Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

HELP MY, EK IS OP SOEK NA............

Wo., 26 Julie 2000 00:00

Hallo almal,

Ek is op soek na plate en beeldmateriaal van optredes van die S-A leerorkes
in die jare 1960 - 1970, en "Koffiehuis" programma's van die tv. Dit was
onder leiding van Ollie Viljoen.
wie kan my daarmee help of adresse gee sodat ek verder kan soek??

Die rede hoekom dit vir my so belangrik is... my pa en broers was is die
orkes en aangesien ek nou ver van my familie is (ek woon nou in Holland) het
dit vir my emosionele waarde.

Help, help, help
Baie dankie
Hoop om van iemand te hoor!

Reina Waijenberg

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

re: WVK van Parra Doks

Di., 25 Julie 2000 00:00

Daar is heelwat dinge wat ek met jou saamstem. Indien ek
jou slegs op jou noemnaam wil noem en nié naam en van nie,
kan ek jou 'parra' noem?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Vic se 'Gloudina?'

Di., 25 Julie 2000 00:00

Haai daar.

Ek is jammer as dit 'n simpel vraag is, maar wie is
Gloudina?

Vic

*****************

Sy het by 'n wit boer op 'n plaas gewerk Vic. Oorspronklik
in die varkhokke waar die boervrou haar oor Gloudina
ontferm het en haar toe in die kombuis laat werk het.

Die stank vir dank wat sy teenoor die witmense openbaar is
tog tipies van haar ras, is dit nie?

Groetnis

Davie Davis

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina?

Di., 25 Julie 2000 00:00

Haai daar.

Ek is jammer as dit 'n simpel vraag is, maar wie is Gloudina?

Vic

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Gloudina?

Di., 25 Julie 2000 00:00

Niemand nie.(G)
Christo

Vic wrote:

> Haai daar.
>
> Ek is jammer as dit 'n simpel vraag is, maar wie is Gloudina?
>
> Vic

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uitgevang - Liegbek!

Di., 25 Julie 2000 00:00

Jy't darem 'n ongelooflike cheek om so sienderoë te knip aan die aanhaling.
En dan nog apologie te eis!

Ek voeg nou die stukkie in wat jy so kreatief geknip het:

skryf in boodskap news:397DD5F9.32B2A90E@home.com...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Lou Skryf:
>>> Ek stem nie saam nie Gloudina. Die Bybel se duidelik dat jy slegs 'n
>>> enkel God kan dien, as jy twyfel of die 'god' wat jy dien die regte een
>>> is dan 'glo' jy dood eenvoudig nie!! Daar kan du sslegs een Godsdiens
>>> wees en jy (jou siel dus) kan slegs gered word deur volkome geloof in
>>> God die Vader, Sy seun Jesus Christus se geboorte, kruisiging, dood en
>>> opstanding en die werking van Sy Heilige Gees soos beskryf in die
Bybel.
>>

** So, die "Bybel" is halfpad 'n Joodse geskrif, en het niks te doenmet
die boodskap van Christus nie. Hoekom noem jy die Ou Testament
die Bybel? Dis alleen as jy die Bybel in die regte perspektief sien, soos
wanneer Northrop Frye dit die "Great Code" noem, dat jy kan begin
ontsyfer wat daarin van belang is. **

>>
>> Om die Ou en Nuwe Testament
>> te verhef tot die enigste boek wat van geestelike dinge praat, beteken
>> dat jy 'n kult beoefen, met die gees politiek speel.
>>
>> Gloudina
>>
>
> So, Leendert. Vra om verskoning. Ek het nie
> Christene aangeraai om net die Nuwe Testament
> te lees nie. Ek het verklaar: as iemand soos Lou
> verkondig dat die OT en die NT die ENIGSTE
> boek is wat oor geestelike dinge praat, hy 'n
> kult beoefen.
>
> Gloudina

Nou's jy darem behoorlik gevang met jou vingers in die cookie jar, nie waar
nie!

Nie dat jy ooit verskoning sal vra nie!

Maar dit bevestig natuurlik jou skynbaar onkeerbare drang om te lieg. Mens
kan waaragtig niks glo wat jy sê nie, weet jy?

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Re: Vraag aan (Leendert) Elaine

Di., 25 Julie 2000 00:00

Is sy nie lankal dood nie???

Vra maar net...

Leendert van Oostrum schreef in berichtnieuws
8lk51q$spl$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het nog nie mans opgemerk wat Elize Botha met soveel jaloesie vervolg
> nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Opvolg op Windows 2000

Di., 25 Julie 2000 00:00

Het toe die naweek Win 2000 geinstalleer

Die installasie het so vlot verloop ek kon nie glo dit is 'n Microsoft
produk nie. Ek het gisteraand bietjie begin speel en moet se ek hou van die
gevoel van die "ding". Sal vanaand begin om die res van die netwerk op te
stel. Ek moet se ek's nie baie lus om kabels na die kinders se kamers deur
te trek nie, maar sal dit seker moet doen. Toe ek gebou het het ek reeds
voorsiening gemaak met 15mm pype in die mure.

Groete
Krokkie

Rekenaars & selfone | 9 kommentare

Gloudina

Di., 25 Julie 2000 00:00

Gloudina het in een van haar vele (te veel) poste geskryf:
[knip] Dis tyd dat die Afrikaner as groep grootword... [knip]

Nou toe, word jy sommer ook groot!

Jy sit soos 'n spinnekop in jou web en remarks toesnou aan al die SA'ers wat
nog hoop het. Die feit dat jy nie meer in SA sit nie (ek terloops ook nie),
maak van jou GEEN beter mens as hulle nie, al dink jy so...

Ek ken jou nie, maar jy't sekerlik nie as gevolg van jou eie skills in
Kanada beland nie, maar lekker op manlief se rug gery!!! Indien ek verkeerd
is, moet jy my laat weet vir wie jy werk, want jy sit heeldag op hulle
onkoste en poste plaas...

Terloops, geen nut om te antwoord nie, want ek het jou geblok! Whê!

Tarra Parra

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse midiblad

Ma., 24 Julie 2000 00:00

Meer en meer mense besoek hierdie blad. Hoekom nie ook jy nie.

www.dreamwater.com/vos/

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1048  1049  1050  1051  1052  1053  1054  1055  1056  1057  1058  1059  1060  1061  1062  1063    »]
Tyd nou: Vr. Sep. 18 02:38:26 UTC 2026