’n Vrou wat sagte speelgoed in die Centurion-winkelsentrum verkoop, is
Saterdagmiddag voor ’n skare mense na bewering deur ’n groep
veiligheidswagte aangerand, op die vloer gesleep, aan die hare getrek
en van haar geld besteel.
Me. Lindi Alberts (30), wat die afgelope 17 jaar sagte speelgoed in
restaurante in dié sentrum verkoop, vertel ook die wagte het haar met
haar geldsakkie se band probeer wurg.
Die voorval is volgens Alberts op die sentrum se kringtelevisiekamera
vasgelê, maar die sentrum wil dit nie aan haar beskikbaar stel nie.
Dié drama het om 13:20 begin toe veiligheidswagte Alberts en ’n
vriend, mnr. Morné Moorcroft (22), genader en gevra het dat sy hulle
na ’n kantoor op die boonste verdieping vergesel.
Sy het geweier om alleen saam met die mans na ’n kantoor te gaan en
het aangebied om die perseel te verlaat.
Volgens Alberts het die wagte haar gegryp en haar rondgeruk en -pluk.
Sy het haar werkgewer in ’n stadium gebel en om hulp geskreeu.
“Een van die wagte het my selfoon gegryp en ek het dit teruggegryp.
Twee vroulike wagte het bygekom en my aan die arms getrek. In ’n
stadium het ek een van die manlike wagte tussen die bene geskop om weg
te kom.”
Die wagte het glo haar geldsakkie van haar nek geruk en haar met die
band probeer wurg. Hulle het volgens Alberts daarna sowat R2?000 van
haar geld gesteel toe dit op die vloer uitgeval het.”
Moorcroft is intussen deur ’n paar ander wagte en die bestuurder na ’n
kantoor op die boonste verdieping van die sentrum geneem en daar
aangehou. Hy is vrygelaat toe Alberts se werkgewer daar opgedaag het.
Mnr. Deon Oosthuizen, Alberts se werkgewer, het gesê toe hy by die
sentrum aankom, het Alberts op haar rug by ’n uitgang by die sentrum
gelê terwyl twee wagte oor haar gestaan het en haar rondgeruk en -pluk
het.
Hy het gesê die sentrum se veiligheidsdiens het hom ’n tyd gelede
gewaarsku dat hy nie speelgoed daar mag verkoop nie, “maar die
restaurant-
eienaars het ons toestemming gegee om dit in hul restaurante te
verkoop”.
Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
ondersoek ’n klag van aanranding.
Die Centurion-winkelsentrum se bestuur het nie op Beeld se navrae
gereageer nie.
’n Boer is die naweek koelbloedig doodgeskiet en ’n ander is deur ’n
toe venster gewond in twee plaasaanvalle die naweek in Limpopo en
Noordwes.
Mnr. Frik van Deventer (64) is eergisteraand op sy plaas, Langwater,
naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die
Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor.
Volgens supt. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was Van
Deventer omstreeks 19:00 in sy tuin toe sy vrou (64), wie se naam nie
aan Beeld bekend is nie, blykbaar stemme buite gehoor het.
“Die vrou, wat in haar kombuis besig was, het ’n skoot gehoor voordat
twee gewapende rowers die plaashuis ingestorm en haar oorweldig het.
Sy is vasgebind en aangerand.”
Mev. Van Deventer het na verneem word ligte beserings opgedoen en is
erg geskok.
Volgens Otto het die rowers die Van Deventers se vuurwapenkluis op die
egpaar se bakkie gelaai en daarmee gevlug.
“Die rowers het in die rigting van Vaalwater gery toe die bakkie gerol
en hulle vermoedelik te voet verder gevlug het,’ het Otto gesê. Die
polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik
jagwapens in op die ongeluktoneel gevind.
Niemand is gearresteer nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog
op tou gesit. “’n Polisiespan, waaronder spoorsnyers, is saamgestel om
die egpaar se aanvallers in die afgeleë Bosveldgebied vas te trek.”
In die ander aanval is ’n slapende mnr. Danie Nortjé (58) eergisternag
op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy
slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die
rug geskiet.
Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal.
Die donshael het hom hoofsaaklik regs agter in die boud en rug getref,
het sy pa, Pieter (85), gister gesê.
Nortjé sr. het op sy bloeiende seun in die bed afgekom nadat hy ’n
enkele skoot gehoor het.
“Hy was baie swak, want hy het baie bloed verloor,” het Nortjé sr.
gister gesê.
Nortjé jr., ’n wewenaar, het dit reggekry om op te staan en in ’n
ander vertrek op hulp te gaan wag uit vrees dat nog skote deur die
venster sou kom.
Sy pa het gesê hulle het niemand op die werf gesien nie. “Dit het nie
lank gevat vir die polisie en die ambulans om te kom nie. Ek het nou-
nou met my seun gepraat en hy sê hy’s orraait.”
Me. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 wie se paramedici Nortjé
jr. op die toneel behandel het, het gesê sy toestand is aanvanklik as
kritiek beskou, maar hy was teen gisteroggend bestendig.
Volgens haar het hy “veelvuldige wonde” regs agter op sy rug gehad.
Insp. Wilmarie van der Merwe van die polisie in Noordwes het gesê dit
is nie seker of daar meer as een aanvaller was nie. Die motief is
onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel
nie.
Die Limpopo-moord kom ’n dag nadat mnr. Jan Wheeler (65) in die vroeë
oggendure op ’n plaas sowat 10?km buite Marble Hall vermoor is waar hy
as bestuurder gewerk het. Hy is gesteek en verskeie kere geskiet.
Van Deventer is die sesde plaasmoordslagoffer in Limpopo sedert die
begin van Februarie.
Duimafdrukke op ’n koekblik verbind n Mosambiekse man glo met die
toneel waarop ’n boer van Brits in 2008 in sy huis doodgeskiet is.
Dié beskuldigde, mnr. Thomas Chauke (32), en ’n medebeskuldigde, mnr.
Zondi Nkuna (29), het gister in die hooggeregshof in Pretoria ontken
dat hulle mnr. Daniel Johannes Brink Botha van Mamogalieskraal in die
Brits-distrik op 3 November 2008 vermoor het.
Botha is volgens die lykskouingverslag aan ’n skietwond in sy bors
dood.
Die beskuldigdes, wat albei in Soshanguve gewoon het voor hul
arrestasie, het ook skuld ontken op aanklagte van huisbraak met die
opset om te roof en roof met verswarende omstandighede; die onwettige
besit van ’n vuurwapen en ammunisie en dieremishandeling.
Hulle het glo ’n boerboel van die Botha-gesin vergiftig en toegang tot
die huis gekry deur ’n groot ruit te breek.
Botha se weduwee, mev. Christelle Botha, is ’n boerboelteler en woon
steeds op die plaas. Sy is ’n getuie vir die staat in die verhoor.
Die staat het gister foto’s van die toneel by die hof ingedien.
Insp. Happy Mosweu, vingerafdrukdeskundige en fotograaf van die Brits-
polisie, het getuig van dié foto’s toon stukkies hoendervleis wat op
die werf gekry is wat vermoedelik korrels van die landbougifstof
aldikarb (“Two Step”) bevat.
Mosweu het getuig identifiseerbare linkerduimafdrukke is gekry aan die
onderkant van die Bakers-koekblik, wat op ’n tafel gestaan het.
Dié linkerduimafdrukke het ooreengekom met Chauke se linkerduimafdruk
wat in die polisie se databank van vingerafdrukke geregistreer was.
Regter Peter Mabuse wou gister weet waarom ’n Shona-tolk vir Chauke in
die hof verkry moes word.
Adv. J.P. Marais, aanklaer, het geantwoord volgens inligting aan die
polisie is Chauke in Mosambiek gebore en woon hy in Soshanguve.
Chauke het gesê hy het sedert Maandag nie antiretrovirale medisyne in
die tronk gekry nie. Toe Mabuse hom gister gevra het of hy ’n
pleitverduideliking wil aflê, het Chauke deur sy tolk geantwoord hy
wil nie toe iets sê nie.
“Ek voel nie goed nie. Ek het ’n hoofpyn en is duiselig.”
Nkuna het in sy pleitverduideliking gesê hy is op 2 November 2008 van
sy werk na sy meisie se huis. Hy het die nag daar gebly en haar huis
die oggend van 3 November verlaat.
Volgens Nkuna was hy nie op die toneel nie.
Die staat beweer die beskuldigdes het die Bothas beroof van drie
selfone, R200 en ’n Corsa-bakkie.
Luidens die akte van beskuldiging het die beskuldigdes in die vroeë
oggendure van 3 November die Botha-egpaar se slaapkamervenster gebreek
en daar ingekom.
’n Stoeiery het tussen mnr. Botha en die inbrekers ontstaan en Botha
is doodgeskiet.
Mev. Botha het na ’n ander kamer gevlug waar sy en haar dogter,
Odelia, vasgebind is.
Die mans het glo toe geld en die bakkiesleutels geëis en met die
bakkie gevlug.
Hoe belaglik kan jy kry
=============================================
Boer in selle ná hy aanvaller ontwapen
2010-03-17 08:26
Charles Smith, Beeld
Johannesburg - ’n Boer van Kroonstad wat ’n plaasaanvaller ontwapen
het wat hom met ’n mes aangeval het, is Dinsdag summier deur die
polisie vir 48 uur toegesluit omdat die aanvaller gaan kla het.
Chris Grobler (23) se ouers het teen laat gister alles probeer om hom
voor donker uit die polisieselle in Koppies vry te laat.
Christo Grobler het gesê drie prokureurs het hul bes gedoen om sy seun
vrygelaat te kry.
Toe was die polisiebeampte met die dossier soek en daar was kwansuis
géén inskrywing in die voorvalleboek dat die polisie hul plaas
Saterdag besoek het nie.
Sy vrou, Alta, het toe van hul plaaswerkers gaan haal om verklarings
by die Heuningspruit-polisiekantoor af te lê dat hulle - dié einste
polisiebeamptes - wél Saterdag op hul plaas was.
Chris het die polisie Saterdag laat kom toe ’n gewese plaaswerker wat
ses maande gelede afgedank is nadat hy motorbatterye gesteel het,
moles op die plaas Labri gemaak het.
Die polisie het die man toe verwyder. Sondagaand was die man terug -
dié keer erg aangeklam.
Toe Chris hom wegwys, het hy ’n mes uitgepluk en na Chris gesteek. Dié
het die mes afgevat en die aanvaller het hard met Moeder Aarde kennis
gemaak, het Grobler sr. gesê.
Die polisie is weer gebel, maar hulle het nooit uitgekom nie.
Die aanvaller se arm is glo beseer en hy het by die polisie gaan kla.
Maandag het twee konstabels by die plaas opgedaag.
“My vrou wou weet hoekom hulle nie Sondag opgedaag het nie. Een
konstabel het vir haar gesê sy moet haar nie ‘wit hou’ nie. Die
bevelvoerder van die Heuningspruit-polisiekantoor het vir my gesê as
Chris stilgestaan het dat hy raakgesteek is, was die aanvaller in die
selle en nie hy (Chris) nie.”
Chris is gevra om Dinsdag ’n verklaring by die polisiekantoor te gaan
aflê. Hy is kort daarna gearresteer.
Grobler sr. se vrou en Chris se lewensmaat, Angelique, en hul baba van
ses maande, Chris, is alleen op die plaas.
“My vrou het die landdros in Koppies gaan sien, die deur toegetrek en
sy hulp gevra omdat hulle vrou-alleen op die plaas is.
Hy het gesê sy hande is afgekap.
“Ons probeer alles in ons vermoë. Ek weet nie wat in die land aangaan
nie.”
Durban – Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n soektog vir vier mans van
stapel gestuur nadat die vrou van ’n boer Sondagaand in Colenso
doodgeskiet is, het die polisie gesê.
Die boer (70) is twee keer geskiet, maar hy het die voorval oorleef en
sterk tans in die hospitaal aan, het supt. Jay Naicker gesê.
“Die boer was besig om die koeie saam met sy werkers te melk toe hulle
deur vier gewapende mans genader is. Die mans het geld geëis en sy
vrou (64) is doodgeskiet,” het hy gesê.
Naicker het gesê die aanvallers het niks gesteel nie.
Die georganiseerde misdaadeenheid is tans besig om die voorval te
ondersoek.
Die Demokratiese Alliansie (DA) beskryf die voorval as 'n voorbeeld
van intimidasie.
"Die sinnelose moord op ‘n bejaarde vrou en die aanval op haar man is
net nog ‘n tragedie vir ons land,” het Tom Stokes, ’n lid van die DA
in KwaZulu-Natal gesê.
Hy het gesê die plaasmoorde is deur die sing van die struggle-liedjies
aangehits wat die doodmaak van boere aanmoedig.
Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om
homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te
distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-
Afrikaners dood te maak”, het Sapa vroeër berig.
Twee mannen opgepakt voor moord op Vlaming in Zuid-Afrika
In Limpopo, in het noorden van Zuid-Afrika, zijn twee jonge mannen
opgepakt als verdachten van de moord, vorige vrijdag, op de Vlaamse
zakenman Etienne Cammaerts. Cammaerts, afkomstig uit Wezembeek-Oppem,
woonde sinds acht jaar in Zuid-Afrika, waar hij lodges verhuurde aan
toeristen en natuurliefhebbers. Hij werd vrijdag beroofd en dood
achtergelaten op zijn domein. De verdachten zijn 20 en 29 jaar. (BLG)
Publicatie: Het Nieuwsblad
Publicatiedatum: 3 maart 2010
Auteur: paw BELGA
Pagina: 3
Aantal woorden: 64
Arrestaties na moord op Vlaming in Zuid-Afrika
In verband met de moord van vorige vrijdag op de Vlaamse zakenman
Etienne Cammaerts in het Zuid-Afrikaanse Limpopo, zijn twee jonge
mannen opgepakt. Dat meldt de pers ginds. Cammaerts, afkomstig uit
Wezembeek-Oppem, woonde sinds acht jaar in Zuid-Afrika, waar hij
lodges verhuurde aan toeristen en natuurliefhebbers. Hij werd vrijdag
vermoord op zijn domein Corn Hill in Villa Nora. De verdachten zijn 20
en 29 jaar oud.
Publicatie: Het Laatste Nieuws
Publicatiedatum: 3 maart 2010
Auteur: Cds
Pagina: 11
Aantal woorden: 77
Vlaming vermoord in Zuid-Afrika
BRUSSEL - De zakenman Etienne Cammaerts (61) uit Wezembeek-Oppem is
omgebracht op zijn domein in Limpopo, in het noorden van Zuid-Afrika.
De man was vrijdag aan het werk op zijn domein, waar hij lodges
verhuurt aan toeristen. Omdat hij niet meer reageerde toen zijn
vriendin hem via de walkietalkie contacteerde, hield de politie een
zoekactie. Zo werd het lichaam van de Belgische man ontdekt. Hij was
beroofd en nadien dood achtergelaten door zijn overvallers, die
voorlopig spoorloos zijn.Belga
Publicatie: Het Belang van Limburg
Publicatiedatum: 3 maart 2010
Auteur:
Pagina: 7
Aantal woorden: 307
Zuid-Afrika
De 61-jarige zakenman Etienne Cammaerts uit Wezembeek-Oppem is
omgebracht op zijn domein in Limpopo, in het noorden van Zuid-Afrika.
De man was vorige vrijdag aan het werk op zijn uitgestrekte domein,
waar hij lodges verhuurt aan toeristen en natuurliefhebbers die naar
de wilde dieren komen kijken. Omdat hij niet meer reageerde toen zijn
vriendin hem via de walkietalkie contacteerde, zetten vrienden en
politie een grote zoekactie op touw. Zo werd het lichaam van de
Belgische man ontdekt. Hij was beroofd en nadien dood achtergelaten.
B
Publicatie: Gazet van Antwerpen
Publicatiedatum: 3 maart 2010
Auteur:
Pagina: 6
Aantal woorden: 421
Ek is ’n wit Afrikaner (boer) en ek is dus volgens Julius Malema ’n
verkragter op wie hy wil skiet. Die ANC kan nou op twee maniere op
Julius se nuutste uitlatings reageer.
Hulle kan hulle daarvan distansieer en teen hom optree, of hulle by
hom skaar en dan by implikasie oorlog verklaar teen wit Afrikaners.
Aldus Volksblad van 11 Maart, staan die ANC by Malema se “haatspraak”.
Die berig, Malema se optrede nie haatspraak, sê ANC verwys.
In die lig gesien van hoeveel boere en hul werkers op hul plase
vermoor word, kan ons hierdie tipe praatjies nie langer verdra en
ander pad kyk nie.
Maandag het mnr. Nathi Mthethwa in Centurion plaasmoorde ten sterkste
veroordeel, maar Julius Malema wil die boere skiet.
Dit het nou tyd geword dat die ANC eerlik is met wit mense en dit
duidelik maak waar hulle staan. Hulle is altyd gou om te verklaar dat
hulle ’n nie-rassige organisasie is, maar as hul leiers sulke
uitsprake maak, kan hulle beswaarlik op nie-rassigheid roem. As hulle
hierdie opsweping goedpraat, is dit mos so goed soos ’n
oorlogsverklaring teen wit mense.
Laastens, Julius Malema, gaan kyk bietjie wie is die oorgrote
meerderheid mense wat regtig in die howe beskuldig word van
verkragting en hou op om my en my volksgenote so te beledig. Ons gaan
dit nie langer verdra nie.
Toe oudpres. Thabo Mbeki ’n paar jaar gelede eensydig die
kommandostelsel afgeskaf en die weermag aan die landsgrense onttrek
het, is hy gewaarsku dit sou lei tot ’n vakuum op die platteland wat
die veiligheid van die landbougemeenskap in die gedrang sou bring.
Dit is presies wat toe gebeur het.
Daar gaan deesdae kwalik ’n dag verby sonder dat Beeld berig oor ’n
plaasmoord of plaasaanvalle.
Vir die boere is dit niks anders nie as ’n oorlog in die kleine.
Om dié rede eis boere en landbouleiers nou dat die kommandostelsel –
wat meer as 100 jaar lank baie doeltreffend was – teruggebring word.
Die polisie het net eenvoudig nie die mannekrag om die uitgestrekte
plattelandse gebiede behoorlik te patrolleer nie – met of sonder
reserviste.
Mbeki het destyds die kommandostelsel – waarvan die meerderheid lede
swart was – afgeskaf en die soldate aan die grensgebiede onttrek
sonder om die belanghebbende partye, die weermag, die polisie en die
landelike gemeenskappe, daarin te ken.
Dit was ’n politieke besluit – een waarvoor die landelike gemeenskappe
nou die prys betaal en pres. Jacob Zuma se regering ’n oplossing moet
vind.
Die stelsel van sogenaamde sektorpolisiëring wat ingestel is om die
kommandostelsel te vervang, is ’n goeie idee, maar is nie oral
suksesvol nie.
Landelike ontwikkeling is hoog op die Zuma-regering se prioriteitslys,
maar is gedoem as die platteland in oorlogsones verander en nie veilig
is nie. Voedselsekerheid is in dié omstandighede ook in sy peetjie
in.
Zuma hoef net in Zimbabwe te gaan kyk wat gebeur as landelike gebiede
onstabiel word.
Zuma het al gewys sy administrasie huiwer nie om goed terug te bring
wat voorheen gewerk het en sommer net verander is ter wille van
verandering nie. Hy en die betrokke ministers kan gerus ernstige
oorweging skenk aan die versoek dat die kommando’s teruggebring word.
Soos gesê, die huidige stelsel slaag nie eens naastenby daarin om
landelike veiligheid te verseker nie.
Die boere het ’n noodkreet laat hoor en die regering het ’n plig om ag
te slaan daarop.
Cobus Coetzee, Sarel van der Walt en Felix Dlangamandla
Die ANC staan by mnr. Julius Malema nadat die ANC-jeugligaleier in ’n
opruiende liedjie gesing het: “Skiet die Boere, hulle is verkragters!”
Die Menseregtekommissie (MRK) het tien klagte van haatspraak teen
Malema ontvang nadat hy eergister oor en oor saam met 250 studente by
die Universiteit van Johannesburg se Doornfontein-kampus gesing het:
“Dubula ama-Bhunu baya raypha.”
Mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, meen die klagte is ongegrond
en Malema se optrede is nie haatspraak nie.
“’n Mens kan Julius nie daarvoor kruisig nie, hy sing net ’n
bevrydingstrydlied. Beteken dit nou ons kan nie meer dié liedere sing
nie?”
Die ANC verstaan nie hoe Malema vir ’n rassis uitgekryt kan word nie.
“Soms sing ons dié lied, want ons herinner onsself aan waar ons
vandaan kom,” het Mthembu gesê.
Volgens hom verwys die amaBhunu nie na boere of wit mense in die
algemeen nie, maar na dié wat swart mense steeds onderdruk.
Mthembu het daarop gewys dat die lied wat Malema gesing het, nie die
slagspreuk “Kill the farmer, kill the Boer” is nie.
Mnr. Carl Niehaus, destyds die ANC se inligtingshoof, het in 1993 aan
Beeld gesê die party se nasionale uitvoerende komitee het besluit dié
slagspreuk is taboe.
Volgens Mthembu is albei egter deel van die land en die ANC se
geskiedenis en sal steeds gesing word.
Dr. Pieter Mulder, VF+-leier en adjunkminister van landbou, bosbou en
visserye, het gister ’n strafregtelike klag teen Malema by die polisie
ingedien.
Die Afrikanerbond het ’n klag by die MRK ingedien omdat Malema geweld
aangehits het.
“Dit is duidelik dat nóg die ANC-jeugliga nóg die ANC die politieke
wil of vermoë het om mnr. Malema tot orde te roep in sy daaglikse
tirades teen alles wat vir ons dierbaar is in Suid-Afrika,” het mnr.
Jan Bosman, bestuurshoof van die Afrikanerbond, gesê.
Mnr. Vincent Moaga, woordvoerder van die MRK, het bevestig hulle het
die klag, asook nog nege van individue, ontvang. “Ons verwag nog
meer,” het hy gesê.
Beeld verneem dat Zuma vanaand met verskeie Afrikaanse belangegroepe,
sakelui en sportmanne vergader.
Die sanger Steve Hofmeyr het gisteraand in ’n verklaring gesê hy het
sy uitnodiging van die hand gewys omdat hy ontnugter is met Malema se
optrede en ANC-leiers se stilswye.
Malema sal waarskynlik hoog op die agenda op die vergadering wees.
Dit word onder meer bygewoon deur prof. Piet Strauss, moderator van
die NG Kerk, AfriForum, TLU SA en die Springbok Victor Matfield.
Me. Helen Zille, DA-leier, gaan Malema dagvaar nadat hy haar ’n
satanis genoem het.