Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Salaris verhoging

Di., 17 Oktober 2000 00:00

Ek sien die arme oner betaalde regerings amptenare kty maar net n 15%
verhoging terwyl die arme donners wat die werk moet doen 6% kry

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

World Church of the Creator

Di., 17 Oktober 2000 00:00

Hay, ek het op 'n site afgekom wat almal dalk na wil gaan kyk. Dis sommer
so toevallig en ek keur niks om die site toe nie, maar dit kan nogal
interresante gesprek vorm. Die url is http:///www.creator.org
Eindelik gooi ek nou olie op die vuur, maar ek sal graag julle opinies oor
die een wil hoor. Hulle erken openlik dat hulle rassiste is, en dat hulle
nie geweld goedkeur nie. Maar iets aan daai bande wat hulle om hulle
bo-arms dra en die vlag laat my nogal dink aan die Nazi's

Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Toekoms Advies vir: Planetêre Intelligensie Inisiatief

Ma., 16 Oktober 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staats departmente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die imuun stelsel,
aangaande 'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Insluitend die menige bydraes
wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die
Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en elders
op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil ook graag ondersteunende Regerings en Intelligensie Organisasies in
ons Paradys, en elders op die Planeet, veral Verdedigings Intelligensie
Organisasies, asook ondersteunende Organisasies, gelukwens vir die
super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die
volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid. Menige inisiatiewe, om
vredevolle en voorspoedige veelvolkige verhoudinge regoor die Planeet
te verhoog. Verskaffing van waardevolle inligting aan Regerings.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. Asook om die Regering van ons Paradys, en elders op
die Planeet te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie
meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Stel voor om ontmoetings te verhoog met Verdedigings Inligtings
Departemente in ons Paradys, en elders op die Planeet. Om die
ontwikkeling en voortdurende bywerk van 'n sentrale liggaam van kennis
te verhoog, op 'n sentrale rekenaar geberg. Met beskikbare spieelbeeld
liggings ("mirror sites") vir lidlande, wat hierdie inligting benodig.
Beskikbaarheid van toegang aan hierdie sentrale bron van inligting kan
ook verhoog word aan gemagtigde persone regoor die Planeet. Om deur die
VSA, en/of gesamentlike VSA en VK bestuur te word, indien enigsinds
moontlik. Om die effektiwiteit van planetêre verhoudings deur die VSA
en VK te verhoog.

Hoogstens aangeraai, vir die sentrale rekenaar wat die berging van
hierdie sentrale basis besit, om op 'n kontinent, bv. VSA, Kanada,
Europa, Rusland en/of Australie te wees. Verkieslik ondergronds, in 'n
beskermde gebied. Om die beskerming van hierdie waardevolle bron van
inligting te verhoog.

Jaarlikse en/of kwartaalikse verdedigings intelligensie ontmoetings kan
ook verhoog word vir G-7, G-8, G-20 lidlande. Voorvoegsel van 'n I, vir
Intelligensie. Om te onderskei tussen huidige planetêre ontmoetings.
Hoogstens aangeraai, vir ten minste 2-3 afgevaardiges van elke land, om
aan ontmoetings deel te neem. Om die deel van inligting te verhoog,
aangaande militere vaardigheid, vaardigheid wat toegevoeg word, indien
enige, om die balans van mag te verhoog soos nodig, vir lande op die
Planeet. Vanaf inligting beskikbaar op grondvlakke. En/of huidige
kontrakte in aanvang.

Ontmoetings kan eerste verhoog word vir I-7 en/of I-8 lidlande. Daarna
kan ontmoetings verhoog word om meer lande in te sluit, waar en/of
wanneer nodig. Om die effektiwiteit van kern besluitneming te verhoog.
Toelatings vlakke van inligting kan ook verhoog word tydens
ontmoetings, en/of die besluitneming daarvan. Om die sigbaarheid van
inligting aan addisionele lidlande te verhoog. Om asemrowende suksesse
in hierdie verband te verhoog.

Die hersiening van huidige inligtings inwinnings metodes en/of
alternatiewe inligtings inwinnings metodes kan ook verhoog word, om by
hierdie bydrae aan te pas, indien enigsinds nodig. Om planetêre
suksesse in hierdie verband te verhoog.

Navorsings inisiatiewe, insluitend medies, industrieel, militêr,
wetenskaplik, ens. onderweg, asook bepland, kan ook verhoog word op die
sentrale data basis. Om planetêre deelname aan inisiatiewe te verhoog.
Om suksesse in hierdie verband te verhoog.

Toegang tot die sentrale data basis kan ook verhoog word aan
afgevaardiges van G-7, ens. ontmoetings. Om die effektiwiteit van
besluitneming tydens ontmoetings te verhoog. Ook, om groep inisiatiewe
in die verband te verhoog.

Hoogstens aangeraai, om finansiële aansporings inisiatiewe te verhoog
in die verband. Om die geldigheid en/of effektiwiteit van inligting
verskaf deur lande te verhoog. Afstands waarneming ("remote viewing"),
en ander psigiese tegnieke, soos gebruik deur Projek Stargate in die
VSA, en soortgelyke inisiatiewe regoor die Planeet, kan ook verhoog
word deur lidlande. Om die geldigheid van inligting verskaf tydens
ontmoetings te verhoog. Terugvoer kan ook verhoog word tydens Planetêre
ontmoetings. Om die effektiwiteit van die sentrale data basis te
verhoog. Ten doel om planetêre vrede en voorspoed asemrowend te
verhoog.

Hierdie inisiatief kan eerste in G-7 lande verhoog word, indien
enigsinds moontlik. En/of gelyktyktydig vir alle lande op die Planeet.
Om die geldigheid en effektiwiteit van inligting te verhoog.
Aansporings maatstawwe kan ook verhoog word aan Regerings regoor die
Planeet. Om die effektiwiteit van implementering regoor die Planeet te
verhoog, in hierdie verband.

Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millenium van die ANC,
President Mbeki, asook die Regering en die Persone van ons Paradys, aan
die Regerings en die Persone van die VSA en VK, en elders op die
Planeet. Om vriendskappe te verhoog tussen ons Paradys en die Regerings
op die Planeet.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
'n Sentrale bron van kennis vir planetêre besluitneming kan asemrowend
verhoog word.
Meer effektiewe besluite kan asemrowend verhoog word.
Bestuur van die balans van mag op die Planeet kan asemrowend verhoog
word.
Planetêre vredes inisiatiewe kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike navorsings inisiatiewe kan asemrowend verhoog word.

Ekonomiee, en potensiële ekonomiee kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Kommentaar:
Hierdie is die lang verwagte bydrae om die opsporing van effektiewe
Intelligensie Inligting op die Planeet te verhoog. Hierdie inisiatief
kan die hoeksteen vorm, om planetêre vrede asemrowend te verhoog, veral
op 'n medium tot lang termyn basis. Profyte van firmas, veral
multi-nasionale firmas, in geldelike waarde, kan verwag word om 2-3
nulle direk links van die desimale punt/komma te verhoog, op 'n lang
termyn basis. Veral in verband gesien indien 'n geneesmiddel vir
miv+/vigs gevind word, verwag gedurende die eeste helfte van hierdie
dekade. Gevolglik, ...

Profytvolheid van firmas kan asemrowend verhoog word.
Meer globale spelers kan asemrowend verhoog word.
Meer oornames, veral globale oornames, kan asemrowend verhoog word.

Die moontlikheid en/of fenomeen van die verskyning van triljoenêrs in
die afsienbare toekoms kan asemrowend verhoog word.

(Die reisiger is bereid om sy reputasie op die spel te plaas, indien
nodig, vir die manifestasie van bg. voordeel, indien enigsinds nodig.)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.

(Wil graag 'n apologie aanteken vir die laat indiening van hierdie
bydrae. Meer bydraes kan eersdaags verwag word.)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Bynes....

Ma., 16 Oktober 2000 00:00

Kom ons krap nog 'n seer plek oop. 'n Paar vrae - antwoord eerlik:- En
as jy nie bevestigend kan antwoord nie, moet dan nie probeer opinies
uitspreek nie. Dis moeilik om met 'n pynende skouergewrig ('n AK koeel)
te sit en tik en dan nog irritasie te beheer - na al die jare is die
emosionele pyn steeds erger as die fisieke, en die is erg.

1. Wie van al die NG mense in hierdie groep was self in die bosoorlog as
soldaat betrokke?
2. Was dit vrywillig of gedwonge?
3. Moes jy ook skiet of staan/le/weghardloop om geskiet te word?
4. Het jy 'n medesoldat sien ruk op die grond met bloed wat uit sy mond
stroom? (Of iets dergeliks)

En as jy kan JA op enigeen kan antwoord - dink jy dit was reg so?

1. Nouja, sodra jy klaar geantwoord het - het jy al na 'n bomontploffing
onskuldige mense se stukke opgetel - steeds warm van vergange lewe?
2. Moes jy die nuus van 'n kind wat weggeraak het, wie se lykie
(boosaardig vermink) gevind is gaan oordra? Die ergste is die ouers se
gesigte.
3. Was jy al op "gunpoint" beroof van 'n motor (of iets anders)
4. Ken jy iemand wat verkrag is voor haar kindertjies? Ken jy die
kindertjies?

En nou - watter gruwel is die ergste. En, was dit reg - enige een van
hulle?

Maak al hierdie dinge sin - was dit so bedoel dat ons mense so te kere moet
gaan? En wat is alles tog die rede: Goud, minerale, ensovoorts - magsug
in die ergste graad. Soveel so dat ek en my huis ons vaderland moes
verlaat net om te kan verdien en kos te koop. Ja, ek mis Namakwaland (het
daar grootgeword), ek mis my ouers, my vriende, my huis (wat ek basies moes
weggee) en baie ander dinge.

Maar, moet ons bogenoemde die gruwels probeer regpraat na enige kant toe?
Of selfs probeer ignoreer? Stellig nie. MAAR - ek glo dat dit elke
mens se eie reg is om sy lewenskwaliteit te probeer verbeter. Dit is
presies wat ons gedoen het.

Moet dus nie na emigrante smalend verwys nie - nie almal van ons "vlug" of
is op 'n "chicken-run" nie. Baie van ons (meer as 100,000 slegs in
Auckland) het dit bitter moeilik gevind om ons ouers en familie agter te
laat om vir ons kinders
'n toekoms te probeer vind. Ja ons slaan bondel en stig ons eie kerk -
met meer as 100 belydende lidmate slegs in Suid Auckland. Dien die Here
in Afrikaans, praat fluks Afrikaans, en maak ons kinders sodanig groot.

Suid Afrika se enigste probleem is dat ons nie daar kan lewe nie - geen
inkomste nie - dis maar al.

Dink aan ons in daardie lig.

Groetnis.

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Re: Archives: October 16, 1900

Ma., 16 Oktober 2000 00:00

Daardie artikel kan net sowel vandag nog geld.TREASON ,FOLLY, PUFFED UP
IMPORTANCE amongst our leaders.
Nog steeds relevant vandag.

>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

emigrasie

So., 15 Oktober 2000 04:25

Dis net ongelooflik om jou kinders vry te laat om in die straat te speel,
rond te loop en dies meer - hier word nie muti gekook van kinders nie,
gladnie ontvoer nie - net waardeer.

Dis net so buitengewoon om 20 to 30 vakante poste (vir een beroep)
geadverteer te sien - Daagliks!!

En om dan een die eerste aansoek te laat slaag - SJOE! EN, NIEMAND vra
of ek swart is nie.

Ons besit geen vuurwapens nie - die polisie pas ons goed op - hulle vra
darem nie dat mense polisie-padblokkades moet ignoreer nie!

Ons slaap met oop deure, want hier is maar twee verkragtings - gemiddeld -
per jaar. Ongeveer 10 moorde per jaar - almal hoofberigte op TV. En die
land het 4 miljoen mense.

My lojaliteit is by my huisgesin - nie by enige land nie. Die Here het ons
die aarde gegee, nie net ';n lappie grond tussen mensgemaakte grense nie.

Dus, as ek hoor van 'n "groot SA patriot" dan besluit ek outomaties dat
hy/sy of nie verstand genoeg het om te besef wat aangaan nie, of wel
verstaan maar nie die nodige fondse het om 'n "plan te maak" nie. Ek kry
hulle opreg jammer.

Alles van die beste vanuit 'n ongelooflike ontspanne land.

Emigrasie & buiteland | 14 kommentare

Re: emigrasie

So., 15 Oktober 2000 00:00

Jy moet net onthou dat almal nie kan emigreer nie. Hier sit mense wat nie
die geld het nie of nie die kwalifikasies het nie.So hier is van ons wat sal
moet bly en die beste van n kak saak moet maak.Almal dink dit gaan beter
oorsee maar gaan dit wel beter

Reenen van Niekerk

Magrietha skryf in boodskap news:8sc196$9q8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sterkte Tamix, jy is een van dié wat die regte argument aanvoer - jou
> lojaliteit lê by jou gesin en nie by enige land nie. As al die ou liberales
> (noem 'n mens hulle nog so?) maar net wil besef dat 'n mens 'n beter lewe
> vir al jou mense wil gee en nie wil hê dat hulle aan soveel aaklige dinge
> blootgestel moet word soos wat ons tans in SA ondervind nie.
>
>
>
>
> tamix wrote in message ...
>> Dis net ongelooflik om jou kinders vry te laat om in die straat te speel,
>> rond te loop en dies meer - hier word nie muti gekook van kinders nie,
>> gladnie ontvoer nie - net waardeer.
>>
>> Dis net so buitengewoon om 20 to 30 vakante poste (vir een beroep)
>> geadverteer te sien - Daagliks!!
>>
>> En om dan een die eerste aansoek te laat slaag - SJOE! EN, NIEMAND
> vra
>> of ek swart is nie.
>>
>> Ons besit geen vuurwapens nie - die polisie pas ons goed op - hulle vra
>> darem nie dat mense polisie-padblokkades moet ignoreer nie!
>>
>> Ons slaap met oop deure, want hier is maar twee verkragtings - gemiddeld -
>> per jaar. Ongeveer 10 moorde per jaar - almal hoofberigte op TV. En die
>> land het 4 miljoen mense.
>>
>> My lojaliteit is by my huisgesin - nie by enige land nie. Die Here het
> ons
>> die aarde gegee, nie net ';n lappie grond tussen mensgemaakte grense nie.
>>
>> Dus, as ek hoor van 'n "groot SA patriot" dan besluit ek outomaties dat
>> hy/sy of nie verstand genoeg het om te besef wat aangaan nie, of wel
>> verstaan maar nie die nodige fondse het om 'n "plan te maak" nie. Ek kry
>> hulle opreg jammer.
>>
>> Alles van die beste vanuit 'n ongelooflike ontspanne land.
>>
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: web adres

So., 15 Oktober 2000 00:00

SKERP!!!! baie SKERP ..... rotflmao...
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Davie Davis skryf in boodskap news:39e8b214.13040538@news.intekom.co.za...
:
:
: http://www.viagra.com.com.com.com.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Boertjie se nommerplaat in Amerika

Sa., 14 Oktober 2000 00:00

dis jammer dat mense so laag moet daal om hul boodskap oor te kry....

Liza lplaas.com> wrote in message ...
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n ander 'angle'

Sa., 14 Oktober 2000 00:00

Ek is bly om te sien dat die mense in hierdie NG so baie van mekaar verskil.
Voorbeeld, as jy en jou vrou vas gesit het kom julle beter mense ander kant
uit as jy bereid is om 'n ander een se standpunt ook in aanmerking te neem.
Moet my nou nie shots gee oor huwelike wat nie uitwerk nie. Die boodskap is
bedoel vir mense wat van beide kante probeer. As ons Afrikaners almal eendag
will saamstaan moet eers leer om mekaar te aanvaar. Dit beteken m.a.w. almal
moet met hulle verskille en al probeer om saam te werk. Ek is van die
standpunt uit dat elkeen goeie punte het, natuurlik ook slegte punte.

Ons vriend die magneet het die oplossing: "Teenoorgestelde pole trek mekaar
aan". Julle ouens wat mekaar so uitbeit! PASSOP!!!, Julle is dalk nader aan
mekaar wat persoonlikheid aanbetref as wat julle dink.

OK, Nou kan julle, julle beurt spreek...

--

Rudolph Thomas
rud...@iox.co.za
http://www.iox.co.za/

Design, Research and Manufacturing of electronic Products, Ideas and
Solutions.

Get paid cash every time you receive email!
Sign up FREE at:
http://www.MintMail.com/?m=16880

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1011  1012  1013  1014  1015  1016  1017  1018  1019  1020  1021  1022  1023  1024  1025  1026    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 06:50:43 UTC 2025