Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Was dit nodig?

Wo., 21 November 2001 19:18

Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was. Dit was 'n
besige kruispad by 'n groot winkelsentrum en volgens die skade aan die
bakkie en die feit dat die seun opslag gedood was kry mens die indruk dat
die bakkie teen 'n geweldige spoed deur die verkeerslig gejaag het. Het hy
teen 'n normale spoed gery kon die ongeluk heelwaarskynlik vermy gewees het
of sou dit veel minder ernstig gewees het.

Die mense by die winkelsentrum is almal diep geskok oor die gebeurtenis,
sommige het gehuil en my vrou is steeds gebelgd oor die onnodigheid van
hierdie verlies. Hoeveel mense is daarvan bewus dat die tyd nadat die
skole uitkom, 'n tyd vir uiterse versigtigheid op die paaie moet wees.

Nee, dit gaan nie hier om die Swart taxies wat in ons strate rondjaag nie,
en waaroor ons alewig kla nie. Dit gaan hier heelwaarskynlik om 'n persoon
wat daarvan oortuig is dat spoedbeperkings daargestel is om die
verkeersdepartement van inkomste te voorsien. Die soort persoon wat homself
daarop roem dat hy te slim is vir die traffic cops.
Die verkeersbeamptes is al vir so lank as wat ek kan onthou vir alles wat
laag en onnosel is uitgekryt. Elke verkeers en spoedboete wat uitgereik
word is so onnodig. Die beampte is dan hardvogtig en ongenaakbaar. "Hulle"
is skelms en "hulle" kruip agter bosse en goed weg net om sekere mense te
vang. So nodig as wat spoedbeperkings en padreëls op ons paaie is, so nodig
is dit dat die Wet gehandhaaf word, en iemand moet dit doen. Dit is tyd dat
die Wet meer doeltreffend toegepas word. Die wat dit nakom het niks om oor
bekommerd te wees nie.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Toets.

Wo., 21 November 2001 16:32

Ek toets net , want dit lyk asof ek g'n beriggies na die nuusgroep kan pos
nie.
Hilda.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Konduz kabul vir jallalabad

Wo., 21 November 2001 13:35

skryf in boodskap news:3BFA5ED5.3A3CA09D@home.com...
>>> Vertel my hoe my oë lyk
>>> Dis mos waar jy heeltyd kyk

>> Jou oë? Natuurlik sal ek vertel
>> Hulle is so mooi, they tink my bell :-)
>> Piet Klokdonkie

> Ek dink ons moet die Taliban uitnooi om
> in SA te kom nesgooi, noudat
> hulle uitgeskop word. Julle word net
> eenvoudig te -j- daar.
> Tant Hessie van Konduz, wat die
> hele kabul sal moet gaan kandahar
> in hulle jallalalabad in.

Ta Hessie met die konduz
Sy wou nie maar sy moes
Kyk na die hele kabul
Hoe Piet en Tinkie woel

Waar o waar is kandahar
Hulle skiet mekaar, die gort so gaar
Hoesit Hessie met 'n jou gat my skat
Of sien ek nou ook my jallalabad?

Piet Skoordonkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 21/11

Wo., 21 November 2001 09:12

Nou net op die Nuus: Die Hof het besluit dat Pietertjie Marais maar weer kan
aangaan om burgemeester van Kaapstad te wees.
Geen rede is vir die besluit gegee nie, en die DA moet die hofkoste betaal.
Nie 'n dom regter daai die - Die NNP is mos diep in die skuld, en sou mos
nie hofkostes kon betaal nie.
Lewe in die raad gaan nie maklik vir enigeen wees die volgende paar
weke/maande nie.
Annette

Nuus | 2 kommentare

Pieter Marais

Wo., 21 November 2001 08:47

Ek sien Pieter Marais is weer baas van Kaapstad. Annette, hoekom is
julle so 'n lawwe lot daar? ;))

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Survivor Afrika

Wo., 21 November 2001 07:49

Was dit nie 'n kostelike toneeltjie gisteraand nie?
Die ou lot lê toe mos daar in die donkerte oop na die naaste kale boom toe
hulle 'n leeu hoor brul!!:)).
Ek het omtrent gegiggel toe hulle almal daar in die boom sit - en met al die
fakkeltjies wat brand het dit nogal na 'n Kersfeesboom gelyk - en iemand sê:
Do Lions Climb Trees?
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vir diegene wat ver woon

Wo., 21 November 2001 07:21

Dalk stel iemand belang. Daar is 'n webruimte wat meer as 'n duisend
(nee, ek het dit nie getel nie :)) Afrikaanse adresse lys. Gaan loer
in by www.dieknoop.co.za
Baie is nutteloos (bv. Humansdorp se Landboukooperasie), maar daar is
heelwat goeies.

Drom

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Tertius Bosch

Di., 20 November 2001 15:34

Nou net oor die nuus gehoor dat daar geen spore van enige vorm van
vergiftiging gekry is nie. Slegs oorblyfsels van die medikasie waarop hy
was.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mateloos deur virus opgeneuk

Di., 20 November 2001 14:05

Ek het nooit geweet wat 'n virus aan my rekenaar kon doen nie tot nou
onlangs. Ek het nou Norton's geïnstalleer maar alreeds is daar van my lêers
afgeveeg. Nou moet ek weer Windows installeer maar eers na Kersfees.
Apologie aan diegene wat hom van my gekry het maar ek wonder wie hom vir my
gegee het. Ek voel soos iemand wat Vigs het en niemand wil met my praat
nie.

Minstens nou laat Nortons my weet wanneer daar iets is wat nie Kosher is
nie.

Groetnis

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Winkelruik

Di., 20 November 2001 10:35

Op RADIO 3 (Lokale zender in Nederland) Zoekt Rob Stenders elke morgen naar
de betekenis van een Afrikaans woord. Meestal weet ik het wel, maar
nu........ ??? Vandaag "Winkelruik".

Wie weet wat dit betekend?

mvg,
Hans

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Bladsye (1834): [ «    822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832  833  834  835  836  837    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 19:32:43 UTC 2026