Haai Oe!!!
Vr., 29 Junie 2001 17:09
Ek is nou net soos reisigertjietjie met sy aanhangseltjies:
Hoe kon ek me'tjie en Bob vergeet het?
Ek het jou mos gesê jy moet terugkom - mens vergeet van julle daar bo:))
Annette
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
'n Powere Poging
Vr., 29 Junie 2001 14:56
Thys(ie) skryf sommer maklik rympies.
Ek kan dit glad nie doen nie - maar wat - mens mag iets een maal probeer.
Dit is hoeka winter hier - so 'n vlammetjie of 100 sal my nou nie juis
ontstel nie:))))
Gloudina Ril
Danielle Gil
Emmy is Kil
Jonas Jil
Annette bly Stil (NOT)
Thys wil nie Thysie wees nie.
Sakkie wil nie net Sak wees nie
Wouter wil nie net 'n Varkie wees nie
Max weier om Maxie te wees
Pop dink sy is te groot om Poppie te wees.
Ferd wil eintlik Ferdi wees.
Frikkie is te gaaf om net Frik te wees.
Dav vir Davie klink ook snaaks.
Ernest weet Ernestie klink nie reg nie.
Krokkie weet Krok is hy nog nie.
pjb kan wel pjbeetjie word
Riaan is te onskuldig om Riaantjie te word.
Tobie tob nog te min om Tob te word.
Ricotjie kan wel gaan
Hennerietjie moet maar so bly staan
Har vir Harry klink net nie orraait nie
.kie vir . wil ook nie werk nie.
Indien ek enige ander liefie per ongeluk uitgelaat het.
Ek is hopeloos en onskuldig en probeer dinge net.
Nettie.
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Fiela se kind
Do., 28 Junie 2001 23:11
Ek het nou net Annette se pos oor vermaak gelees. Een ding wat ek wonder is wanneer Fiela se kind op DVD verkrygbaar sal wees. (of
is dit al?) Ek was so 8 maande gelede in die land en het gesoek, maar niks gekry nie. Miskien moet ons mooi vra, maar vir wie.
Weet iemand dalk wie dit gemaak het?
Baie dankie,
Vic
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
'n Baken gaan verdwyn!!
Do., 28 Junie 2001 21:15
Almal wat lanklaas in die Kaap was, haas julle hierheen!!
Ons beroemde halwe paaie naby die waterfront gaan voltooi word!!
Nog 'n toeristeaantreklikheid word ter wille van voorutgang vernietig!:))
Annette
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Komies
Do., 28 Junie 2001 19:30
Ek was vir ongeveer 'n week nie hier nie en het nou so bietjie probeer
opvang met alles wat hier 'gebeur' het.
Moet sê, hierdie klompie op die nuusgroep is baie vermaaklik, afgesien nou
van die paar wat gewoonlik ander mense omkrap of sommer 'n windeier langs
die nes lê (Sallie name noem nie)
Doet so voort.
pjb
.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Switserland
Do., 28 Junie 2001 15:14
Ferdi :
Switserland het 'n eenvormige bevolking in terme van ras (en het dit
reeds vir so 2000 jaar) en net drie hoof tale wat elk in hul eie deel
van die land gegroepeer sit vir eeue al.
Wouter:
My opmerkings hierna het niks met die apartheidsdebat uit te waai nie, maar
ek stem nie heeltemal saam nie. Die Switsers het almal dieselfde velkleur,
maar om dit eenvormig in terme van ras te noem, dit neem dit effe ver.
'n Switser met 'n winkel in die Franse deel sal nie iemand in "Duits" bedien
nie, hulle is nie lief vir die Duitssprekendes nie. Erger as die Kanadese.
en dit gaan nie net oor taal nie, dit gaan oor met wie hulle gemaklik is,
hulle sien erg neer op mekaar. Sonder dat daar 'n taalstryd is, hulle haat
net mekaar se binnewerke.
Ek glo die feit dat hulle regerings oor die jare so 'n lae profiel het wel
'n belangrike bydraer tot hulle ekonomiese sukses is. Soos ook in Hong Kong.
Maar ek twyfel of dit vir ons in 2001 sal werk. Miskien heelwat later.
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare