Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Is "Dutch" 16 different languages?

Sat, 23 January 2010 10:25

Ruud Harmsen wrote:
> Sat, 23 Jan 2010 10:01:37 +0100: Ruud Harmsen : in
> nl.taal:
>
>> http://robertlindsay.wordpress.com/2010/01/18/a-reclassifica tion-of-the-dutch-language/
>
> ===
> There is quite a bit of confusion about what is the pure Brabants and
> what is Brabants Dutch, but the key is intelligibility. Brabants Dutch
> is easily comprehensible to a Standard Dutch speaker and the real
> Brabants is not at all.
> /===
>
> Datzelfde verschijnsel heb je bij ALLE dialecten in een moderne
> maatschappij met een standaardtaal die een sterke positie heeft.
> Dat is nou net wat de auteur niet snapt waardoor hij de plank keer op
> keer volkomen misslaat.

Het is mij niet duidelijk waarom een regionaal lect soms een "dialect"
genoemd wordt, en een andere keer een "taal"

Ik meende dat "Nederlands" een kunstmatige taal is die als standaard
dient voor Nederland en Noord-Belgie. Het is een soort van compromis,
niet in het bijzonder gebaseerd op een of ander dialect, alhoewel het
het dichtst staat bij de Nederfrankische groep
Maar in dit verhaal schijnt met "Dutch" iets anders bedoeld te worden;
het lijkt erop dat daarmee de dialecten bedoeld worden die met name in
het Randstad gebied gesproken worden. Maar dat is dus een andere
definitie dan wat met "Nederlands" bedoeld wordt Bovendien is er in die
streek altijd een grote immigratie geweest, met name in de grote steden,
zodat afhankelijk van tijd en plaats er nogal wat variatie is.

Kortom wat is in dit verhaal eigenlijk een "taal"? Bedoelen we met een
"taal" een standaard taal zoals het Nederlands? Of bedoelen we daarmee
een groep van onderling verwante dialecten, zoals Nedersaksisch, of
Nederfrankisch, of Ripuarisch? Wanneer noemen we iets een "dialect", en
wanneer is het een "taal"?

>
> ===
> A study noted that Dutch speakers have 59% intelligibility of
> Afrikaans (Gooskens 2005), [...]
> /===
> Geschreven of gesproken? Dat maakt een erorm verschil. Geschreven kan
> ik voor 98% gewoon lezen, zonder ooit enige voorafgaande scholing.
>
> Ander voorbeeld: geschreven Portugees is voor een Spaanstalige
> moeiteloos te lezen, maar de gesproken taal verstaan is iets heel
> anders. Zelf kan ik Spaans ook vrij vlot lezen, maar verstaan vind ik
> erg moeilijk.
>
> De aangehaalde Gooskens zal wel Charlotte Gooskens zijn? (leert Google
> mij):
> http://www.let.rug.nl/gooskens/
> http://www.let.rug.nl/gooskens/?p=presentations
>

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

ANCYL alweer

Fri, 22 January 2010 16:17

Die ANCYL in Mpumalanga het Maandag 'n verklaring uitgereik waarin die
liga gesê joernaliste wat nuus oopvlek "solank ‘n vroeë graf moet
bespreek".

http://tinyurl.com/yal3dkq

...Die ANCYL moet met masjiengewere uitgewis word, net metafories
gesproke natuurlik

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Plaasmoorde: Optog

Thu, 21 January 2010 08:32

(Geneem van http://zuid-afrika.startpagina.nl/prikbord/list.php?3383 )

Optog teen plaasgeweld beplan
19/01/2010

Om teen plaasgeweld te betoog reël die TLU SA Noord se Jongboerkomitee
‘n optog wat op 6 Februarie in Pretoria sal plaasvind. Die optog begin
om 09:30 by die LC de Villiers sportveld in Hatfield, Pretoria, af.

Dit eindig by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se hoofkantoor
op die hoek van Pretorius- en Paul Krugerstraat, waar ‘n manifes
oorhandig sal word. Mnr. Dries Joubert, TLU SA Noord se hoof van
kommunikasie, sê plaasaanvalle en –moorde is besig om die intensiteit
van ‘n konvensionele oorlog aan te neem.

“Sedert 2004 is 2 500 boere reeds vermoor. Die georganiseerde landbou
oorkom baie uitdagings suksesvol, stabiliseer die plattelandse
ekonomie en skep werk. Misdaad is egter die een aspek wat die
volhoubaarheid van landbou ondermyn.”

In die manifes wat oorhandig gaan word, spreek TLU SA Noord sy kommer
uit oor die vernietiging van die kommando-stelsel sonder dat ‘n
werkbare struktuur in sy plek daargestel is.

In die manifes word vier eise gestel:

• Die Presidensie moet erken dat die Polisie nie in staat is om die
brutale aanvalle en moorde op kommersiële boere te voorkom nie.
• Dat die gebruik van ‘n roterende groen lig aan die TLU SA se
plaaswagstelsel aanvaar sal word.
• Dat die Regering fondse sal voorsien vir ‘n konferensie wat sal
fokus op plaasaanvalle en –moorde in ‘n poging om oplossings te vind.
Die ondertekenaars van die manifes beoog om die konferensie te reël.
• Dat plaasaanvalle en –moorde as apart in die Polisie se
misdaadstatistiek vermeld moet word.
__________________

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Afrika-geregtigheid

Wed, 20 January 2010 19:02

Ma geforseer om seun te stenig

Johannesburg 'n Vrou van Mpumalanga moes berading ontvang nadat 'n
groep woedende inwoners van haar gemeenskap haar geforseer het om
hulle te help om haar seun en sy vriend te stenig.

Die voorval het Sondag in Sibhejane, suid van Komatipoort,
plaasgevind.

Die twee seuns het glo 'n man met 'n mes doodgesteek en die gemeenskap
het besluit om hulle self te vonnis. Hulle het die seuns opgespoor en
hul begin stenig.

Lees meer by: www.iol.co.za.

(http://tinyurl.com/yg4j4pp)

Nuus | 0 kommentare

Pretoria vrou vermoor vir foon

Sun, 17 January 2010 16:05

2010-01-14 07:33

Virginia Keppler

’n Bejaarde vrou van Hermanstad in Pretoria is gisteroggend oorval en
doodgeslaan vir ’n selfoon terwyl sy vermoedelik skottelgoed gewas
het.

Mev. Ria van den Bergh (65) van Welthagenstraat se buurman het haar
lyk gister ná 10:00 ontdek.

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Jan van den
Bergh, die vermoorde se man, het gesê hy is gisteroggend om 06:00 werk
toe.

De Bruin het gesê toe mnr. Van den Bergh die huis verlaat het, was ’n
werker besig om op sy huis se dak te werk.

“Net voor 10:00 het mnr. Van den Bergh sy vrou probeer bel, maar sy
het nie die telefoon geantwoord nie. Hierna het hy die buurvrou gebel
en haar gevra om te gaan kyk of alles reg is by sy huis.”

Volgens hom het die buurvrou na die huis gegaan en mev. Van den Bergh
van die heining geroep, maar sy het nie geantwoord nie.

“Die buurvrou het toe haar man gaan roep. Nadat hy van die straat
gesien het die kombuisdeur se veiligheidshek is oop, het hy oor die
heining gespring. Kort daarna het hy die tannie gekry waar sy in die
sitkamer gelê het,” het De Bruin gesê.

“Sy is erg aangerand, maar dis nie duidelik waarmee sy geslaan is nie.
Die man wat op die dak gewerk het, het spoorloos verdwyn en mev. Van
den Bergh se selfoon is ook weg. Dit lyk of sy besig was om
skottelgoed te was toe sy oorval is.”

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en diefstal.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/02f32bfeb 24b4cb7812f75cb0ed84e54/14-01-2010-07-33/Pta-vrou_vermoor_vi r_foon

Nuus | 0 kommentare

Hou op om weg te kyk van dié moorde

Sun, 17 January 2010 15:52

Hou op om weg te kyk van dié moorde

deur Johan Pieterse

2010-01-13 05:48

Die nuwe jaar het skaars aangebreek en daar is brutale moorde gepleeg
in Suid Afrika. Op ’n plaas tussen Steynsrus en Senekal is ’n boer en
sy vrou byvoorbeeld met ’n vleishaak aangeval en met baaltou vasgebind
en deur die huis tot in die kombuis gesleep. Die moordenaar het elkeen
met ’n haelgeweer in die bors geskiet!

Wanneer gaan ons Afrikaner- gemeenskap begin besef dat anargie op
hande is en ek dink persoonlik dit kom van 1994 af. Hierdie boere het
families net soos ek en jy. Wat gaan jy doen as jou pa, ma boetie of
sussie, brutaal vermoor is? Gaan jy net daar sit en wag? Gaan jy jou
pistool in die kas wil gryp en daardie Bliksems aan die galg laat ry?

Wat gaan ons as Afrikaners doen omtrent hierdie wrede, brutale geweld
op ons nasie, vriende en familie? Hierdie dade verwoes lewens!

Ek lees nêrens in enige koerant dat daar druk uitgeoefen word op
hierdie slapgat-regering nie. Hoe is dit moontlik dat enige land dit
kan toelaat?

My vraag vandag is: Kan ’n mens die regering dagvaar deur die
internationale howe? Sodat daar buitelandse druk op hul uitgeoefen kan
word.

Ons menseregte word daagliks geskend, ons mense is lankal nie meer
veilig nie, ons kan nie ons kinders in hierdie gewelddadige land
grootmaak nie.

Ons word uitgemoor en dit lyk my dit pla niemand nie. Is ek die
enigtste persoon wat dit raaksien? Ons koerante is vol van
klimaatsverandering en onbevoegde ministers wat sit en bolle rol
terwyl die land kwyn.

Ek is n trotse Afrikaner en ons volk word daagliks in alle vorme
aangeval, vermoor en verneder. Wanneer gaan ons saamstaan en veg vir
dit wat reg is? Lees dié vraag weer.

Die grootste sonde in die moderne tyd is die feit dat ons as
Afrikaners ons wang draai op ons mede-Afrikaners, deur ons stem nie te
laat hoor en dat ons nie meer doen om geregtigheid te laat geskied
nie. Dat ons meer aan ons self dink en in ’n groot mate selfsugtig
is.

Dit is jou medemens wat vermoor word. Hou op weg kyk!

Johan Pieterse

Jpiet...@gmail.com

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/3d9 07131d32c4ebdb8fe17a596bc1f04/13-01-2010-05-48/Hou_op_om_weg _te_kyk_van_di%C3%A9_moorde

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuusgroep

Tue, 12 January 2010 09:51

Bestaan die nuusgroep hier nog

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Projek 2010

Wed, 28 October 2009 18:10

Mediaverklaring

Projek 2010

10 Oktober 2009

Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom
raak
op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie
gebeurtenisse
'n belangrike invloed op 'n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit
die
plig nog soveel meer belangrik.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar
ongeveer
27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe
gesterf,
waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste
oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die
slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se
geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou
die volk
aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper
daarmee weggekom het.

Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as
20 000
van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime.
Weens
verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan
hierdie
inligting nie verkry word nie. As daar dus nie 'n doelbewuste poging
aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te
teken nie,
sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken
dat
ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan
bewus
sal wees nie.

Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken
word
en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien
die name
en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie
so
maklik om die waarheid te onderdruk nie.

Daarom is daar besluit om 'n projek te loots om hierdie inligting in
te
samel en te verifieer. As projek bestuurders is die Verkenners
Beweging van
Suid-Afrika aangestel. Die projek word amptelik geloots op die 10de
Oktober
2009 en daar word beplan om die inligting op datum ingesamel en
geverifieer
te kry teen 10/10/2010

Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee
jaar
byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit
is
elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as
PROJEK-2010, deel
te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse
ookal
en aan die projekspan deur te stuur. Inligting kan gestuur word per
faks
(086 210 6920) of e-pos (inli...@projek2010.co.za) in 'n spesiale
maatvorm
wat verkrygbaar is van die webwerf http://www.projek2010.co.za of
per faks deur te
skakel na 084 271 4777. Inligting kan ook direk op die webwerf ingevul
word
en sal deur die bestuurspan geverifieer word, alvorens dit bekend
gemaak
word.

Besoek gerus:

http://www.projek2010.co.za

en help ons om hierdie projek geslaagd te maak.

Ons Facebook groep:

http://www.facebook.com/group.php?gid=48478082826&ref=ts#/group.php?gid=177067125271&ref=ts

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Plekname

Mon, 19 October 2009 16:25

Daar gaan nog 42 van hulle:

http://tinyurl.com/yjdcmh4

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ag maar dit bly lekker

Mon, 19 October 2009 06:34

Is dit nie F_ing fantasties om 'n bulls supporter te wees nie

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    90  91  92  93  94  95  96  97  98  99  100  101  102  103  104  105    »]
Tyd nou: Tue Dec 24 16:09:49 UTC 2024