Thys(ie) skryf sommer maklik rympies.
Ek kan dit glad nie doen nie - maar wat - mens mag iets een maal probeer.
Dit is hoeka winter hier - so 'n vlammetjie of 100 sal my nou nie juis
ontstel nie:))))
Gloudina Ril
Danielle Gil
Emmy is Kil
Jonas Jil
Annette bly Stil (NOT)
Thys wil nie Thysie wees nie.
Sakkie wil nie net Sak wees nie
Wouter wil nie net 'n Varkie wees nie
Max weier om Maxie te wees
Pop dink sy is te groot om Poppie te wees.
Ferd wil eintlik Ferdi wees.
Frikkie is te gaaf om net Frik te wees.
Dav vir Davie klink ook snaaks.
Ernest weet Ernestie klink nie reg nie.
Krokkie weet Krok is hy nog nie.
pjb kan wel pjbeetjie word
Riaan is te onskuldig om Riaantjie te word.
Tobie tob nog te min om Tob te word.
Ricotjie kan wel gaan
Hennerietjie moet maar so bly staan
Har vir Harry klink net nie orraait nie
.kie vir . wil ook nie werk nie.
Indien ek enige ander liefie per ongeluk uitgelaat het.
Ek is hopeloos en onskuldig en probeer dinge net.
Nettie.
Ek het nou net Annette se pos oor vermaak gelees. Een ding wat ek wonder is wanneer Fiela se kind op DVD verkrygbaar sal wees. (of
is dit al?) Ek was so 8 maande gelede in die land en het gesoek, maar niks gekry nie. Miskien moet ons mooi vra, maar vir wie.
Weet iemand dalk wie dit gemaak het?
Almal wat lanklaas in die Kaap was, haas julle hierheen!!
Ons beroemde halwe paaie naby die waterfront gaan voltooi word!!
Nog 'n toeristeaantreklikheid word ter wille van voorutgang vernietig!:))
Annette
Ek was vir ongeveer 'n week nie hier nie en het nou so bietjie probeer
opvang met alles wat hier 'gebeur' het.
Moet sê, hierdie klompie op die nuusgroep is baie vermaaklik, afgesien nou
van die paar wat gewoonlik ander mense omkrap of sommer 'n windeier langs
die nes lê (Sallie name noem nie)
Doet so voort.
pjb
.
Ferdi :
Switserland het 'n eenvormige bevolking in terme van ras (en het dit
reeds vir so 2000 jaar) en net drie hoof tale wat elk in hul eie deel
van die land gegroepeer sit vir eeue al.
Wouter:
My opmerkings hierna het niks met die apartheidsdebat uit te waai nie, maar
ek stem nie heeltemal saam nie. Die Switsers het almal dieselfde velkleur,
maar om dit eenvormig in terme van ras te noem, dit neem dit effe ver.
'n Switser met 'n winkel in die Franse deel sal nie iemand in "Duits" bedien
nie, hulle is nie lief vir die Duitssprekendes nie. Erger as die Kanadese.
en dit gaan nie net oor taal nie, dit gaan oor met wie hulle gemaklik is,
hulle sien erg neer op mekaar. Sonder dat daar 'n taalstryd is, hulle haat
net mekaar se binnewerke.
Ek glo die feit dat hulle regerings oor die jare so 'n lae profiel het wel
'n belangrike bydraer tot hulle ekonomiese sukses is. Soos ook in Hong Kong.
Maar ek twyfel of dit vir ons in 2001 sal werk. Miskien heelwat later.
Nog 'n besprekingspunt - terwyl ons nou so ernstig raak.
Hoekom kan ons nie meer oorspronklike, eg- Suid-Afrikaanse rolprente maak
nie?
Lyk my dit het saam met Jamie Uys uitgesterf.
In hierdie hele land van ons is daar geen persoon wat 'n oorspronklike
draaiboek kan uitdink nie.
Het die voorprent van The Long Run gesien. Dit lyk belowend - maar sal 'n
mening vorm as ek die hele prent gesien het.
Deesdae word hier in die filmbedryf geglo dat mens 'n "speler van naam" in
'n plaaslike produksie met hê om oorsee te kan verkoop.
Dit is natuurlik nonsens - as die produk goed en oorspronklik genoeg is, sal
dit verkoop.
Ons het natuurlik SA spelers wat tans van naam is - maar hulle sal seker nie
hul naam aan 'n plaaslike produk koppel wat swak is nie.
Peter Fonda was onlangs vir 2 dae hier om in 'n rolprent op te tree -
wanneer laas was hy in 'n ordentlike Amerikaanse rolprent?) - Hy was dus
"die naam" wat die skares na die prent moes lok. - Sy fooi was glo 125 000
dollar per dag.
Wat maak sy uitgewasde naam nou so belangrik dat hy 6 maal meer verdien het
as die ander akteurs wat vir 3 weke lank in die son moes swoeg, om nie van
die ander tegnici te praat nie?
Hoog tyd dat mense betaal word vir werk die wat hulle doen, nie vir
reputasies nie.
Dit geld natuurlik vir politici en sportsterre ook.
Danielle:
Wou netnou nog vra - hierdie HOP- word dit deur sosialistiese
beginsels onderskryf?
Wouter:
HOP is Cosatu se ekonomiese meesterplan van voor die 1994-verkiesing. Dit is
gebou op redelike kapitalistiese beginsels, maar met stewige sosialistiese
toepassings en oogmerke . Die ANC het dit destyds onvoorwaardelik as beleid
aanvaar, terwyl die ander partye en sakeleiers die *beginsels* van HOP
aanvaar het.
Intussen het die ANC met GEAR (Growth, Equity and Redistribution) vorendag
gekom, wat die klem op groei en nie meer op herverdeling het nie. Sonder om
HOP af te sweer, maar dit was 'n duidelike waterskeiding na kapitalisme toe.
Cosatu kla deurlopend oor GEAR, maar die ANC hou voet by stuk.
Op 'n ander nuusgroep skryf Anne Lehmkuhl van Kanada:
---------------------------------------------------
Op 20 Maart 2002 is dit 400 jaar gelede dat die Verenigde Oos-Indiese
Kompanjie (VOC) gestig is, en op 6 April word die aankoms van Jan van
Riebeeck aan die Kaap 350 jaar gelede in herinnering geroep.
Die VOC het van 1602 tot 1795 wêreldwyd 'n sleutelrol gespeel. Dit was die
grootste handels- en skeepvaartmaatskappy wat die sewentiende en agttiende
eeu geken het, met veral speserye, tekstiel en porselein as handelsware.
In dié twee eeue het die VOC meer as 'n miljoen mense uit Europa na Asië
verskeep, waarby honderde skepe betrokke was. Oral in Asië en om die kuste
van die Indiese Oseaan is handelsnedersettings opgerig.
Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein rat in die groot VOC-masjien. Die
VOC-bewindhebbers het dit net beskou as 'n verversingstasie vir VOC-skepe
wat tussen Europa en die Ooste onderweg was.
Die vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap het egter die
Suid-Afrikaanse geskiedenis ingrypend beïnvloed, wat tot vandag gevoel
word. 'n Belangrike aspek daarvan was die vroeë kontak met die inheemse
bevolking en die geleidelike verskuiwing van landbougrense na die
binneland, wat tot die ontbinding van die destydse Khoi-Khoi-gemeenskap
gelei het.
Die invoer en gebruik van slawe het ook 'n enorme rol in die ekonomie en
bevolkingsamestelling van Suid-Afrika gespeel. Oosterse en ander kulture
het onder meer die plaaslike taal, godsdiens, kleredrag, musiek en kookkuns
beduidend beïnvloed. Die tuin- en landbou het van die begin af sterk
ontwikkel.
Op administratiewe vlak was daar 'n sentrale owerheid met 57 buiteposte,
Robbeneiland en Mauritius ingesluit. Die ontstaan van Afrikaans, asook die
vestiging van die Christelike geloof en die Islam in Suid-Afrika kan ook na
die VOC-periode teruggvoer word.
In Nederland is die Stichting Viering 400 Jaar VOC in die lewe geroep om
die talle projekte wat rondom VOC 2002 beplan word, te koördineer en te
bevorder.
Van die belangrikste is 'n feestelike herdenking op 20 Maart 2002 in die
Ridderzaal in Den Haag wat ook deur koningin Beatrix bygewoon sal word; 'n
tentoonstelling met die tema Nederland Maritiem Land; verskillende
toerismeprojekte, projekte op die gebied van die onderwys, wetenskap en
kultuur, asook 'n groot tentoonstelling in die Nederlandse
Scheepvaartmuseum in Amsterdam en die Maritieme Museum in Rotterdam oor die
geskiedenis en rol van die VOC.
Die Tanap-projek (Towards a New Age of Partnership in Dutch East India
Company Archives and Research), wat deur die Nederlandse Rijksargief met
die samewerking van die Universiteit van Leiden georganiseer word, is gerig
op die bewaring en ontsluiting van VOC-argiewe as 'n gemeenskaplike erfenis
van Europa, Asië en Afrika.
Die bedoeling is ook om die navorsing oor hierdie argiewe wêreldwyd te
stimuleer en om soveel moontlik publikasies hieroor die lig te laat sien.
Die ruim finansiering van die Tanap-projek sal ook tot voordeel van die
VOC-argief in die Kaapstadse Argiefbewaarplek aangewend word.
Sedert die begin van 1998 word ook in Suid-Afrika hard gewerk aan die
beplanning van projekte rondom VOC 2002 en die 350ste herdenking van die
vestiging van die Nederlandse bewind aan die Kaap.
Die Forum VOC 2002 Suid-Afrika, wat bestaan het uit verteenwoordigers van
verskeie plaaslike organisasies, die Nederlandse konsulaat en private
VOC-kundiges, het oor 'n periode van meer as twee jaar gereeld vergader en
'n sakeplan gepubliseer met die titel Refreshing Roots, waarin verskeie
projekte rondom die herdenkings voorgestel word.
Die finansiering van sommige daarvan is nog 'n probleem, maar ander sal wel
deurgevoer word. Die Stigting VOC, Kaapstad, speel 'n belangrike rol in
hierdie verband.
'n Uitgebreide permanente tentoonstelling oor die rol en geskiedenis van
die VOC in Suid-Afrika sal, waarskynlik met geldelike hulp van Nederland,
in die Kasteel die Goeie Hoop ingerig word. Hierdie tentoonstelling sal die
besoeker op 'n ewewigtige, toeganklike en speelse manier en met behulp van
multimedia-tegnieke inlig oor die geskiedenis van die Kasteel. Aspekte soos
die interaksie met inheemse kulture sal aandag kry, en daar sal nie
weggeskram word van omstrede onderwerpe en skadukante van hierdie
belangrike periode in die land se geskiedenis nie.
Die Van Ewijck-stigting in Kaapstad het aanvangsgeld beskikbaar gestel vir
onder meer 'n internasionale VOC-konferensie en 'n seminaar oor taal en
literatuur in VOC-gebiede wat van 3 tot 6 April en weer op 2 en 3 Julie
2002 aan die Universiteit van Stellenbosch gehou sal word. Die
Michaelis-versameling gaan, ook met geld van die Van Ewijck-stigting, 'n
tentoonstelling van Nederlandse maritieme kuns inrig.
Nederlands-gerigte verenigings beplan vir 6 April 2002 'n groot fees in die
Kasteel. Tanap het ongeveer R1 miljoen beskikbaar gestel vir die
transkripsie van belangrike dokumente in die Kaapstadse VOC-argief. Die
Kaapse Provinsiale Museumdiens stel 'n reisende tentoonstelling oor die VOC
beskikbaar vir gebruik deur skole, biblioteke en museums.
Van die begin is gepoog om die sentrale regering by die beplanning van die
herdenkings te betrek, maar met weinig sukses. Dit is begryplik dat die
skadukant van die VOC-verlede bepaalde groepe minder geesdriftig oor
hierdie saak maak as ander.
Kultuurgroepe en ander belangstellende organisasies en mense word genooi om
die Stigting VOC in hierdie verband te nader by die volgende adres: Die
Sekretaris, Stigting VOC, Die Kasteel, Posbus 1, Kaapstad 8000.