Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Totsiens

Wo., 28 November 2001 21:40

Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Boelies

Wo., 28 November 2001 09:11

Het raad nodig. Hoe sien 'n meisiekind 'n boelie reg? Dis 'n seun en hy is
meer as 'n kop langer as my meisiekind in gr 6? Hy lieg hom uit elke
situasie.

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Diary of a Fetus

Wo., 28 November 2001 06:59

Jare gelede het ek hierdie onderstaande soetsappige stukkie my verhinder om
n aborsie te pleeg. In die lig van die huidige besprekings plaas ek dit
hier - vir wat dit werd is!
++++++++++++

October 5: Today my life began. My parents do not know it yet. I am as
small as the pollen of an flower but it is I already. I will be a girl. I
will have blone hair an blue eyes. Nearly everything is settled, even that
I shall love flowers.

October 19: I have grown a little but I am still to small to do anything by
myself. My mother does almost everything fo rme, though she still does not
knwo that she is carrying me under her heart. But, is it true that I am not
yet a real person? That only my mother exists? I am a real person, just as
a small crumb of bread is till real bread. My mother is, and I am.

October 23: My mouth is just now beginning to open. Just think - in a year
or so I'll be laughing; and later I'll still to talk. My first words will
be "mama".

October 25: Today my heart began to beat. It will beat softly for the
rest of my life, never stopping; after many years it will tire, it will
stop and then I shall die.

November 2: I am growing continually. My arms and legs are taking shape,
but I must wait a long time before these tiny legs will raise me to my
mother's arms: before these little arms will be able to conquer the earth
and befriend people.

November 12: Tiny fingers are beginning to form on my hands. How small
they are: one day I'll stroke my mother's hair to my mouth and she'll say,
"Oh, dirty".

November 20: Only today the doctor told my mother that I am living here
under her heart. How happy she must be. Are you happy mother?

November 25: My mother and father are probably thinking about a name for
me; and they don't even know that I am a little girl, so they are probably
calling me " Andy". But I want to be called Barbara. I am growing so
big.

December 13: I am almost able to see, though it is night around me. When
mother brings me into the world it will be full of sunshine and overflowing
with flowers. I have never seen a flower you know, but more than anything ,
I want to see my mother. How do you look, Mother?

December 24: I wonder if my mother hears the delicate beat of my heart?
Some children are born with sickly hearts, to make them healthy. But my
heart is healthy. I beats so evenly. Tup-tup, tup-tup. You shall have a
healthy daughter, Mother.

December 28: Today my mother killed me . . . .

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vir Annette

Wo., 28 November 2001 05:38

Annette,
Ek het sopas 2 vreemde boodskappe van jou ontvang. My rekenaar het
besluit jou briefies het verkoue, en wou my toe nie toelaat om hulle
te lees nie. Probleem is dat ek jou wou kontak, maar jou epos het
teruggekom as "user unknown". Die probleem kan dalk aan my kant wees
met die simpel @home se hickups, maar kontak my gou in elkgeval
asseblief.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Virus Waarskuwing.

Wo., 28 November 2001 05:33

Ek het vanoggend 'n e-pos ontvang van iemand wat ek goed ken, met 'n opskrif
oor sake waaroor ons tans praat.
Ek kon egter nie die anhangsel lees nie, en het hom toe laat weet.
Toe moes ek hoor op die poslys dat sy emails 'n wurm/virus bevat , maar
ongelukkig het ek al teen dardie tyd klaar emails afgepos.
Daardie 0001 dingetjie in die adresboek help dus nie.
Ek het ook Norton laat toets en aflaai, maar lyk my dit is 'n nuwe ding wat
nog deur Norton afgelaai moet word?
Elk geval - jammer - mag alle virus/wurmskrywers van hul rekenaars ontneem
word.
Annette

Happiness is a state of Mind.

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Iemand....

Di., 27 November 2001 07:49

...genaamd "Whodunnit" het 'n berig in die ng bokand hierdie een
(culture.south-africa) geplaas wat getitel is, "Why did the chicken
cross the road?" Gaan kyk daarna, dis snaaks.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Laat aborsies

Ma., 26 November 2001 20:41

Dit word genoem: "Third Trimester Abortions" en is nogal algemeen bekend in
Amerika. Daar is ook boeke deur eksperts geskryf oor die onderwerp. Dit is
die aborsie wat gedoen word wanneer die fetus alreeds te groot is om deur
die opening van die uterus verwyder te word. Die arms en bene word eers
vernuftig deur die aborsieman met spesiale knypers afgeknyp en dan word die
kop plat gedruk met 'n groter knyper om sodoende die klein pretbederwer te
verwyder.

Dit in ag geneem, kan ons verwag dat 'n regering wat die goedkeuring van
aborsie staande in die parlement toegejuig het, nou 'n flenter moet omgee
vir babas van agt of nege maande wat verkrag word?

Geseënde Kersfees.

Gesondheid & boereraat | 8 kommentare

Toets

Ma., 26 November 2001 19:57

Daai swakke van die bokke

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waar kom dit vandaan?

Ma., 26 November 2001 19:11

Vanmiddag kom hier 'n pakkie aan wat gestuur is deur 'n niggie in
London. Sommer net so 'hallo, hoe gaan dit' pakkie.
Ek is nou besig om sjokolade te eet wat sy gestuur het.
"Koetjes Reep' (met 'n frieskoei op die etiket). Waarom ek dit so
interessant vind is omdat hier geen woord in Engels op is nie maar wel
Nederlands. 'met druivensuiker en calcium' ' 'koel en droog bewaren'
ens. En Frans.
Kom dit uit Nederland?

DD

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Blou Willem

Ma., 26 November 2001 09:09

Blou Willem gesels elke Maandag in Beeld soos volg:

Ek is so moeg om elke jaar voor Kersfees teen die Engelse te verloor! Nou
moet ekdie feesseisoen binnegaan met al hierie on-Christelike gevoelens oor
die bleekbene, Harry en goed tien van die vyftien kleinletter bokke.
En nou word hulle nogal beloon met hulle jaarlikse Kersuitstappie na Disney
Wêreld.
Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
Goofy-dinge op die veld aangevang het.
Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n ekstra
bal op die veld geneem het nie.
Hoekom het ons gedink hulle gaan vir ons ook die bal gee om mee te speel?
En dan natuurlik die feit dat die kleinletter-bokke R30 000 betaal word as
hulle wen en net R30 000 as hulle verloor.
So goed ek betaal my tuinman R60 om my gras te sny en as hy vir my lelik wys
en dit nie sny nie, betaal ek hom ook R60. Maar laat ons eerder oor iets
aangenaam soos misdaad gesels.
Ek en my ou maters is nou heeltemal verward. Ons minister van onveiligheid
en onsekerheid, Steve Tshweterig, was die afgelope week omtrent in trane oor
die misdaadsituasie in ons land.
En dit net nadat onse President Thabo die vorige week vir ons in die
nasionale raad gsê het misdaad is nie n probleem nie en dat hulle baie meer
karre in Londen steel as in Suid-Afrika.
Ja en al steel die ouens nou by ons lyke uit doodskiste en verkrag nege
maande oue babtjies, peuter ons darem nie met krieketballe nie. Nee, nie
ons nie! Nooit!
Nadat ek onse president se gerusstelling gehoor het, het ek sommer dié week
die motorwagte wat my kar wou oppas weggejaag. Van daai wat vir jou n
kaartjie uitdeel van " Hands on Security" en dan's die ou se naam "
Confidence" of " Faitful" en dan weet jy nie hoekom jy so "worry" oor
jou motor as jy wegloop nie.
Nee, wat, al het ons landjie nou sy Chippies gehad, is ons hande leliewit.
En so van Chippie gepaat. Groot Paul sê hy hoor die twee Schaik-broers
Chippy en Shabir het nog drie broers in die buiteland. Die een broer is vol
gens Paul n melkboer in Saoedi Arabië, Milk Shaik, terwyl hulle ook n broer
het wat n muisikant in Londen is naamllik Hippy-Hippy Shaik en een wat n
oliebaron in Dubai is, naamlik Shaik Shaik.
Dis nie vir my n verrassing dat daar weer dié week n misdaadberaad gehou is
nie. Ons is mos van berade en konferensies aanmekaargesit. As dit nie n
wêreld- vigskonferensie is nie, is dit n wêreld- rassekonferensie of n
wêreldkonferensie oor die stand van die wêreld. Maar die jongste een dié
week is nou die kersie op dei koek of moet ek eerder sê die " cherry" op die
"lêwwie"?
Dit is naamlik die wêreldtoiletberaad wat in Singapoer gehou word met meer
as 200 afgevaardigdes van oor die hele aardbol. Dit terwyl die wêreld
gehurk gaan onder soveel ander probleme!
Ek kon nie agterkom of daar dalk n Suid-Afrikaanse "longdrop" -taakspan
gestuur is nie maar China stuur 20 afgevaardigdes wat moet kom leer voor die
Olimpiese Spele in 2008.
Die organiseerders van die twakkerige byeenkoms het aangekondig dat ons nou
jaarliks n wêreldtoiletdag gaan hê, dat alle lande sitting sal hê op die
beraad en dat hulle leuse " Druk saam vir wêreldvrede" gaan wees.
By n skou wat in Augustus hier in Johannesburg gehou is, was daar mos n
toilet van R7 000 te sien, kompleet met waterdigte telefoon, afstandbeheer
(hulle sê nie wat jy alles daarmee kan beheer en van watter afstand af nie),
musiek, verhitting en sproeiers wat, glo dit as jy wil, die ondermaanse kan
was, sjampoe en droogblaas.
Nes, n karwas. Jy sit net terug, sit die ou lyf in neutraal en laat die
dinge gebeur. Golf op golf soos n Mexikaanse "wave" . Oom Johnny sê soos
met daai vinnige, goedkoop wasse moet jy net self die kar se vensters blink
vryf.
En watse muskiek die lêwwie speel? Neef Theo sê hy hoor dis "Hoe ry die
Boere, sit-sit so", "Beautiful Brown Eyes" en " Hoor jy die magtige
dreuning".

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bladsye (1835): [ «    819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832  833  834    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:39:54 UTC 2025