Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Spoedgrens

So., 02 Desember 2001 10:05

Die spoedgrens in Wes Australië is m.i.v. 1 Desember 2001 verander na 50 kph
in beboude gebiede, tensy anders aangedui. Hulle reken dit sal padsterftes
drasties verminder.

Nou giggel ek so effe onder my snor. Die odd siel wat na groener weivelde
verhuis as gevolg van 'n motorongeluk hier is Aus is onbeduidend. Dat dit
wel die staastskas met etlike miljoene sal aanvul as gevolg van boetes wat
ge-in is - dit kan ek wel glo en is 'n "aanvaarbare" verskoning. Tien km per
uur ... gmf.

Lanklaas in SA gewees. Ek wonder nou wat die laaste statistiek vir SA paaie
is? Het die telling per minibus taxi al gedaal sedert 1998?

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

selnommer

So., 02 Desember 2001 05:59

DD het jy al jou ou cell nommer gekry? of moet ek jou ou cell nommer op die
ng sit dat almal vir die dief kan bel en sê wat ons van hom dink :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Annette

Sa., 01 Desember 2001 08:39

Annette
Was vir 'n ruk van die internet af
Hardeskyf met alle inligting verlore
Stuur aub vir my jou tel nommer

Toergroep gaan hierdie week vir twee dae Kaap toe
Slaap Dinsdagnag by De Grendel se koshuise

Harry

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

hardedryf blues

Sa., 01 Desember 2001 08:29

............ en so het daar 'n week verby gegaan dat ek moes wag vir 'n nuwe
hardeskyf.
My Fujitsu het na 9 maande opgepak. nou het hulle vir my 'n Maxtor in sy
plek gestuur. Ek het 'n hekel in hierdie 'noname brand' produkte. My ou
Seagate 1Gig en Western Digital 1.2Gig werk nog steeds. Hulle klap en kraak
wanneer hulle werk, maar hierdie geruislose, 7500 rpm, 3 jaar waarborge
produkte kan hulle maar hou.
Gelukkig stoor ek alle e-pos en nuusgroepe op 'n ander dryf en hoef dit net
weer op te tel, so ook my adresboek,
anyways, julle het my nie gemis nie, maar ek het julle gemis :-) erm .....
korreksie ..... net party van julle ;-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Afrikaanse musiek en Annette se wurmpie

Sa., 01 Desember 2001 03:14

Ek het terloops:))
Maar ek is nog steeds nie 'n wurmpie nie:)))
Annette

news:5c2g0uo8bidcng4jpppvbo3q4abn6fgdue@4ax.com...
> On Fri, 30 Nov 2001 17:45:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dis omdat ek 'n dogtertjie is. Ek het nie 'n wurmpie nie;))))
>
> Ooooooooo....:-)))
> (Terloops, het jy al mooi na jou kaartjie gekyk? ) :-)))
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Piet Pompdonkie

Vr., 30 November 2001 21:46

Ek dag jy het dit geïmpliseer?
Woon en werk jy in Gauteng?
Vertel tog vir ons, waar werk jy?

Piet Bevraagtekendonkie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

...en Annette...

Vr., 30 November 2001 21:09

...daar's toe geen virus nie. Dit was net google wat wacky geraak het.
Nogal snaaks. My sakie by die werk het omtrent 15 ernstige antivirusse
in, maar daai boggeroppie (reg gespel DD en Ta' Hess?) het hier by die
huis ook uitgeslaan, waar ek ook sterk teen HIV en ander virusse
beskerm word!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Friekaans

Vr., 30 November 2001 20:47

Hieronder het ek 'n beriggie gepos vir ons Hollandse en Vlaamse
vriende. Toe dit uitkom, deur google, toe is daar 226 boodskappe! Al
wat ek wou se is, gaan kyk na
http://www.ned.univie.ac.at/publicaties/taalgeschiedenis/nl/ afrikaans.htm.
Wow!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rad = rat; rat = rot

Vr., 30 November 2001 17:35

Hallo, elkeen,

Wat is dit tog 'n snaakse toestand op hierdie nuusgroep omtrent die
woord "rad"? Ek het daar self van opgekyk.
'N "rad" is in die Nederlands ditselfde as 'n wiel maar dit word in
Afrikaans met 'n 't' geskryf, dus "rat" (meervoud: ratte).
As die Nederlanders egter oor 'n "rat" (in hulle taal) praat dan
bedoel hulle 'n "rot" (in Afrikaans). Dis 'n knaagdier.
In die Nederlands en die Vlaams bestaan die woord "rot" als 'n
newevorm van die woord "rat". Ons sê byvoorbeeld:"Hij is 'n ouwe
rot in 't vak!" en dis ditselfde als: "Hij is 'n ouwe rat in 't vak".
En ons praat ook van 'n "landrot", wat eintlik 'n landrat beteken.
Die Afrikaners het dus êrens 'n moeilikheid gehad om die verskeie
gedaantes van dieselfde woord in hulle taal te assimileer en het toe
daarvoor 'n andere logika gevolg.
Merkwaardig is nietemin dat die Afrikaanse woord "rat" tog nog met 'n
'd' geskryf word in sekere uitdrukkinge waar hierdie woord nog steeds
dieselfde betekenis het soals in "raddraaier" , "radbraak",
"raderboot" of "raderwerk" en dan gebruik hulle selfs nog die meer-
voudsuitgang van die Nederlandse woord "rad" = "raderen"!
En dan vind ek ook die andere betekenis van die Nederlandse "rad"
nie in Afrikaans terug nie soos in die uitdrukking: "Hij is rad van
tong". Dit wil sê: "Hy is welsprekend".
Ek verstaan baie goed waarom die Afrikaners ons Nederlands
eenvoudiger gemaak het. Nederlands sou baie moeilik gewees het
vir die vreemde mense wat hulle in die Kaapprovinsie ontmoet het. Toe
het die swartmense en die slawe met die Nederlands gedoen wat die
Kelte met die Duits en die Gote in Frankryk met die Latyn gedoen het:
'n bietje herkou soos 'n koei dit doen en dan weer insluk. Hm, maar ek
bly daarby dat Arthur 'n raddraaier is. Ek bedoel daar nie mee nie dat
hy teenoor elkeen so is maar hy wil Annette verlei en daarom wring hy
homself in allerlei krommings en draaie.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Muisdonkie

Vr., 30 November 2001 16:21

>> Piet Bevraagtekendonkie

> Danielle
> Hakkel jy so bietjie vanoggend Petrus?
> (Of is dit net ek wat dubbel sien?) :-)

Hallo Danielle
Laat ek jou iets vertel
Hierdie donkie swik en weeg
Sy gemoed is biekie leeg

Want Tinkerbell dié het 'n pyn
En Kinky het verdwyn
Dit klink nie lekker nie
Weettie wat het ek gesondig nie

Nou is dit net ons twee
Wat vreugde nog kan gee
'n Donkie en 'n muis
Op 'n nuusgroep baie tuis

Dis naweek in ons land
Kuier die land nou aan die brand
Ek's biekie baie moedeloos
Ek voel net soos 'n boks

Maar ag die blues sal dalk verdwyn
As die son so helder skyn
Dan sing ek weer fluit-fluit
Tot streepmuis se ore tuit

Piet Streepdonkie

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1834): [ «    817  818  819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 18:11:05 UTC 2026