Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vrou baklei nog ná skoot in kop

Vr., 30 April 2010 15:09

2010-04-29 12:02

Mev. Suna Steenberg "fight nog die fight".

So het mnr. Jurie Steenberg gesê oor sy vrou wat bykans twee weke
gelede deur misdadigers op hul kleinhoewe in Kameelfontein, noordoos
van Pretoria, in die kop geskiet is.

Mev. Steenberg (43) is sedert die aanval in ’n koma. Volgens haar man
is haar toestand bedenklik, maar stabiel.

Sy haal op haar eie asem en haar hartklop en bloeddruk is stabiel.

Sy word in die hoësorg-eenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria
behandel.

Sedert daardie Vrydag wat ’n onbekende hoeveelheid aanvallers sy vrou
en sy ma, mev.
Poppie Steenberg (75), oorval en sy vrou in die kop, hand en been
geskiet het, waak hy en sy skoon­ouers, mnr. en mev. Flip (69) en
Magriet (66) Buitendach om die uur by haar bed.

“Ons word oorval deur oproepe van mense landwyd wat wil weet hoe dit
met Suna gaan,” het Steenberg gesê.

“Ons waardeer dit baie, maar smeek mense net om nie op te hou bid
nie.”– Hilda Fourie

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-baklei-nog-n%C3%A 1-skoot-in-kop-20100429

Nuus | 0 kommentare

2 Swartes vermoor wit man en kom weg oor polisiefout

Vr., 30 April 2010 15:07

( CCTV materiaal en fotos op http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2-vry-oor-polisiefout- 20100428
)

Wit man vermoor deur swartes, verdagte moontlik seun van polisie
beampte, ondersoekbeampte verdwyn...

--------------------------

2 vry oor polisiefout

Vermoor: Mnr. Willie Pienaar

Virginia Keppler

Twee mans wat aangekeer is kort nadat hulle ’n man van Kwaggasrand in
Pretoria glo doodgeskiet en beroof het, is vrygelaat omdat die polisie
hulle nooit aangekla het nie.

Die polisie het ook tot gister nie die beeldmateriaal van die toneel
waar mnr. Willie Pienaar (24) op 10 April vermoor is by ’n kafee-
eienaar voor wie se onderneming dit gebeur het, gaan haal nie.

Daarop sien ’n mens hoe die vermeende moordenaars aangestap kom en hoe
een van hulle vinnig met ’n vuurwapen om Pienaar se motor loop.

Twee kinders is ook te sien wat die moord gesien gebeur het toe hulle
uit die kafee kom.

Die polisie het dié beeldmateriaal eers gister, nadat Beeld en
AfriForum begin navraag doen het, gaan afhaal.

Boonop het die ondersoekbeampte spoorloos verdwyn en is die polisie op
soek na hom.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het
gesê Pienaar se suster, me. Yolandie Pienaar, het hulle genader om met
die ondersoek te help.

Drie mans het mnr. Pienaar op 10 April by die Kwaggasrand-
winkelsentrum voor die kafee in sy voertuig aangeval kort nadat hy
geld by ’n Absa-kitsbank getrek het.

Sy suster het kort ná sy moord gesê hy het pas in sy motor geklim toe
een van die aanvallers hom om die nek gegryp en in die kop geskiet
het.

Die aanvallers het sy lyk daarna uit sy voertuig gegooi, dit
deurgesoek en sy motorsleutels, selfoon en beursie geroof voordat
hulle probeer vlug het.

Gemeenskapslede het die verdagtes, onderskeidelik 27, 28 en 30 jaar
oud, kort daarna aangekeer en erg aangerand.

Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê
die 30-jarige verdagte is dood en dat die polisie op ’n vuurwapen en
patrone beslag gelê het.

Volgens ’n bron het die ondersoekbeampte in die saak egter nooit die
verdagtes aangekla nie en die dag toe hulle in die hof verskyn, was ’n
dossier nog nie aangelê nie.

“Die saak is toe summier uit die hof gegooi en die verdagtes het
losgekom.”

Volgens die bron het die ondersoekbeampte spoorloos verdwyn.

Hy het bygevoeg een van die verdagtes is na bewering die seun van ’n
beampte in die departement van korrektiewe dienste.

Kapt. Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het bevestig die
ondersoekbeampte het versuim om die verdagtes aan te kla en hulle is
vrygelaat.

Hy het ook bevestig die beampte het verdwyn en die polisie is op soek
na hom.

“Die polisie ondersoek intussen ’n saak van wangedrag teen die
ondersoekbeampte.”

Die polisie is ook opnuut op soek na die vermeende moordenaars en hoop
om hulle gou weer agter tralies te hê, het Ndlazi gesê.

Me. Pienaar het gesê haar familie is erg ontsteld oor die
verwikkelings.

Volgens Kelder is dit ’n skande dat moordenaars as gevolg van die
polisie se nalatigheid weer op straat is.

“Ons beskou hierdie optrede van die polisie in ’n baie ernstige lig.
Ons gaan vir seker ’n klag by die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD)
indien om die saak ook van hul kant af te ondersoek.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2-vry-oor-polisiefout- 20100428

Nuus | 0 kommentare

Nie so opgewonde oor vryheid

Do., 29 April 2010 21:32

deur Sakkie van der Merwe
2010-04-28 07:25

Ek reageer op Johan v/d Merwe se brief (
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3830177/http ://www.nuus24.com/MyNuus24/JouStorie/Die-dag-toe-Vryheid-geb ore-is-20100427
) oor vryheidsdag.

Johan ons deel dieselfde van, maar nie dieselfde sentiment rondom
hierdie dag nie.

Hierdie dag is geteken in die bloed van duisende Suid-Afrikaners wat
sedert "vryheidsdag" gesterf, verkrag, geroof/beroof, gekaap en
ontvoer is.

Hoe kan 'n redelike mens hierdie dag as positief beleef?

Van 'n eerstewêreldland na 'n piesangrepubliek in sestien jaar! Hier
waar alles afgebreek word wat deur "wittes" opgebou is.

Hier waar 'n een-jarige baba gruwelik aangerand word ens ens. Nee
Johan, kyk weer na vryheidsdag en ween oor wat dit oor ons land en sy
mense gebring het.

Afrika het nie plek vir 'n witmens nie. Gelukkig kan ons deur geloof
bly hoop op 'n verandering.

Oorsprong:Nuus24
( http://www.nuus24.com/MyNuus24/Briewe/Nie-so-opgewonde-oor-v ryheid-20100428
)

Nuus | 0 kommentare

Omstrede Skiet-die-Boer-lied ontsier Vryheidsdag

Do., 29 April 2010 21:31

ANC-lede ontsier opposisiepartye se vryheidsdagvieringe

2010-04-28 00:01
Cobus Coetzee

JOHANNESBURG. – Terwyl pres. Jacob Zuma in sy Vryheidsdag-toespraak in
Pretoria ’n nasionale dialoog oor verskeie knelpunte, onder meer die
liedere wat Suid-Afrikaners sing, bepleit het, is ’n saamtrek van
opposisiepartye by die grondwethof deur ANC-ondersteuners met die sing
van die woorde “Skiet die Boer” ontwrig.

Me. Helen Zille, DA-leier, was nog besig om meer as 2 000 toeskouers
buite die grondwethof toe te spreek toe die sowat 30 betogers met ANC-
vlae en T-hemde opgedaag het.

DA-beamptes het vinnig ’n laer om hul ondersteuners getrek terwyl die
polisie die ANC-ondersteuners tot in een hoek van die hofplein gedryf
het.

Dit is toe dat die ANC-ondersteuners die gewraakte lied Ayesab’
amagwala, waarin die woorde Dubulu iBhunu (skiet die Boer) voorkom,
begin sing het.

Mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het party­lede vroeër
gevra om in die huidige omstandighede nie dele van struggle-liedjies
te sing wat geïnterpreteer kan word as woorde wat tot rasse-
polarisering kan lei nie.

Zille het later gesê dié soort optrede deur ANC-lede “simboliseer hul
(die party se) aanval op die Grondwet”.

Lede van die DA en OD het gister by die hof saamgetrek, want hulle
meen die land se Grondwet is in gedrang.

Leiers van Cope is ook genooi, maar hulle het nie opgedaag nie.

“Dit is belangrik dat ons ons regte opeis en ons Grondwet verdedig,”
het me. Patricia de Lille, OD-leier, gesê.

“Ironies genoeg is ons Grondwet onder bedreiging van die hoof van die
staat wat in die Uniegebou sit,” het Zille gesê.

Volgens haar het pres. Jacob Zuma die Grondwet ondermyn toe hy
verseker het hy hoef nie hof toe te gaan en op 700 aantygings van
korrupsie te antwoord nie.

“Hy misbruik mag om sy vriende, soos Schabir Shaik, teen die gereg te
beskerm, terwyl ander politieke opponente vervolg word.

“Sy familie begin allerhande sakeondernemings en gebruik só hul
posisie om uit staatskontrakte ryk te word.

Pres. Zuma verklaar nie self sy belange aan die parlement nie, maar
net wanneer die DA hom druk om dit te doen,” het Zille gesê.

Volgens haar moet die grondwethof Suid-Afrikaners teen magsvergrype
beskerm voordat die land soos Zimbabwe word.

Mnr. Sihlwele Myeki, die leier van die ANC-ondersteuners, het gesê DA-
lede het hulle uitgetart en toe moes hulle Ayesab’ amagwala sing.

Hulle het die lied later ’n tweede keer gesing.

Myeki het gesê hy is ’n lid van die ANC se Joe Slovo-tak.

Mnr. Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het gesê die party sal ondersoek
instel of dit wel ANC-lede was.

Die ANC sal enige politieke party die geleentheid gun om sonder
inmenging bymekaar te kom, het hy benadruk.


- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Omstrede-SkietdieB oerlied-ontsier-Vryheidsdag-20100427
)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vermeende swart babaslaners wil vrygelaat word

Do., 29 April 2010 21:29

( Foto van aangeklaagdes by:
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermeende-babaslan ers-wil-vrygelaat-word-20100428
)

Vermeende babaslaners wil vrygelaat word

2010-04-29 00:16
André Damons

JOHANNESBURG. – Die twee Mosambiekse bouers wat daarvan aangekla word
dat hulle ’n eenjarige baba en haar oppasser erg aangerand en byna
vermoor het, het gister vir “gratis borgtog” in die Johannesburgse
landdroshof gevra – hoewel hulle nie verskyn het vir ’n formele
borgtogaansoek nie.

Mnre. Nelson Maphosa (28) en Geraldt Nyantumbo (25) het gister die
tweede keer verskyn nadat hulle Saterdag in Alexandra gevang is. Hulle
word aangekla van poging tot moord en roof met verswarende
omstandighede.

Landdros Simon Radasi het met behulp van ’n Shangaan-tolk die mans se
regte aan hulle voorgelees, maar hulle nie gevra om te pleit nie.

Net voordat hulle teruggevat is selle toe, het Nyantumbo sy hand
opgesteek om te praat. “Ek het kinders om na om te sien en moet daarom
op gratis borgtog vrygelaat word,” het Nyantumbo aan Radasi gesê.

Maphosa het in ’n sagte stem gesê toe die polisie hom in hegtenis
geneem het, het hulle gesê hulle is op soek na sy broer wat ’n
gesteelde selfoon aan Nyantumbo verkoop het.

“En dit is hieroor dat ek op gratis borgtog vrygelaat moet word,” het
hy gesê.

Radasi het vir hom gesê die aanklagte voor hom is poging tot moord en
roof met verswarende omstandighede, voordat hy giggelend by die mans
wou weet wat “gratis borgtog” is. Hy het die twee ook gewaarsku dat
die klagte teen hulle ernstig is en dat hulle daarvoor minstens 15
jaar tronkstraf kan kry.

Nyantumbo het met sy arms gevou gestaan en meesal die praatwerk
gedoen. Albei het moeg en senuagtig voorgekom en dit het gelyk of
hulle verwag het om dalk wel vrygelaat te word.

“Weens die aanklagte teen julle, kan ek julle nie op jul eie vrylaat
nie,” het Radasi gesê.

Hy het die saak tot 12 Mei uitgestel sodat die mans se dokumente
nagegaan kan word en die polisie ook verdere ondersoeke kan doen.
Hulle kan dan ook om regsverteenwoordiging aansoek doen.

Die twee mans het na bewering verlede Donderdag saam met ’n derde man,
mnr. Chakhoma Machaba (28) – ook ’n Mosambiekse burger en vermoedelik
die opperbrein – by mnr. Bertus Kruger en sy vrou, Madelein, se huis
in Robindale, Randburg, ingebreek en hul eenjarige baba, Marzaan
Kruger, en me. Francina Sekhu, haar oppasser, wreed aangerand.

Die mans het vroeër as bouers by die Krugers se huis gewerk.

Die polisie is steeds op soek na Machaba, wat Sekhu later gesê het is
haar vriend.

Me. Liezl Furlong, woordvoerder van die Sandton-Medi-Clinic, het
gister gesê hoewel Marzaan steeds in ’n ernstige toestand is, het sy
“klein verbetering” getoon. Sy word egter onder verdowing gehou.

Sekhu is steeds in ’n stabiele toestand.

- Volksblad

Oorsprong:Beeld
( http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermeende-babaslan ers-wil-vrygelaat-word-20100428
)

Nuus | 0 kommentare

Boere woedend oor reserviste-kwessie

Do., 29 April 2010 21:25

Boere woedend oor reserviste-kwessie

2010-04-28 23:50
Charles smith en Corné van Zyl

WELKOM. – Die moratorium op die aanstel van reserviste is op 1 April
opgehef, maar boere is omgekrap omdat hulle steeds deur die polisie in
die Vrystaat weggewys word.

Boere het woedend gereageer op stellings dat hulle nie hul kant vir
plaasbeveiliging bring nie en nie bereid is om hulle as reserviste aan
te sluit nie.

Polisiewoordvoerders in die Noord-Vrystaat het egter gister bevestig
dat geen aansoeke vir reserviste aanvaar word terwyl ’n nasionale
moratorium geld nie – terwyl daar géén moratorium is nie.

Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir
wet en orde, het gister bevestig die moratorium is reeds op 1 April
opgehef. Boere kan hulle gaan aansluit as hulle wil.

Hy is verbaas dat sommige polisiekantore nie weet die moratorium is
opgehef nie. Dit sal op VL se landelike beveiligingsplan-vergadering
met die polisie se hoofbestuur op 12 Mei geopper word.

As boere hulle vasloop, moet hulle VL hiervan in kennis stel.

VL het reeds vier jaar gelede boere aangemoedig om hulle aan te sluit,
maar daar was soveel probleme dat die meeste dit laat vaar het. Op
Bothaville het boere hulle tot vier keer vergeefs as reserviste
probeer aansluit.

VL het ’n landelike veiligheidsplan met plaaswagte wat in samewerking
met die polisie optree – ongeag of die boere reserviste is of nie. Die
enigste verskil is dat hulle nou nie die mag het om inhegtenisnemings
uit te voer nie.

Brig. Phuti Setati, die nasionale polisiewoordvoerder, het teenoor
Earl Coetzee ontken dat daar enige moratorium op aanstellings of
bevorderings van polisiereserviste is. Hy sê hy is ook nie bewus van
enige planne om so ’n moratorium in werking te stel of ’n ondersoek
wat aan die gang is nie.

Boere van Hennenman is egter “lelik omgekrap” oor die uitlatings wat
mnr. Patrick Chauke, ANC-LP, verlede week in die parlement gemaak het.
Hy het gesê dit is boere se skuld dat plase onveilig is.

Daar is ook aantygings gemaak dat boere traag is om polisiereserviste
te word en nie by gemeenskapspolisiëringsforums en sektorpolisiëring
betrokke wil raak nie.

“Ons is baie kwaad oor die uitlating wat gemaak is. Ons probeer al ’n
jaar lank om polisiereserviste te word,” het mnr. Jaco de Villiers,
boer van die Hennenman-distrik, gesê.

Hy en ander boere het selfs aangebied om twee werkers van elke plaas
beskikbaar te stel om as polisiereserviste opgelei te word. Die
polisie van Hennenman het hul aanbod van die hand gewys weens die
moratorium.

Ao. Malebo Khosana, woordvoerder, sê dié moratorium is ’n groot
probleem omdat Hennenman dringend reserviste benodig.
Volgens mnr. John Moodey, DA-leier in Gauteng, was daar inderdaad ’n
moratorium, maar dit is opgehef. Die aanstelling van reserviste kan
nog nie geskied nie weens ’n ondersoek wat ingestel word.

“Daar word tans ondersoek ingestel oor reserviste wat hul mag-nommers
koop en nie die nodige kursusse voltooi om dié nommer te kry nie,” het
Moodey gister gesê. Volgens hom sal die aanstelling van reserviste
eers in werking tree wanneer die ondersoek afgehandel is.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-woedend-oor- reservistekwessie-20100428
)

Nuus | 0 kommentare

Arm wittes ná maand steeds sonder hulp

Do., 29 April 2010 21:24

Arm wittes ná maand steeds sonder hulp

2010-04-28 23:46
Alet Rademeyer

Pretoria

’n Maand nadat pres. Jacob Zuma en verskeie ministers die informele
nedersetting Bethlehem in die weste van Pretoria besoek en beloftes
aan arm wit mense gemaak het, is daar nog steeds geen hulp vir hulle
nie.

Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende
Hand, het gesê die organisasie het inligting gekry oor verskeie
voorvalle waar arm wit inwoners van dié nedersetting toegang tot die
beloofde staatshulp geweier is.

Hy het gesê tydens ’n onlangse besoek aan die kantore van die Suid-
Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) is Helpende
Hand ingelig dat die aansoeke vir vanjaar se voedselkoepons ter waarde
van R1 080 reeds einde Maart gesluit het.

Me. Beverly Maunatlala, ’n inspekteur by Sassa, het glo oor Zuma se
beloftes dat arm wit mense om die koepons kan aansoek doen, gesê “die
president weet nie wat in hul begrotings aangaan nie”.

Talle van die aansoekers het sedert 2008 al drie keer onsuksesvol
aansoek om die koepons gedoen.

Langner het gesê hy is baie bekommerd oor die duidelike oningeligtheid
van inspekteurs by Sassa oor die kwessie van wit armoede.

Hy het ook verwys na voorvalle verlede maand waar amptenare van die
departement van maatskaplike ontwikkeling glo vir rassiste uitgekryt
is toe hulle voedselkoepons aan arm wittes wou uitdeel.

- Die Burger

Oorsprong:Die Burger
( http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Arm-wittes-n%C3%A1 -maand-steeds-sonder-hulp-20100428
)

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

‘Jy lê daar as ’n pa, maar kan nie jou kind beskerm’

Do., 29 April 2010 21:22

‘Jy lê daar as ’n pa, maar kan nie jou kind beskerm’

2010-04-27 23:19
André Damons

’n Vyfjarige meisie het ná ’n huisrooftog in Northcliff, Johannesburg,
by die skool prentjies geteken van haar pa en ouma wat op die grond lê
met bloed wat by hul koppe uitkom.

“Hulle (die aanvallers) gee nie om oor die kinders en oumense nie.
Hulle is selfsugtig; hulle is diere,” het past. Johan van Wyk (48) van
die Solid Rock-kerk gister vertel.

Sy dogtertjie, Lindie, het langs haar ouma, me. Alida van Buuren (71),
gelê en huil terwyl drie mans Van Buuren en haar seun met ’n koevoet
en wielsleutel aangerand en geskop en geslaan het.

Van Wyk het gesê die aanvallers het aanhoudend gesê: “We are going to
kill you.”

Aan sy ma het hulle gesê: “We are going to rape you.”

Die aanval was verlede Woensdagaand, die dag voordat ’n eenjarige baba
en haar oppasser wreed in Robindale, ’n paar kilometer daarvandaan,
aangerand is.

Die aanvallers het die agterdeur van die huis oopgesluit met sleutels
wat hulle by die huiswerker afgevat het.

Van Wyk was in sy slaapkamer toe die mans sy ma en Lindie in haar
kamer oorval.

Hulle het haar gedwing om hom te roep om sy kamerdeur oop te sluit
waarna hulle sy ma ook in sy kamer ingeboender het en Lindie met ’n
koevoet ingepluk het.

Die aanvallers het hulle toe op die grond neergegooi en hulle
aanhoudend geskop en met die koevoet en wielsleutel aangerand.

Van Wyk het probeer om sy hand oor sy dogtertjie te hou om haar te
kalmeer.

Die booswigte het hul hande met elektriese kabels agter hul rûe
vasgebind.

“Hulle het gesê die ADT-wag het gesê ons het ’n klomp geld in die huis
en wou weet waar die dollars en wapens is. Ek het hulle gewys waar die
een kluis is,” het hy gesê.

Van Wyk-hulle is nie kliënte van ADT nie.

Van Buuren het haar been tydens nog ’n slanery oor Lindie probeer hou
om haar te probeer beskerm.

Een van die aanvallers het die huiswerker en haar twee kinders – ’n
tienjarige meisie en twee maande oue baba – ook in die kamer
ingebring.

Al drie die rowers is na ’n tweede kluis in die spaarkamer. Dit het
Van Wyk-hulle ’n kans gegee om te probeer alarm maak.

Hy het eers aan die huiswerker gesê om die deur toe te druk en die
noodknoppie te druk, maar sy was te geskok om te beweeg. Hy het toe
self opgespring en dit gedoen.

“As jy daar lê, voel jy magteloos,” het Van Wyk gesê.

“Jy lê daar as ’n pa en seun, maar jy kan nie jou kind en ma beskerm
nie. Jy kan nie eens jou arms om jou kind sit nie. Jy worrie nie oor
die geld en goud nie en wonder net of julle gaan lewe.”

Van Buuren het onder meer beserings aan die kop, arms en bene
opgedoen, terwyl haar seun kop- en rugbeserings het.

Studentekonst. Michael Kgatla, polisiewoordvoerder, het die voorval
bevestig.

Oorsprong:Beeld
( http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Jy-l%C3%AA-daar-as-n-p a-maar-kan-nie-jou-kind-beskerm-20100427
)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mites van grondrestitusie

Do., 29 April 2010 21:21

Mites van grondrestitusie

2010-04-27 23:25
Charl-Pierre Naude

Onlangs het regeringsgeluide oor ’n herverdeling van private
grondbesit baie mense die harnas ingejaag. En hoe losser die skroewe
ten grondslag van die argument blyk, hoe yweriger rangeer die ANC se
restitusie-koekepanne op en neer.

Die argument dat wit boere in die breë hul grond op “onwettige wyse”
verkry het, het slegs baie gedeeltelike gronde. En dié mite begin nie
by mnr. Julius Malema nie. Dis deel van mites wat integraal deel was
van die struggle (net soos wat ander mites deel was van apartheid).

Onlangs nog het Malema gebulk: “Waarom moet ons grond terugkoop wat
van ons gesteel is?”

Hierin sit ’n vet streep oorvereenvoudiging. Ons val vas in swart-en-
wit loopgrawe waarin elkeen gedwing word om eie belang te regverdig.
En dis omdat miteskepping, en nie historiese feite nie, dikwels ten
grondslag van hervormings­argumente lê.

Die ergste daarvan is dat dit die noodsaak vir grondhervorming in wese
soos ’n leuen laat lyk. En grondhervorming ís nodig, maar dan op
geldig historiese gronde.

Onlangs het die Britse Financial Times dit in ’n hoofartikel betreur
dat grondoordrag nie vinniger plaasvind nie sodat die besit van
boerderygrond die getalleverhouding van wit tot swart kan weerspieël.
Dié argument impliseer dat daar onteiening van landbougrond in Suid-
Afrika plaasgevind het en boonop dat dit rasgedrewe was.

Daar was geen noemenswaardige onteiening van swart landbougrond deur
wit boere nie. Daar was histories geen landboutradisie onder swart
mense in die land nie. Dit was ’n Westerse (lees: wit) tradisie,
vandaar die naam “boere” vir Afrikaner-pioniers. Landbougrond is nooit
afgevat nie, dit is deur die wit pioniers bewerk en die tradisie is
uit niks gevestig.

In terme van landbou het wit boere niemand onteien nie. Hulle was die
land se enigste landbouers en het ons voedselmandjie, dikwels in dorre
streke, tot stand gebring. Die “swart volkere” (selfs onder apartheid)
het die beter landbougrond, in die ooste van die land, gehad, maar dit
het niks gelewer behalwe armoede nie.

Natuurlik het apartheid ’n rol daarin gespeel, maar daar was eweneens
geen landboutradisie voor apartheid nie, of selfs voor dit.
Maar wat is wel verplaas deur die pionierboere?

Drie tradisies: die swart bestaansboerderye in dele van die land, die
nomadiese jagter-versamelaarkultuur van byvoorbeeld die Khoisan (met
gepaardgaande volksmoord van hierdie eerste bewoners van die land deur
wit én swart), en die gedeeltelike verplasing van nomadiese beesboere
(ook swart, meestal Nguni).

Dié drie leefwyses het tog ook in ’n mate ’n vorm van historiese
seggenskap oor die land geïmpliseer.

En hulle het dit verloor – nie soseer deur fisieke geweld soos die ANC
dit wil hê nie, maar kultureel en ekonomies: Een soort ekonomie het
drie ander vorme daarvan verplaas (hoewel nie beroof nie) en sodoende
ontmagtig en onteien. Laat ons dit nie ontken nie.

Maar kom ons ontplooi die korrekte terme voordat ons praat van
restitusie.

Restitusie behoort nie plaas te vind omdat wit mense proporsioneel
meer van die land besit as swart mense nie. Proporsioneel en binne die
landboutradisie het wit boere niks verkeerd gedoen nie behalwe om
suksesvol te wees.

Hoe gaan ons toekomstige swart boere vergoed vir wat hulle verloor
het?

Hul ekonomieë was premodern en sou nie vertaal het tot ’n moderne
ekonomie nie. Helaas is hulle ’n kans ontneem om organies tot die punt
te ontwikkel waar hulle die keuse daartoe sou gehad het.

Dit het gebeur deurdat hulle hul kulturele lebensraum verloor het lank
voordat hulle daardie punt kon bereik het. En daarin sit onteenseglik
’n verlies. En wel een wat getakel moet word.

Die feit dat dít nie in Noord- of Suid-Amerika gedoen is nie, is geen
teenargument nie.

Ons het die kans op ’n ruimhartiger en billiker gemeenskaplike
toekoms.

Maar hou op lieg oor die terme. Want daardeur word hervorming in die
wiele gery, nie bevorder nie.

Oorsprong:Beeld
( http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/Mites-van-g rondrestitusie-20100427
)

Nuus | 0 kommentare

Rowers vermoor Pta-man by kind

Do., 29 April 2010 21:18

Rowers vermoor Pta-man by kind

2010-04-29 00:06
Hilda Fourie

’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe
gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom
op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is.

Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê.

Kort daarna het die seuntjie se ma by die huis aangekom en terwyl
paramedici gespook het om haar man se lewe te red, het sy sy hand
vasgehou en hom gesmeek om by te kom.

Mnr. Dirk Human (41) het egter op die toneel gesterf.

Sy vrou, Yolanda, was ná die gebeure te getraumatiseerd om met Beeld
te praat. Sy kon ook nie ’n verklaring by die polisie aflê nie.

Terwyl gemeenskaps- en polisielede buite die huis op die hoewe in
Mooiplaats, in die Boschkop-omgewing, gestaan het, het me. Yolande
Barnard, ’n vriendin van die Human-egpaar, daar aangekom. Sy het
ineengestort en in trane uitgebars toe die nuus oor Human se dood aan
haar oorgedra is.
Barnard het drie nagte gelede by die egpaar oornag.

Gisteroggend se aanval op Human is uitgevoer minder as 24 uur nadat
byna 300 gemeenskapslede eergister saam met lede van die plaaslike
polisiekantoor deelgeneem het aan ’n teenmisdaad-operasie.

Ao. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal
mans het toegang tot Human se erf gekry. Hulle het die huishulp in
haar kamer toegesluit en Human in die huis aangehou.

Verskeie skote is geskiet in ’n struweling tussen hom en die rowers.
Hul ondersoek moet nog bepaal wie die skote geskiet het.

Dit is nie duidelik of Human getref is nie en die oorsaak van sy dood
moet nog bepaal word, het Stoltz gesê.

Beeld het verneem Human is ook met ’n skerp voorwerp in die gesig
gesteek, maar Stoltz kon dit nie bevestig nie.

Mnr. Johan van Wyk, ’n inwoner van dié gebied wat een van die eerste
mense op die toneel was, het gesê Human se buurvrou het die huishulp,
me. Lettie Lebina, se gille gehoor en omstreeks 07:20 gemeenskapslede
op die burgerbandradio in kennis gestel dat iets fout is.

Mev. Human en hul ander seun (8) het die huis omstreeks 06:50
verlaat.

Volgens Lebina het sy, terwyl sy in haar kamer toegesluit was, net ’n
“geraas” gehoor en iemand wat skree: “Skiet, skiet, skiet”.

Toe Van Wyk en nog twee buurtwaglede by die huis stilhou, het Lebina
vir hulle geskree die kind is in die huis. “Ons het in die huis
ingeloop en die seuntjie in die hoofslaapkamer gekry waar hy rustig in
sy bababedjie gestaan het,” het Van Wyk gesê.

“Hy het nie gehuil nie. Ons het sy pa in die aantrekkamer sien lê. Sy
pa was nét buite sy sig. Sy hande was met skoenveters vasgebind en sy
kop het in die kas gelê. Daar was baie bloed.

“Ons het met mond-tot-mond-asemhaling begin en gedoen wat ons kon
totdat die paramedici opgedaag het.”

Twee weke voordat Human vermoor is, het iemand ook probeer om by sy
huis in te breek.

Hy kon dit nie by die Boschkop-polisiekantoor aanmeld nie omdat dié
glo gesluit was, het Van Wyk beweer. Die huis is minder as 200 m van
dié polisiekantoor af.

Stoltz het by navraag gesê ’n polisiekantoor mag nie gesluit wees nie.
Volgens haar kon die deur toe gewees het weens die koue en het
beamptes moontlik in die kantoor agter in die aanklagkantoor gesit,
maar daar is altyd mense.

Human se Colt-bakkie wat geroof is, is ’n paar uur ná die voorval
verlate deur lede van die Pretoria-blitspatrollie in Mamelodi, in die
ooste van Pretoria, gekry.
’n Saak van moord en huisroof word deur die Bronkhorstspruit-trio-
taakspan ondersoek.

hfou...@beeld.com

Oorsprong:Beeld
( http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rowers-vermoor-Ptaman- by-kind-20100428
)

Nuus | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    79  80  81  82  83  84  85  86  87  88  89  90  91  92  93  94    »]
Tyd nou: So. Feb. 01 13:08:35 UTC 2026