Dit was vanoggend 'n besonderse lekker oggend in Jongensfontien.
--
----------------------------------------------------
SMILE! it adds to your face value.
----------------------------------------------------
Skil 8 middelmatige of 16 klein uie
Kook in soutwater tot sag
Dreineer goed, plaas in slaaibak en bedek met suursous.
Kan warm of koud bedien word.
Suursous:
3/4 koppie water
3/4 koppie wit asyn
1 groot of 2 klein eiers
2 -3 eetlepels suiker
Bring die asyn en water tot kookpunt
Klits die eiers goed, voeg suiker by
Roer warm asynmengsel stadig by en roer totdat suiker opgelos is
Plaas terug op lae hitte en roer totdat sous dik word
Giet oor die gaar gedreineerde uie.
Annette
Hier is die suursous resep - so miskien kan Kaatjie net meer sout bygooi om
dit souter te maak.
Kook gelyke hoeveelheid bruin asyn en water saam.
verdik met maizena
Geur met sout en peper.
Annette
Wat dink julle van die wapen wette hier in Suid-Afrika is dit streng genoeg
of is dit te streng. En graag wil ek net die opinies van die Suid-Afrikaanse
burgers se kant af hoor. Want as jy in Kanada of Timbuktu woon is die wette
mos nie van toepassing op jou nie.
Groete
Spook
"Becarefull for what you wish, you might just get it. - Old Chinese curse"
Nou, met al die woelinge in die Kaap, is dit dalk 'n goeie tyd om
diegene wat nie op hoogte is nie in te lig oor Kapenaars se
eienaardighede en tekortkominge. Hier volg net 'n paar punte, in geen
spesifieke volgorde:
1. Hulle kyk neer op voedsame pap en wors, en eet liewer bokkoms en
patats
2. Hulle drink wyn eerder as die meer sosiaal-aanvaarbare brandewyn en
coke
3. Hulle eet toast by braaivleis, nie pap soos dit hoort nie
4. Hulle plant wingerde en boorde aan eerder as mielies
5. Baie praat snaaks, se 'g' vir 'r' en het snaakse aksente
6. Dit reen in die winter daar pleks van in die somer soos dit hoort
7. Hulle kruip agter berge weg en woon nie op goeie stowwerige vlaktes
nie
8. Diegene onder hulle wat die lig gesien het en binnelands toe getrek
het, reageer eienaardig as blou wolke opsteek; swaar komberse word
voor die vensters gehang, doeke word oor spieels gegooi en dan kruip
hulle onder hulle beddens of in hulle hangkaste weg
9. As die snoek loop, lyk die see soos die N2 teen spitstyd
10. Hulle hare is deurmekaar agv die wind, sommiges kam dit nie eers
meer nie
11. Hulle weet nie wie regeer hulle nie en ook nie eintlik wie hulle
wil he nie
Mens kan nog lank aangaan maar hierdie hierbo behoort die idee oor te
dra.
(Koes my kjend...hier kom dalk kaaak!) ;-))))))))))
Marais, nie Pompie nie.
Iemand moes seker maar vir hom gesê het dat sake in die stadsraad nie so
gemoedelik gaan wees nie, en toe bedank hy sommer. Helse verrassing vir
almal, maak ook 'n verligting tot tyd en wyl.
Al wat ek net wil weet - is politici heeltemal vrygespreek van lasterlike
aantygings in die openbaar? Of word dit as deel van die spel beskou?
Annette
Is hier enige iemand hier wat in Namibie (Windhoek?) woonagtig is? Ek is 'n
ou Suid Afrikanertjie wat nou hier is en vra eintlik maar net omdat ek nie
so bleddie alleen wil voel nie. Sê net ja, niks meer of minder nie. Ek wil
nie jou suiker kom leen of so iets nie, dis net vir interesantheid.
Vanmiddag in die kombuis kom die vraag by my op:
Waarom noem ons dit 'n vadoek - en dit terwyl ons
van 'n veedoek praat?. Sou dit 'n woord wees wat
ons nog Nederlands hou?
Vee julle skottelgoed droog Rico/Arthur? Of va julle
dit droog?
As Emmy nie so dom was nie sou ek haar gevra het
want sy is 'n vroumens. Probleem is, sy's verdomp
Blond!