Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koekblik verbind man glo met moord
Koekblik verbind man glo met moord [boodskap #119414] Do, 18 Maart 2010 16:34
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-17 22:40

Jeanne-Marié Versluis

Duimafdrukke op ’n koekblik verbind n Mosambiekse man glo met die
toneel waarop ’n boer van Brits in 2008 in sy huis doodgeskiet is.

Dié beskuldigde, mnr. Thomas Chauke (32), en ’n medebeskuldigde, mnr.
Zondi Nkuna (29), het gister in die hooggeregshof in Pretoria ontken
dat hulle mnr. Daniel Johannes Brink Botha van Mamogalieskraal in die
Brits-distrik op 3 November 2008 vermoor het.

Botha is volgens die lykskouingverslag aan ’n skietwond in sy bors
dood.

Die beskuldigdes, wat albei in Soshanguve gewoon het voor hul
arrestasie, het ook skuld ontken op aanklagte van huisbraak met die
opset om te roof en roof met verswarende omstandighede; die onwettige
besit van ’n vuurwapen en ammunisie en dieremishandeling.

Hulle het glo ’n boerboel van die Botha-gesin vergiftig en toegang tot
die huis gekry deur ’n groot ruit te breek.

Botha se weduwee, mev. Christelle Botha, is ’n boerboelteler en woon
steeds op die plaas. Sy is ’n getuie vir die staat in die verhoor.

Die staat het gister foto’s van die toneel by die hof ingedien.

Insp. Happy Mosweu, vingerafdrukdeskundige en fotograaf van die Brits-
polisie, het getuig van dié foto’s toon stukkies hoendervleis wat op
die werf gekry is wat vermoedelik korrels van die landbougifstof
aldikarb (“Two Step”) bevat.

Mosweu het getuig identifiseerbare linkerduimafdrukke is gekry aan die
onderkant van die Bakers-koekblik, wat op ’n tafel gestaan het.

Dié linkerduimafdrukke het ooreengekom met Chauke se linkerduimafdruk
wat in die polisie se databank van vingerafdrukke geregistreer was.

Regter Peter Mabuse wou gister weet waarom ’n Shona-tolk vir Chauke in
die hof verkry moes word.

Adv. J.P. Marais, aanklaer, het geantwoord volgens inligting aan die
polisie is Chauke in Mosambiek gebore en woon hy in Soshanguve.

Chauke het gesê hy het sedert Maandag nie antiretrovirale medisyne in
die tronk gekry nie. Toe Mabuse hom gister gevra het of hy ’n
pleitverduideliking wil aflê, het Chauke deur sy tolk geantwoord hy
wil nie toe iets sê nie.

“Ek voel nie goed nie. Ek het ’n hoofpyn en is duiselig.”

Nkuna het in sy pleitverduideliking gesê hy is op 2 November 2008 van
sy werk na sy meisie se huis. Hy het die nag daar gebly en haar huis
die oggend van 3 November verlaat.

Volgens Nkuna was hy nie op die toneel nie.

Die staat beweer die beskuldigdes het die Bothas beroof van drie
selfone, R200 en ’n Corsa-bakkie.

Luidens die akte van beskuldiging het die beskuldigdes in die vroeë
oggendure van 3 November die Botha-egpaar se slaapkamervenster gebreek
en daar ingekom.

’n Stoeiery het tussen mnr. Botha en die inbrekers ontstaan en Botha
is doodgeskiet.

Mev. Botha het na ’n ander kamer gevlug waar sy en haar dogter,
Odelia, vasgebind is.

Die mans het glo toe geld en die bakkiesleutels geëis en met die
bakkie gevlug.

Die verhoor duur voort.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/yd5e4br )
Vorige onderwerp: grensoorlog
Volgende onderwerp: Wagte rand vrou glo aan, vat geld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:33:54 MGT 2024