Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39e4c66a.0@news1.mweb.co.za...
> Ek moes vandag baie werk doen in nie-blanke areas. Siende ek lank laas daar
> gewerk het en die feit dat die plekke baie uitgebrei het en sekere strate
> nie in my kaart boek was nie moes ek by sekere Polisiestasies gaan hulp vra.
>
Ek het 'n baie goeie vriend in die Polisie....hy's 'n speuder en sukkel
vreeslik met depressie. Hy bel my vandag spesiaal om vir my te sê hy's op
'n plak. Hy en 'n ander vriend het sakkies dagga (ek dink hulle noem dit
bankies) by die polisiestasie gesteel. Volgens hom lê dit al twee weke in
die een hoek van die stasie, en niemand was lus om dit in te boek en
"evidence" kamer toe te vat nie, want dis net te veel moeite.
Dan moet ek ook in dieselfde asem sê dat ek partykeer nie ons polisiemag
blameer dat hulle korrup word nie. My neef is 'n sersant in die polisie, hy
werk vir opsporings, maar sy salaris is 'n karige R2500 per maand - voor
aftrekkings. Sy vrou het onlangs haar werk verloor (terwyl sy op
kraamverlof was) en sy sukkel om weer werk te kry. Hulle 10 maande oue
babatjie sukkel vreeslik met asma en bloedarmoede so daar's nog uitgawes,
hulle moes spesialie masjiene koop om haar te stoom en so aan, maar die
medies weier om te betaal.
Nou vra ek jou.....as hierdie neef van my geld vat wat veronderstel is om as
getuienis te dien, of hy voel eenvoudige nie meer gemotiveerd om te werk en
"polite" te wees nie, hoe kan ons hom blameer? Wat word van die miljoene
rande wat elke jaar "geseize" word in "drug-busts" en glo my dit beloop
miljoene rande. Waar gaan dit heen? Hoekom gebruik hulle dit nie om ons
mag op te gradeer en ons die polisiemanne (en vrouens) bietjie meer te
betaal nie?
"Arcaine" skryf in boodskap news:8rukno$36u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Fellow South Africans,
> Distributing the message.
> In order for this protest to work the message has to go out to as many
> people as possible.
> Remember, read this and send it to as many people as
> you possibly can.
Hierdie is SPAM! En boonop 'n kettingboodskap!
Verder is hierdie 'n Afrikaans groepie - ons luister hier nie na Engels nie!
:-)
-------------- www.AdderleyStreet.co.za ---------------
The most happening spot on Cape Town's web scene!
The Weekly Chirp - Killing SPAMMERS!!!
We now have on-line Personals! Catch a coool date today!
Get a Cape Town address - win an 18" LCD monitor!
Get your cool addy at http://freemail.adderleystreet.co.za
Ultra fun-loving Mel's new supersonic design
|
---oo-O-oo---
(Crash and burn!)
-------------------------------------------------------
Vir die eerste keer in my lewe is ek 'n seremonie monster..skuus meester by
'n troue en natuurlik moet ek 'n paar grappies vertel. Ek ken redelik baie
Afrikaanse grappies maar nie die tipe wat mens op 'n troue wil hoor nie :o)
So ek hoop julle kan vir my help en een of twee toepaslike grappies "post"
of sommer vir my mail. Ek sal dit baie waardeur.
jy het op paaie van klip geloop
onder 'n ysblou lug
jy het deur dae geloop
onder die boog van die son
jy het ons verhale binne geloop
jy het in mense se drome geloop
jy sit nou in hulle gedagtes
jy het woord geword
jy reis nou in taal
sinne neem jou na enige plek op aarde
jy manifesteer in woorde
waar mense kwaad word
waar mense mekaar help
jy stap in 'n straat in Parys
jy drink koffie in Dakar
in Miami is jy die vlam
van 'n argument
jy het alle tale geword
so het jy die onderdrukker
se lewe binnegesypel
waar hy loop
loop jy nou ook
waar hy praat
sit jy in die agtergrond.
Jy kan nooit weer
vermoor word nie.
En 'n tweede hofsaak wag vir 'n eis vir onderhoud van 'n ander vrou wat beweer hy
is die pappie van haar kind.
Lou wrote:
> Dis nou Parks waarvoor daar 'n WOA uit is omdat hy nie in die hof
> verskyn het oor beweerde versuim om onderhoud te betaal?
>
> JT wrote:
>>
>> "I have issued a statement denying what I am alleged to have said. That
>> means I repudiate what I am alleged to have said. WHETHER I HAVE SAID IT OR
>> NOT, it means that statement is considered by me to be wrong or
>> unacceptable. That should then settle the matter." - Presidential spokesman
>> Parks Mankahlana
>>
>> quoted from: http://www.oocities.org/southafrica2000/aids.htm
>>
>> Ja Nee
Elaine skryf in boodskap news:39d8448e.0@news1.mweb.co.za...
> En lees bietjie tussen die lyne? Ek het 'n sin vir humor, niemand kan ons
> blameer omdat ons Gloudina ernstig opvat nie, want sy lag vir niks. My
> mentaliteit is bietjie aangestas ja. Ek vermoed nogal dis van te veel voor
> die PC sit en NG postings lees. Ek weetie, maar ek sal daaraan laat werk.
>
> Elaine
>
> poppie wrote in message
> news:8r3iup$27f$1@slb0.atl.mindspring.net...
>> H� n sin vir humor Elaine, asook plein kommin sense . . . (natuurlik is hy
>> nie in hegtenis geneem nie, dink bietjie voor jy skryf) Alles tongue in
>> cheek
>> en julle eet alles vir soetkoek op . . . is dit die mentaliteit van die
> nuwe
>> S.A.?
>> Sekerlike nie!
>>
>
skryf in boodskap news:39D69BDE.7F623F92@home.com...
VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
VOOR DIE VAL
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel,
terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
DIE SON SAK WEG
Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.
My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder die koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.
Daar verkoop slinkse boere
Waatlemoene om aan die lewe te bly.
HERFS, OUDTSHOORN
ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.
Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
twee honde slaap rustig
vreedsaam rug aan rug
in 'n felle suider son se lig
drie lemoenduifies
veg sonder om te praat
spatsels van yster as chromaat
hemelloos blou en stil die lug
as een moet vlug