Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Daai boude is nie boude want dit hang te laag

Di., 25 September 2001 06:37

Annette
Jannie:" Ek kom by Agulhas, die water stoot op tot by my boude."
Juffrou:" Maar dit ryn mos nie Jannie?
Jannie:" Ek weet, Juffrou, maar dit was laagwater."

Wouter
Hierdie laat my dink aan 'n gesegde (in die Kaapse dialek) om iemand te
beskryf wat op 'n aansitterige manier loop:
"Hy/sy het hoë holle soos 'n sirkusleeu" :-)

In die geval die teenoorgestelde:

Sy boude is nie boude want dit hang te laag
Klink vir my Jannie is 'n bietjie dof vertraag
In die branders spat daar maar altyd watertjies
Is die boude nat dan so ook vir die knatertjies :-)

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

'n Fees van 'n Fees

Di., 25 September 2001 05:16

Moet nog uitvind presies wanneer en waar, maar komende naweek is daar 'n
sjokolade fees in Franschhoek.
R10 toegang - en dan kan jy soveel proe as wat jy kan, lesings bewoon hoe om
sjokolade te eet/maak
Annette

--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

beautiful in Beaufortwes en ander

Di., 25 September 2001 04:42

Vir Afrikaanse MP3s en ander afrikaanse musiek
gaan na http://www.afrimusik.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Grappie #5

Di., 25 September 2001 04:40

Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
Hulle besluit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
die grafsteen met die verdoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelê onder
die steen wat sê:
Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.

Mind.

Humor & grappe | 21 kommentare

Grappie #4

Di., 25 September 2001 04:35

Mike gaan met vakansie Amerika toe en hy loop vir Jimmy in New York raak.
Mike:" Haai ou Jimmy, wat maak jy hier?"
Jimmy:" Man, ou Mike, ek swot logika.
Mike:" Wat is logika?"
Jimmy:" Laat ek vir jou verduidelik. Hou jy van goudvisse?"
Mike:" Ja."
Jimmy:" Oukei, uit die feit dat jy van goudvisse hou, lei ek af dat jy van
diere hou. Uit die feit dat jy van diere hou, lei ek af dat jy van kinders
hou. Uit die feit dat jy van kinders hou, lei ek af dat jy graag eendag wil
trou en huis opsit."
Mike ( baie beïndruk):" Jislaaik!"
Terug in Suid-Afrika, loop mike 'n week later vir Kallie raak.
Mike:" Dag Kallie, jy sal my nie glo nie, maar ek vir Jimmy in New York
raakgeloop. Hy swot logika."
Kallie:" Wat is logika?"
Mike ( baie vernaam):" Man laat ek jou verduidelik. Hou jy van goudvisse?"
Kallie:" Nee."
Mike:" Wel, dan is jy 'n donnerse moffie."

Humor & grappe | 0 kommentare

Grappie 3#

Di., 25 September 2001 04:27

Daar was die man wie se lewensideaal dit was om 'm obsene telefoonoproep te
maak.
Toe 'n vrou met drie pragtige dogters ( twee grotes en 'n kleintjie) op 'n
dag oorkant hom intrek, sien hy sy kans.
Nie lank nie, of hy skakel. Die klein dogtertjie antwoord.
Man:" Hallo dogtertjie, is jou mammie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, my mammie is nie hier nie."
Man:" Mmmmm, is jou oudste sussie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, my oudste sussie is nie hier nie."
Man ( begin desperaat raak):" Is jou tweede oudste sussie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, sy is ook nie hier nie.
Man:" Oukei, gaggas-kakkas-poefies!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Grappie #2

Di., 25 September 2001 04:20

Jouffrou: " Klas, vandag moet julle vir my sinne maak wat rym. Sannie, kan
jy begin?"
Sannie:" Ek kom om die hoek, hulle gooi my met 'n koek."
Juffrou:" Mooi Sannie. Pietie?"
Pietie:" Ek kom om die draai, hulle klap my dat ek waai."
Juffrou:" Pragtig Pietie. Jannie?
Jannie:" Ek kom by Agulhas, die water stoot op tot by my boude."
Juffrou:" Maar dit ryn mos nie Jannie?
Jannie:" Ek weet, Juffrou, maar dit was laagwater."

Humor & grappe | 0 kommentare

Grappie #1

Di., 25 September 2001 04:15

Grappies wat volg is vir die groep om te geniet.
Nie vir Gloudina wat 'n rassis om elke hoek en draai wil sien nie.
Nie vir Ferdie wat blykbaar net rassistiese grappies ken nie.

'n Deftige dame kyk winkelvensters in Adderleystraat terwyl haar hondjie ,
wat aan 'n ketting vasgemaak is, sy been teen 'n lamppaal lig.
Gammat kom daar verby, tik die vrou liggies op die skouer en sê: "Ek sê.
mêrrem, djy kan nou ma' die kettinkie trek, djou hondjie is kla"."

Humor & grappe | 7 kommentare

Engelse is Winties!!

Ma., 24 September 2001 18:14

More aand in die Baxter - konsert deur die
UCT Wind Band.
Ek weet net ek gaan meer gemaklik wees met 'n blaasorkes;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Fredie-grappies

So., 23 September 2001 15:57

Kaunda en John Vorster sit in 'n hotel in Zambie.
Toe vra Vorster hom hoekom dink hulle witmense is dom.
Kaunda sê wag hy sal hom wys en hy roep die wit waiter.
Hy vra toe vir die waiter om op te hardloop na sy (Kaunda) se kamer en te
gaan kyk of hy daar is.
Die waiter hardloop toe 4 stelle trappe op, kom uitasem terug en sê nee,
jy's nie in jou kamer nie.
Sien jy? sê Kaunda.
Ja maar, sê Vorster, alle witmense is darem nie so dom nie, want hy sou die
hyser gebruik het!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    853  854  855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865  866  867  868    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 00:32:00 UTC 2025