Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Terug na die naweek

Di., 14 Augustus 2001 10:20

Ja, die slag is gelewer en 'n held het geval: My tjekboek!
Die troue is verby, en die twee duifies koer iewers allerhande soete niksies
in mekaar se oortjies.

Die twee het toe 'n mooi sonskyndag gekry op hulle troudag.

Sy't soos 'n prinses aan my sy
in die paadjie afgeloop
Haar man tegemoet
'n groot knop in my keel
(sy't haar daaran min gekseel)
'n Gesweef van sagte sy en satyn.
En die Ingelsman se eie troumars
wat hy vir haar geskryf het
het hul liefde luidkeels uitbasuin.
sag viool en strykorkes
meng saam met koperblaas
die diepste klank van kontrabas
sag spelend saam
klink op in 'n pragtig sterk relaas
van liefde, eer en blydskap
en die nuwe lewe saam

Die twee saamgevoeg
nou een
verklaar hul liefde trou
aan elkaar voor almal saam
en al die ou mense die tjank
snot en trane.
Ag jirre kind dis tog te mooi
seg Ouma na die tyd
En ma en pa staan
met blinkoog en geknopte keel
en sê net: Ja dit was so mooi!

Ek sal later meer detail kan hê oor fotos ens. maar dit was 'n lekker
paartie agterna.

Thys oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vertaling: Engels na Nederlands

Di., 14 Augustus 2001 10:12

Aan die Nederlanders van die nuusgroep

Kan julle asb. help met die vertaling van die volgende woorde van Engels na
Nederlands:

Mixed fruit
Peach
Apricot
Ingredients
Dried Apple
Rice flour coating
Natural Coloring
Natural Flavouring
Sulpher Dioxide
Present in dried fruit ingredients
Under supervision of the Rabbinic Court of Cape Town, South Africa
Cape Town
Bar Code
Low Fat
No Cholesterol
No sugar added
Nutritional information per 100g
Energy Protein
Carbohydrates
Vegetable fat
Sodium
Per Bar
Weight

Baie dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Dilemma op die N1:

Di., 14 Augustus 2001 09:58

Vanoggend - na my daaglikse besoekie aan my gunsteling staatsinstansie - is
ek op pad terug Kaapstad toe.
Helse verkeerskonfyt.
En daar staan ek toe stil, reg langs 'n bordjie wat sê Stilhou Verbode - en
so 5 tree verder Maksimum spoed 120, Minimum Spoed 60.
'n Ondernemende verkeersman kon 'n lekker bonus verdien het;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ode aan Danielle©

Di., 14 Augustus 2001 09:15

> Lou : Sy was dalk ook op die afrikaanse poslys ...

Danielle :Waarvan word "sy" nou alweer beskuldig, Lou? :-)

Rennie:
Op 'n poslys lank gelede, dit is baie waar
Ongelukkig reeds verby, ja dit is alles klaar
Ek het daar rondgedartel en lekker gekerjakker
Hulle het my toe ontmasker, word toe lelik wakker

Ek is Rennie Oster, eens Afrikaanse poslysrenoster
Maar toe word ek verban, 'n regte kuberdroster
Nou speel ek op die nuusgroep, lekker met Danielle
Wil vir haar al my stories in die mooiste rym vertel....

Sy praat van my as oulik en noem my wraggies Oom
Laat lou koppe oorverhit, kyk hoe staan die stoom
Tannie sê pasop, watch tog vir hierdie een....
Baklei die honde dalk oor 'n wit-oom-hoepelbeen?

Nou dink hulle Danielle was dalk ook op daai lys
Maar eintlik was dit Pop wat haar mooi gesig daar wys
Danielle is Danielle, so ken ons almal haar
Dié wat met haar sukkel, gaffel ek gou klaar

My stywe nosterhoring, dié staan vir julle reg
As ek op iets afstorm, hardloop al die diere weg
So watch out julle almal, ek sal julle kry
Werk mooi met Danielle, of jul sal daaronder ly. :-)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die uitsig is maar sleg!!

Ma., 13 Augustus 2001 17:46

Saterdagaand en die omie sit gemaklik agteroor om so 'n bietjie die
televisie te "surf".

Wat sou ek sien? 'n Amerikaner sit met sy kop onder 'n dame se rok en vreet
nugter alleen wat! Ek sit die TV so vinnig af as wat ek kon en staar met oë
so groot soos pierings vir 'n volle minuut na 'n niksseggende kolletjie teen
die muur. Ek kon nie glo wat ek gesien het nie!!

'n Week later, verlede Saterdagaand, kry ek genoeg moed om weer die TV aan
te skakel, en SO WRAGTIG hier is dieselfde ding aan die gang maar net in 'n
ander rolprent. Hierdie slag nog meer blatant!!

Weer gaan die TV af maar hierdie keer kan ek nie te lank na die nikseggende
kolletjie teen die muur kyk nie want ek moes na die toilet hardloop om my
negentien Rand se Debonair's Hawaiin Pizza te gaan download.

Is hierdie 'n nuwe trant met die sogenaamde Adult-movies?? Kan hulle nie 'n
ouderdomsbeperking op hierdie rolprente sit wat ou mense verbied om te kyk
nie? Het ek iets my hele lewe lank gemis, of wat?

Dit sal my miskien weer so 'n paar weke vat om te herstel maar volgende keer
is ek reg vir hulle: Ek sal op 'n veilige afstand van die TV staan met die
afstand beheer in een hand en my .38 Special in die ander. En ek sal seker
maak dat ek my negentien Rand se Debonaire's Hawaiin Pizza agterna geniet.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Die Mans-kinders

Ma., 13 Augustus 2001 17:09

Ek dink die Mans-vent wat sy kinders vermoor het en sy vrou geterroriseer
het
moet 'n spesiale begrafnis kry. Sy karkas moet vir die varke gevoer word.

Dit laat 'n mens dink: Hoeveel vrouens is daar nog wat deur sulke varke
geterroriseer word? Hoeveel vrouens moet gedurig sulke dreigemente hoor van
hoe die kinders van haar weggeneem sal word of doodgeskiet word of wat ookal
en dan in vrees voor so 'n monster kruip om haar kinders se onthalwe?

Ek het een aand op 'n vrou afgekom wat se gesig pap geslaan is deur haar
man. Sy het my gesoebat om niks te doen nie want hy gaan haar en die
kinders "vrek skiet" as dit uitkom. Wat kan mens doen??

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Gloudina, help asb!

Ma., 13 Augustus 2001 15:23

Gloudina, jy klink na iemand wat die mense wie in- en uitgaan op die
groep fyn dophou. Nou wonder ek of jy meer kan vertel van oom Grahame.
Travel hy saam met Elaine? Of sien ek spoke?

Sy't so terloops ingeval deur te sê dat ons nog steeds oor al dieselfde
goed praat, en daar begin sy weer die kerk storie... Ek het tog al
laaskeer vir haar gesê sy moet anner kerk soek.

Ek's deurmekaar, en ek skinder nie, wil net tweede opinie hê.
____________________________________________________________ ___

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

HIV Statistiek

Ma., 13 Augustus 2001 09:59

Ek wil net uitvind of iemand miskien die jongste statistiek het van mense
wat in SA HIV positief is, en wat die groei syfer is.

Groete
"Spook"

La vache qui rit est jolie.
(Laughing cows are pretty.)

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Boerewors

Ma., 13 Augustus 2001 07:31

http://www.biltongmakers.com/biltong17_boeries_recipes.html

Vanaf 'n ander nuusgroep - rec.sport.rugby-union gepos deur Peter B.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Leeu genetalie ens.

Ma., 13 Augustus 2001 07:11

Goeie More Max

Is dit jou slegte week of het jy net nie lekker naweek gehou nie?

Ek dink nie dat ek enige individu aangeval het nie, maar as jy dit so
persoonlik voel is al daardie dinge seker op jou van toepassing.

Sou dit nie minder tyd opgeneem het om net 'n nuwe opskrif te begin
was se 'Ek hou niks van Liezl nie'? Op die manier sou jy nie nodig
gehad het om negatiewe goed te se gehad het op al wat 'n antwoord is
wat ek nog hierdie naweek geplaas het nie. O, dis strenggesproke nie
heel waar nie. Daar is een waarop jy nog nie iets te se gehad het nie.
Kom ons maak dit jou Maandagoggend uitdagingtjie ne.

Alle grappies op 'n stokkie. Ek geniet dit nie om met mense te baklei
nie en ek glo almal kan goed genoeg klaar kom as alby partye hard
genoeg daaraan werk. So kom ons se ek het nie bedoel om jou persoonlik
aan te val nie. Dit was bedoel as sosiale kommentaar. En as jy wil kan
ons oor begin en probeer nice wees met mekaar, maar as jy nie wil nie
moet ek net se dat jy nie noodwendig altyd so 'n mooi lang antwoord
sal terug kry nie, want ek mors nie gewoonlik my tyd met 'n onnodige
stryery nie.

Hier is die eerste kans om oor die weg te kom. Jou keuse.

Liezl

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    877  878  879  880  881  882  883  884  885  886  887  888  889  890  891  892    »]
Tyd nou: So. Des. 28 16:34:45 UTC 2025