Wat die regering tot nog toe nie besef nie en blykbaar ook nooit ooit
gaan besef nie is dat al die nuwe maatreëls en wette wat daarop gemik is
om die "minderbevoorregtes" te help in werklikheid net die
teenoorgestelde uitwerking het.
Die nuwe salaris en werksvoorwaardes vir huishulpe het gesorg dat
heelwat van hulle nou al nie meer werk het nie want die "miesies" kan
nie byhou met al die demands nie
'n Familielid het sopas 'n belowende besigheid tot niet gemaak juis oor
die regering se dinge en omdat hulle geteister was met stakings,
diefstal ens. Daar was 50 SWART vroue in diens.
So is daar ander besighede wat besig is om dieselfde pad te loop.Daar is
nog talle ander voorbeelde en ek is seker meeste op hierdie nuusgroep
weet van ander gevalle ook.
Vooruitgang???? My voet.!!!!
Intussen hol die soustrein, oorbelaaid, 'n hond uit 'n bos.
Christo
Nogal gedink die is snaaks en vanpas vir sekere lede hier
Die kerk se afkondigingsblaadjie
één verkeerde woordjie, woordplasing of selfs net 'n leesteken kan vir groot
chaos en pret sorg ....
>
>
> Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons
> het 'n moederskamer net langs die kerk.
>
> Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek
> is ná die erediens.
>
> Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om
> sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die
> konsistorie opgeplak.
>
> Basaarafkondiging : Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan
> het nie en kom deel in die pret.
>
> Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal
> drink. Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om
> 18h00 daar wees.
>
> Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons
> predikant is beter.
>
> Ons het vannaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en
> die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante
> gedoop word.
>
> Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal
> bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom?
> Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant
> die hotel.
>
> Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees,
> waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.
>
> 'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geïnstalleer. Dit is
> 'n geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering
> aan sy vrou...
>
> Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal.
> Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.
>
> November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die
> wêreld > se grootste probleem.
'n dankie Tobie vir die (eintlik onverdiende) kompliment oor my web
werf. Ek het onlangs met veranderinge begin en nié klaar gemaak nie
omdat ek juis toe begin het om 'n soek enjin in CGI Script te bou, die
selfde tyd belangstelling ontwikkel het in "Lake Applets" en steeds
die selfde tyd die 'Davŕni Site' gebou het. Dit alles behoort darem as
verskoning te dien vir die feit dat daar skakels op die blad is wat na
afdelings verwys wat ek uitgehaal het!
Jou brief (oor Caremed) was die dag na jy vir ons daarvan vertel het
in Kaapstad by die hoofbestuur deur my toedoen. Dit wat jy hier skryf
sal ook môre daar wees.
Jy gee wel nie genoeg inligting sodat ons die geval kan identifiseer
nie maar steeds is dit belangrik dat jy dit genoem het.
Groetnis
DD
On Sun, 1 Oct 2000 22:52:32 +0200, "Tobie" wrote:
> hey-hey DD
> wb ...... waar was jy ou chappie?
> jou nogal gemis ........ soos 'n gat in die kop..... j/k :-)
>
> die kwak is toe uiteindelik betaal na 5 maande.
> het op jou werf rondgeloop, mooi en netjies, skoon
> en 'n ou hoef nie 'n valskerm troep se 'obsticalcourse' deur
> te gekom het om daar te beweeg nie.
Jy sien die groot ding is, almal soek meer geld maar is nie bereid om trots
te wees op dit wal hulle het nie. Jy sien so nou en dan 'n besigheid oorsee
waar die besigheid al honderde jare in een familie se besit is. Deesdae is
trots tot niet en "screw" al wat leef in.
"Riaan" skryf in boodskap news:8rei87$2nkl$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>
> skryf in boodskap news:39DAC494.94FD8F82@eskom.co.za...
>
> Newton se wet sê vir elke aksie is daar 'n gelyke maar teenoorgestelde
> re-aksie. Maar dit weet die regering nie want hulle het nie wetenskap op
> skool gehad nie ..... Seker alweer apartheid se skuld
>
Hiesit nou! Ons gaan hierie vakansie NM toe, julle weet mos, die
Vergewensgesinde Stad da innie Kaap! Vi die wat noggie wetie, dis nou
Nelson Mandela Metropolis (tot nou toe bekend as Port Elizabeth - die
vriendelike stad)
Wonder net wie gaan al hierdie dorpe en stede werklik op hulle "nuwe" name
noem. Al die slapende honne is nou weer wakker!