Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Cleo se nuwe blaadjie

Vr., 15 Desember 2000 13:28

Lyk my of Cleo 'n besig is om 'n nuwe blaadjie om te slaan, ons hoop dit bly
skoon en netjies

Groetnis
DA

Incompetence knows no barriers of time or place.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Anon posters... ? :)

Vr., 15 Desember 2000 12:50

Aan Scriptkiddie

Dit is besonders intelligent van jou om gepubliseerde en algemeen bekende
metodes te gebruik om verskillende persone te probeer wees.

Nou dat jy bewondering gekry het vir jou briljante kopieeraktiwiteit, wil jy
miskien nog meer metodes gaan soek in die gepubliseerde hacking websites
waarop jy jouself kan amuseer.

Dan weer - miskien moet jy maar liewers op Alt.2600.hackers gaan spog met
jou onbetwisbare superieure intellek en kyk hoe hulle vir jou lag.

Word groot

-Gideon-

"Musketier" skryf in boodskap news:NI0OKMNS36875.4894097222@frog.nyarlatheotep.org...
> Vir Nude Raider en No-user ,
>
> Die 3 van ons moet bymekaar kom. Dit was 'n interessante ondervinding to
> dusver. Ek hoef seker nie te verduidelik nie? Wat dink julle is die kans
> dat IEMAND gaan dink dat ek met myself praat hier?
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

BELYDENIS: NEE DANKIE, NIE HIERDIE EEN NIE!

Vr., 15 Desember 2000 10:14

Ek het nog nooit juis saamgestem met Mad Max du Preez se uitlatings nie,
maar met sy jongste een "Ek teken g'n niks meer" by
http://www.news24.co.za/Die_Burger/Forum/0,1785,4-908_954900 ,00.html
kan ek my nogal self assosieer.
Dit is nou na aanleiding van die Krog-Burton-Niehaus belydenisskrif.....

Nadat ek gesien het dat randeiers soos Wilhelm ("Mnr Melanie") Verwoerd,
Sampie Terreblanche, Jannie Momberg, die Krog-Burton-Niehaus trio en die
spul Rugby-Springbokke ook geteken het (laasgenoemde glo darem 'n
afgewaterde weergawe wat selfs deur die nie-wit bokke onderteken is!!!),
het ek maar besluit: dankie, maar nee dankie. Vir 'n verandering staam
ek saam met Mad Max.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tyd dat die skole weer begin

Vr., 15 Desember 2000 07:23

Ek is seker daarvan dat Mel, Cleopatra, RamSys en kie almal 'n klomp skool
laaities is wat te donners lelik is om 'n girl te kry om die vakansie by te
gaan kuier. Nou sit hulle die hele vakansie hier en cross postings doen. Hel
dit moet boring wees

Shame boys, ons weet dit is maar moeilik op die ouderdom waar hulle nou in
is, die hormone is omgekrap en as gevolg daarvan is die gesigies so vol
puisies dat jy nie by die huis kan / wil uitkom voor 22:00 nie want anders
spot almal julle.

En omdat jy nie gedurende die dag kan / wil uitkom nie kan jy ook nie eers
'n ou vakansie werkie kry nie, so julle is nog 'n klomp arm gatte ook

Ha Ha Ha .... BUSTED !

Onderwys & opvoeding | 2 kommentare

Nuusgroepe

Vr., 15 Desember 2000 06:22

Wie kan help. Ek vra nou sommer so uit nuuskurigheid. Hoe kan 'n mens 'n
newsgroup begin? Waarheen kan ek aan as ek 'n nuusgroep wil begin ?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Vraag aan Krokkie

Vr., 15 Desember 2000 05:50

Nee glad nie

Krokkie

Danielle Jackson wrote in message ...
> Het gewonder of Knopgat en Krokkie dieselfde persoon is?
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kersfees is hier!!!

Do., 14 Desember 2000 22:37

Aan Almal

Ek gaan more (of is dit nou vandag) met verlof.....9 dae van son, "rivier
(ek gaan nou nie see toe nie) ski en lê en sleg wees op Skoonpa se boot lê
vir my voor. En die 25ste gaan ons 'n ete ou vir die boemelaars.
Hopenlik met my terugkeer oor twee weke, sal die "cross postings" stop en
sal die NG terugkeer na "normaal" My idee van normaal mag dalk verskil van
julle s'n.
Mag julle almal 'n vreeslike lekker Kersfees hê vol vreugde, liefde en baie
pressies. Mag die nuwe jaar vir julle vreugde bring, en ek hoop almal bly
by hulle voornemens, minstens tot Febr. toe.
Die NG het my vreeslike plesier verskaf oor die laaste paar maande, al het
ons ook baie baklei. Dit was lekker om te sien wat ander mense dink van 'n
sekere saak. Veral Gloudina het my ure se plesier verskaf met haar
intelligente gesprekke, en gedigte (al hou ek nie van alles wat jy hier post
nie)
My nuwejaarsvoornemens is om my "killfile" te sluit, en om meer verdraagsaam
te wees. My ou hartjie oop te maak vir die wat hom nodig het. Miskien moet
ek ook probeer om weer gym toe te gaan en so bietjie van die vetjies wat
begin opbou te verloor. Dan gaan ek ook my man oortuig dis tyd vir kinders
al begin ek by 'n nuwe plek werk Januarie (uiteindelik - geld aan die einde
van die maand, iets wat ek nie nou ken nie). Ek sal my man sê swinging is
baie sleg, want julle sê so, en dit vernietig verhoudings (baie dinge het
gebeur die jaar). Ek gaan my eie kar kry, sodat my man my nie orals moet
rondkarwei nie, en ons trek in 'n huis in, so ek kan uiteindelik 'n nuwe
hond kry. My honde bly by my ouers want 'n woonstel is geen plek vir 'n
hond nie - ongelukkig is hulle nou baie lief vir my ouers en sal hulle kwyn
hierso. Ek gaan weer universiteit toe om te begin met my graad in
regte/sielkunde (ek kan nie besluit nie) al sê sommige mense vir my ek's te
oud - hou vir my duim vas.
So daar lê vir my 'n besige jaar voor - iets waarna ek kan uitsien. Dankie
dat ek my gedagtes met julle kon deel, al was dit "nonsense" en al het ek
baklei. Ek gaan probeer om minder te baklei volgende jaar.
Nou ja wag voordat ek sentimenteel raak, laat ek afsluit.

Groete en Feestelike Kersfees

Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Archives: December 13, 1900

Do., 14 Desember 2000 18:54

boring

skryf in boodskap news:3A379A75.4D0C036F@home.com...
> On December 13, 1900 the Globe and Mail reported
> that British troops in South Africa under General Knox
> maintained their "fox hunt" of Boer General De Wet,
> who circled around Knox's forces, recrossed a river
> ahead of them, regained the road and doubled back
> upon his first track.
>

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Future of the European Union..

Do., 14 Desember 2000 18:53

Now that Europe has successfully launched the introduction of a united
monetary unit, it is currently thinking of a united language.
The European Commission has just announced an agreement whereby English will
be the official language of the European Union rather than German, which was
the other possibility. As part of the negotiations, Her Majesty's Government
conceded that English spelling had some room for improvement and has
accepted a 5-year phase-in plan that would be known as "Euro-English".
In the first year, "s" will replace the soft "c". Sertainly, this will make
the sivil servants jump with joy. The hard "c" will be dropped in favour of
the "k". This should klear up konfusion and keyboards kan have one less
letter.
There will be growing publik enthusiasm in the sekond year when the
troublesome "ph" will be replased with the "f". This will make words like
"fotograf" 20% shorter!
In the third year, publik akseptanse of the new spelling kan be expected to
reach the stage where more komplikated changes are possible. Governments
will enkorage the removal of double leters which have always been a deterent
to akurate speling. Also, al wil agre that the horibel mes of the silent "e"
in the languag is disgrasful and it should go away.
By the fourth year, peopl wil be reseptiv to steps such as replasing "th"
with "z" and "w" wiz "v". During ze fifz year ze unesesary "o" kan be dropd
from vords kontaining "ou" and similar changes vud of kors be aplid to ozer
kombinations of leters. After ze fifz yer ve vil hav a reali sensibl ritn
styl. Zer vil be no mor trubl or difikultis und evrivun vil find it ezi tu
undrstand ech ozer.
Den ze dreem vil finali kum tru!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

briefie vir antie gloudiena

Do., 14 Desember 2000 17:51

hellou my antie

sjoe antie weet antie hoe bly is ek die jammerikaners se gesikkel is
oor voor krismis. my pa sê hys so bly hys sommer lus en skryf 'n gedig -
'bietieng about the boesh' sê hy. ma' netou dink die mense hys breitin
of iemand as hy 'n gedig skryf antie.

hie by ons was laas week ook mos ytverkiesing antie. oom taboe se mense
wou nie gaan stem nie toe lykit of oom tounie 'n bietjie beter doen al
was sy mense al op maghyt se strand. my pa sê oom tounie gaan te kere
asof hy gewen het ma' hy wonner wat sou oom tounie gesê het as hy meer
stemme gekry het ma' die hof sê oom taboe het gewen.

weet antie lat ons ook 'n hofsaak oor die ytverkiesing gehad het. een
van oom boetenlesopsê se kanniedade is mos voor die verkiesing vermoor.
toe vra die ieveepee lat hulle 'n anner kanniedaad aanwys ma' die hof
sê nee die mense moet ma' vir die dooie lyk stem. stink storie antie
want wie wil nou vir 'n lyk stem behalwe as dit in jammerika is waar jy
kan kies tussen twee lyke.

my pa willie vir my sê vir wie hy gestem het nie antie. hy sê hy het sy
briefie die verderf in gelei. hy skryf op sy briefie waar gaan sanien
geld kry om ses en sestag presidente te petaal sê my pa. ma' my pa
sê 'n dooie lyk behoort 'n beter raadslid te wees as 'n lewendige een
want die stink lat die mense darrim petymaal regop sit. soos 'n myshond.

gaan antie ook antie antjie somers se brief teken en afkoop boete
petaal antie. my pa sê hy teken en petaal niks nie. hy sê antie antjie
moet vir ons kom vertel hoelat die koebaanse koels oor haar kop geflyt
het sonner lat sy 'n sê gehad het. my pa sê hy't nie eers tyd gehad om
vir sy ma 'n brief met fênsie leestekens te skryf daai tyd nie wat nog
van 'n gedig. hy sê hy's lus om 'n brief op te stel wat mense moet
teken wat klaar petaal het. hy sê as antie antjie somers nie sy brief
teken nie gaan hy haar naam vir die ontvanger gee vir pelasting
ontdyking.

koebaai antie, annerweek gaan ons vir my ouma op mossel baai kyer waar
die water blou bilt. my pa sê die kaap is na die virkiesing die enigste
plek wat nog so effens hollans is.

hennerietjie

Sent via Deja.com
http://www.deja.com/

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    982  983  984  985  986  987  988  989  990  991  992  993  994  995  996  997    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 16:30:01 UTC 2026