............ en so het daar 'n week verby gegaan dat ek moes wag vir 'n nuwe
hardeskyf.
My Fujitsu het na 9 maande opgepak. nou het hulle vir my 'n Maxtor in sy
plek gestuur. Ek het 'n hekel in hierdie 'noname brand' produkte. My ou
Seagate 1Gig en Western Digital 1.2Gig werk nog steeds. Hulle klap en kraak
wanneer hulle werk, maar hierdie geruislose, 7500 rpm, 3 jaar waarborge
produkte kan hulle maar hou.
Gelukkig stoor ek alle e-pos en nuusgroepe op 'n ander dryf en hoef dit net
weer op te tel, so ook my adresboek,
anyways, julle het my nie gemis nie, maar ek het julle gemis :-) erm .....
korreksie ..... net party van julle ;-)
Ek het terloops:))
Maar ek is nog steeds nie 'n wurmpie nie:)))
Annette
news:5c2g0uo8bidcng4jpppvbo3q4abn6fgdue@4ax.com...
> On Fri, 30 Nov 2001 17:45:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dis omdat ek 'n dogtertjie is. Ek het nie 'n wurmpie nie;))))
>
> Ooooooooo....:-)))
> (Terloops, het jy al mooi na jou kaartjie gekyk? ) :-)))
>
...daar's toe geen virus nie. Dit was net google wat wacky geraak het.
Nogal snaaks. My sakie by die werk het omtrent 15 ernstige antivirusse
in, maar daai boggeroppie (reg gespel DD en Ta' Hess?) het hier by die
huis ook uitgeslaan, waar ek ook sterk teen HIV en ander virusse
beskerm word!
Wat is dit tog 'n snaakse toestand op hierdie nuusgroep omtrent die
woord "rad"? Ek het daar self van opgekyk.
'N "rad" is in die Nederlands ditselfde as 'n wiel maar dit word in
Afrikaans met 'n 't' geskryf, dus "rat" (meervoud: ratte).
As die Nederlanders egter oor 'n "rat" (in hulle taal) praat dan
bedoel hulle 'n "rot" (in Afrikaans). Dis 'n knaagdier.
In die Nederlands en die Vlaams bestaan die woord "rot" als 'n
newevorm van die woord "rat". Ons sê byvoorbeeld:"Hij is 'n ouwe
rot in 't vak!" en dis ditselfde als: "Hij is 'n ouwe rat in 't vak".
En ons praat ook van 'n "landrot", wat eintlik 'n landrat beteken.
Die Afrikaners het dus êrens 'n moeilikheid gehad om die verskeie
gedaantes van dieselfde woord in hulle taal te assimileer en het toe
daarvoor 'n andere logika gevolg.
Merkwaardig is nietemin dat die Afrikaanse woord "rat" tog nog met 'n
'd' geskryf word in sekere uitdrukkinge waar hierdie woord nog steeds
dieselfde betekenis het soals in "raddraaier" , "radbraak",
"raderboot" of "raderwerk" en dan gebruik hulle selfs nog die meer-
voudsuitgang van die Nederlandse woord "rad" = "raderen"!
En dan vind ek ook die andere betekenis van die Nederlandse "rad"
nie in Afrikaans terug nie soos in die uitdrukking: "Hij is rad van
tong". Dit wil sê: "Hy is welsprekend".
Ek verstaan baie goed waarom die Afrikaners ons Nederlands
eenvoudiger gemaak het. Nederlands sou baie moeilik gewees het
vir die vreemde mense wat hulle in die Kaapprovinsie ontmoet het. Toe
het die swartmense en die slawe met die Nederlands gedoen wat die
Kelte met die Duits en die Gote in Frankryk met die Latyn gedoen het:
'n bietje herkou soos 'n koei dit doen en dan weer insluk. Hm, maar ek
bly daarby dat Arthur 'n raddraaier is. Ek bedoel daar nie mee nie dat
hy teenoor elkeen so is maar hy wil Annette verlei en daarom wring hy
homself in allerlei krommings en draaie.
Uiteindelik het iemand besluit om `n afrikaanse news group begin.
OK ek hoop nie hierdie is een van daai suiwer afrikaanse groepies nie
want ek tik hom maar soos ek praat. As dit is flame my en verskoon my
dan maar.Is hierdie die plek waar `n mense iets soos alternatiewe
afrikaanse musiek ook sou kon bespreek? Nikkie, is dit Nikkie, kan ek
met Nikkie praat... Sorry ek is so bietjie gesidetrack daar. in
elkegeval dit is nice om `n afrikaanse news group te sien.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Hierdie is vir die Hollandse en Vlaamse lede wat hier pos.
Gaan kyk na http://www.ned.univie.ac.at/publicaties/taalgeschiedenis/nl/ afrikaans.htm
Dis 'n publikasie oor die ontwikkeling van afrikaans. Kort (net 5 Page
Downs op my monitor) en tot die punt.
As julle almal dalk taalkundiges is en weet van hierdie saak, ignoreer
asseblief.
Wouter:
> Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
> is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
> Methinks the lady doth protest too much...
Gloudina
Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.
Ek vertel toe vir hom die Idiome-boek praat
net van "rat voor die oë draai." Toe sê hy hulle
is verkeerd.
Wouter
Ek het 'n Afrikaanse onderwyseres se opinie gevra. Sy sê jou man dop. Sy het
gaan naslaan en sê die woord "rad"oorleef slegs in enkele taamlik onbekende
frases, soos bv. "galg en rad aanmekaar praat", 'n uitdrukking wat ek nie
ken nie. Wat sou die oorsprong daarvan praat, dit beteken bllykbaar om baie
te praat. Vandag sal ons seker sê "hond uit 'n bos praat"
So dit was blykbaar dekades gelede gangbare Afrikaans gewees, maar dit is
nie meer nie. Dit kwalifiseer nou as 'n gewone spelfout. Die Afrikaanse
woord "rat" het ook die betekenis van 'n outydse martelwieletjie (ook van
radius afgelei?) en dus blykbaar die een wat hulle so voor jou oë draai. Ek
lei af dis rad in Nederlands?
Wat sou die Nederlands vir 'n rat wees, daardie wiel met tande wat in Engels
"gear" genoem word? Interessant, die Duitse woord "rat" spreek hulle raat
uit en dit beteken raad, soos in 'n dorpsraad. Sou dit ook 'n sirkel-afkoms
hê?
Gloudina
En ons Afrikaanse woordeboek het die woord "rad"
maar sê dan mens moet kyk by die woord "rat."
Wouter
Maar wanneer is hy uitgegee?
Gloudina,
of bietjie daar by die Afrikaanse professore rondvra
in Stellenbosch en sien of hulle "rad voor die oë
draai" uit en uit sal verwerp as 'n geldige uitdrukking
in Afrikaans.
Walter
Die dame wat ek gevra het het haar nagraadse studie
daar gedoen. Die antwoord is klaarblyklik ja, die
spelfout sal beslis gekorrigeer word.