Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bespreking: vermaak

Do., 28 Junie 2001 13:03

Nog 'n besprekingspunt - terwyl ons nou so ernstig raak.

Hoekom kan ons nie meer oorspronklike, eg- Suid-Afrikaanse rolprente maak
nie?
Lyk my dit het saam met Jamie Uys uitgesterf.
In hierdie hele land van ons is daar geen persoon wat 'n oorspronklike
draaiboek kan uitdink nie.

Het die voorprent van The Long Run gesien. Dit lyk belowend - maar sal 'n
mening vorm as ek die hele prent gesien het.
Deesdae word hier in die filmbedryf geglo dat mens 'n "speler van naam" in
'n plaaslike produksie met hê om oorsee te kan verkoop.
Dit is natuurlik nonsens - as die produk goed en oorspronklik genoeg is, sal
dit verkoop.
Ons het natuurlik SA spelers wat tans van naam is - maar hulle sal seker nie
hul naam aan 'n plaaslike produk koppel wat swak is nie.

Peter Fonda was onlangs vir 2 dae hier om in 'n rolprent op te tree -
wanneer laas was hy in 'n ordentlike Amerikaanse rolprent?) - Hy was dus
"die naam" wat die skares na die prent moes lok. - Sy fooi was glo 125 000
dollar per dag.
Wat maak sy uitgewasde naam nou so belangrik dat hy 6 maal meer verdien het
as die ander akteurs wat vir 3 weke lank in die son moes swoeg, om nie van
die ander tegnici te praat nie?
Hoog tyd dat mense betaal word vir werk die wat hulle doen, nie vir
reputasies nie.
Dit geld natuurlik vir politici en sportsterre ook.

Af van my kissie af.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

HOP en GEAR

Do., 28 Junie 2001 07:41

Danielle:
Wou netnou nog vra - hierdie HOP- word dit deur sosialistiese
beginsels onderskryf?

Wouter:
HOP is Cosatu se ekonomiese meesterplan van voor die 1994-verkiesing. Dit is
gebou op redelike kapitalistiese beginsels, maar met stewige sosialistiese
toepassings en oogmerke . Die ANC het dit destyds onvoorwaardelik as beleid
aanvaar, terwyl die ander partye en sakeleiers die *beginsels* van HOP
aanvaar het.

Intussen het die ANC met GEAR (Growth, Equity and Redistribution) vorendag
gekom, wat die klem op groei en nie meer op herverdeling het nie. Sonder om
HOP af te sweer, maar dit was 'n duidelike waterskeiding na kapitalisme toe.
Cosatu kla deurlopend oor GEAR, maar die ANC hou voet by stuk.

'n Baie interessante magspeletjie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

VOC

Do., 28 Junie 2001 07:41

Op 'n ander nuusgroep skryf Anne Lehmkuhl van Kanada:

---------------------------------------------------
Op 20 Maart 2002 is dit 400 jaar gelede dat die Verenigde Oos-Indiese
Kompanjie (VOC) gestig is, en op 6 April word die aankoms van Jan van
Riebeeck aan die Kaap 350 jaar gelede in herinnering geroep.
Die VOC het van 1602 tot 1795 wêreldwyd 'n sleutelrol gespeel. Dit was die
grootste handels- en skeepvaartmaatskappy wat die sewentiende en agttiende
eeu geken het, met veral speserye, tekstiel en porselein as handelsware.
In dié twee eeue het die VOC meer as 'n miljoen mense uit Europa na Asië
verskeep, waarby honderde skepe betrokke was. Oral in Asië en om die kuste
van die Indiese Oseaan is handelsnedersettings opgerig.
Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein rat in die groot VOC-masjien. Die
VOC-bewindhebbers het dit net beskou as 'n verversingstasie vir VOC-skepe
wat tussen Europa en die Ooste onderweg was.
Die vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap het egter die
Suid-Afrikaanse geskiedenis ingrypend beïnvloed, wat tot vandag gevoel
word. 'n Belangrike aspek daarvan was die vroeë kontak met die inheemse
bevolking en die geleidelike verskuiwing van landbougrense na die
binneland, wat tot die ontbinding van die destydse Khoi-Khoi-gemeenskap
gelei het.
Die invoer en gebruik van slawe het ook 'n enorme rol in die ekonomie en
bevolkingsamestelling van Suid-Afrika gespeel. Oosterse en ander kulture
het onder meer die plaaslike taal, godsdiens, kleredrag, musiek en kookkuns
beduidend beïnvloed. Die tuin- en landbou het van die begin af sterk
ontwikkel.
Op administratiewe vlak was daar 'n sentrale owerheid met 57 buiteposte,
Robbeneiland en Mauritius ingesluit. Die ontstaan van Afrikaans, asook die
vestiging van die Christelike geloof en die Islam in Suid-Afrika kan ook na
die VOC-periode teruggvoer word.

In Nederland is die Stichting Viering 400 Jaar VOC in die lewe geroep om
die talle projekte wat rondom VOC 2002 beplan word, te koördineer en te
bevorder.
Van die belangrikste is 'n feestelike herdenking op 20 Maart 2002 in die
Ridderzaal in Den Haag wat ook deur koningin Beatrix bygewoon sal word; 'n
tentoonstelling met die tema Nederland Maritiem Land; verskillende
toerismeprojekte, projekte op die gebied van die onderwys, wetenskap en
kultuur, asook 'n groot tentoonstelling in die Nederlandse
Scheepvaartmuseum in Amsterdam en die Maritieme Museum in Rotterdam oor die
geskiedenis en rol van die VOC.
Die Tanap-projek (Towards a New Age of Partnership in Dutch East India
Company Archives and Research), wat deur die Nederlandse Rijksargief met
die samewerking van die Universiteit van Leiden georganiseer word, is gerig
op die bewaring en ontsluiting van VOC-argiewe as 'n gemeenskaplike erfenis
van Europa, Asië en Afrika.
Die bedoeling is ook om die navorsing oor hierdie argiewe wêreldwyd te
stimuleer en om soveel moontlik publikasies hieroor die lig te laat sien.
Die ruim finansiering van die Tanap-projek sal ook tot voordeel van die
VOC-argief in die Kaapstadse Argiefbewaarplek aangewend word.

Sedert die begin van 1998 word ook in Suid-Afrika hard gewerk aan die
beplanning van projekte rondom VOC 2002 en die 350ste herdenking van die
vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
Die Forum VOC 2002 Suid-Afrika, wat bestaan het uit verteenwoordigers van
verskeie plaaslike organisasies, die Nederlandse konsulaat en private
VOC-kundiges, het oor 'n periode van meer as twee jaar gereeld vergader en
'n sakeplan gepubliseer met die titel Refreshing Roots, waarin verskeie
projekte rondom die herdenkings voorgestel word.
Die finansiering van sommige daarvan is nog 'n probleem, maar ander sal wel
deurgevoer word. Die Stigting VOC, Kaapstad, speel 'n belangrike rol in
hierdie verband.
'n Uitgebreide permanente tentoonstelling oor die rol en geskiedenis van
die VOC in Suid-Afrika sal, waarskynlik met geldelike hulp van Nederland,
in die Kasteel die Goeie Hoop ingerig word. Hierdie tentoonstelling sal die
besoeker op 'n ewewigtige, toeganklike en speelse manier en met behulp van
multimedia-tegnieke inlig oor die geskiedenis van die Kasteel. Aspekte soos
die interaksie met inheemse kulture sal aandag kry, en daar sal nie
weggeskram word van omstrede onderwerpe en skadukante van hierdie
belangrike periode in die land se geskiedenis nie.
Die Van Ewijck-stigting in Kaapstad het aanvangsgeld beskikbaar gestel vir
onder meer 'n internasionale VOC-konferensie en 'n seminaar oor taal en
literatuur in VOC-gebiede wat van 3 tot 6 April en weer op 2 en 3 Julie
2002 aan die Universiteit van Stellenbosch gehou sal word. Die
Michaelis-versameling gaan, ook met geld van die Van Ewijck-stigting, 'n
tentoonstelling van Nederlandse maritieme kuns inrig.
Nederlands-gerigte verenigings beplan vir 6 April 2002 'n groot fees in die
Kasteel. Tanap het ongeveer R1 miljoen beskikbaar gestel vir die
transkripsie van belangrike dokumente in die Kaapstadse VOC-argief. Die
Kaapse Provinsiale Museumdiens stel 'n reisende tentoonstelling oor die VOC
beskikbaar vir gebruik deur skole, biblioteke en museums.
Van die begin is gepoog om die sentrale regering by die beplanning van die
herdenkings te betrek, maar met weinig sukses. Dit is begryplik dat die
skadukant van die VOC-verlede bepaalde groepe minder geesdriftig oor
hierdie saak maak as ander.
Kultuurgroepe en ander belangstellende organisasies en mense word genooi om
die Stigting VOC in hierdie verband te nader by die volgende adres: Die
Sekretaris, Stigting VOC, Die Kasteel, Posbus 1, Kaapstad 8000.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Manlike verkragting

Do., 28 Junie 2001 06:21

Vreeslike swaar onderwerp, ek weet.
Maar dit is ontstellend om te hoor dat al hoe meer manlike kapingslagoffers
ook verkrag word.
As dit vir vroulike slagoffers so swaar is om dit te rapporteer en daaroor
te praat, hoeveel te meer nie vir die arme mans nie?
As kaping, moord en verkragting vir die kapers nie meer genoeg is nie, wat
volgende?

Annette
Breinloos en versigtig.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Onse menigte

Do., 28 Junie 2001 06:15

Het Ernest se baie interessante syfers gesien, en kommentaar daarop gelewer,
maar my ISP weier om dit aan te stuur:)))
Elk geval - ek wonder net waar Ernest daardie syfers vandaan gekry het?
As dit van die laaste sensus was, kan ek al klaar sê dit is verkeerd.

Nou hoor ek daar gaan alweer 'n sensus gehou word, en ek wonder net of die
slim mense miskien al 'n manier uitgedink het hoe om 'n suksesvolle en
akkurate sensus te doen.

Dit bring my dan ook by ons dierbare departement van statistiek.
Ek weet vir 'n feit dat sommige van die ongelukkiges ( klein besighede) wat
maand na maand die vorms moet voltooi fiktiewe syfers weergee.
Ek voel soms daardie syfers word heeltemal geignoreer - wat miskien nader
aan korrek is - maar hoekom word dit dan nog steeds gedoen/vereis? Slegs om
die steekproefsyfers gestand te doen?
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Breinloos en gelukkig.

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Plaasmoorde - Al weer? / Nog steeds?

Do., 28 Junie 2001 02:00

Op KYKNET (26/06/2001) meld SA Polisie-beampte dat plus minus (meer minus as
plus) 1098 plaasmoorde oor die afgelope 10-jaar plaasgevind het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vinnig hoe die grappies al begin

Do., 28 Junie 2001 01:02

Vos: Jou poes
Harry: KLAP
Vos: N-nou hoekom d-doen jy dit
Harry: Jy vloek my dan
Vos: N-nee ek w-wou maar n-net sê j-jou p-posisie as a-afrigter is oo-ook in
gedrang

Vos: D-dink coach d-dit is o-omdat ek h-hakel d-dat ek die b-bal aanslaan
Harry: Nee, hoekom vrae jy
Vos: W-want anders h-het die h-hele span 'n s-spraak p-probleem

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: HOPpende huise.

Wo., 27 Junie 2001 22:29

Danielle

Ek weet nie of iemand jou alreeds geantwoord het nie, maar ek sien geen
antwoord nie. HOP staan Heropbou en Ontwikkelings Program wat die nuwe
regering in werking gestel het om onder andere huise vir die vorige
agtergeblewendes te bou. Die huise word op groot maat gebou, met baie klein
vertrekke (so klein jy kan nie eers jou opinie binne die huis verander nie)
en oor die algemeen lyk dit asof kwaliteitsbeheer baie skraps toegepas word.
Verlede jaar het 'n klomp van die huise in mekaar geval na die eerste groot
reen.

"Danielle" skryf in boodskap news:s0idjt8thhcg73ar5t52274lh4ma0cdstk@4ax.com...
> On Mon, 25 Jun 2001 06:56:06 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Emmy praat van die HOP "huisies" wat deesdae deur ons regering teen groot
>> spoed weinig vrug opgerig word.
>
> Annette my jonge dier, vertel nou asseblief eers vir hierdie ou
> onopgevoede omie wat is 'n HOP huis? :-))))
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

fiks en oppe 'n stasie antie

Wo., 27 Junie 2001 18:52

hellou my antie

ek het vir my pa gevra oor wat antie sê van sy rakbie fikssasie en hy sê ek
moet vir antie vra of antie dink die pous het 'n fikssasie met die kerk
oorlat hy rooms is. al wat ek weet is lat my pa fiks is van syp want my ma
sê al wat my pa weet van fiks is wanneer hy op 'n stasie is en vir haar sê
om vir hom 'n dop te fieks.

en my ma sê antie moet van beter weet as om vir klein kinnerkies voor te sê
oom heeldag vorie tiewie te lê en sleg word soos my pa. sy sê kinnerkies
moet rond hartloop en yt bome ytval lat hille ma's vir hille kan lief wees
en plysters op hille stikkende plek plak en hille doktir toe vat om hille
arrems regyt te maak. sy sê kyk hoe lyk jou pa van heeldag rakbie kyk oppie
tiewie.

antie sal my nie glo nie ma' die bokke het nou al weer 'n niewe kaptyn.
vosperd wat nie kan praat nie is nou gedrop en herrie die strandloper het
nou vir tieniebopper skienstat kaptyn gemaak. oom hansie vannie
pênnelbieters sê die meisietjies en antietjies gaan hille nat maak daaroor.
ma' my pa sê as hy so lyster issit eerder die omies hie innie noorde wat
hille nat maak.

ek warrie nie antie solank die bokke net beter beginne speel en tieniebopper
nie sy eie tong raak trap as hy 'n spiesj moet maak nie. my pa sê minstens
het skienstat darrim 'n tong om mee te praat.

koebaai antie

hennerietjie (oppas vir die tonge wat ythang antie)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Apartheid

Wo., 27 Junie 2001 15:55

Wouter
> Dis ook interessant dat net drie jaar na ons Hollandse en Britse
> voorvaders Suid Afrika in ongeveer sy huidige vorm in 1910
> gestig het, toe plaas hulle apartheid formeel op die wetboek.

Gloudina
Nee, Wouter, so maklik kom jy nie daarvan weg nie. Na 1948 was dit 'n heel
ander ball game. Nee, wat jong. Ek dink jy doen jouself meer skade
aan deur "verskonings" te probeer maak.

Wouter
Jy verstaan my verkeerd, Gloudina. Ek probeer van niks wegkom nie. Ook nie
met iets nie. En ek het ook geen verskoning gemaak of probeer maak nie.

Ek het bloot 'n (ek sal maar erken moedswillige) opmerking oor ons Hollangse
voorvaders gemaak. Ons weet mos almal dat apartheid (veral die petty
apartheid waarna jy verwys) in alle en konsekwente ywer na 1948 ingevoer is.
Ek is self nie oud genoeg om daarvoor pa te staan nie. En ek het 'n beskeie
bydrae gelewer om apartheid te beëindig.

Maar ek was lank 'n passiewe ondersteuner van apartheid en wat ek daarteen
gedoen was waarskynlik te min en beslis te laat. Dit het ek al erken en sal
ek orals erken. En ek het ook nie 'n probleem om op die regte forum daarvoor
verskoning te vra nie, dit kos niks en ek bedoel dit opreg. Ek verwag nie
dat almal met my hieroor sal saamstem nie, maar dis my siening en my gevoel
en ek is nie skaam daarvoor nie.

Ek sou graag 'n gesprek hier wou voer oor die voor- en nadele van apartheid,
veral wat die ekonomie betref. Maar as dit nie 'n kliniese en onemosionele
bespreking is nie, gaan dit net tot opvlamming van albei kante lei. Ek
oordeel dat die klimaat hier nie reg is vir so 'n bespreking nie. Dis
jammer, want ek reken dit is 'n interessante onderwerp.

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Bladsye (1834): [ «    909  910  911  912  913  914  915  916  917  918  919  920  921  922  923  924    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 12:16:16 UTC 2026