Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Karringmelkpoering

Di., 14 Augustus 2001 19:57

2 k karringmelk
2 k soetmelk
1 k suiker
4 e meelblom
4 eiers - apart geklits
2 e botter
sout

Klits botter, suiker & eiergele deeglik.
Voeg meel en melk om die beurt by
Vou die geklopte eierwitte in
Bak teen 350C tot gestol
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hotnoskoolbredie

Di., 14 Augustus 2001 19:54

Berei die vleis voor soos vir enige ander bredie.
Pluk die hotnoskool die vorige dag en laat oornag staan in koue soutwater.

Berei soos vir enige bredie met:
900g rugvleis
450g hotnoskool
450g aartappels
1 groot ui
115g suring of 'n bietjie suurlemoensap.
Annette

Kos & resepte | 5 kommentare

Ystervarkvel.

Di., 14 Augustus 2001 19:46

Trek die penne van ('n dooie) ystervark uit. Gooi kokende water op die vel
en skraap.
As dit goed skoon is, word die vel in stukke gesny en 'n dag in pekelwater
gelaat.
Kook die vel die volgende dag in vars water tot dit sag is.
Haal uit en laat droog word.
Braai op 'n rooster.
Bedien met bottersous of skuifies (sic) suurlemoen.
Annette

Kos & resepte | 24 kommentare

Kriekettoer na ZIM

Di., 14 Augustus 2001 16:06

Sal die beplande kriekettoer na Zim later vanjaar nie as ondersteuning van
die Zimbabwese / Rotten Robert se vreesbewind gereken kan word nie?
Thabo se "stille diplomasie" gaan m.i. lei na 'n groot stormloop van
Zimbabwese-burgers na SA - en dit was kamstig daarteen gemik.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

HIV statistieke

Di., 14 Augustus 2001 15:12

gaan na www.fnb.co.za/economics/
en kyk na 'The Chart Room'
goeie inligting

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GEBEDSVERSOEK

Di., 14 Augustus 2001 15:02

-- original message-
From: Hagemeier,Adrie
Sent: Monday.August 13.200112:03 pm
To: Schonert,Alta,Beukes,Katy
Subject:GEBEDSVERSOEK VIR ZIMBABWE SE BOERE EN BLANKES.
Importance: High

Ek stuur maar net gou hierdie "noodberig" uit om te kyk wie en hoe ons
kan help!!(Sal maar later algemene nuus stuur)

Ons het 'n basis vir die opleiding wat ons gee op 'n plaas in die
Chinoyi distrik in Zimbabwe.Die sogenaamde war veterans het dit beset -
nou al vir maande lank.Maar gister aand (07/08/2001) het die "vets" in
opstand gekom en toe die boere begin keer dat een boer vermoor word,het
die polisie gekom en die boere in die tronke gesit.Vanoggend het die
vrouens na die polisie stasie gegaan om uit te vind oor die mans.Die
vrouens word ook gearresteer en in die tronke aangehou.Geen prokureurs
word toegelaat nie,en die mans word nou twee twee geneem na die afgelee
bosgebiede vir "bush trails" Intussen is dit chaos op die dorp. Alle
witmense word nou aangeval en die polisie en die weermag help
daarmee.Die arme mense het geen hulp of weerwaarheid nie.Een van die
vrouens wat nog altyd sterk gestaan het,het so pas gebel en gevra dat
ons sal bid.Sy gaan om haar kinders by die skool te gaan haal en dan sit
hulle op die plaas en wag?Waarvoor?Hulle weet nie waar hulle pa is nie.
Ons het begin met gebedskettings en gebedsgroepe.Ons bid dat die Here se
planne uitgevoer moet word en dat daar sal vrede wees.Ons bid vir kalm
gemoedere.
Intussen vra ons vir al die mense om die boodskap te versprei en
gebedsgroepe te laat weet.Ons vra ook dat daar FAKSE gestuur sal word na
die Zimbabwe se Ambassades of konsulate in die lande waar die mense
bly.Vra asb dat die Zim regering sal ophou met hulle barbaarse optrede.
Hulle is totaal uit pas uit met die Afrika eenheids bewegings en die
"renaissance"van die SA President. Versoek hulle om soos beskaafde mense
na rede van die wereld te luister.
Vra asb vir die mense om hierdie boodskap na al hoe meer mense te stuur
en dat almal net 'n faks stuur.
Dis die minste wat ons kan doen.
Baie dankie dat julle luister en sal help.Intussen bly ons voor die Here
vir die oplossing van die kwessie.
Baie liefde
Neels

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Google in Afrikaans - vertalerversoek

Di., 14 Augustus 2001 14:20

Leuce:
Die Google koppelvlak het nou 'n tweede vertaler. As gevolg van Google se
ondersigtigheidsbeleid mag hulle nie vir my sê wie die ander vertaler is
nie. Nou vra ek maar hierso... ander vertaler, as jy hier lees, maak
asseblief kontak met my (sommer hierso, want ek pos nie my adres hier nie).
Ons vertaal dinge totaal verskillend in dieselfde dokument -- dis verwarrend
vir gebruikers. Jy maak ook spelfoute (losskryf x vasskryf, koppelteken x
deelteken, inkonsekwentheid, ens) en vertaalfoute... erm, ek dink ons moet
netmeet en hieroor uitsluitsel kry.

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Terug na die naweek

Di., 14 Augustus 2001 10:20

Ja, die slag is gelewer en 'n held het geval: My tjekboek!
Die troue is verby, en die twee duifies koer iewers allerhande soete niksies
in mekaar se oortjies.

Die twee het toe 'n mooi sonskyndag gekry op hulle troudag.

Sy't soos 'n prinses aan my sy
in die paadjie afgeloop
Haar man tegemoet
'n groot knop in my keel
(sy't haar daaran min gekseel)
'n Gesweef van sagte sy en satyn.
En die Ingelsman se eie troumars
wat hy vir haar geskryf het
het hul liefde luidkeels uitbasuin.
sag viool en strykorkes
meng saam met koperblaas
die diepste klank van kontrabas
sag spelend saam
klink op in 'n pragtig sterk relaas
van liefde, eer en blydskap
en die nuwe lewe saam

Die twee saamgevoeg
nou een
verklaar hul liefde trou
aan elkaar voor almal saam
en al die ou mense die tjank
snot en trane.
Ag jirre kind dis tog te mooi
seg Ouma na die tyd
En ma en pa staan
met blinkoog en geknopte keel
en sê net: Ja dit was so mooi!

Ek sal later meer detail kan hê oor fotos ens. maar dit was 'n lekker
paartie agterna.

Thys oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vertaling: Engels na Nederlands

Di., 14 Augustus 2001 10:12

Aan die Nederlanders van die nuusgroep

Kan julle asb. help met die vertaling van die volgende woorde van Engels na
Nederlands:

Mixed fruit
Peach
Apricot
Ingredients
Dried Apple
Rice flour coating
Natural Coloring
Natural Flavouring
Sulpher Dioxide
Present in dried fruit ingredients
Under supervision of the Rabbinic Court of Cape Town, South Africa
Cape Town
Bar Code
Low Fat
No Cholesterol
No sugar added
Nutritional information per 100g
Energy Protein
Carbohydrates
Vegetable fat
Sodium
Per Bar
Weight

Baie dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Dilemma op die N1:

Di., 14 Augustus 2001 09:58

Vanoggend - na my daaglikse besoekie aan my gunsteling staatsinstansie - is
ek op pad terug Kaapstad toe.
Helse verkeerskonfyt.
En daar staan ek toe stil, reg langs 'n bordjie wat sê Stilhou Verbode - en
so 5 tree verder Maksimum spoed 120, Minimum Spoed 60.
'n Ondernemende verkeersman kon 'n lekker bonus verdien het;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    877  878  879  880  881  882  883  884  885  886  887  888  889  890  891  892    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 04:50:24 UTC 2026