Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Doktor Gloudina

Sa., 20 Januarie 2001 16:50

Geagte Dr. Gloudina (cum laude:),

Laat jou indrukwekkende CV my dink aan 'n ou boeregrappie.
Vir die sardoniese plesier van die plebs op die NG vertel
ek hom vir julle.

Eendag loop twee ou skoolvriende mekaar raak en begin gesels
oor hulle prestasies sedert matriek ( in die jaar toet).
Sê die eerste een met die fênsie suit en die hempie vol
frilletjies aan sy vriend met die leerbaadjie en die
spykerjeans: Ou Jan, is ek bly om jou te sien.
Jy het maar gesukkel op skool en hier is jy vanaand
spekvet en vol spiere. Maar voordat ons oor die ou dae gesels,
wil ek jou gou vertel wat ek alles in die lewe bereik het.
Ek het my B.Mus (cum laude) gekry, toe my M.Mus (cum laude)
en toe my D.Phil (cum laude) en toe nog 'n D.Mus (cum laude).
Ek is toe met 'n vrou getroud met 'n M.Mus (cum laude).
Sy het so pas ook haar D.Mus (cum laude) aan my alma mater
verwerf. Ons oudste dogter het so pas haar M.Mus (cum laude)
verwerf. Bring gerus een aand jou gesin oor na ons toe dat ons vir
julle 'n stukkie kan speel.

Sê die ou met die leerbaadjie: Ou Piet, is ek bly om jou te sien.
Ek het my tiende dan in die Fillipynse gevegskuns gekry,
nadat ek my swart belt in sjoekoetchai karate gekry het.
Onlangs het ek my poekoetjai swartbelt en vyfde dan
verwerf. My vrou is 'n meester in die Oosterse
jujitsoe en het self haar sesde dan. My dogter het
'n swartbelt en vierde dan kungfoe. Jy en jou
gesin moet gerus een aand oorkom na ons toe dat ons julle
so effens kan opfok.

Barrie (FMTTNLD)
(Failed matric three times, now lorry driver)

@home.com> skryf in boodskap news:3A68457A.4E210E94@home.com...
Jonas wrote:

> . Lees 'n bietjie wyer as Antjie Somers en kie - jy kan net groei.

Wel, ou Jonas, op die oomblik lees ek die biografie vanLangenhoven deur
Kannemeyer. Dit lees soveel makliker
as die onlangse biografie van NP. Kannemeyer se biografieë
is meer juicy as meeste, nê? Het jy al die Langenhoven-
biografie gelees?

> Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
> geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....

Hou oud is jy, Jonas, dat jy nog die woord "normaalkollege"
gebruik? Wel, ou Jonas, ek weet nou nie hoe geletterd ek is
nie (ek is maar 'n nederige persoon), maar ek sal vir jou vertel
watter akademiese opleiding ek gehad het, dan kan jy besluit
watter gebrek ek het. Ek doen dit deels omdat ek weet Lou
sal tien groen tierkatjies kry as hy dit lees. So here goes:
B.A. Universiteit van Stellenbosch
S.O.D. Universiteit van Stellenbosch
BA Hons. (cum laude) Universiteit van Natal
M.A. (cum laude) Universiteit van Natal
Ph.D. Universiteit van Natal (met as eksterne
eksaminator NP van Wyk Louw. My
promotor was Stoffel Nienaber. Albei
my verhandelings het gegaan oor
Dirk Opperman.

Het jy nog enige besware, ou Jonas?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Boeremusiek

Sa., 20 Januarie 2001 15:02

'n Napster-kameradin in Kanada is op soek na 'n boeremusiek-webblad -
bestaan so iets? Ook, wat is "cabin-fever" in Afrikaans - die soekende
persoon het boeremusiek met 'n passie gehaat - in die Hantamjare...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Mbeki closes the door on Heath

Sa., 20 Januarie 2001 14:55

Dis soos gister toe die ANC se slagspreuk deursigtigheid ("transparency") -
was. Mapstieks, het dinge nie vinnig verander nie? Ook, ubuntu - steel van
die rykes en hou vir jouself. Jou indrukke van die vorige regime / regering
kan wees wat dit wil - hierdie manne is besig om nie slegs die koffers leeg
te maak nie, selfs die koffers verdwyn nou. Cholera in die Juksie, vigs wat
gedy - die regse manne jubel seker?

"Davie Davis" skryf in boodskap news:a5ch6tkrotdcv9fakk4f5otp82n1108v2l@4ax.com...
> Mbeki closes the door on Heath
> The Heath Special Investigation Unit (SIU) will not be issued with a
> presidential proclamation by President Thabo Mbeki which would have
> allowed it to participate in the impending multi-agency probe of
> allegations of corruption surrounding the government's multi-billion
> rand arms deal, director-general of the presidency, Frank Chikane,
> said on Friday

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

samuel murray

Vr., 19 Januarie 2001 22:38

Waar is Samuel Murray?
Ferdi, hy het mos daar in jou soutmyn kom werk, lyk my die
arme kêrel is toegegooi onder die werk. Is hy nog daar in
jou omgewing?
Groete
--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Alles in een

Vr., 19 Januarie 2001 22:37

Boesoek die nuwe blad van die MidiBoer. Alles in een ... musiek, fotograwe,
musikante, onthale en nog meer ...

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: simple translation? Please?

Vr., 19 Januarie 2001 19:35

en...'voorspoed vandag' vir jòu ook!
Mag jy 'n baie 'voorspoedige dag' hê.

DD

On 19 Jan 2001 16:59:38 GMT, mste...@aol.com (MSteffan1) wrote:

> Hi...Can someone give me a quick conversion to Afrikaanas of..
>
> "Good Luck today???"
>
> Much appreciated. Thanks.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Stadige "PC"

Vr., 19 Januarie 2001 06:37

My "PC" is baie stadig wanneer ek "XSTREAME" en "XSINET" service
providers gebruik, maar 100% met ICON?.
Hierdie "providers" is gratis en wat hulle doen is om op jou screen te
adverteer.
Wat ek graag wil weet......sal my pc vinniger stuur en ontvang as ek die
advertensies stop?
En as die antwoord ja is ....hoe stop ek die advertensies? daar moet 'n
manier wees?

Help asb

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

5 Important lessons in life

Do., 18 Januarie 2001 20:07

Hier volg 5 lesse wat ons maar kan leer en daagliks toepas in ons lewe dan
sal dit dalk beter met ons gaan

Reenen van Niekerk

First Most Important Lesson
> -----------------------------
> During my second month of nursing school, our professor gave us a pop
> quiz.
> I
> was a conscientious student and had breezed through the questions, until I
> read the last one: "What is the first name of the woman who cleans the
> school?"
> Surely this was some kind of joke. I had seen the cleaning woman several
> times. She was tall, dark-haired and in her 50s, but how would I know her
> name?
> I handed in my paper, leaving the last question blank. Just before class
> ended,
> one student asked if the last question would count toward our quiz grade.
> "Absolutely," said the professor. "In your careers, you will meet many
> people.
> All are significant. They deserve your attention and care, even if all you
>
> do is
> smile and say hello." "I've never forgotten that lesson. I also learned
> her
> name
> was Rita".
>
> Second Important Lesson - Pickup in the Rain
> --------------------------------------------
> One night, at 11:30 PM, an older African American woman was standing on
> the
> side of an Alabama highway trying to endure a lashing rain storm. Her car
> had broken down and she desperately needed a ride. Soaking wet, she
> decided
> to flag down the next car. A young white man stopped to help her,
> generally
> unheard of in those conflict-filled 1960s. The man took her to safety,
> helped her get assistance and put her into a taxi cab.She seemed to be in
> a
> big hurry, but wrote down his address and thanked him.
> Seven days went by and a knock came on the man's door. To his surprise, a
> giant console color TV was delivered to his home. A special note was
> attached. It read: "Thank you so much for assisting me on the highway the
> other night. The rain drenched not only my clothes, but also my spirits.
> Then you came along. Because of you, I was able to make it to my dying
> husband's bedside just before he passed away. God bless you for helping me
>
> and unselfishly serving others." Sincerely, Mrs. Nat King Cole.
>
> Third Important Lesson - Always remember those who serve you
> ------------------------------------------------------------
> In the days when an ice cream sundae cost much less, a 10 year old boy
> entered a hotel coffee shop and sat at a table. A waitress put a glass of
> water
> in front of him."How much is an ice cream sundae?" he asked. "Fifty
> cents,"
> replied the waitress. The little boy pulled his hand out of his pocket and
>
> studied
> the coins in it.
> "Well, how much is a plain dish of ice cream?" he inquired. By now more
> people were waiting for a table and the waitress was growing
> impatient."Thirty-five cents," she brusquely replied." The little boy
> again
> counted his coins.
> "I'll have the plain ice cream," he said. The waitress brought the ice
> cream,
> put the bill on the table and walked away. The boy finished the ice cream,
> paid the cashier and left.
> When the waitress came back, she began to cry as she wiped down the
> table. There, placed neatly beside the empty dish, were two nickels and
> five
> pennies - You see, he couldn't have the sundae, because he had to have
> enough left to leave her a tip.
>
> Fourth Important Lesson - The Obstacle in Our Path
> --------------------------------------------------
> In ancient times, a King had a boulder placed on a roadway. Then he hid
> himself and watched to see if anyone would remove the huge rock. Some of
> the king's wealthiest merchants and courtiers came by and simply walked
> around it. Many loudly blamed the king for not keeping the roads clear,
> but
> none did anything about getting the stone out of the way.
> Then a peasant came along carrying a load of vegetables. Upon approaching
> the boulder, the peasant laid down his burden and tried to move the stone
> to
> the side of the road. After much pushing and straining, he finally
> succeeded.
> After he picked up his load of vegetables, he noticed a purse lying in the
>
> road
> where the boulder had been. The purse contained many gold coins and a note
> from the king indicating that the gold was for the person who removed the
> boulder from the roadway. The peasant learned what many of us never
> understand.
> Every obstacle presents an opportunity to improve our condition.
>
> Fifth Important Lesson - Giving When it Counts
> ----------------------------------------------
> Many years ago, when I worked as a volunteer at a hospital, I got to know
> a
> little girl named Liz who was suffering from a rare and serious disease.
> Her
> only chance of recovery appeared to be a blood transfusion from her 5-year
> old brother, who had miraculously survived the same disease and had
> developed the antibodies needed to combat the illness.
> The doctor explained the situation to her little brother, and asked the
> little boy if he would be willing to give his blood to his sister. I saw
> him hesitate for only a moment before taking a deep breath and
> saying,"Yes,I'll do it if it will save her...."
> As the transfusion progressed, he lay in bed next to his sister and
> smiled,
> as we all did, seeing the color returning to her cheeks. Then his face
> grew
> pale and his smile faded. He looked up at the doctor and asked with a
> trembling voice, "Will I start to die right away?"
> Being young, the little boy had misunderstood the doctor; he thought he
> was
> going to have to give his sister all of his blood in order to save her.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

FW: Nuwe rookwet (met 'n sigaret in die kies vertel)

Wo., 17 Januarie 2001 11:29

>> Die Minister van Gesondheid het pas
>> wette deur die parlement gevoer waarvolgens iemand tronk toe kan gaan as
>> hy/sy in 'n openbare plek rook - en dit in 'n land waar 70 moorde per
> dag
>> plaas vind!!
>>
>> Met Dr. Nkosazana Zuma se rookwette wat kom, het verskeie mense al
> gewonder
>> hoe dit toegepas gaan word.
>>
>> 'n Spesiale eenheid gaan daarvoor geskep word. En in die lig van die
>> lewensgevaar wat rook inhou, sal die eenheid bekend staan as die
>> moord-en-rook-eenheid.
>>
>> Dit blyk ook dat daar verskillende kategoriee van die nuwe misdaad gaan
>> bestaan.
>>
>> Naas die basiese oortreding van rook, sou iemand wat byvoorbeeld sigare
> met
>> 'n sterk reuk rook, iemand wat 'n rokende stompie in 'n asbak laat of
> iemand wat sy rook
>> doelbewus in iemand anders se gesig blaas, aangekla kan word weens rook
> met
>> verswarende omstandighede.
>>
>> Iemand wat Gunston rook, moet hom of haar gereed maak vir 'n aanklag van
>> gewapende rook.
>>
>> Ook die misdadigers sal in verskillende kategoriee val.
>> Iemand wat op kantoor agter 'n potplant probeer wegkruip terwyl hy of sy
> 'n
>> dampie slaan, sal bekend staan as 'n struikroker.
>>
>> 'n Ou wat 'n sigaret opsteek terwyl hy in die tou staan om geld te trek,
>> sal gebrandmerk word as bankroker en;
>>
>> Enigiemand wat in 'n bus, 'n trein of 'n vliegtuig oortree, moet
> voorbereid
>> wees op die etiket van transitoroker.
>>
>>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wen Waarhede en Verloor waarhede

Wo., 17 Januarie 2001 08:03

15 Januarie 2001

WEN-WAARHEDE EN VERLOOR-WAARHEDE ...

Die welstand van 'n land kan beoordeel word deur te fokus op die verskil
tussen dit wat op papier staan (die grondwet) en dit wat in die gemeenskap
gebeur (toegegee daar is grondwette en grondwette).

Max du Preez skryf in die Cape Argus van Donderdag 4 Januarie 2001 as volg:

"A friend of mine, a 34-year old married man with two children was violently
forced last month to attend a traditional Basotho initiation school simply
because he did not go when he was a youngster."
Max tree dadelik op:

"... I immediately contacted the local police commander. The inspector was
very courteous, but laughed off my insistence that my friend be freed from
the custody of self-appointed older men. When I told him that we have a Bill
of Rights that entitled my friend to a choice in the matter, he laughed long
and hard at my ignorance."
Die local police commander deel toe die waarheid waarin hy glo met Max as
volg:

"The Bill of Rights is for the cities. This man is a Mosotho. This is a
tribal matter. The Bill of Rights does not apply here."
Die resultaat van hierdie waarheid waaraan die local police commander glo
beskryf Max as volg:

"My friend came out of the school on New Year's Day. He is thin and carries
several scars. He told me of daily savage beatings by older men ... had to
sleep in the open for a month ... were humiliated and manhandled for 18
hours a day."
In 1995 het 'n tragiese konflik homself uitgewoed in die kantore,
wandelgange en raadsale van Wits. In wese het hierdie konflik ook gehandel
oor die waarheid, die waarheid rakende die inhoud van Professor MW Makgoba
se CV. Die uiteinde van hierdie konflik het twee waarhede opgelewer naamlik
die wen- waarheid van Professor Makgoba en sy ondersteuners en die
verloor-waarheid van Professor van Onselen en sy twaalf kollegas.

Die verliese aan die verloorkant was aansienlik. Makgoba beskryf dit as volg
in sy boek:

"The legal guru, Professor Etienne Mureinik commited suicide ... the anchor,
Professor van Onselen suffered a major heart attack ... and is reported to
be unsettled and looking for employment overseas ... Prof. Dugat the Dean of
Commerce was hospitalised for stress-related heart problems ... Prof. Ron
Carter the Dean of Students has divorced and resigned from Wits ... The Dean
of Management, Prof. Yeomans, and the Dean of Science, Prof. Crewe, have
resigned from Wits while the rest of the gang cannot wait to get away
somewhere."
Thabo Mbeki verwoord sy vertolking van hierdie (waarheids-)konflik as volg
in die voorwoord tot Makgoba se boek:

"The author of this book was one of the major combatants in this fascinating
conflict. One matter that is clear from this account of the Makgoba Affair
is that, in 1995, the liberal establishment understood this as clearly as
did the Afrikaner nationalist establishment that had been defeated in 1994,
that those who have no power cannot challenge those who exercise power."
Aldus Thabo Mbeki se siening van die Wits (waarheids)konflik

Professor Makgoba is tans die President van die Suid Afrikaanse Mediese
Navorsingsraad.

In die Noordelike Provinsie boer Piet Viviers. Volgens sy siening van die
waarheid moet die grensdrade van sy privaat eiendom (sy plaas) eerbiedig
word, want hy het 'n ooreenkoms om na te kom met die bankbestuurder wat
verwag dat hy winsgewend sal boer op sy plaas.

By herhaling word Piet Viviers se grensdrade geknip en die beeste van die
aangrensende gemeenskap in sy gesaaides ingejaag, tot groot finansiële
verlies vir Piet. Die local police commander lag vir Piet se "ignorance"
want almal se beeste wei op almal se grond. Piet het al by herhaling gaan
kla, maar die local police commander trek net sy skouers op.

Op 'n dag is daar weer vreemde beeste tussen Piet se gesaaides (groente) wat
hy ten duurste aangeplant het. Piet besluit om beslag te lê op die vreemde
beeste. Die eienaar kom eis sy beeste terug en Piet dring aan op vergoeding
vir die skade wat aangerig is. Die eienaar van die beeste weier om te betaal
en Piet weier om die beeste terug te gee aan die eienaar. Die eienaar van
die beeste, met die samewerking van die plaaslike gemeenskap, die local
police commander en SABC-TV, mobiliseer teen Piet Viviers.

'n Taakmag van ongeveer dertien staatsvoertuie, polisieversterkings uit
naburige distrikte, 'n horde opruiende plaaslike inwoners uit die
aangrensende gemeenskap en 'n SABC-TV span ruk op na Piet se plaas. Die
local police commander probeer Piet op sy plaas arresteer maar Piet Viviers
glo aan sy waarheid en verset hom teen die arrestasie. Die SABC-TV span is
verheug oor die aksie en Piet word sonder enige verduideliking met geweld
deur lede van die plaaslike gemeenskap en die polisie gearresteer (sy
verloofde probeer nog keer maar sonder sukses).

Met Piet agter in die vangwa stof die local police commander sy hande af en
verklaar trots die waarheid waaraan hy glo op SABC-TV naamlik: "Nobody is
above the law." (Behalwe diegene wat die drade knip en die beeste in Piet se
lande ingejaag het.) Of het die local police commander eintlik maar net
probeer se dat "... those who have no power cannot challenge those who
exercise power."

Piet Viviers het alles probeer om vooruit te boer. Die hoe ge�lektrifiseerde
heinings en hekke rondom sy plaaswoning getuig van die omstandighede
waaronder hy probeer boer het. Nou is Piet Viviers op SABC-TV
gekriminaliseer, nog erger, die waarheid waaraan hy geglo het (om in vrede
op sy eie grond te boer) is ook gekriminaliseer.

Piet se gewelddadige arrestasie en sy verset teen sy arrestasie (die Staat)
kan maklik versimboliseer word en aan hom martelaarstatus verleen. Trouens,
daar kan seker nou gevra word of dit 'n demokratiese reg is om jou te verset
teen die Staat?

Gaan ons toenemend die resultaat van wen en verloor-waarhede sien in die
toekoms? Die huidige Nasionale Moratorium op misdaadstatistiek, pogings deur
die Regering om regter William Heath te diskrediteer en op 'n syspoor uit te
rangeer ... wat is volgende? Die wen-waarheid volgens Thabo Mbeki ( ...
those who have no power can not challenge those who exercise power).

Klasvaakie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    972  973  974  975  976  977  978  979  980  981  982  983  984  985  986  987    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 30 14:23:12 UTC 2026