Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

GEBEDSVERSOEK

Di., 14 Augustus 2001 15:02

-- original message-
From: Hagemeier,Adrie
Sent: Monday.August 13.200112:03 pm
To: Schonert,Alta,Beukes,Katy
Subject:GEBEDSVERSOEK VIR ZIMBABWE SE BOERE EN BLANKES.
Importance: High

Ek stuur maar net gou hierdie "noodberig" uit om te kyk wie en hoe ons
kan help!!(Sal maar later algemene nuus stuur)

Ons het 'n basis vir die opleiding wat ons gee op 'n plaas in die
Chinoyi distrik in Zimbabwe.Die sogenaamde war veterans het dit beset -
nou al vir maande lank.Maar gister aand (07/08/2001) het die "vets" in
opstand gekom en toe die boere begin keer dat een boer vermoor word,het
die polisie gekom en die boere in die tronke gesit.Vanoggend het die
vrouens na die polisie stasie gegaan om uit te vind oor die mans.Die
vrouens word ook gearresteer en in die tronke aangehou.Geen prokureurs
word toegelaat nie,en die mans word nou twee twee geneem na die afgelee
bosgebiede vir "bush trails" Intussen is dit chaos op die dorp. Alle
witmense word nou aangeval en die polisie en die weermag help
daarmee.Die arme mense het geen hulp of weerwaarheid nie.Een van die
vrouens wat nog altyd sterk gestaan het,het so pas gebel en gevra dat
ons sal bid.Sy gaan om haar kinders by die skool te gaan haal en dan sit
hulle op die plaas en wag?Waarvoor?Hulle weet nie waar hulle pa is nie.
Ons het begin met gebedskettings en gebedsgroepe.Ons bid dat die Here se
planne uitgevoer moet word en dat daar sal vrede wees.Ons bid vir kalm
gemoedere.
Intussen vra ons vir al die mense om die boodskap te versprei en
gebedsgroepe te laat weet.Ons vra ook dat daar FAKSE gestuur sal word na
die Zimbabwe se Ambassades of konsulate in die lande waar die mense
bly.Vra asb dat die Zim regering sal ophou met hulle barbaarse optrede.
Hulle is totaal uit pas uit met die Afrika eenheids bewegings en die
"renaissance"van die SA President. Versoek hulle om soos beskaafde mense
na rede van die wereld te luister.
Vra asb vir die mense om hierdie boodskap na al hoe meer mense te stuur
en dat almal net 'n faks stuur.
Dis die minste wat ons kan doen.
Baie dankie dat julle luister en sal help.Intussen bly ons voor die Here
vir die oplossing van die kwessie.
Baie liefde
Neels

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Google in Afrikaans - vertalerversoek

Di., 14 Augustus 2001 14:20

Leuce:
Die Google koppelvlak het nou 'n tweede vertaler. As gevolg van Google se
ondersigtigheidsbeleid mag hulle nie vir my sê wie die ander vertaler is
nie. Nou vra ek maar hierso... ander vertaler, as jy hier lees, maak
asseblief kontak met my (sommer hierso, want ek pos nie my adres hier nie).
Ons vertaal dinge totaal verskillend in dieselfde dokument -- dis verwarrend
vir gebruikers. Jy maak ook spelfoute (losskryf x vasskryf, koppelteken x
deelteken, inkonsekwentheid, ens) en vertaalfoute... erm, ek dink ons moet
netmeet en hieroor uitsluitsel kry.

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Terug na die naweek

Di., 14 Augustus 2001 10:20

Ja, die slag is gelewer en 'n held het geval: My tjekboek!
Die troue is verby, en die twee duifies koer iewers allerhande soete niksies
in mekaar se oortjies.

Die twee het toe 'n mooi sonskyndag gekry op hulle troudag.

Sy't soos 'n prinses aan my sy
in die paadjie afgeloop
Haar man tegemoet
'n groot knop in my keel
(sy't haar daaran min gekseel)
'n Gesweef van sagte sy en satyn.
En die Ingelsman se eie troumars
wat hy vir haar geskryf het
het hul liefde luidkeels uitbasuin.
sag viool en strykorkes
meng saam met koperblaas
die diepste klank van kontrabas
sag spelend saam
klink op in 'n pragtig sterk relaas
van liefde, eer en blydskap
en die nuwe lewe saam

Die twee saamgevoeg
nou een
verklaar hul liefde trou
aan elkaar voor almal saam
en al die ou mense die tjank
snot en trane.
Ag jirre kind dis tog te mooi
seg Ouma na die tyd
En ma en pa staan
met blinkoog en geknopte keel
en sê net: Ja dit was so mooi!

Ek sal later meer detail kan hê oor fotos ens. maar dit was 'n lekker
paartie agterna.

Thys oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vertaling: Engels na Nederlands

Di., 14 Augustus 2001 10:12

Aan die Nederlanders van die nuusgroep

Kan julle asb. help met die vertaling van die volgende woorde van Engels na
Nederlands:

Mixed fruit
Peach
Apricot
Ingredients
Dried Apple
Rice flour coating
Natural Coloring
Natural Flavouring
Sulpher Dioxide
Present in dried fruit ingredients
Under supervision of the Rabbinic Court of Cape Town, South Africa
Cape Town
Bar Code
Low Fat
No Cholesterol
No sugar added
Nutritional information per 100g
Energy Protein
Carbohydrates
Vegetable fat
Sodium
Per Bar
Weight

Baie dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Dilemma op die N1:

Di., 14 Augustus 2001 09:58

Vanoggend - na my daaglikse besoekie aan my gunsteling staatsinstansie - is
ek op pad terug Kaapstad toe.
Helse verkeerskonfyt.
En daar staan ek toe stil, reg langs 'n bordjie wat sê Stilhou Verbode - en
so 5 tree verder Maksimum spoed 120, Minimum Spoed 60.
'n Ondernemende verkeersman kon 'n lekker bonus verdien het;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ode aan Danielle©

Di., 14 Augustus 2001 09:15

> Lou : Sy was dalk ook op die afrikaanse poslys ...

Danielle :Waarvan word "sy" nou alweer beskuldig, Lou? :-)

Rennie:
Op 'n poslys lank gelede, dit is baie waar
Ongelukkig reeds verby, ja dit is alles klaar
Ek het daar rondgedartel en lekker gekerjakker
Hulle het my toe ontmasker, word toe lelik wakker

Ek is Rennie Oster, eens Afrikaanse poslysrenoster
Maar toe word ek verban, 'n regte kuberdroster
Nou speel ek op die nuusgroep, lekker met Danielle
Wil vir haar al my stories in die mooiste rym vertel....

Sy praat van my as oulik en noem my wraggies Oom
Laat lou koppe oorverhit, kyk hoe staan die stoom
Tannie sê pasop, watch tog vir hierdie een....
Baklei die honde dalk oor 'n wit-oom-hoepelbeen?

Nou dink hulle Danielle was dalk ook op daai lys
Maar eintlik was dit Pop wat haar mooi gesig daar wys
Danielle is Danielle, so ken ons almal haar
Dié wat met haar sukkel, gaffel ek gou klaar

My stywe nosterhoring, dié staan vir julle reg
As ek op iets afstorm, hardloop al die diere weg
So watch out julle almal, ek sal julle kry
Werk mooi met Danielle, of jul sal daaronder ly. :-)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die uitsig is maar sleg!!

Ma., 13 Augustus 2001 17:46

Saterdagaand en die omie sit gemaklik agteroor om so 'n bietjie die
televisie te "surf".

Wat sou ek sien? 'n Amerikaner sit met sy kop onder 'n dame se rok en vreet
nugter alleen wat! Ek sit die TV so vinnig af as wat ek kon en staar met oë
so groot soos pierings vir 'n volle minuut na 'n niksseggende kolletjie teen
die muur. Ek kon nie glo wat ek gesien het nie!!

'n Week later, verlede Saterdagaand, kry ek genoeg moed om weer die TV aan
te skakel, en SO WRAGTIG hier is dieselfde ding aan die gang maar net in 'n
ander rolprent. Hierdie slag nog meer blatant!!

Weer gaan die TV af maar hierdie keer kan ek nie te lank na die nikseggende
kolletjie teen die muur kyk nie want ek moes na die toilet hardloop om my
negentien Rand se Debonair's Hawaiin Pizza te gaan download.

Is hierdie 'n nuwe trant met die sogenaamde Adult-movies?? Kan hulle nie 'n
ouderdomsbeperking op hierdie rolprente sit wat ou mense verbied om te kyk
nie? Het ek iets my hele lewe lank gemis, of wat?

Dit sal my miskien weer so 'n paar weke vat om te herstel maar volgende keer
is ek reg vir hulle: Ek sal op 'n veilige afstand van die TV staan met die
afstand beheer in een hand en my .38 Special in die ander. En ek sal seker
maak dat ek my negentien Rand se Debonaire's Hawaiin Pizza agterna geniet.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Die Mans-kinders

Ma., 13 Augustus 2001 17:09

Ek dink die Mans-vent wat sy kinders vermoor het en sy vrou geterroriseer
het
moet 'n spesiale begrafnis kry. Sy karkas moet vir die varke gevoer word.

Dit laat 'n mens dink: Hoeveel vrouens is daar nog wat deur sulke varke
geterroriseer word? Hoeveel vrouens moet gedurig sulke dreigemente hoor van
hoe die kinders van haar weggeneem sal word of doodgeskiet word of wat ookal
en dan in vrees voor so 'n monster kruip om haar kinders se onthalwe?

Ek het een aand op 'n vrou afgekom wat se gesig pap geslaan is deur haar
man. Sy het my gesoebat om niks te doen nie want hy gaan haar en die
kinders "vrek skiet" as dit uitkom. Wat kan mens doen??

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Gloudina, help asb!

Ma., 13 Augustus 2001 15:23

Gloudina, jy klink na iemand wat die mense wie in- en uitgaan op die
groep fyn dophou. Nou wonder ek of jy meer kan vertel van oom Grahame.
Travel hy saam met Elaine? Of sien ek spoke?

Sy't so terloops ingeval deur te sê dat ons nog steeds oor al dieselfde
goed praat, en daar begin sy weer die kerk storie... Ek het tog al
laaskeer vir haar gesê sy moet anner kerk soek.

Ek's deurmekaar, en ek skinder nie, wil net tweede opinie hê.
____________________________________________________________ ___

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

HIV Statistiek

Ma., 13 Augustus 2001 09:59

Ek wil net uitvind of iemand miskien die jongste statistiek het van mense
wat in SA HIV positief is, en wat die groei syfer is.

Groete
"Spook"

La vache qui rit est jolie.
(Laughing cows are pretty.)

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «    877  878  879  880  881  882  883  884  885  886  887  888  889  890  891  892    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 06:07:08 UTC 2026