Goduka Europe, wat “gaan huis toe, Europa” in Xhosa beteken, “Go
away”, “Hamba” en “Futstek” [sic] is onder meer op die standbeeld (van
koningin Victoria) gespuitverf.
Werner Hills en Helga van Staaden
Port Elizabeth - Die standbeeld van koningin Victoria voor die
Sentraal-biblioteek is geskend in ’n klaarblyklike teenreaksie op die
vyandige ontvangs van pres. Jacob Zuma in Brittanje.
Die pragtige marmerbeeld het nou “bloed” wat uit haar borste en buik
loop en swartgeverfde oë waar dit oorkant die markplein staan. Die
plein is ’n bekende toeriste-aantreklikheid.
Graffiti in talle van die amptelike landstale laat geen onduidelikheid
nie dat dié meer as honderd jaar oue Baaise baken gevandaliseer is uit
weerwraak oor die Britse aanvalle op Zuma. Hy is selfs as ’n “barbaar”
uitgemaak.
Goduka Europe, wat “gaan huis toe, Europa” in Xhosa beteken, “Go
away”, “Hamba” en “Futstek” [sic] is onder meer op die standbeeld
gespuitverf. Geskokte verbygangers kon gisteroggend skaars glo wat
hulle sien.
“Ons moet onsself afvra hoekom die mense hierdie ding gedoen het,” het
Siya Mapinda gesê. “Ek dink dit is oor die negatiewe berig-gewing oor
Zuma. Maar dít is nie reg nie, daar is beter maniere om te
protesteer.”
Johan Goosen meen die mense wat dit gedoen het, moet gehang word,
“want dit is ’n belangrike deel van ons geskiedenis. En wat sal die
internasionale besoekers dink wat met die 2010-sokker hiernatoe kom?”
Vir Robert Burton stuur dit weer die sinistere boodskap uit dat
toeriste nie eintlik welkom is in die land nie.
Die standbeeld was vroeër in die nuus toe Mike Xego, voormalige ANC-
leier van die Nelson Mandelabaai-metrostreek, sy haat teenoor
kolonialisme uitgespreek het.
“Ek haat koloniale name en sou sélf koningin Victoria se standbeeld
voor die stadsbiblioteek in die middestad verwyder as ek kon.
“Die koningin (Victoria) se hande is vol bloed,” het Xego gesê.
Die Burger kom Xego nie gister in die hande kry om te hoor of hy nog
dieselfde voel nie.
Ernest Devasconcellos wou weet waar die sekerheidsdienste was wat die
gebied moes beveilig. “Sedert die munisipaliteit Omega-
sekerheidsdienste in Sentraal weggeneem het, raak die wetteloosheid al
hoe erger.”
’n Uiters ontstelde Jeremy Davis, DA-raadslid in die gebied, het gesê
die sekerheid in die gebied sal daadwerklik opgeskerp moet word.
Manuel de Castro, eenmalige burgemeester van Walvisbaai, het in
afgryse na die geskende beeld gestaar en gesê: “As dít die manier is
hoe Suid-Afrikaners gaan optree oor die negatiewe publisiteit oor
Zuma, gaan dit net verhoudings tussen Suid-Afrika en Brittanje
versuur.”
Kupido Baron, munisipale woordvoerder, het gesê die voorval is by die
polisie aangemeld. Baie goeie bewysstukke wat by die standbeeld gevind
is, asook die veiligheidskameras se opnames sal help met die
ondersoek.
Anton Momberg, ’n beeldhouer wat 15 jaar gelede deur die
munisipaliteit gehuur is om die standbeeld van koningin Victoria te
restoureer, het gesê daar sal eers navorsing gedoen moet word om die
regte skoonmaakmiddels te kry om die beeld mee skoon te maak sodat dit
nie in die prosesbeskadig word nie.
Bejaarde man doodgesteek in huis (waarskynlik deur swartes)
2010-02-24 23:04
Johannesburg – ‘n 76-jarige man se lyk is Woensdag in sy huis in
Edenvale gevind waar hy doodgesteek is, het paramedici gesê.
Volgens Chris Botha van Netcare 911 het die man se bure sy familie
gekontak toe hulle bekommerd geraak het omdat sy motor die hele aand
buite was en hulle hom glad nie gedurende die dag gesien het nie.
“Die familie het ‘n sekuriteitsmaatskappy gekontak, wat na die woning
in Gannetlaan gehaas het.”
“Die man is in ‘n poel bloed op die sitkamervloer gevind. Paramedici
kon hom nie red nie en hy het aan sy ernstige wonde beswyk,” het Botha
gesê.
Polisie was op die toneel en sal die saak ondersoek.
Bejaarde vrou op kleinhoewe vermoor
2010-02-13 05:51
Johannesburg - 'n Bejaarde vrou van Soshanguve is Donderdagaand in
haar bed in haar huis op 'n kleinhoewe vermoor, het die polisie gesê.
Insp. Llifi Ramatlo het gesê die 73-jarige vrou se dogter (34) het
haar ma se lyk Vrydagoggend gevind toe sy by die huis aankom.
Die vrou se keel is gesny.
Sy en haar dogter het alleen in die huis gewoon.
Die vrou se dogter het agterdogtig begin raak toe sy by die huis kom
en die erf se hek is gesluit.
Volgens haar sou haar ma gewoonlik die hek oopmaak as sy sy
pensioengeld gaan haal.
Sy het oor die hek geklim en aan haar ma se kamervenster geklop, maar
niemand het geantwoord nie.
Die agterdeur was oop en die kombuis was deurmekaar.
Ramatlo het gesê daar was nie 'n teken van gedwonge toegang nie, maar
die kombuisdeur kon maklik van buite oopgemaak word.
Sy het haar ma se lyk in die kamer gevind en die polisie ontbied.
Bejaarde paartjie op plaas aangeval
2010-02-24 20:13
Bloemfontein 'n 83-jarige man, sy familie en 'n plaaswerker is
Woensdag in die Welkom-omgewing deur agt mans wat gemaak het of hulle
beeste kom koop aangeval, het polisie in die Vrystaat gesê.
Volgens kapt. Stephen Thakeng het die voorval rondom 12:15 op die
plaas Doornlaagte plaasgevind.
"Hulle het gemaak of hulle koeie wil koop en toe hulle by die kraal is
het die agt mans die boer en 'n plaaswerker aangeval."
Cornelius Cronjé en sy 30-jarige werker, David Mei, is met plastiek
toue vasgebind en by die kraal gelaat voordat die mans aanbeweeg het
na die huis.
Volgens Thekeng het die mans vir Anna Marie Cronjé, 85, en haar dogter
Petronella, 53, in die huis oorweldig. Hulle is vasgebind en gedwing
om op die eetkamervloer te lê.
"Die verdagtes het aangedring op geld en vuurwapens."
Op 'n stadium is Cronjé van die kraal na die huis geneem.
Die aanvallers het uiteindelik twee pistole en 'n onbekende
hoeveelheid geld van 'n kluis geneem.
Mei het homself losgekry en hulp ontbied van 'n nabygeleë plaas.
Die agt verdagtes het weggejaag in 'n geel Isuzu bakkie met 'n wit
dak.
Cronjé het beserings aan sy kop opgedoen nadat hy met 'n stomp
voorwerp geslaan is en sy vrou het beserings aan haar hande opgedoen.
Johannesburg 'n 68-jarige man is vroeg Vrydagoggend op sy kleinhoewe
in Mullerstuine naby Barrage gedurende 'n gewapende rooftog vermoor,
het polisie in Gauteng gesê.
Robert Hunter, wat aan Parkinson se siekte, sowel as been- en
gewrigsiektes gely het, is kort na 05:00 deur sy seun gevind, het
insp. Kinnie Steyn gesê.
Die seun, Freddy Hunter, wat in 'n ander huis op dieselfde erf woon,
het wakker geword en drie mans gesien wat probeer het om sy pa se
motor te steel.
Die mans het gevlug nadat hy verskeie waarskuwingskote gevuur het.
Hy het ;'n sekuriteitsmaatskappy gekontak en saam met hulle by sy pa
se huis ingegaan.
Robert Hunter se lyk is met 'n groot wond in sy bors gevind wat deur
'n skerp voorwerp veroorsaak is.
Hulle het 'n jaggeweer en 'n haelgeweer langs sy pa se motor gevind.
Verskeie sakke met kruideniersware is heelwat later in 'n aangrensende
veld gevind.
Polisie het binne ure drie mans in hegtenis geneem.
Hulle het 'n haelgeweer, selfone en juweliersware in hulle besit
gehad.
Die mans word ook gesoek vir ander gewapende rooftogte in die
omgewing.
Hulle sal Maandag in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.
Nog bewys van reviolusionêre ingesteldheid van ANC. Dankie Britanje
vir julle bevondsing en huisvesting van die kommunistiese/
terroristiese ANC.
"Those people (counter-revolutionaries) are still within the movement,
but they are in the way of what we are doing," he said. "We need to
crush those people and brutally so."
==========================================================
Bid to oust Zuma soon - Samwu
2010-03-05 15:02
Johannesburg - There was a movement within the ANC to push for a
motion of no confidence in South African President Jacob Zuma later
this year, the SA Municipal Workers' Union (Samwu) said on Friday.
"Counter revolutionaries" within the leading party was moving to
"recall" the president, said Mathandeki Nhlapo, general secretary of
the Congress of SA Trade unions affiliate.
At a briefing, he said the group consisted of "progressive elements"
within the leadership of the ANC - which is in an alliance with Cosatu
and the SA Communist Party.
Nhlapo would not name these individuals, but said it was the same
group which leaked information on a planned coup on former president
Thabo Mbeki's government before the ANC's Polokwane conference in
2007.
At the time, a report was circulated claiming that businessmen Tokyo
Sexwale and Cyril Ramaphosa were behind an attempt to remove Mbeki
from the presidency.
Chaos
Nhlapo said the people who leaked the report were responsible for the
possible vote of no confidence against Zuma. They wanted to "cause
chaos" in the country.
"Those people are still within the movement, but they are in the way
of what we are doing," he said. "We need to crush those people and
brutally so."
Nhlapo said there was "very, very serious" political tension within
the ANC-led tripartite alliance. He said Samwu, which "demands"
socialism, would defend Zuma.
"Some elements in the ANC want to make changes prematurely," he said.
"The ANC cannot be hijacked as we now see happening. We will deal with
corruption that is killing the ANC at this time."
Gr. 11 steek matrikulant met skêr oor skooltas
2010-03-05 07:41
Amanda Roestoff
Johannesburg - ’n Matrikulant van die Hoërskool Die Burger in
Bergbron, in die weste van Johannesburg, is in ’n ernstige toestand
nadat hy Donderdag deur ’n gr. 11-leerling met ’n skêr in die gesig
gesteek is.
Die jonger leerling (17) het die 20-jarige matrikulant twee keer in
die gesig gesteek. Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, polisiewoordvoerder,
het gesê die matrikulant, Khotso Molokoane, is in die
gemeenskapskliniek in Discovery, Roodepoort, opgeneem vir behandeling.
Hy is in ’n ernstige, maar stabiele toestand.
Molokoane is omstreeks 10:30 buite ’n klaskamer aangeval omdat hy glo
die jonger leerling se skooltas versteek het. “Die 17-jarige het glo
dae gelede ’n sonhoed geleen en telkens belowe om dit terug te bring,
maar dit nie gedoen nie. Toe steek die matrikulant sy skooltas uit
frustrasie weg,” het Mtila-Dikolomela gesê. Die polisie is ontbied en
die 17-jarige is in hegtenis geneem. “Hy word in die polisieselle
aangehou, maar is nog nie amptelik aangekla nie.”
Hy word deur ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te
beseer in die gesig gestaar en sal moontlik vanoggend of Maandag in
die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Basie Smit, skoolhoof, het nie op Beeld se telefoniese versoek
gereageer om kommentaar te lewer nie.
Ek het die volgende van Solidariteit ontvang (maak jou bydrae asb.)
============================================================ ========
Zuma stem in om jou brief teen misdaad te ontvang
Jy is een van meer as 60 000 Suid-Afrikaners wat oor die
misdaadsituasie in Suid-Afrika aan die President geskryf het.
President Jacob Zuma het, ná volgehoue druk deur Solidariteit,
ingestem om die misdaadbriewe van derduisende ontevrede Suid-
Afrikaners wat die afgelope twee weke ingestroom het op Dinsdag, 9
Maart te ontvang.
Solidariteit het dié veldtog begin om druk op die Suid-Afrikaanse
regering te plaas en die ware erns van misdaad te beklemtoon.
Solidariteit wil sodoende toesien dat die regering misdaad as ʼn groter
prioriteit beskou en die probleem dringend aanpak.
Solidariteit het reeds meer as 60 000 briewe en SMS’e van Suid-
Afrikaners ontvang waarin hulle hul misnoeë met die huidige
misdaadsituasie en die regering se hantering van die probleem
uitdruk.
Solidariteit het ook verlede week ʼn video bekend gestel waarin van die
mense hulle stories aan die president vertel. Die video is op verskeie
webblaaie gepubliseer en mense dwarsoor die wêreld het gekyk en
geluister na die briewe wat president Zuma nie wou aanvaar nie. Die
video kan op www.stube.co.za gekyk word.
Jy is een van die mense wat aan president Zuma wou vertel van jou pyn
en vrees as gevolg van misdaad. Die presidensie wou nie jou brief
aanvaar nie, maar dit het ons net meer vasberade gemaak om die
boodskap oor te dra. Die momentum is landswyd nou so groot dat dit
byna onkeerbaar is.
Hiermee wil ons jou aanmoedig om die boodskap te versprei onder
vriende en familie, sodat ons mik om 100 000 briewe aan die president
te oorhandig.
Laat jou stem hoor – die tyd raak min!
Solidariteit doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners wat nog nie aan die
veldtog deelgeneem het nie om nou hulle stem by die meer as 60 000
ander stemme te voeg.
Neem só deel:
Besoek die webwerf www.geagtepresident.co.za en stuur die algemene
brief wat hier beskikbaar is of rig ʼn persoonlike brief aan die
president.
Stuur ʼn SMS na 35960. Begin die SMS met die woord “misdaad”, gevolg
deur jou persoonlike boodskap
Die barbare wil ook alles verniet hê.
============================================================ =========
Chaos by UJ oor gratis opvoeding
2010-03-04 10:33
Johannesburg - 'n Groep studente versper ingange na die Universiteit
van Johannesburg (UJ) met klippe en brandende voorwerpe.
Kapt. Julia Claassen, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die groep
studente betoog nou en keer mense wat wil inkom.
"Die polisie monitor die situasie."
Die polisie het intussen 'n watertenker gebruik om die studente uiteen
te jaag.
Die studente-organisasie Sasco het Woensdag gedreig om nege
universiteite landswyd toe te maak om gratis opvoeding te eis.
Lazola Ndamase, sekretaris-generaal van Sasco, het Woensdag gesê die
Venda-universiteit, Universiteit van Limpopo, Tshwane Universiteit van
Tegnologie (TUT), Universiteit van Johannesburg, Durban-universiteit
van Tegnologie, Universiteit van Zululand, Walter Sisulu-universiteit,
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van
Wes-Kaapland sal Donderdag gesluit wees.
TUT het gevolglik 'n verklaring uitgereik en gesê dat die instansie
nie Donderdag gesluit sal wees nie.
Sasco beplan om Vrydag 'n optog na die parlement te hou.
Studente sê hulle is ontevrede omdat pres. Jacob Zuma te min aandag
aan opvoeding in sy staatsrede gegee het.
Ndamase het gesê Sasco wil druk op die regering uitoefen omdat meer as
135 000 studente weens finansiële beperkings nie op kampus is nie.
Hy het gesê die organisie verwag dat die regering met 'n plan vorendag
kom oor hoe om volgende jaar gratis opvoeding vir voorgraadse studente
in te stel.