dit om hom swart te
noem. Met so Afrika-houding dat sy ma geen faktor is maar slegs sy pa
en sy kroes hare.

Selfs die swartes wat die afstand (miskien veral in SA) tussen hulle
en die bruin gemeenskap uitstippel en handhaaf, beskou hom as swart.
Want, natuurlik pas dit (j)(h)ulle sò netjies.

Kan mense so dom wees? Wel,... miskien tog, want as mense stupid
genoeg is om die huidige jaartal (2009) uit te spreek as twee duisend
en nege terwyl dit slegs 10 jaar gelede negentien nege-en-negentig
was...
Re: Interessante toespraak gewees [boodskap #118597 is 'n antwoord op boodskap #118592] Wo, 21 Januarie 2009 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" > Ek vind dit irriteer my dat die Obama-presidensie[/color]
>> geinterpreteer word as "die eerste keer wat daar
>> 'n swart man president van die VSA word." Obama
>> het president geword nie omdat hy 'n swart man is
>> nie, maar omdat hy 'n intelligente en verfynde man
>> is,

>> Gloudina
>
>
> Ek vind dit irriteer my grensloos wanneer mense dink dat Obama
> die VSA se eerste swart president is. Die VSA het nog nooit 'n
> swart president gehad nie en het dit ook nie nou nie. Dit is
> ongelooflik irriterend wanneer onkundiges dink dat nie-wit beteken
> swart. Nie eens weet dat hy die seun van 'n wit vrou is.
> Heelwaarskynlik skuil daar meer agter daardie domheid as slegs onkunde
> - ook gebreinspoel.

Die aanhoudende gehamer daarop dat hy "die 1e swart president van die VSA"
is, veroorsaak dat die aandag afgetrek word van die feit dat hy die
verkiesing gewen het omdat hy ooglopend die beste kandidaat was - en
waarskynlik die intelligentste president wat die VSA sedert JFK gehad het.

Dis natuurlik 'n vraag of hy inderdaad die 1e president is met 'n Afrika
voorouer. Feit is dat die sg African-Americans wat van die slawe afstam,
almal sowat 35% blanke gene het - "kleurlinge" volgens die SA
rasseklassifikasie wat die ANC steeds gebruik! - want die slawehere het
hulle slavinne as bywywe ge-(mis-)bruik. Netsoos alle Afrikaners ook
nie-wit voorouers het, dink ek dis redelik om te aanvaar dat baie sg wit
Amerikaners ook van swart slavinne afstam. Dit is, m.i., heel moontlik dat
een of meer van die 43 presidente voor hom, "swart" gene gehad het. Het
iemand al die moeite gedoen om al die presidente se volledige
geslagsregisters na te gaan? - waarskynlik nie.
Re: Interessante toespraak gewees [boodskap #118607 is 'n antwoord op boodskap #118597] Wo, 21 Januarie 2009 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> waarskynlik die intelligentste president wat die VSA sedert JFK gehad het.

Ek dink nie JFK was so intelligent nie. Sy administrasie
was deels verantwoordelik vir die opbou van troepe in
Suid-Oos Asië en dus verantwoordelik vir die Vietnam-
debakel. Hy het ook nie veel gedoen aan die rasse-
toestand nie. Dis eers met Lyndon Johnson wat die
wetgewing ingedien is wat apartheid onwettig in die VSA
gemaak het.
Buitendien het JFK kompulsief gefornikeer. Ek
het nie veel respek vir hom gehad nie.

Gloudina
Re: Interessante toespraak gewees [boodskap #118608 is 'n antwoord op boodskap #118582] Wo, 21 Januarie 2009 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Jan 2009 19:35:27 +0200, Dave wrote:

> Dit behoort redelik moeilik te wees om sy toespraak te kritiseer.
> Tyd sal leer of daarop staat gemaak sal kan word.
> Dit is hoop en beloftes wat die hele westerse wêreld sal affekteer.

Interessant is hoe dit eggo's het wat ook in John Kennedy se
inlywingstoespraak in 1961 was.

Jy sal hom op die net kry. Soek john kennedy inauguration speech. Ek
dink hy is op heelwat sites.

Vir my was kennedy s'n 'n bietjie beter omdat dit beter en harder
poetiese elemente ingehad het.

Die ander twee wonderlike toesprake - wat waarskynlik albei ook in
mp3-formaat op die net is - was Martin Luther King se I Have A Dream
toespraak en natuurlik Churchill se Dunkirk toespraak in die Britse
parlement.
Re: Interessante toespraak gewees [boodskap #118609 is 'n antwoord op boodskap #118592] Wo, 21 Januarie 2009 13:29 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 2009 08:11:05 +0200, Dave wrote:

> Ek vind dit irriteer my grensloos wanneer mense dink dat Obama
> die VSA se eerste swart president is. Die VSA het nog nooit 'n
> swart president gehad nie en het dit ook nie nou nie. Dit is
> ongelooflik irriterend wanneer onkundiges dink dat nie-wit beteken
> swart.

Heeltemal reg. Obame is dus OOK 'n wit president.

Maar, soos die cliche gaan - "having said that" - sou ek graag wou
sien hoe ver hy sou gekom het in die VSA as deur met groot erns aan
mense te se hy is wit.
Vorige onderwerp: Re: Blue Bull Bar
Volgende onderwerp: Is die Witboekers Teosofiste ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:44:29 MGT 2024