Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gloudina oor seksisme en hangtieties

Wo., 26 September 2001 08:00

GGONES
Hier het jy die perfekte antwoord vir jou argument dat swart en
bruinmense lag as jy vir hulle die grap van die black pepper vertel. Dis
presies dieselfde situasie as waaraan Shannon dink wanneer sy moet
sit en hoor hoe mans degraderende grappe oor vroumense reg voor
haar vertel, en sy is te bang om objeksie te maak ......So hangtieties
of black pepper, ou Wouter, dis ses van die een en 'n halfdosyn van die
ander.

Wouter
Gloudina, as jy dink die swart en bruinmense waarvan ek gepraat het is bang
om 'n whitey aan te vat, het jy absoluut geen clue wat hier aangaan nie. En
ek praat nou uit persoonlike ondervinding. Ek verstaan ook nou beter hoekom
jy na my gesprek met Arthur as intellektueel verwys het.

Konsentreer jy liewers op die hangpramme, is dit waarvan jy sê dat jy ses
van die een en 'n halfdosyn van die ander het?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

L'Amour

Di., 25 September 2001 22:54

> Jinne, Annette, jy klink nou erger as ek na my geliefkoosde bloubottel
> Chardonnay! Hoeveel glase rooiwyn het jy gedrink??? (hik, hik, hik...)

Annette
:)))) Dit was nie die rooiwyn se skuld vir al die tikfoute nie:)) Dit was
die glasie of drie Parfait L'Amour daarna wat die skade gedoen het;))

Wouter
Toe gaan jou tikwerk in sy L'Amour in?

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Disgrace/Coetzee

Di., 25 September 2001 22:48

Hi almal,

Ek het nog 'n vra.
Weet enigiemand op hierdie NG of die boek, Disgrace van J.M. Coetzee ook in
Afrikaans te koop is???

Ek weet daar is 'n Nederlandse vertaling, maar ek kan op Kalaharinet nie die
Afrikaanse vertaling vind nie.

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Oopgesprek

Di., 25 September 2001 19:34

Luister hoeka na die Afrikaanse radiodiens Sondagaand. Die aanbieder het 3
hoog-geleerde teoloë gehad om te praat oor "Waar was God op die 11de
September?"

Soos gewoonlik het elkeen in hoogdawerende Afrikaans hulle eie standpunte
probeer verkoop. Een het nogal gereken dat dit eindtyd naby is of amper naby
is. Wat my pla met hierdie tipe sienings en Nostradamus en Siener van
Rensburg is:

a) Net die Vader alleen weet wanneer die wederkoms sal plaasvind
b) Rusland het ook Afganistan getakel en die doemprofete het nie naastenby
soveel geprofeteer nie
c) Skep ons nie dalk ons eie eindtyd met ons verwagtinge nie
(self-fulfilling prophecies) ?

Groetnis

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Waar staan SA- vra Rico

Di., 25 September 2001 18:45

Die berig in 'n liberale, swak maar bekende dagblad (vandag se
uitgawe) sal bes moontlik jou vraag GEDEELTELIK beantwoord.

' 1000 van SA reeds gewerf om Afgane te help veg.'

Werwingspamflette word sedert Donderdag uitgedeel 'om in Afghanistan
teen teen die Amerikaners en hul bondgenote te gaan veg.'

Die regering is bewus daarvan en spreek hulle nie daarteen uit nie.
Dit word wel genoem dat hulle ontmoedig maar nie gekeer kan word nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Encore

Di., 25 September 2001 12:58

'n Myningenieur is met die trein op pad huis toe na 'n groot ekspedisie.
Sy aktetas is vol fotos en grafieke, en oorkant hom in die kompartement sit
'n beeldskone meisie.
Hy probeer 'n geselsie aanknoop en vra ewe vriendelik:" Ekskuus juffrou, wil
jy myne sien?"
Tot sy verbasing storm sy by die kompartement uit, keer die kondukteur voor
en vertel hom dat haar medereisiger haar 'n onwelvoeglike vraag gevra het.
Die verontwaardigde kondukteur konfronteer toe die ingenieur. Maar die man
verduidelik toe mooi hy wou maar net vir die dame die fotos van sy
ekspedisie wys
Die kondukteur kon toe met 'n sug van verligting aan die dame
rapporteer:"Dame, dit was alles 'n misverstand - hy wil nie vir jou syne wys
nie - hy wil vir jou myne wys."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog enetjie

Di., 25 September 2001 12:51

Kallie loop vir Mike in die hospitaal raak.
Kallie: "En toe ou Mike, wat soek jy hier?"
Mike:"Ag ou Kallie man, hulle het my opgedonner in die kroeg, en toe moes ek
tien steke kry."
Kallie ( Baie beïndruk):"Jislaaik, ek is al 'n week hier, en ek het nog nie
eens 'n soentjie gekry nie."

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nog 'n Grappie

Di., 25 September 2001 12:49

Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig nie.
Nou moet hulle elke dag busry.
Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle stan 'n ou wit omie met
'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie
tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos vreeslik.
Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12 kindertjies
opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie nie.
Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik dit ou
kierietjie, en hoe vieser raak Koos.
"Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets
verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit
nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie"
Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou
kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te wag
nie."

.

Humor & grappe | 3 kommentare

Sjokolade-inligting

Di., 25 September 2001 12:30

Franschhoek - Saterdag en Sondag - 11vm - 5nm - R10 toegangsfooi.
Demonstrasies op die uur tot 4nm.
By Hugeunot Fine Foods - Krugerstraat.
Van Paarl kant - tot by die monument, draai regs, langs die
Inligtingskantoor.
Vanaf Stellenbosch - verby die BP stasie.

Ek gaan my uithonger tot Saterdag:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Titanic en WTC ...

Di., 25 September 2001 07:02

'n Interessante bespreking op BBC gisteraand rakende die groot impak van die
WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande dramatiese
afname in getalle.
Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
daardie jare?
Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    852  853  854  855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865  866  867    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 12:37:17 UTC 2025