Die inwoners van nege strate in die woonbuurte Eldoraigne, Pretoria,
en Wierdapark, Centurion, kan met tydelike toegangsbeheerstrukture
teen misdaad beskerm word nadat ’n skikkingsooreenkoms daaroor met die
Tshwane-metroraad bereik is.
Die skikking, wat die metroraad met die Eldoraigne-uitbreiding 18-
veiligheidsdorp bereik het, is ’n bevel van die hooggeregshof in
Pretoria gemaak.
Hiervolgens het die raad toestemming aan die veiligheidsdorp gegee om
die strukture op te rig hangende die oorweging en finale goedkeuring
daarvan kragtens die raad se beleid en die Wet op die Rasionalisering
van Plaaslike Regeringsake.
Indien die raad nie finale goedkeuring daarvoor gee nie, sal die
veiligheidsdorp binne sewe dae ná so ’n besluit die strukture verwyder
en die betrokke paaie rehabiliteer, lui die ooreenkoms.
Luidens die veiligheidsdorp se hofstukke is sy doel om die belange te
bevorder van inwoners van Eldoraigne se uitbreiding 18 en Wierdapark
se uitbreiding 2.
In 2000 is besluit om aansoek te doen kragtens dié wet om val- en
skuifhekke op openbare paaie in dié gebied op te rig om misdadigers
uit te hou.
Luidens die hofstukke het inwoners op eie houtjie hoër en elektriese
heinings, en kringtelevisiekameras aangebring, asook buurtwagte en
gewapende patrolliedienste aangestel.
Hoewel van dié maatreëls misdaad verlaag het, “het die vlak van
misdaad op onaanvaarbaar hoë vlakke voortgeduur”.
“Talle mense het die gebied verlaat en verhuis na veiliger gebiede of
die land verlaat. Dié wat agtergebly het, het in konstante vrees
geleef.
Gebiede wat suksesvol toegangsbeheer ingestel en bykans ’n 100%-daling
in misdaad beleef het binne hul afgesperde gebiede, het ’n
buitengewone styging in hul eiendomswaardes gesien...”
Mnr. Johannes Bernardus Wessels Meyer, ’n sakeman van Wierdapark en
voorsitter van die veiligheidsdorp se direksie, sê in ’n verklaring
van Januarie 1998 tot Julie 2000 het die misdaadvoorvalle in dié
gebied van 36 tot 88 voorvalle per maand gestyg.
“Dit het duidelik geword dat die polisie nie die vermoë het om misdaad
te bekamp of selfs voldoende reaksie te kan verskaf nie.”
Om die aansoek om die oprigting van die strukture te kon indien, is ’n
art.21-maatskappy gestig.
Daar is in Mei 2001 gestem oor die saak en 75% van die huishoudings in
die gebied het die voorstel gesteun.
PRETORIA - Zuid-Afrikaanse wetten uit de tijd van de apartheid (1948-1994)
plagen het land tot op de dag van vandaag, ook al zijn ze afgeschaft. Dat
heeft president Jacob Zuma dinsdag in Pretoria gezegd tijdens de nationale
viering van Vrijheidsdag, berichtte persbureau SAPA. Precies zestien jaar
geleden mochten voor het eerst alle inwoners van boven de achttien hun stem
uitbrengen.
"Onze bevolking heeft nog dagelijks te lijden van de gevolgen van de Group
Areas Act", aldus Zuma. Dat is de wet die bepaalde dat de verschillende
bevolkingsgroepen in aparte gebieden moesten wonen. "Veel mensen wonen nog
steeds op plekken die destijds aan zwarten werden toegewezen, ver weg van
economische kansen en openbare faciliteiten", sprak Zuma tot een menigte van
enkele duizenden toehoorders.
De president benadrukte dat alleen de reiskosten al een zware wissel trekken
op het leven van de armen. Volgens Zuma is dit een van de vele problemen die
moeten worden aangepakt om er zeker van te zijn dat mensen "de vruchten van
de vrijheid kunnen plukken".
Ook volgens studentenleider Mbulelo Mandlana valt er nog weinig te vieren.
Hij stelt dat de rassenscheiding is vervangen door economische apartheid.
"We hebben een democratie geschapen die de rijken het recht geeft het land
op politiek en economisch gebied te regeren." Zuid-Afrika is een van de
landen met het grootste verschil tussen rijk en arm ter wereld. Mandlana
riep studenten en arbeiders op in het geweer te komen tegen kapitalisme en
neoliberalisme. Hij verklaarde Vrijheidsdag pas te gaan vieren als onderwijs
gratis is.
**** ***** ****** *****
Grtz. Albert
www.sabroso.cjb.net
"Wit en swart werkers is verenig in hul veroordeling van 'n swartbemagtigingsmaatskappy wat hulle die laaste tyd nie betaal het nie. Elise Tempelhoff berig oor die werkers by die Grootvlei-myn se hartroerende lot."
Die eenjarige babameisie wat erg aangerand is, se oppasser het een
rower glo ingelaat en TV saam met hom gekyk voordat sy en die baba
aangeval en beroof is.
The Times het Maandagoggend berig me. Francina Sekhu het beken dat sy
die een rower in die huis ingelaat en TV gekyk het. Hulle het glo
vriende gemaak toe die man vroeërr in die jaar deel was van 'n bouspan
wat huisverberterings by die huis gedoen het.
Intussen het mnr. Bertus Kruger (42) gesê hy is “bly” dat twee
verdagtes in hegtenis is.
Hy het bygevoeg dokters is “versigtig optimisties” oor sy eenjarige
dogter se toestand.
Volgens me. Liezel Furlong, woordvoerder van die Sandton Medi-Clinic,
is haar toestand “ernstig, maar stabiel”.
Twee mans sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op
aanklagte van poging tot moord en roof ná die aanval op die babameisie
en haar oppasser verlede Donderdag.
Die verdagtes, onderskeidelik 23 en 25 jaar oud, het glo vroeër
vanjaar as deel van ’n span bouers werk gedoen aan die huis in
Robindale, Randburg, waar die aanval plaasgevind het.
Lt.kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes
is eergisteraand in Alexandra vasgetrek.
Goedere wat tydens die aanval geroof is, is in hul besit gevind.
Opperman wou nie sê of dit die skootrekenaar insluit wat tydens die
rooftog gebuit is nie.
Opperman het gesê speurders van die Hillbrow-triotaakspan het “dag en
nag met min slaap gewerk” om die verdagtes op te spoor.
Die rowers het verlede Donderdag toegeslaan en Sekhu vasgebind en
aangerand en toe ook die baba begin slaan.
Sekhu is in ’n stabiele toestand in die Helen Joseph-hospitaal.
Ek glo dat alle expats al die een of ander tyd moes hoor hoe hulle
lafaards is en weghol terwyl die handjievol blankes wat oorbly moet
veg om daaglikse oorlewing.
Twee jaar gelede het ek en my vrou, na ‘n mislukte kaping, besef dat
dit moontlik ons laaste waarskuwing is en ons vertrek na Nieu-Seeland
beplan. Dit het ons groot hartseer en baie finansiele frustrasie gekos
maar ons het dit altyd in ons agterkop gehou dat ons weer ons voete in
Afrika sal vind, wanneer “dinge beter gaan”.
Ons woon nou al 18 maande oorsee en ons dogtertjie is hier gebore, ‘n
Kiwi en nou bykans sewe maande oud.
Ek lees amper elke dag Beeld in die hoop dat dinge verbeter in SA en
ons familie en vriende veilig sal wees. Dit was ‘n groot skok dat ons
oor die paasnaweek van ET se dood verneem het en daar was ‘n
onwillekeurige opwelling van patriotisme in my gemoed.
Ek was kwaad, emosioneel en bang vir die gevolg vir die Afrikaner.
Bang vir die boere en die Boere omdat daar vir ‘n barbaarse,
bloeddorstige, arm en moedswillige boosdoener geen onderskeid aan ‘n
wit vel is nie. Die opsweep wat dit in die media gehad het, het dinge
vir die buiteland laat lyk of omgekeerde rassisme die oorhand gekry
het.
Met die gevolg lees ek die berigte in Beeld met oë ingeskerp op
artikels wat geskryf word om nie rassisties voor te kom nie, maar wel
deur naamsgebruik die ras ‘weggee’ van die teiken. Die aanvallers,
indien hulle aangekeer word, word nie altyd genoem nie, maar dit is
nie te moeilik om twee en twee bymekaar te sit nie.
Die afgelope twee weke was daar ‘n duidelike toename aan gewelddadige
inbrake en moord asook in die getal van die aanvallers. Verder merk ek
op dat daar ‘n spesifieke poging deur die media gedoen word om te
beklemtoon hoe spesifiek swart omstanders blanke mense bystaan in hul
nood. Is dit toevallig of lees ek dit nou eers raak?
Toe ek vandag oudergewoonte die koerant gedurende my etenstyd oopmaak,
was die eerste artikel wat ek lees van die baba wat geslaan is.
‘n Weerlose kind! My keel het op ‘n knop getrek en ek het besef dat
indien ons nog in SA was, dit dalk my kind kon gewees het. Ek is
bekend vir my kort-van-draad-humeur en moet erken dat as so iets my
sou tref, ek nie lewend tronk toe sou gaan nie.
Patriotisme het intussen vir my doodgegaan en ek weet nou dat geen
grond, kultuur of taal die bloed van my kind werd is nie.
Patriotisme is ook geensins my vrou of kind se verkragting werd nie.
Afrika, ek vee jou stof van my voete af. Jy het my volk se kennis, ons
erfstuk gesteel en is vet gevoer op ons voorvaders se ideale.
Steeds neem jy sonder vergoeding en verkleineer jy die Afrikaner wat
deur bloed en sweet uit jou gebore is.
Die volk wat lig na jou donker dieptes gebring het verbrysel jy onder
‘n skurwe hakskeen.
Vir die wat agter moèt bly hoop ek van harte dat selfbeskikking op die
nabye horison lê, anders is volksmoord ‘n realiteit.
Sommer net weer 'n 'hallo' en bevestiging dat 'geen terugvoering'
beteken beslis nié dat jou pos nie gelees word nie. Tye (lees jare)
gelede het ek dit gedoen wat jy nou doen. En aanvalle gekry van
vlugtelinge, wat my verstom het. En laat wonder het waarvan
hulle gevlug het; gevlug vir blankes?
Glo my, jou pos word gereeld gelees. Ek lees dit, Gloudina lees dit,
haar man wat (probeer) voorgee dat hy nie Afrikaans is nie, lees dit,
Ferdi gebruik dit (*miskien) vir inligting by sy joernalistieke werk
(sonder om aan jou erkenning te gee), Riaan lees dit en kry skaam
omdat hy nooit iets van waarde gedoen het vir hierdie nuusgroep nie,
Jonas lees dit en wonder waarom hy enFerdi mekaar nie gebliksem het en
vriende geword het nie, Suidwester lees dit en besef dat Swapo en ANC
is dieselfde scrap. En glo my, gloudina en haar mannetjie is nie die
enigste idiote wat lees wat jy skryf nie. Daar is vele meer veraaiers
as slegs hulle, wat besef hoe onosel hulle is.
Gaan voort my vriend. Soos jy weet, lees selfs die kaaskoppe,
wat moeite gedoen het om 'n blanke regering af te breek,
jou pos.
Twee mans wat ’n motoris koelbloedig langs die pad doodgeskiet en hom
van sy bakkie beroof het, moet lewenslank tronk toe gaan omdat hul
dade “barbaars was en geen straf daarvoor kan vergoed nie”.
So het adv. Sifiso Khumalo, vir die staat, gister in die hooggeregshof
in Johannesburg betoog.
Thabiso Moseme (32) het mnr. Johan Griesel op 16 Augustus 2008
doodgeskiet terwyl hy en Jabu Sambo (26) hom op die N12-snelweg van sy
Ford Bantam-bakkie beroof het.
Albei is skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede
en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.
Hulle word op 7 Mei gevonnis. “Hulle verdien geen genade nie omdat
hulle nie berou oor hul dade het nie. Daar was geen rede hoekom hulle
hom moes vermoor nie,” het Khumalo gister gesê.
Maatskaplike werkers het getuig Moseme en Sambo ontken steeds hulle
het die misdade gepleeg.
Griesel het sy bakkie die aand van sy dood op die N12-snelweg naby
Eldoradopark geparkeer toe hy van Bryanston in Johannesburg na
Potchefstroom onderweg was.
Moseme het Griesel uit die voertuig getrek en in die bolyf geskiet.
Hy en sy makker is toe vort terwyl hulle Griesel langs die pad laat lê
het. Sy lyk is die volgende oggend gevind.
Me. Jessica Payne, ’n maatskaplike werker, het getuig dis vreemd dat
Moseme so ’n ernstige misdaad gepleeg het omdat hy toe geen
misdaadrekord gehad het nie.
Hy is goed opgevoed, het ’n werk gehad en nie gebrek gely nie. Payne
meen dat hy dalk in die toekoms, terwyl hy sy tronkstraf uitdien,
gerehabiliteer kan word.
“Nou toon hy egter geen insig in wat hy gedoen het nie. Elkeen van die
aanklagte waaraan hy skuldig bevind is, wys hy is ’n gevaar vir die
samelewing.
Dis ernstige misdade en die gemeenskap kyk in sulke gevalle op na die
howe om swaar strawwe op te lê.”
Me. Yvonne Ndlovu, die ander maatskaplike werker, het gesê Sambo het
’n kort humeur, is aggressief en dat selfs sy ma tevore ’n klag van
eiendomsbeskadiging teen hom ingedien het.
Albei maatskaplike werkers het direkte tronkstraf vir albei oortreders
aanbeveel.
Eis teen minister misluk nadat sakeman in polisiesel aangerand is
2010-04-23 21:41
Jeanne-Marié Versluis
’n Sakeman van Komatipoort wat ernstig deur mede-aangehoudenes in ’n
polisiesel aangerand is, se skadevergoedingseis van R500 000 teen die
minister van veiligheid en sekuriteit het misluk.
Mnr. Theunis Christoffel Botha van die plaas Lebombo by Komatipoort
het dié eis ingestel nadat die polisie hom in Augustus 2004 op aanklag
van aanranding gearresteer en by die Komatipoort-polisiekantoor
aangehou het.
Botha meen dié optrede van die polisie was onregmatig.
Waarnemende regter P.M. Mabuse het in die hooggeregshof in Pretoria
bevind die arrestasie en aanhouding was regmatig.
Hy het in sy uitspraak gesê almal stem saam dat Botha die aand van 12
Augustus 2004 in sel 7 by dié polisiekantoor aangehou is, dat ander
aangehoudenes hom daar ernstig met sy eie skoen aangerand het en dat
hy beseer is.
Botha het in hofstukke gesê daar was 27 mense saam met hom in die sel,
“van wie net twee wit was”.
Mede-aangehoudenes het hom gedwing om sy klere uit te trek. Van hulle
het sy arms en bene styf vasgehou, terwyl ander hom 250 keer
beurtelings sowat ’n halfuur lank met sy skoen op sy boude geslaan
het.
Hy was half bewusteloos, het Botha gesê.
Mabuse het in die uitspraak gesê terwyl die verweerder moet kan bewys
die arrestasie was regmatig, moet die eiser (Botha) kan bewys hy is
doelbewus of opsetlik in dié spesifieke sel gesit sodat hy aangerand
kon word.
“Die eiser is daar ingesit waar volwasse mans gehou is omdat daar geen
ander sel was waarin hy aangehou kon word nie.”
Mabuse het bevind Botha kon nie bewys dat hy doelbewus in dié sel
gesit is om aangerand te word nie. Botha kon nie bewys dat die polisie
die aanranding op hom deur mede-aangehoudenes “georkestreer” het nie.
Mabuse het ook bevind Botha se bewering dat hy nie toilet toe kon gaan
nie, “lyk twyfelagtig”.
Hy het bevind Botha se getuienis is deurspek met onwaarskynlikhede en
onversoenbaarhede.
Hoewel Botha dit ontken, is dit duidelik hy wou spesiale behandeling
hê toe hy gearresteer is omdat hy bekend is aan die polisie in die
omgewing, het Mabuse gesê.
“Toe hy nie dié behandeling kry nie, het hy sy arrestasie as
onregmatig bestempel.”
Mabuse het gesê Botha het mnr. Raymond Nkuna destyds aangerand.
Botha is later skuldig bevind aan aanranding en tot ’n R10 000-boete
of drie maande tronkstraf gevonnis.
Evander. – ’n Bejaarde ouerpaar het hul derde en laaste kind aan ’n
onnatuurlike dood afgestaan toe hy langs hul dubbelbed vermoor is.
Hy was só lief vir sy ouers dat hy sy lewe gegee het om sy ma te
beskerm, het past. Hennie Oosthuyse gister mnr. Jannie en mev. Marie
Strydom, mnr. Paul Strydom (52) se ouers, getroos.
Hulle het gesien hoe rowers hul enigste oorlewende kind vroeër die
oggend langs hul dubbelbed doodskiet.
Die egpaar se oudste kind, Chris, is in 1976 op 20-jarige ouderdom in
’n motorfietsongeluk dood en hul jongste, Johan, het vier jaar gelede,
toe hy 46 was, selfmoord gepleeg.
Paulla, soos almal op die dorp die Strydoms se seun geken het, was ’n
alleenloper en het saam met sy ouers in ’n beskeie huisie in
Münchenstraat gewoon.
Mnr. Strydom sr. het omstreeks 02:00 gister wakker geskrik toe die lig
in die hoofslaapkamer aangeskakel is.
“Vier jong gewapende mans het die kamer ingestorm. Hulle het my op my
maag gedwing en het probeer om my hande agter my rug vas te bind,” het
hy vertel.
’n Rower het Strydom jr. in sy kamer gaan haal en na sy ouers se
slaapkamer gedwing waar hy beveel is om op die grond langs die bed,
aan die kant waar sy ma nog gelê het, plat te lê.
“Hulle skree toe: ‘Where is your daughters?’?” het ’n erg geskokte
mev. Strydom gister vertel.
“Toe ek vir hulle vertel dat ons net vir Paulla het, het die een my
aan my enkel gegryp en my van die bed probeer aftrek. Ek was seker hy
wou my verkrag.”
Strydom jr. het sy lyf opgelig om sy ma te help, maar is summier in
die bors geskiet.
Volgens sy ouers het die koeël hom in die hart getref.
“Hy het net gesug en toe is hy dood,” het sy pa huilend vertel.
Die moordenaars het vermoedelik geskrik en het net mev. Stry-dom se
selfoon gesteel voordat hulle gevlug het.
“Ai, ek weet nie ... ek weet net nie,” het sy gisteroggend kort-kort
geprewel. “As hulle geld wou gehad het, sou ek dit vir hulle gegee
het.
“Paulla was só lief vir ons. Hy het gereeld geskenkies vir my
aangedra. Net nou die dag het hy hierdie lappop vir my gegee,” het sy
vertel terwyl sy die sagte speelding vasgehou het.
“Hoe oorleef mens so iets? Dit is my derde en laaste kind wat nou dood
is.”
Volgens ’n paar van Strydom se vriende wat gister by die huis opgedaag
het, sal hulle dié ketelmaker van die Harmony-myn vir sy
goedhartigheid onthou.
“Paulla was veral lief vir drie goed: sy ouers, sy kat Mei-Mei en sy
Nissan-bakkie.”
Bel ao. Wayne Klasen van die Evander-speurtak met inligting by 083 701
8082.