Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Opgewonde Boetman

Vr., 06 Julie 2001 11:27

Vanoggend verklaar Chris Louw vol bravade dat adverteerders asseblief moet
let dat daar met 'n meningsopname meer as 500 000 luisteraars gereageer het.

Nou net maak hy toe darem 'n regstelling - slegs net meer as 5000
luisteraars het gereageer.

Janee - die gewoonte om duisende name by te voeg om 'n punt te bewys werk
nou lekker deur op alle vlakke:)))
Annette ( Peter Marais se sogenaamde lyste ter ondersteuning van sy
straatnaamverandering het ook mos honderde name bevat van mense wat hoog en
laag gesweer het hulle het nooit so 'n lys onderteken nie)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Dankie Holland

Vr., 06 Julie 2001 10:11

Blykbaar is daar 40 000 fietse deur Holland aan ons geskenk - vir
verspreiding in die landelike gebiede.
Miskien het ons binne 5 jaar ons eie span wat aan die Tour de France kan
deelneem:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

NZ SA se OZ?

Vr., 06 Julie 2001 06:11

Weereens in die nuus- iemand wat na NZ gevlug het net voordat hy vir bedrog
in hegtenis geneem kon word.
G'n wonder ek raak so deurmekaar met NZ en OZ nie:)))
1) Die hotel haardroër man,
2) Eienaar van verskeie eiendomme wat dit uitverhuur terwyl dit nie eers
geskik vir bewoning is nie.
3) Die meesterbrein agter 'n 10 jaar lange bedrogspul in die Kaapse
stadsraad.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Rugby: Viljoen se weeklikse bom.

Vr., 06 Julie 2001 05:44

Wat nou nog? Rassie word uitgeskop omdat hy weer moet gaan selfvertroue kry
. Intussen word 'n heeltemal onervare speler gekies in sy plek.
Wat van Van Rensburg van Natal?
Is dit 'n komplot om soveel moontlik goeie spelers in die buiteland te kry,
sodat ons uiteindelik teen ons eie spelers gaan speel?
Vrystaat speel mos al jare teen Vrystaat/Natal, Vrystaat/Transvaal en
Vrystaat/Noord-Transvaal - dus is die idee nie nuut nie.
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

The (New) Ten Commandments

Do., 05 Julie 2001 21:02

"Frikkie Potgieter" het geskryf:

> The (New) Ten Commandments
--- knip-knip-knip!------

En Norbert (uit Vlaanderen) antwoord daarop:

Hei, Frikkie!

Ek het gehoor as jy met jou vrou na bed gaan en seks met haar het dan
lê die Bybel oopgemaak in bed tussen jou en jou vrou...
Is dit waar? Ek weet nie, ek vra slegs..

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 56 kommentare

Re: bly liewer in die huis - sherrifDD.jpg (1/1)

Do., 05 Julie 2001 20:38

jou mos gesê daar is as op jou toon toe die foto geneem is,
skande, nogal in die hoofstraat van Durbs
--
------------------------------------------------------------ -----
Die beste helpende hand is aan die einde van jou eie arm.
------------------------------------------------------------ -----

"J. Bond" skryf in boodskap news:9i2gf6$kn2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
: what the heck is that?
:
:
:
:
:

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Big Brother & Prez

Do., 05 Julie 2001 19:14

Die nuwe, vreeslik duur ( 32.4 miljoen?) sekuriteitstelsel wat in Groote
Schuur installeer is laat my wonder na wie daar eintlik gekyk gaan word?
Die Prez gaan ge-Big Brother word!!:)))

Kan iemand onthou wat die stelsel gekos het om Kaapstad se middestad te
beveilig?
Ek glo nie so baie nie.

Sal iemand miskien dink dat die Prez se veiligheidskontrak nie aan 'n swart
bemagtigingsfirma toegeken is nie?
Wonder of daar 'n ondersoek daaroor ook gaan wees.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wonderlike Voorspellings.

Do., 05 Julie 2001 14:07

Nogal interessant wat sekere mense skryf wat hulle uitgee dat hulle die
toekoms in kan sien.
( Nie een van hulle kan vir my sê wie die July gaan wen nie - en as ek nie
voor Saterdag droom nie, kan ek nie gaan wed nie)
Elk geval - ek dwaal alweer - moet die weer wees:))

Hieronder voorspellings ( hulle sê nie wanneer nie) wat amper te goed is om
waar te wees:))
1) 'n Skot, wat sal beweer hy is 'n direlte afstammeling van Braveheart.
gaan probeer om Liz11 te vermoor terwyl sy met vakansie in Balmoral is.
2) Jimmy Carter ( die peanut Prez) besluit om 'n Katoliek te word, en hy
word onmiddelik 'n kardinaal.
3) Ek hou van die een!!!:)) - 'n Deurbraak in nanotegnologie lei tot 'n nuwe
generasie rekenaars wat so groot soos okkerneute sal wees.
Hul naam sal seker Nutz-R-Us wees:)))
4) 'n Aap wat in die reenwoud van Costa Rica gevang word toon die vermoë om
rekenaars te programmeer.
5) Monica Lewinsky gaan deur 'n Internet porno netwerk ontvoer word. Haar
familie gaan weier om enige geld te betaal om haar vry te kry.
6) 'n Mayo kliniek studie gaan bevestig dat 4 dubbele sopies bourbon per dag
sal lewensverwagting met 18 jaar vermeder.
( Nou sal die ouens wat polisse verkoop moet vra hoeveel glasies dubbeles 'n
mens per dag wegslaan):)))
7) Harvard Mediese Skool navorsers vind dat enige persoon hul ideale gewig
behou deur 3 piesangs per dag te eet.
( Ek moet maar vet en vrolik bly - ek is allergies vir piesangs)
8) Daar word gevind dat Al Gore al jare vir Rusland spioneer.
9) Aandelepryse val nadat Alan Greenspan erken dat hy 'n droom gehad het
waarin 'n engel aan hom vertel dat hy sy persoonlike fortuin onder sy
matras moet wegsteek.
10) Sean Connery verskyn in 'n 007 film wat afspeel in 'n tehuis vir
bejaardes.
11) Bewys van re-inkarnasie word bepaal wanneer 'n 6 jarige dogtertjie van
Detroit 'n daaglikse beskrywing gee van haar lewe as Gen George Patton.
12) 'n Tsunami sal groot dele van Brittanje, Holland, Frankryk en Duitsland
oorstroom.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sonja Heroldt of wat?

Do., 05 Julie 2001 12:01

Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
"Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.

Kan iemand meer lig hierop werp?

Koot

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Liggies Sit:))

Do., 05 Julie 2001 10:59

Donderdag hier. Ma siek, Ian lekker deurmekaar - letterlik met die weer
gepla, ek verdwaal-verdwaal en papsopnat van kliënt na kliënt.
Kos maak - Dit is winter, dit reen soms, daar is glo sneeu op Tafelberg en
in Du Toitskloof - dus sop!!!
Op die stoof staan en prut 'n mengsel van 'n blikkie bonesop en 'n pakkie
wit uiesop.
Ek dink ek gaan baie windmakerig wees vanmiddag:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1835): [ «    903  904  905  906  907  908  909  910  911  912  913  914  915  916  917  918    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 11:30:02 UTC 2026