Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Rugby - 'n politieke speelbal?

Sa., 30 September 2000 00:00

"poppie" skryf in boodskap news:8r4rvj$hbd$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Wat is die "mercy rule" Horrie, dat hulle jammer is vir hom en daarom
> die game stop?

Ek ken nie bofbalreëls nie. Die nuusberig hier het van die mercy rule
melding gemaak. Mens neem maar aan dit is wanneer die wedstryd gestop word
net nadat die een span sy naam totaal en al gat gemaak het. Seker maar om 'n
totale slagting te vermy.

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Taalmisbruik. Was Vrylating van prisoniere

Vr., 29 September 2000 00:00

@home.com wrote in article ...
>
> Kan jy nou vir my vertel - hoekom klink die Afrikaans in
> die SA koerante op die net en in die poste van so baie
> van die mene op hierdie nuusgroep, en in die briewe en
> eposse wat ek uit SA kry, en die Afrikaans op Litnet,
> nog so baie soos die Afrikaans waaraan ek gewoond is?
> Is die taal van die Beeld en die Burger en van Litnet
> en van my familie en vriende in SA uit die ou doos, en net
> die Afrikaans wat ou Krokkie hierbo gebruik nou blykbaar
> moderne Afrikaans? Of is ou Krokkie se Afrikaans maar

Ek geniet die pos van Gloudina, en die van Ferdie, en nog 'n hele paar
ander wat ten minste 'n poging aanwend om in duidelike verstaanbare en
boonop meesal ongekruide trant hulle saak te stel, hetsy in 'n verouderde
of nuwe vorm. Dit wil nie sê dat ek noodwendig met elke standpunt saamstem
nie. Die nuutste stel javels, skimmels en ander glibberige ongediertes wat
hier uitkruip en anoniem gal en ander spysverteringsresidue deur die
sleutelbord braak toon doodeenvoudig die volgende:

Dat jou taalgebruik 'n direkte weerspieëling van jou opvoeding is.
Opleiding kan jy koop maar sowaar nie opvoeding nie. Die meeste van hierdie
"laergeslagskanaalfunksie"-skrywers het die "kleurvolle" woordeskat in die
ouerhuis aangeleer, of gee glad nie eens om om dit in die teenwoordigheid
van hulle ouers te gebruik nie. As jy wel sou omgee om dit voor jou ouers
te gebruik, hoekom doen jy dit hier?

Dat die "ek skryf soos ek praat" brigade nie in staat is om hulleself
duidelik in hulle eie taal uit te druk nie. Vloekwoorde en 'n algemene lae
onbeskaafde woordeskat is die enigste manier om uiting te gee aan enige
emosie, hetsy frustrasie, woede of selfs geluk.

Dat jou boodskappe ook jou benadering in die lewe weerspieël. Ondeurdagte
verbale diaree, beledigings en afbrekende kommentaar in 'n boodskap wat
selfs nie eens eenkeer deurgelees word voor versending om ten minste die
mees ooglopende spelfoute reg te maak nie, dui op 'n persoonlikheid wat net
so vlugtig en plofbaar soos eter is, en net so onstabiel. Maak maar sommer
als vinnig met die vuis reg, wat, of vertel die persoon presies wat jy van
hom dink. Beskou jouself as reguit maar is in werklikheid doodeenvoudig
ongeskik. Is boonop nog te onnosel om dit ooit self agter te kom.

Watter nuusleser het 'n regtige doeltreffende uitsluitmeganisme ("bozo bin,
kill file, block file")? Ten spyte daarvan dat ek diesulkes daarheen afdank
in die derde potensiële nuusleser, bly ek steeds hulle gemors ontvang.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Oor Bokbreine

Vr., 29 September 2000 00:00

In watter mark segment

"Oitaroh Margoloh" skryf in boodskap news:Ay5B5.5845$gK3.106198@sodalite.nbnet.nb.ca...
>
> "GROOTBAAS" wrote in message
> news:39d4cf0b$0$226@hades.is.co.za...
>> Vertel my wat doen jy in Kanada ?
>
> So min as moontlik. Ek werk nie, ek beklee net 'n vakante pos. :-)
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

BILTONG?????????????????????????

Vr., 29 September 2000 00:00

DANKIE

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Boererate

Vr., 29 September 2000 00:00

Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
kan help.

Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
met asma en brongitus en die klas van goed.
Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?

Elaine

Gesondheid & boereraat | 16 kommentare

Re: Boererate

Vr., 29 September 2000 00:00

Swem? Waar? Ek bly in 'n "townhouse" en die kinders staan op die rand van
die swembad en kyk wie kan die verste pie!! hehehhe
Pretoria is ongelukkig ook buite die kwessie want ek werk in Johannesburg.
Maar dankie ek gaan volgende week anyway 'n homeopaat sien. Miskien kan hy
help.

Elaine

GROOTBAAS skryf in boodskap news:39d4f60c$0$234@helios.is.co.za...
> Lugbesoedeling dra seker die meeste by tot asma en sinus in ons stede.
> Trek na die ooste van Pretoria en ek verseker jou sou probleem sal baie gou
> verbeter.
> Begin ook ernstig swem om so jou longkapasiteit en sterkte te verhoog.
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:39d4e6e3.0@news1.mweb.co.za...
>> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle
> my
>> kan help.
>>
>> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
>> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om
> te
>> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
>> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
>> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en
> bloeddruk
>> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
>> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
>> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
>> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter
> werk
>> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
>> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
>> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
>> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
>> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
>> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as
> die
>> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
>> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek
> (net
>> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank
> (of
>> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
>> met asma en brongitus en die klas van goed.
>> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>>
>> Elaine
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Testing een twee drie

Do., 28 September 2000 00:00

Sorry, toets net gou. Gloudina, moet asb, nie op hierdie pos antwoord nie,
want ek weet wat 'n toets is!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Testing een twee drie

Do., 28 September 2000 00:00

Hoekom kry ek die gevoel ek beter my mond hou, want anders gaan my bynaam
nounou "eggo" wees, :)))

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ek tjek julle uit...

Do., 28 September 2000 00:00

Haai,

Ek is nuut hier, Julle mense byt mekaar maar lekker nonsies :), Ek moet
erken ek geniet dit nogal. Dis mos hoe Afrikaners is, Jy sien dit nie sommer
in oorseese nuus groepe nie...

Ek tjek nog eers hierdie hele speletjie uit ...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo Ferdi

Do., 28 September 2000 00:00

Ek sien jou buurman se Std 5 laaitie het jou rekenaar weer up and running
nadat jy die FORMAT C: command so bietjie gaan probeer het

Hou nou daai vuil vingertjies ver weg van die DELTREE en die FDISK commands
af ook hoor.

Sonder jou hier om Gloudina te buck-up met alles is dit niks meer fun om met
Gloudina te argumenteer nie want ons "apartheids varke" het agtergekom dat
jy net vir Gloudina aan die praat moet hou lank genoeg en sy praat haar in
'n hoek vas.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1020  1021  1022  1023  1024  1025  1026  1027  1028  1029  1030  1031  1032  1033  1034  1035    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 07:40:17 UTC 2026