Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Moeite met lezen en begrijpen.

Ma., 19 November 2001 18:01

Wat is het moeilijk om alles goed te verstaan.

Bestaat er zoiets als een Arikaans/Nederlands woordenboek?

b.v.d.

Hans

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Re: 'Baby rape part of apartheid's legacy'

Ma., 19 November 2001 17:11

Ja soos ou Koos altyd sê "Blameer dit op apartheid, blameer dit op die kerk." Wat het apartheid met die prys van eiers te doen? Daar word mense verkrag gaan die regering net vinger wys of gaan hulle 'n slag iets daar omtrent doen?

Groete
Spook

"It`s not reality that`s important, but how you perceive things."


Frikkie Potgieter skryf in boodskap news:3bf8a4e8$0$227@hades.is.co.za...
'Baby rape part of apartheid's legacy'

Cape Town | Thursday

SOUTH African Deputy President Jacob Zuma on Wednesday attributed the gang-rape of a nine-month-old baby to a lack of morality he blamed on
apartheid.

Zuma said during a debate in the National Assembly on the rape in the small northern township of Louisville that "something was seriously
amiss" in the country.

Six men, aged between 24 and 66, are accused of raping and sodomising the baby girl.

The baby, who has been dubbed "Tshepang" ("Have Hope") to protect her identity, suffered injuries to her vagina and anus.

Doctors say she is recovering slowly physically, but is likely to have long-term psychological trauma.

The case has created an uproar in South Africa, with hundreds of demonstrators calling for harsh penalties.

"Apartheid left a legacy of breakdown of the moral fabric of our society. Apartheid sowed the seeds of the breakdown of the family. The
molestation of children is a symptom of this degeneration," Zuma said.

South Africa is believed to have one of the highest incidences of rape in the world and police reports show that 58 children fall victims to
rape or sexual assault every day -- a figure contested as too low by activists, who believe many child-rapes are not reported.

MP Lulu Xingwana of the ruling African National Congress said "Tshepang" would be maimed for life.

Xingwana said the irony was that the child's mother had become pregnant after she was raped and that her grandmother too had been raped "in the
same house where the baby was raped."
She angrily listed similar cases in the past month, including those of a 14-month-old baby raped by her uncles and of a three-year-old girl who
died after she was raped by her father.

Xingwana blamed the increase in child rape on a widespread myth that having sex with a virgin will cure HIV/Aids, which afflicts one in nine
South Africans.

"People must stop thinking that raping a virgin will cure Aids. There is no cure." But opposition politicians laid the blame at government's
door.

"The government sits idly by and watches while the children suffer," the official opposition Democratic Alliance's Mike Waters said.

Paul Swartz, another member of the alliance, called on the government to "face South Africa, look the nation in the eye and stop the most hellish
manifestation of a society rotten to the core."
On Tuesday more than 1 000 demonstrators protested when the suspects, aged between 22 and 66, made a preliminary appearance in a court in the
central town of Kimberley. - AFP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aan die slim mense op die ng

Ma., 19 November 2001 14:06

Watter fieterjasies van my rekenaarstellings moet ek verander, sodat ander
nie kan vasstel waarvandaan ek pos (of as wat ek op die rekenaarstelsel by
die werk bekend staan nie) Dis nou nie dat ek dit op julle wil kom misbruik
nie! -alhoewel, gaan dít darem nou nie lekker wees nie ;)

Ten spyte van die opskrif wat ek gebruik het, moet almal nou asb. nie gelyk
antwoord nie...

Dankie

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die nuwe week

Ma., 19 November 2001 11:43

Nou ja, weereens is dit 'n nuwe week asook 'n week nader aan Kersfees en my
ore tuit al van "Ma ek wil dit of daai hê vir kersfees". Boonop is dit net
Harry Potter waar jy kyk en ten duurste!
En ek moet nou nog alleen na al hierdie geneulery luister, want manlief
bevind homself hierdie week in Slovenié en dis blykbaar leeukoud daar! Maar
ons kyk vooruit na die komende naweek, want dan is hy weer by die
huis......net tot Sondag..........

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

In antwoord op Frikkie:

Ma., 19 November 2001 09:09

Jy moet assebllief 'n mooier opskrif kies:
My ISP wil nie sulke goed deurstuur nie.

Janee Frikkie, ons glo wat die arme Onder-Prez te sê het.
Dit sê nou maar ook nie veel vir hulle wat in 10 jaar nie die probleem kon
raaksien en die mense moreel te probeer reghelp nie:)))
In gister se koerant het hierdie wyse veelwywer ook iets te sê gehad dat die
arrestasie van Shaik is net 'n poging om hom, Zuma, te diskrediteer.
In die res van die wêreld word hierdie "redevoering" denial genoem.
Hier by ons is dit geldige politieke toesprake wat gereeld verkeerd
aangehaal of verstaan word.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

In antwoord op Spook

Ma., 19 November 2001 09:07

Re die verkragtingtragedie:
( My ISP wil nie iets met die oorspronklike opskrif deurstuur nie:
O. die regering gaan!! - volgens vanoggend se 7-uur nuus:
Louisville gaan van die aardbol afgevee word - die hele dorp gaan tronk toe
gestuur word - predikante, onderwysers, polisiemanne wat daar woon, de lot.
Want, die wat nie verkragters daar is nie, weet daarvan en wie dit doen.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Is ek verbaas?

Ma., 19 November 2001 07:24

Nee glad nie.
Op die 8-uur nuus was daar toe nie 'n dooie woord oor die erkenning van ons
dierbare regering oor gesondheids-sorg nie.
Die nuusskrywers het seker maar soos gewoonlik die verklaring verkeerd
gelees of verstaan.
Dit is mos die stok antwoord as hulle hul monde te wyd oopmaak en eers later
besin.

Sug!!!!

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Naweek van die Vallende Pennie

Ma., 19 November 2001 05:57

Vanoggend op die 7-uur nuus word ons toe gebombardeer met TWEE goed wat ons
regering die naweek besef het, en groots genoeg was om dit te erken ( vir 'n
wonder - en hoe edel).
1) Die regering erken dat die gesondheidsbeleid wat hulle ingestel en
toegepas het sedert die tyd wat hulle aan bewind gekom het, was verkeerd.
Ek het nou nie die verdere detail van hierdie verstommende berig nie, en sal
dus later uitbrei as daar nie iemand anders is wat ons solank verder kan
inlig nie.
Janee, nie alles wat die wit apartheidsvarke gedoen het was hopeloos
verkeerd nie. Onder Liewe Antie Zuma is mos alle argumente wat teen van
haar omstrede voorstelle ge-opper is, van die tafel afgevee en deur die
parlement gestoomroller.

2) Iemand wat bewus is van 'n (kinder?)verkragter se dade, is net so skuldig
as die dader as die persoon nie die dader aanmeld nie, en sal vervolg word.
Haai Oe !! Soos Liewe Heksie sou sê.
Wonder net waar al die moeders en vrouens en vriende en vriendinne aangehou
gaan word totdat hulle voor die hof sal verskyn en gestraf gaan word.
Ek meen nou maar - daardie weters ( ek bedoel soos mense wat weet - nie
wetters nie - maar dit ook) is mos nie nou veilig nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Ek wil julle graag voorstel aan my vrou.

So., 18 November 2001 19:46

Wie sal 'n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo
korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal
dit hom nie ontbreek nie. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie,
al die dae van haar lewe. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk
met gewillige hande. Sy is soos die skepe van 'n handelaar - van
ver af bring sy haar brood in. En sy staan op as dit nog nag is
en gee voedsel aan haar huisgesin (en die bestemde deel aan haar
diensmeisies.) Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die
vrug van haar hande plant sy 'n wingerd. Sy omgord haar lendene
met krag en hou haar arms stewig. Sy voel dat haar wins goed is,
in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit
na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Sy brei
haar handpalms uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit
na die behoeftige. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë
die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Sy
maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en
purper. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die
oudstes van die land sit. Sy maak hemde en verkoop dit, en
gordels lewer sy aan die handelaars. Sterkte en eer is haar
kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met
wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. Opmerksaam
gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van
luiheid eet sy nie. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig,
haar man ook, en hy prys haar: Baie dogters het hulle knap gedra,
maar jy oortref hulle almal. Die bevalligheid is bedrog, en die
skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die Here vrees, sy moet
geprys word. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar
werke haar prys in die poorte.
**************
Die gedeelte tussen hakies was nooit van toepassing in my huis
gewees nie want 'n diensmeisie het ons nooit gehad nie.
Sy het nie wingerd gekoop nie, maar wel twee huise, een vir ons
en een vir haar moeder.
Dankie Here vir Elna. My deugsame vrou wat ook 12 jaar vir my
gebid het om gered te word.
Dankie Elna.
--

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Tant Hessie

So., 18 November 2001 18:29

wrote
Tant Hessie buitekant Kunduz

Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
(Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1834): [ «    823  824  825  826  827  828  829  830  831  832  833  834  835  836  837  838    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 19:28:46 UTC 2026