Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boer in selle ná hy aanvaller ontwapen
Boer in selle ná hy aanvaller ontwapen [boodskap #119407] Wo, 17 Maart 2010 07:33
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hoe belaglik kan jy kry
=============================================
Boer in selle ná hy aanvaller ontwapen
2010-03-17 08:26

Charles Smith, Beeld

Johannesburg - ’n Boer van Kroonstad wat ’n plaasaanvaller ontwapen
het wat hom met ’n mes aangeval het, is Dinsdag summier deur die
polisie vir 48 uur toegesluit omdat die aanvaller gaan kla het.

Chris Grobler (23) se ouers het teen laat gister alles probeer om hom
voor donker uit die polisieselle in Koppies vry te laat.

Christo Grobler het gesê drie prokureurs het hul bes gedoen om sy seun
vrygelaat te kry.

Toe was die polisiebeampte met die dossier soek en daar was kwansuis
géén inskrywing in die voorvalleboek dat die polisie hul plaas
Saterdag besoek het nie.

Sy vrou, Alta, het toe van hul plaaswerkers gaan haal om verklarings
by die Heuningspruit-polisiekantoor af te lê dat hulle - dié einste
polisiebeamptes - wél Saterdag op hul plaas was.

Chris het die polisie Saterdag laat kom toe ’n gewese plaaswerker wat
ses maande gelede afgedank is nadat hy motorbatterye gesteel het,
moles op die plaas Labri gemaak het.

Die polisie het die man toe verwyder. Sondagaand was die man terug -
dié keer erg aangeklam.

Toe Chris hom wegwys, het hy ’n mes uitgepluk en na Chris gesteek. Dié
het die mes afgevat en die aanvaller het hard met Moeder Aarde kennis
gemaak, het Grobler sr. gesê.

Die polisie is weer gebel, maar hulle het nooit uitgekom nie.

Die aanvaller se arm is glo beseer en hy het by die polisie gaan kla.

Maandag het twee konstabels by die plaas opgedaag.

“My vrou wou weet hoekom hulle nie Sondag opgedaag het nie. Een
konstabel het vir haar gesê sy moet haar nie ‘wit hou’ nie. Die
bevelvoerder van die Heuningspruit-polisiekantoor het vir my gesê as
Chris stilgestaan het dat hy raakgesteek is, was die aanvaller in die
selle en nie hy (Chris) nie.”

Chris is gevra om Dinsdag ’n verklaring by die polisiekantoor te gaan
aflê. Hy is kort daarna gearresteer.

Grobler sr. se vrou en Chris se lewensmaat, Angelique, en hul baba van
ses maande, Chris, is alleen op die plaas.

“My vrou het die landdros in Koppies gaan sien, die deur toegetrek en
sy hulp gevra omdat hulle vrou-alleen op die plaas is.

Hy het gesê sy hande is afgekap.

“Ons probeer alles in ons vermoë. Ek weet nie wat in die land aangaan
nie.”

- Beeld
( http://tinyurl.com/ybn2t9x )
Vorige onderwerp: Plaasvrou koelbloedig vermoor
Volgende onderwerp: Boer met kopskoot vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:41:59 MGT 2024