In 'n brief aan Beeld het 'n psigiater onlangs na aanleiding van dr.
Willem de Klerk se boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat kommer
uitgespreek oor die geestelike uitputting en tamheid waaraan die
geslag Afrikaners tussen die ouderdom van dertig en veertig jaar ly.
Dit het Chris Louw (46), uitvoerende regisseur van die
radio-aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, genoop om 'n ope
brief aan De Klerk te skryf. In die lig van die huidige debat oor De
Klerk se boek en oor die plek van die Afrikaner in die nuwe
Suid-Afrika word 'n geredigeerde weergawe van Louw se brief hier
geplaas. Die volledige brief sal volgens Louw einde vandeesmaand in
gedrukte vorm beskikbaar wees.
Geagte dr. De Klerk
Aanvanklik het ek gewonder waarom ek u boekie Afrikaners: kroes, kras,
kordaat met soveel weerstand gelees het. Nie heeltemal weersin nie,
let wel: net weerstand.
My geslag is mos grootgemaak om ons emosies te beteuel, om ons nie oor
te gee aan enige werklike vorm van koestering nie - nie liefde nie, en
ook nie haat nie.
Ons is geleer om gesien en nie gehoor te word nie, om opdragte uit te
voer sonder teëspraak, om respek vir die oueres te toon. Om, op die
keper, bereid te wees om ons lewe op te offer vir ons land en vir die
Groter Saak. Ek praat nou van wit Afrikanermans van so tussen dertig
en vyftig - dié ouens wat met verpligte diensplig gebrandmerk is.
Laat ek dit maar so diplomaties moontlik sê: u boekie ruik na
oneerlikheid. Die oneerlikheid van selfregverdiging.
U boek is nie in die eerste plek geskryf vir u kinders, "hulle wat 'n
nuwe loot uit die Afrikanerwortels sal moet uitstoot", nie. U boek is
geskryf vir 'n bejaarde man, so iets in die sewentig, met plooie op
die gesig en grys hare aan die slape, 'n konserwatiewerige bril op die
neus om die indruk te bevestig van iemand met status, iemand met
insig, wie se oordeel vertrou kan word, wie se woorde gewig dra.
Ek onthou u van die dae toe u nog redakteur van Die Transvaler was. U
sal my waarskynlik nie onthou nie. Ek was die outjie vir wie u in die
gang gegroet het met: "Dag, Boetman." Tóé was ek "Boetman"; twintig
jaar later is ek 'n middeljarige blanke Afrikanerman.
My geslag is in die wieg gelê om te speel met woorde; woorde het selde
die betekenis gedra waarmee hulle deur verklarende woordeboeke belas
was. Dink maar aan begrippe soos "demokrasie", "nasionalisme",
"selfregering", "onafhanklike state", selfs die eienaam waarvoor van
my vriende grens toe gestuur is en sommige selfs witbene gemaak het:
"Suid-Afrika". Die "Suid-Afrika" van u geskrifte, die "Suid- Afrika"
waaraan u lojaliteit bely het, was tog iets heel anders, iets veel
blankers, as die Suid-Afrika wat ons - dis nou wit en swart - vandag
saam in ons pynlike nuwe volkslied besing.
Dit het ons natuurlik van u geslag geleer, dié slag met woorde. U
geslag het die begrippe uitgedink; ons, my geslag, het dit uitgeleef.
Want ons is afgerig om nie openlik in opstand te kom nie: "Ja, Pa,
nee, Pa, reg, Pa, goed so, Pa."
U geslag was die eerste, en moontlik die laaste, in die
Afrikanergeskiedenis wat nooit self 'n oorlog gevoer het nie: te laat
gebore vir die Tweede Vryheidstryd; te jonk vir die Eerste
Wêreldoorlog; te Duits- neutraal vir die Tweede Wêreldoorlog; te hard
aan die dink en wonder en staatsbestelle en ander konstellasies beplan
en regverdiging soek vir die Grensoorlog.
Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig
het om vir julle te gaan sterf.
Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan
ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar.
Tóé het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde - dié wat
destyds al begryp het, is "skisofrenies en ongeskik vir militêre
diens" verklaar.
En u? Waar was u? U het u in u skemer kantoor teruggetrek en
verkwiklike nuwe woorde en klinkende frases gemunt. Soos u befaamde
nuutskeppinge "verligtes" en "verkramptes".
Eintlik is daar 'n derde kategorie Afrikaner. Die verknogtes.
"Verknog" soos in "verknog aan mag", of eerder, "verknog aan knoei".
Die woordeboek se definisie van "knoei" is: "slordige, onbedrewe werk
verrig; bedrieglik en agterbaks te werk gaan; oneerlike metodes
gebruik".
Verlig, verkramp, verknog.
My pa het altyd gesê: Verwoerd, verward, verwaand.
Weet u dat toe u my ge-"Dag Boetman" het in Perskor se gange, weet u
dat ek toe al 'n getroude man was, 'n pa van twee kinders, so digby
die dertig, met 'n huispaaiement om te betaal? Weet u dat my
tydgenote - die bly-stil-Pa-het-klaar-gepraat-geslag - toe met gewere
in Angola was om die k . . . uit ters te skiet? Weet u hoe het die
ters die k . . . uit óns geskiet?
Maar u was te hard aan die dink aan nuwe begrippe om nuwe betekenis en
nuwe morele en intellektuele inhoud aan "afsonderlike ontwikkeling" te
gee. U het u besig gehou met staatsfilosofiese kwessies soos die
stelselmatige uitbreiding van die demokrasie wat beslag moes vind in
'n voortreflike driekamerparlement.
Weet u dat toe ek nuusredakteur van Die Vaderland was, weet u dat ek
toe vir 'n militêre kamp na Richardsbaai opgeroep is?
Weet u hoe het hierdie vername en vooraanstaande lid van u samelewing
sy land gedien? Ek het soggens k . . .-potte in die army skoongemaak,
dit was my daaglikse opdrag.
Ek kla nie, ek is maar net nog een in geslag op geslag Afrikaners wat
moes oorlog maak vir my volk se voortbestaan.
K . . .-potte skoongemaak in die kamp by Richardsbaai. En toe die
kaptein hoor hy het hier te doen met 'n vooraanstaande lid van u
gemeenskap, toe het hy skaam gekry en hom oor my ontferm. Toe word ek
aangestel om die kantoor van die kaptein se sekretaresse skoon te
maak. Ek was immers 'n senior joernalis by 'n vooraanstaande
NP-gesinde koerant. Ek het selfs besluit wat Afrikaners mag lees, wat
is nuuswaardig en wat is louter s . . .
Ek was 'n betroubare katalisator. Ek was immers 'n produk van
Christelik-Nasionale onderwys; 'n suksesvolle skepping van organe soos
u Broederbond. U, die produk van 'n geslag wat elke oorlog soos die
bitter beker by hulle laat verbygaan het. Die geslag wat die las op
hom geneem het om sy kinders na die hand te vorm en te giet:
bliksoldaatjies wat moes grens toe om te veg, dood te maak en
doodgemaak te word, vir julle ideale.
O, ons het medaljes ontvang, ja! Aangesteek - Honoris Crux, post
mortem, in sommige gevalle - met die sterk en vertroude hande van P.W.
Botha.
Ons het geleer om ironies te lewe, my geslag. Ons kon nie anders nie;
ons moes, ter wille van oorlewing.
"Hou jou bek, luister as daar met jou gepraat word, druk jou kop in
die f . . . skrum, dis nie 'n mishoop nie, buk, hoekom is jou hare so
lank, laat ons die hoofde buig en God bedank vir al ons seëninge, die
kaf . . . s raak gans te wit, kinders moet gesien en nie gehoor word
nie, jy's 'n f . . . troep, verstaan jy, jy sal net opdragte uitvoer,
ons sal die politieke probleme oplos . . ."
Jý het nooit daardie vernedering gesmaak nie. Nie jy of jou hele
geslag nie. Julle het bloot die omstandighede daarvoor geskep. Jy stel
dit selfs beter as ek: "Ons (!) kudde-instink en tendens tot
gesagsonderwerping maak ons agternalopers van leiers op talle
terreine."
Hoe mooi speel jy met die persoonlike voornaamwoorde "ons" en "hulle"
wanneer jy na Afrikaners verwys; alles om afstand te plaas tussen
onderwerp en werkwoord. "Ek" vind alte lekker skuiling agter die
abstrakte "ons" en "hulle" en "Afrikaners", so asof die gekamoefleerde
"ek" nooit regtig teenwoordig was nie; geen rede het om self jammer,
tot-die- dood-toe-jammer, te sê nie.
En toe kom julle groot geleentheid . . . jul uur van waarheid breek
aan. Om die ANC - die vyand - van aangesig tot aangesig oor die
slagveld van die konferensietafel te ontmoet. Jare lank het die
jongeres die fort gehou. Nou was die kinderspeletjies verby. Nou sou
julle die wapen opneem. Julle was slaggereed. Jul woorde was mos
geslyp deur jare se oefening.
Maar al jul grootse planne is in 'n paar maande by die
veelparty-onderhandelings in Kempton Park ontmasker. Waar was jul
sewepunt-planne, jul vyfpunt-strategieë, jul waarborge vir minderhede,
toe julle voor verteenwoordigers van die hele land gaan stelling
inneem het? Waar was die bravade, die dreigemente, die opruien de
toesprake, die beloftes? Ek was daar. Dit was 'n patetiese gesig om te
aanskou hoe jul argumente - jul waan - onder julle uitgeruk word.
Nou sit ons met nuwe vraagstukke. Apartheid is dood, die routyd is
verby. Daar word hervorm en getransformeer.
'n Nuwe staat word met vingerklappe bestel. "Kom, kom, Boertjie. Roer
jou gat, Outa het sy eie staat bestel. Staan op aandag. Moenie
teëpraat nie, jul dae is verby. Dis jul plig om te help om die nuwe
bestel te vestig. Julle moet jul kundigheid aan die opkomende swart
elite oordra, sê jul bestaan regverdig."
Wie is die "julle" na wie verwys word? Die verknogtes? Nee, hul nesse
is geveer. Die verknogtes het 'n historiese ommekeer gemaak, without
missing one goose- step, soos Breyten Breytenbach dit stel.
Die elite van die Ou Bedeling het oor hul eendepote geval om vrede te
maak en alliansies te vorm met die elite van die Nuwe Bedeling. Hulle
kuier oor en weer en bespreek hoë, versoenende begrippe soos
staatsbevestigende strategieë, 'n nuwe patriotisme, toewyding aan die
nuwe orde.
Die SABC se nuusbaas, Phil Molefe, voer by die Menseregtekommissie aan
dat transformasie op die boonste vlakke van die bestuursechelons
suksesvol deurgevoer is. Die probleem lê op middelbestuursvlak, waar
wit mans nog vasskop teen transformasie.
Ek is 'n wit man. Wat is jou definisie van transformasie, mnr. Molefe?
Word van my verwag om my uit my pos te transformeer? Moet ek
vrywillig, uit beleefdheid - want so is ek grootgemaak - jou
Africanist dream vir jou uitleef? Wat verwag jy van my? O, ek mag nie
'n standpunt inneem nie. Dankie, mnr. Molefe, dis vir my baie maklik,
mnr. Molefe, want ek is so grootgemaak, dr. De Klerk.
Wie is die "julle" soos in die "Hei, julle f . . . voetsoldate, roer
julle gatte", dié"julle" wat nou die offers moet bring vir die nuwe
Suid-Afrika? Is dit nie weer dieselfde armsalige drommels wat die
Afrikaner-elite se gedoemde oorlog aan die grens en in die townships
vir hulle gaan veg het wat nou weer die spit afbyt nie?
'n Psigiater skryf in 'n brief aan Beeld 'n groot gros van my
generasie ly aan geestelike uitputting en tamheid. "In baie ge valle
neem dit die proporsie van psigia triese siektes soos depressie,
posttraumatiese stres-versteurings en ander angsversteurings aan . . .
'n algemene rou-reaksie, 'n verliessindroom en 'n eksistensiële
krisis."
Dié sindroom het te make met 'n verlies aan respek vir die verbygegane
patriargie . . . "Dit het te doen met een ding predik en 'n ander ding
doen, met waar en vals, met opreg en skynheilig, en met kommunikasie
veel eerder as met taal."
"Ondanks alles wat bespreek is, is ons 'n volk met regte, roem,
prestasie en 'n dapper geskiedenis." Sê skryf u, dr. De Klerk, op bl.
99.
Dit was Nat Nakasa, of dalk Can Themba, ek kan nie onthou nie, wat op
'n keer vertel het hoe hard hy ook al sy oë toemaak en hom 'n
Suid-Afrika sonder wit mense voorstel, hoe onmoontlik blyk hy dit te
vind.
Weet u, as ek my oë toemaak en ek verwens u geslag uit die
Afrikanergeskiedenis uit, dan bly daar vir my nie soseer 'n volk van
helde oor nie, maar bloot aardse, ordentlike mense met wie ek my kan
identifiseer: mense gebrei deur die stryd van die onderdrukte, van die
ou pedofiel Jan Pieterzoon van Kaspel ter Mare wat in 1659 hier aan
die Kaap geland en teen leeus en Nederlandse amptenare die stryd
gevoer het totdat hy 'n spogplaas, by name Louwsvliet, by die huidige
Nuweland tot stand kon bring; tot by Louis Tri chardt wat soos 'n man
sy eie dood in Lourenço Marques tegemoetgegaan het, 'n korrelkop
sonder hoogmoed, in sy Dagboek nie 'n enkele selfregverdigende
verwysing na die Bybel, of selfs na die vreemdheid van God, nie; die
bittereinder genl. Christiaan de Wet; selfs Louis Botha en Jan Smuts
wat bereid was om te baklei en te sterf vir waarin hulle geglo het.
Weet u hoe maklik ek dit vind om my oë toe te maak en u hele geslag -
die patriargale, beterweterige, rasbehepte lummels - uit my
geskiedenis weg te dink?
Wat is die grootste prestasie van u geslag, die geslag wat nooit bloed
geruik en koeëls hoor fluit en oorlogsangs ervaar het nie; net Groot
Gedagtes gedink en lewensfilosofieë gebaar het? Ek bely my
subjektiwiteit, maar het u nie al u energie daaraan gewy om die
buitewêreld en u kinders om die bos te lei nie?
Was u grootste prestasie nie die mate waarin u daarin geslaag het om
soos woordkunstenaars dogmatiese perdedrolle vir morele vye aan ons te
verkoop nie?
U sê harde en bitter dinge in u traktaat, soos u self beskeie laat
val. Maar waarom in die abstrakte? Waarom "ons" en "die Afrikaner";
waarom nie "ek", integraal deel van die meesterras-leerstellinge nie?
U skryf: "Dit is onteenseglik waar dat die Afrikanerjeug in groot
getalle Afrikanerwees met agterdog bejeën." Waarom? Waarom nie 'n
enkele sin wat bely nie: "Ek, ek was persoonlik, energiek en doelgerig
aandadig aan die mensonterende aberrasie van apartheid"?
Die ironie is dat ek op intellektuele vlak met soveel saamstem wat u
skryf; maar dit wil nie die woede verdryf nie. Ek is die bliksem in,
die bliksem in vir die arrogansie, die selfregverdiging, die
rasionalisasie, die ontkennings, en vir die leuens.
As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou
volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie
met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die
skuldlas.
Soos altyd, sit ons weer aan die voete van die wysgere. Maar ons word
teen die ore geklap. Want die nuwe geslag alwetendes is 'n geslag wat
ons verwerp het, saam met die patriargie wat ons vir hulle
versinnebeeld. In 'n enkele leeftyd is ons getransformeer van "bly
stil, staan op aandag, doen wat die oom vir jou sê" tot "middeljarige
wit Afrikanermans wat ly aan 'n magsverliessindroom". Die gevolg is
een en dieselfde: hou jou bek, jy't niks te sê nie.
Verskoon my, korporaal, maar f . . . jou. Verskoon my, dr. De Klerk.
Verskoon my, mnr. Molefe. Verskoon my. Verskoon my, my landgenote, ek
het teen julle gesondig. Verskoon my, Sonja Loots, jou geslag is die
eintlike kinders van apartheid; julle is nog bloedjonk en onskuldig,
die ware slagoffers - ek is 'n ou sondaar, besmet met geweerolie, die
sweet van die paradegrond, en die bloed van swart kindertjies.
Verskoon my, ek het geen morele reg om my mond oop te maak nie. Ek het
nog nooit daardie reg gehad nie; hoe durf ek my dit nou aanmatig?
Wat bly vir my oor? Ek is te oud om heeltemal onskuldig te wees. Ek is
te jonk om ten volle aandadig te wees. Ek is te onskuldig om
verskonings te versin. Ek is te skuldig om my hande te was.
Ek is gatvol. Heeltemal, tot die keel toe, gatvol daarvoor om opdragte
te vat. Eers van die apartheidspatriarge, nou van dieselfde bekeerde
pilatus-patriarge en van die nuwe swart elite.
Reeds word die veroordelende sjibbolets entoesiasties oorgeneem deur
jong wit feministe met 'n skerp oog vir 'n magsgaping - die nuwe klas
van onderdruktes, saam met die histories agtergeblewenes: swart mans
en veral swart vroue, gestremdes, HIV-besmettes . . .
"Hou jou bek, jou middeljarige wit Afrikanerman. Staan op aandag.
Luister as ek praat. Jy't f . . . ol te sê."
Ek is jammer. Ek is baie jammer. Maar ek is genoeg verneuk. Nou veg ek
vir wat vir my van belang is. Binne die demokrasie, ja. Maar nie
noodwendig saam met die voorskriftelike en voorsprekende en die
politiek korrekte - die idiotiese - massa nie.
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleids bestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.
Spesiale dank word betuig aan alle Politieke Leiers en
Organisasies in ons Paradys, en elders op die Planeet, wat
deelneem om wet en orde, en vrede en voorspoed in Zimbabwe te
verhoog. Vir die Persone van Zimbabwe, die Afrika en Suid Afrika
Renaissance, en elders op die Planeet. En nog baie meer.
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Wil ook graag See Visserye, Navorsers, Verspreiders en
Verskaffers gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettings
vermoë en vasberadenheid. Aanhoudende verskaffing van seekosse
aan winkels, supermarkte en restaurante. Onderhouding van die
balanse van die seewereld, om aanhoudende beskikbaarheid van
seekosse te verseker. Volgehoue navorsing, om beter tegnieke
bekend te stel. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.
Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.
Stel voor om die produksie en beskikbaarheid van alle tipes bote
en skepe te verhoog wat seekosse vanaf die see inbring.
Toepassing van CAD/CAM tegnieke kan ook verhoog word, om
effektiewe berging en sortering metodes van seekosse op skepe te
verhoog.
See visserye verwerking en verspreiding aanlegte langs die kus
van ons Paradys, en in SAOG lidlande kan ook verhoog word. Om
voedsel te verskaf na 'n groeiende aanvraag in SAOG lidlande, en
elders op die Planeet.
Hawe fasiliteite vir die see vissery bedryf kan ook verhoog
word. Asook die kapasiteit van huidige see visserye, om
eweredige en effektiewe verwerking van seekos variteite en
verspreiding na verskeie liggings in ons Paradys, en elders op
die Planeet, te verhoog.
Die verskaffing van verwerking en verspreidings dienste aan
ander Lande op die Planeet kan ook verhoog word, om die visserye
van ons Paradys te gebruik, vir verwerking, verpakking en
vervoer. Om die verskaffing van seekos op die Planeet te
verhoog, vir Lande wat skepe gebruik om seekosse te vang in
toelaatbare gebiede, en naby die kuslyn van ons Paradys is.
Afhangende van die goedkeuring van die VSA en/of EU lidlande,
en/of huidige handels betrekkinge, indien nodig.
Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, asook op die
Planeet, om plaaslike en uitvoer mark potensiaal en benodigdhede
vas te stel. Mark navorsing kan ook verhoog word in benodigde
gebiede, om volume van goedere en dienste wat benodig word, vas
te stel.
Verskaffers van produkte en dienste kan ook verhoog word, waar
en wanneer nodig. En voldoende aanvraag bestaan, in ons Paradys,
in SAOG lidlande, en elders op die Planeet.
Hoogstens aangeraai, om navorsing te verhoog, om die
beskikbaarheid van alle tipes seelewe te verhoog, veral hoogs
bekende variteite. Asook metodes om die grootte van skole van
visse te verhoog.
Wette kan ook verhoog word, indien nodig, om die kontinuiteit
van seelewe in ons Paradys, en elders op die Planeet, te
verhoog.
Wil graag voorstel dat hierdie 'n planetere projek is. 'n Beheer
liggaam kan in die lewe geroep word, indien een nie alreeds
bestaan. Ontmoetings plaaslik en internasionaal kan ook verhoog
word, om suksesse hiervan te verseker. Die toekenning en
monitoring van visvang gebiede kan ook verhoog word. Asook
volumes wat jaarliks gevang en verbruik word. Om te dien as
statistiek vir volgende ontmoetings.
Inligting aangaande die maatstawwe wat geneem word om die
getalle van see leeus en robbe in toom te hou, kan ook d.m.v.
die Media aan die Publiek beskend gestel word.
Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Beskikbaarheid van seekosse kan asemrowend verhoog word.
Bekendheid en verbruik van seekosse kan asemrowend verhoog word.
Asemrowende uitvoer mark potensiaal.
Visvang skepe naby die kuslyn van ons Paradys, wat die
fasiliteie van ons Paradys gebruik, kan die verskaffing van
seekosse aan hulle Land van Herkoms asemrowend verhoog.
Werks geleendhede kan asemrowend verhoog word, in ons Paradys en
in SAOG lidlande.
Internasionale betrokkenheid kan regverdigheid in hierdie
industrie asemrowend verhoog, indien nodig.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.
Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.
Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Ons sit vanoggend en luister radio na Jakaranda FM en Deriek se toe dat "die
luiperd van vandag is die kameelperd van more"
Nou wonder ons net hoe byvoorbeeld het hulle besluit op die naam van bv 'n
olifant. Hoekom nou juis olifant en nie iets anders nie, waar kom dit
vandaan
L&P skryf in boodskap news:ant022349965M3Mb@camerama.demon.nl...
> In article , Samuel Murray
> wrote:
>>
>> L&P wrote in message
>> news:ant021636fc4M3Mb@camerama.demon.nl...
>>> In article , Samuel Murray
>>>
>>>
>> Waarvoor staan die L en die P?
>
>
> Die P staan vir my naam, die L vir my vrou se naam, maar WHO CARES ?
Samuel Murray schreef...
> L&P wrote...
>> Samuel Murray wrote:
>>> Waarvoor staan die L en die P?
>> Die P staan vir my naam, die L vir my vrou se naam, maar WHO CARES ?
> Aangename kennis.
:)
Windt je niet te veel op, Samuel, da's slecht voor je bloeddruk. Ik vind het
ook leuk om te weten met wie ik praat, maar steeds minder en minder mensen
houden zich aan de gangbare omgangsvormen op het Internet (de zg.
nettiquette). Kennelijk is het iets waar we mee moeten leren leven. Er iets
van zeggen is als vechten tegen de bierkaai :(
Ik vind het tegenwoordig al normaal als ik emailtjes krijg die slechts één
enkele zin bevatten. Geen "hallo", geen "groeten", geen naam eronder en een
nietszeggend emailadres ........ .....
Misschien moet ik me voortaan ook maar gewoon bij mijn initialen of naar een
bijnaam noemen. "Sjust go wiss de flo". Het scheelt in ieder geval wat
typewerk. Mogelijk dat Loes en/of Patrick (kennelijk ben je nog niet lang
genoeg op de nuusgroep om die namen als ondertekening te hebben gezien) er
daarom ook toe zijn overgegaan.
In article , Arthur Hagen
wrote:
> Samuel Murray schreef...
>> L&P wrote...
>>> Samuel Murray wrote:
>>>> Waarvoor staan die L en die P?
>>> Die P staan vir my naam, die L vir my vrou se naam, maar WHO CARES ?
>> Aangename kennis.
>
Geachte Heer Hagen,
Hartelijk dank voor Uw gewaardeerde opmerkingen. U heeft wel gelijk
dat het internet in de loop der tijd wat lossere "nettiquetten" heeft
gekregen. Ik maak mij bij mijn e-mails daar nu ook schuldig aan. Wellicht heeft het ermee te maken dat ik veel met Amerikanen e-mail die zoals bekend er een
wat lossere stijl van omgang in woord en geschrift op na houden dan de
meeste Europeanen. Kennelijk heb ik mij daar naadloos aan aangepast.
Waarvoor zowel aan U alsmede aan de andere deelnemers van deze NG mijn
welgemeende excuses. Ik zal proberen mij aan de "ouderwetse" omgangsvormen
te houden. Tik mij vooral op de vingers als het weer mis gaat, dank U wel !
Met vriendelijke groet, Patrick
>
> Windt je niet te veel op, Samuel, da's slecht voor je bloeddruk. Ik vind het
> ook leuk om te weten met wie ik praat, maar steeds minder en minder mensen
> houden zich aan de gangbare omgangsvormen op het Internet (de zg.
> nettiquette). Kennelijk is het iets waar we mee moeten leren leven. Er iets
> van zeggen is als vechten tegen de bierkaai :(
>
> Ik vind het tegenwoordig al normaal als ik emailtjes krijg die slechts één
> enkele zin bevatten. Geen "hallo", geen "groeten", geen naam eronder en een
> nietszeggend emailadres ........ .....
>
> Misschien moet ik me voortaan ook maar gewoon bij mijn initialen of naar een
> bijnaam noemen. "Sjust go wiss de flo". Het scheelt in ieder geval wat
> typewerk. Mogelijk dat Loes en/of Patrick (kennelijk ben je nog niet lang
> genoeg op de nuusgroep om die namen als ondertekening te hebben gezien) er
> daarom ook toe zijn overgegaan.
>
> Groeten,
> 8uur
>