Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Translation - Efficeint - Vraag vir "dg"

Wo., 28 Februarie 2001 03:59

Ja swaer dis 'n probleem (Goliath en die Ingels), ek kyk ook maar rond want
hierdie outjie is stadig en en dink ook nie baie volledig nie.
Geen raad nie maar sal laat weet as ek iets beter kry.

"Danielle" skryf in boodskap news:7qlo9t0ngk0r24f1dba61vnaa7n4idvj60@4ax.com...
On Tue, 27 Feb 2001 13:16:13 -0600, "dg" wrote:

> You need to speak English very efficient

Engels is nie jou eerste taal nie, ne?

"dg" die rede hoekom ek hier antwoord, is omdat ek sien dat jy ook van
Newsfeeds gebruik maak, en dat jy die Goliath server gebruik. Kry jy
al die boodskappe? My werkgewer verskaf nuusgroepe via
"Hotgroups.com" via Newsfeeds.
Mens kan nou nie juis 'n gegewe perd in die bek kyk nie, maar ek vind
die Goliath bediener geweldig onvolledig en "stadig". Wat is jou
algemene indruk van Newsfeeds? Party van die ouens hier rond gebruik
ook Newscene, maar ek sien dat hulle 'n 48K cap het op hulle servers.
:-( Ek soek 'n ordentlike nuusverskaffer wat nie cap nie, en vinniger
en meer volledig as my huidige Newsfeeds is - enige raad?

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Re: kaas

Ma., 26 Februarie 2001 20:29

skryf in boodskap news:3A9585AE.589C7022@home.com...

> Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
> melk makliker om te verteer as koeimelk?
>
> Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
> die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
> ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
> effekte kan hê. Droom ek net?

Melk van enige spesie is maklik verteerbaar (dis hoekom babas dit geredelik
kan inneem) en mense wat 'n suiwelallergie het, is waarskynlik
allergies vir een of ander vreemde proteien (waarskynlik 'n
immunoglobulien) waaraan die persoon te vroeg te skielik blootstelling gehad
het.

Mens behoort te onderskei tussen 'n voedselallergie (verhoogde IgE
vlakke in die bloed) en voedselintoleransie.

Daar is sommiges wat voel dat dit onnatuurlik vir volwassenes is om melk te
drink. Die mens is waarskynlik die enigste spesie waar die gebruik om melk,
al is dit nou ook al die van ander spesies, dwarsdeur die natuurlike lewe in
te neem, wyd voorkom (alhoewel ek moet noem dat ek al 'n koei gesien het wat
haarself gereeld aan beide kante kon leegsuip :) ;)). Indien mens vir 'n
taamlike tyd nie melk gedrink het nie, verloor jy die ensiem om laktose na
melksuur
om te skakel. Hierdie laktose-intoleransie kom baie wyd voor (70 persent van
volwassenes wêreldwyd) en meer dikwels by nie-Kaukasie'rs. Genetiese redes
word soms genoem maar die oorsaak is waarskynlik eerder die gevolg van die
gebruik van volwassenes om die melk te laat suur word vir preservering.
Gevolglik word die kinders saam met hulle nie aan laktose in sy natuurlike
vorm blootgestel nie, en verloor hulle ook mettertyd die vermoë om laktose
in melk te verteer. Wanneer laktose-intolerante persone natuurlike melk
inneem, vorm
die oormatige bakteriele groei in sulke persone waterstofgas in die
spysverteringskanaal en die persone mag diarree in verskillende grade
ontwikkel. Een van die toetse van laktose-intoleransie is juis om die
waterstofinhoud van uitgeasemde lug te
meet so 'n wyle na 'n laktoselading. Honde ly ook dikwels aan 'n
laktose-intoleransie wat op dieselfde manier verwerf word.

Oor kaas weet ek maar min en dis beter om die hulp van die Nederlanders in
te roep.

Sover ek verstaan , word meer laktose in die stremsel gelaat tydens die
vervaardiging van die 'soeter' kase, bv Soetmelk en Gouda, as die kase wat
vir rypmaak bestem is. Daarna word melksuurbakteriekulture bygevoeg vir
smaakontwikkelling en die meeste van hierdie bakterieë sit 'n gedeelte van
die laktose in melksuur om. In die 'soeter' kase word boonop proporsioneel
minder van die laktose in melksuur omgesit as in die kase bestem vir
swaarder geurontwikkelling. Indien met te hoë laktoseinhoud begin sou word
by die 'swaarder' kase, kry daardie kase, bv. Cheddar, lateraan 'n suurder
smaak wat ongewens is. In die soeter kase kan daar soveel as tot 0.5%
laktose wees terwyl Cheddars en ander ryper kase met minder as 0.1% laktose
eindig. Die kase met 'n hoë laktoseinhoud akkordeer dikwels nie goed met
mense wat laktose intolerant is nie. Daarenteen kan hulle maklik swaarder
kase, bv. Cheddar, waar die meeste van die (relatief min) laktose na
melksuur omgebou is, inneem. Hoe langer die veroudering, hoe minder laktose
bly agter in die kaas.

Daar is ook nog ander veranderings wat met veroudering plaasvind, bv.
fermentering van sekere aminosuurverbindings, verlaagde wateraktiwiteit en
dus ook minder mikroorganismes, maar 'n fisiese probleem (kaas akkordeer
nie) sou hoogs waarskynlik te wyte kon wees aan 'n mate van
laktose-intoleransie.

Miskien hou hy doodeenvouding meer van die smaak van die verouderde kaas :).
Die voorkoms van laktose-intoleransie word dikwels oorskat. Indien 'n
persoon genoeg melk kan inneem om in die daaglikse behoeftes (bv kalsium) te
voorsien sonder enige waargenome nagevolge, het die persoon waarskynlik nie
'n
laktose-intoleransieprobleem nie. Enigeen wat melk in oormaat inneem gaan
een of ander tyd 'n mate van laktose-intoleransie ondervind.

Hans

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wij zijn, van Toon Hermans

Ma., 26 Februarie 2001 17:52

Ek het gedink, ek gaan plaats 'n gedig op hierdie NG. Ek het lank gesoek en
het besluit 'n gedig van Toon Hermans te plaats.

Wij zijn

wij zijn niet
wat wij zijn
in onze lijven
'n kampioen, 'n vorst, 'n lellebel
maar wat het lijf bezielt
en niemand kan beschrijven
is wat het oog niet ziet
dát zijn wij wel

uit: Liggen in het gras, (1978)

'n groot cabaretier was Toon Hermans en nog veel meer.
Een begrip in Nederland.
Hij schreef ook veel, simpel, maar toch wel mooie gedichten.

http://geocities.com/Athens/Ithaca/2249/hermanstoon.html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wanneer 'n held sterf...

Ma., 26 Februarie 2001 10:17

Soos iemand eendag iewers gese het: niemand kom lewendig uit hierdie lewe
nie. Maar wanneer 'n held soos Sir Donald Bradman (the Don) sterf, selfs op
die ouderdom van 92, is almal steeds geskok en half ongelowig. Australie
treur vandag, en eer die Beste Krieketspeler (hoewel Sir Don self dit sou
betwis) van sy tyd, met 'n kolfgemiddelde van 99.94. Sir Don self sou
sekerlik nie al die publisiteit verwelkom het nie - een van die nederigste
en intens-private burgers van die land.

Rus in vrede, Sir Don

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ek roep Tertius Bouwer

Ma., 26 Februarie 2001 04:10

Tertius, jou email adres werk nie.
Gee vir my jou tel nr asb.
Dankie
Roland Koch
(SpyCam)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

rulkens

So., 25 Februarie 2001 18:38

Voor een diskussiegroep in en over afrikaans zie de volgende groep

soc.culture.south-africa.afrikaans

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

êrens hier...

So., 25 Februarie 2001 17:37

het ek vir Ferdi gevra hoe sy kop polities werk...
hom gevra vir watter politieke party hy stem.
En ek kan nie onthou waar nie - so ek weet
nie wat hy geantwoord het nie.

Weet hulle dalk waar?

DD

Koeitjies & kalfies | 92 kommentare

Einde van Afrikaans

So., 25 Februarie 2001 05:23

Ek het gehoor dat voor die einde van vollgende
jaar moet Afrikaans nie meer gebruik nie in
Suid Afrika.

Hulle se dat einige persoon wat Afrikaans gebruik
sal a gooie pakslae van die polisie kry.

Miskien beteken hulle die einde van 2005 of so iets,
maar voor doe einde van vollgende jaar !!??

Is dit waar of nie?

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

SMS Woordelys

So., 25 Februarie 2001 04:43

Daar is klaarblyklik 'n woordelys/woordeboek van SMS-terme beskikbaar - is
daar 'n elektroniese filantroop wat dit beskikbaar kan maak.
meg...@hotmail.co.za - asseblief...

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: No to M-Web censorship

So., 25 Februarie 2001 04:41

Hierdie is bepaald 'n goie rede om nooit M-WEB aan aan enige persoon aan te
beveel nie - en so jou reeds so 'n fout gemaak het, moet asseblief nie jou
lidmaatskap hernu nie. Om die waarheid te sê, kanselleer dit onmiddelik.
Nou weet ons hoe lyk die wurms in die "Big Black Box"- die kleur het dit
reeds weggegee....

"Castro" skryf in boodskap news:978pmg$8ha$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> They block the Mail & Guardian site http://www.mg.co.za Very irritating.
> I've reading the news over breatfast for years.
> I phoned the mweb helpline at 0860112252 to find out the reason. They say
> that they host these sites and they don't want arbitrary bozos like me
> getting them for free. Bastards. Glad to find out there are ways around
> them. Thanks.
>
>
> Andrew wrote in message
> news:3a9157c2.0@news1.mweb.co.za...
>> "TJ" wrote in message
>> news:3a91291b$0$224@hades.is.co.za...
>>> http://www.anonymizer.com/ and surf M-Web pages - no problem.
>>>
>>> There are probably a dozen other ways to mask your IP address.
>>>
>>> TJ
>>>
>>> PS: I required access to the DSTV (paid-up subscriber) pages.
>>>
>>
>> It's easier just ot use a proxy. What ISPs do they block?
>>
>> Andrew
>>
>
>
> ---
> Outgoing mail is certified Virus Free.
> Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
> Version: 6.0.230 / Virus Database: 111 - Release Date: 01/01/25
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    959  960  961  962  963  964  965  966  967  968  969  970  971  972  973  974    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 23:07:49 UTC 2026