Die wêreld-media, anti-christene en ewolusieleer is oënskynlik besig om
groot sukses te behaal met die afwatering van die werklikheid van God. By
media kan ons ook met gerustheid die Internet byvoeg.
Waar die lug van menings vantevore die forum van koerante, televisie en
reaksionêres was, kan net omtrent enigeen vandag sy opinie op die Internet
gee - gevraagd of ongevraagd. Ons het persepsies ons hele lewe lank gehad
wat slegs deur 'n paar oomblike van "surf" afgeskiet kan word. Ek het
byvoorbeeld nooit geweet dat daar wêreldwyd so 'n haat onder "Christene" was
vir die Evangelie nie. In terme van ons nuwe Grondwet is die Christelike
geloof nou op dieselfde vlak as die van Moslems, Buddiste, Sataniste,
Kommunisme en elke ander gogga wat nou uit die houtwerk kruip. Nog nooit
tevore het die Kerk voor so 'n groot uitdaging te staan gekom nie. Sy
voorheen Regeringgegewe immuniteit is nou skielik van hom ontneem.
Maar kan hy die mas opkom?
Vandag het ons te doen met die Nuwe Heiliges. In die Nuwe Suid-Afrika het
hulle soos paddastoele onder die Afrikaner volk opgeskiet, en ons ouers word
nou tot in die hel verdoem oor hul engheid en rassisme. Hulle engheid
deurdat hulle ons met Bybelsgefundeerde waarhede grootgemaak het; rassisme
deurdat hulle die eenvoudige aksioom geglo het van "soort behoort by soort".
My eie vader was onwrikbaar in sy geloof in apartheid maar, sover ek kan
onthou, het hy nooit enige mens op 'n persoon-tot-persoonvlak van sy
menswaardigheid ontneem nie. Daar gelaat.
Tot die Kerk word ook oorval met die Nuwe Heiliges. Daar is 'n humanistiese
gebloei in die Sinodes, daar word gebloei in die Kerkraad en daar word
gebloei van die kansel af - en terug. Waarom? Om die Christelike idioom
vir eens en ewig te begrawe en aandeel te hê in die geestelike verbastering
van die geloof wat dan uiteindelik kan lei tot die New Age era.
Ter wille van oorlewing van die Kerk, word die Ware Bloed maar agtertoe
skuif.
As 'n (eks) toegewyde dopper, het ek alle geloof in ons kerke verloor. Nee,
nie my geloof in God nie, maar in ons kerk. Jare lank is daar aan my
gepreek - "Jy sal nie saam met 'n man bly sonder daai ring en pampier in jou
hand nie". Wat doen hulle nou - ons ouderlinge bly saam met hulle meisies,
ons diakens doen dit. Dis 'n wonder ons predikant doen dit nie ook nie.
Nou die dag stel ek die vraag: "As ek 'n swarte saam bring kerk toe, gaan
daar hell to pay wees, meer as die helfde sal opstaan en loop uit die kerk,
maar julle predik ek mag nie haat nie." Die antwoord - as ek 'n ding doen
wat 'n ander gaan laat struikel is ek die sondaar. As 'n swart man/vrou in
my kerk my laat struikel, HOORT EK NIE DAAR NIE!
My Ds. vertel aan my, ek mag nie van hom (of die ouderling) verwag om selfs
eenkeer 'n jaar by my aan huis te kom nie, ek mag nie vra wat doen die kerk
vir my nie - maar wat doen ek vir die kerk. Fair enough, maar as ek hulle
nodig het, waar is hulle? Ek word blameer as ek Donderdae nie hulle
Jeuggroep kan bywoon nie, maar ek sit soms tot 22:00 by die werk. As ek nie
werk nie, eet ek nie. Ek het vir die kerk 'n web site (in my eie tyd)
ontwerp, ek het die domain naam gekoop en allerhande interresante dinge
gedoen, om die site bietjie prettig te maak vir besoekers. Ek het my kamera
gevat en gaan foto's neem. Ek het foto's geneem van die Ds. se dogters,
dit mooi gemaak het vir hom ge-email. Wat sê hy terug "Hulle is bietjie
dof, probeer weer". Waar's die dankie? Ek doen enigiets vir my kerk en
ander met plesier - maar 'n dankie so af en toe sal darem ook lekker wees.
Ek word blameer daarvoor as ek nie wil gaan kamp saam met die kerk nie. Ek
haat dit om te kamp, ek haat goggos en slange en strooi. My predikant
oordeel vreeslik vinnig. Wat het geword
van "die balk" en "die klip" teorie.
Ek is wat ek is, maar die kerk wil my nie so aanvaar nie. Hulle giet jou in
'n vormpie en daar moet jy bly. Wat hulle sê so. Ek is wat ek is - vat dit
of los dit.
Dit stond op 9 okt.1999 in het NRC ( kwaliteitskrant in Nederland)
Verder leverde hij een dodelijk drankje voor 200 leden van de toenmalige
Namibische bevrijdingsbeweging SWAPO. Hun lichamen werden daarna in de
oceaan gegooid en
Basson zou op deze 'dumping' persoonlijk toezicht hebben gehouden.
"Danielle" skryf in boodskap news:nv1cnt42g1ve74qet044543m2t19an607f@4ax.com...
> Democracy
> It's coming through a hole in the air, from those nights in Tiananmen
> Square. It's coming from the feel that this ain't exactly real, or
> it's real, but it ain't exactly there. From the wars against disorder,
> from the sirens night and day, from the fires of the homeless, from
> the ashes of the gay: Democracy is coming to the U.S.A. It's coming
> through a crack in the wall; on a visionary flood of alcohol; from the
> staggering account of the Sermon on the Mount which I don't pretend to
> understand at all. It's coming from the silence on the dock of the
> bay, from the brave, the bold, the battered heart of Chevrolet:
> Democracy is coming to the U.S.A. It's coming from the sorrow in the
> street, the holy places where the races meet; from the homicidal
> bitchin' that goes down in every kitchen to determine who will serve
> and who will eat. From the wells of disappointment where the women
> kneel to pray for the grace of God in the desert here and the desert
> far away: Democracy is coming to the U.S.A. Sail on, sail on O mighty
> Ship of State! To the Shores of Need Past the Reefs of Greed Through
> the Squalls of Hate Sail on, sail on, sail on, sail on. It's coming to
> America first, the cradle of the best and of the worst. It's here they
> got the range and the machinery for change and it's here they got the
> spiritual thirst. It's here the family's broken and it's here the
> lonely say that the heart has got to open in a fundamental way:
> Democracy is coming to the U.S.A. It's coming from the women and the
> men. O baby, we'll be making love again. We'll be going down so deep
> the river's going to weep, and the mountain's going to shout Amen!
> It's coming like the tidal flood beneath the lunar sway, imperial,
> mysterious, in amorous array: Democracy is coming to the U.S.A. Sail
> on, sail on ... I'm sentimental, if you know what I mean I love the
> country but I can't stand the scene. And I'm neither left or right I'm
> just staying home tonight, getting lost in that hopeless little
> screen. But I'm stubborn as those garbage bags that Time cannot decay,
> I'm junk but I'm still holding up this little wild bouquet: Democracy
> is coming to the U.S.A.
>
Wat is dit, Danielle? 'n Liedjie of gedig? Ek's 'n groot Cohen fan, maar
ken Teachers nie. Democracy, aan die ander kant kon ek saam met jou
woorde sing...
Dankie vir dié een...
_________________________________________________________
"Danielle" skryf in boodskap news:1b2cntc218703gigl9616c90n28v9p867u@4ax.com...
> I met a woman long ago her hair the black that black can go, Are you a
> teacher of the heart? Soft she answered no. I met a girl across the
> sea, her hair the gold that gold can be, Are you a teacher of the
> heart? Yes, but not for thee. I met a man who lost his mind in some
> lost place I had to find, follow me the wise man said, but he walked
> behind. I walked into a hospital where none was sick and none was
> well, when at night the nurses left I could not walk at all. Morning
> came and then came noon, dinner time a scalpel blade lay beside my
> silver spoon. Some girls wander by mistake into the mess that scalpels
> make. Are you the teachers of my heart? We teach old hearts to break.
> One morning I woke up alone, the hospital and the nurses gone. Have I
> carved enough my Lord? Child, you are a bone. I ate and ate and ate,
> no I did not miss a plate, well How much do these suppers cost? We'll
> take it out in hate. I spent my hatred everyplace, on every work on
> every face, someone gave me wishes and I wished for an embrace.
> Several girls embraced me, then I was embraced by men, Is my passion
> perfect? No, do it once again. I was handsome I was strong, I knew the
> words of every song. Did my singing please you? No, the words you sang
> were wrong. Who is it whom I address, who takes down what I confess?
> Are you the teachers of my heart? We teach old hearts to rest. Oh
> teachers are my lessons done? I cannot do another one. They laughed
> and laughed and said, Well child, are your lessons done? are your
> lessons done? are your lessons done?
Ek het dit seker baie eenvoudig gestel. Ons kan natuurlik nie vergeet van
die kommunistiese beleid van die ANC nie. Maar die wêreld en SA het dit
uitsluitelik as 'n oorlog van wit teen swart gemaak. Of daar nou natuurlik
dieper dinge betrokke was, maak nie aan die res saak nie. Wat saak maak is
dat wit polisiemanne swartes aangerand het vir geen rede, antie gloudina
noem Vlakplaas, ek kan dit nie onthou nie, maar het 'n vae idee van wat daar
gebeur het...
Die 70's was die grootste klug wat nog ooit die mensdom getref het...almal
was "uitgespace" Dit was 'n goeie dekade vir dwelms, 'n vrot een vir musiek
en 'n goeie een vir maskers verf.
Slegte grappie :)
Elaine
"Jonas" skryf in boodskap news:3b753d4a$0$234@hades.is.co.za...
> Elaine - ongelukkig is die feit(e) bloot dat Nelson die leier van die ANC
> is/was. Hulle, die ANC het saam met die Soviet Unie (sien die "Dwarsklap" -
> onderhoud van Van Zyl Slabbert met FW in die afgelope weekop KYKNET.) 'n
> oorlog teen Suid-Afrika gemaak. Dit was in die laaste jare, toe die NP
> eerlik probeer het om die euwels van apartheid oorboord te gooi, onmoontlik
> vanweë die beleid van die ANC - "making this country ungouvernable".
> Enige persoon (Antie Tottie) ingeslote wat hierdie probleme as bloot wit
> teen swart sien kan gerus weer die media argiewe vanaf begin 1970 nagaan. Ek
> het dit onlangs gedoen. Apartheid se einde het nie in 1992 begin nie. Vanaf
> ongeveer die begin 70's was daar baie duidelike en ernstige pogings om die
> bevolking te laat afsien van apartheid. Gaan lees gerus ..
Het hierdie gekry tussen die trekgoed, en dit hang nou in die kombuis:
De Drank.
Brengt in Armoede,
Maakt twistgierig,
Onbekwaam voor werk,
Stoort den Huis-vrede,
Vernielt het Ligchaam,
Berooft van't Verstand,
Verhardt het Hart,
Leidt de Ziel in de hel!
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Is daar 'n manier dat 'n mens kan keer dat mense onsmaaklike of baie
offensiewe goed se op hierdie forum? Ek glo vas in die reg van vrye
spraak maar dit maak my erg hartseer om te sien dat die hele wereld
kan sien hoe bod en 'insular' ( skuus vir die Engels ek kon nie dink
aan 'n soortgelyke Afrikaanse woord nie)'n sekere persentasie van ons
Suid-Afrikaners kan wees.
Ek is seker dat as hulle 'n bietjie meer aandag gee aan die res van
die wereld en geskiedenis wat nie net deur propaganda makers geskryf
is nie, sal dit makliker wees om ordentlike gesprekke met hulle te
voer. Niemand is so gebore nie. Die soort van strooi word in 'n mens
ingedwing van kleins af. Veral as jy nooit enige iets anders ervaar
nie. Ek bedoel nie om enige iemand hiermee af te kraak nie. Dis net
kommentaar op wat ek sien en ek was nog altyd 'n optimis. So ek is
seker as almal hard werk kan ons ontslae raak van hierdie soort van
onopgevoede uitlatings.
Weet iemand hoe oud 'n mens moet word om die les van die drink te
leer.
Ek het gisteraand net vir een of twee saam met 'n spulletjie van die
werk af gegaan en voor ek weer my oe uitvee was dit na twaalf en ek
loop in goed vas in die donker in my eie huis!
Ek dink ek bly dalk maar vanaand by die huis. Dis ten minste nie so
ver om bed toe te slinger nie. (Hoe slinger 'n mens teen trappe op?)
Ek slat my twee oge op
my kyk vang die verste kop:
waarvandaan sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy't nou die die jimmel an Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klippers raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikeit dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig an vi altyd.
Uit 'Die Griekwapsalms en annerlike goeters yt die Woord yt'