Net om te sê my meisiekind het veilig in Duitsland geland, haar e-pos borrel
oor. Sy sê dis koud en dit gaan nog baie kouer word. Sy het nou 2 weke
saam met almal na die skool (en sien vreeslik daarna uit!) en moet met die
trein ry. Maandag sal sy by die winkels vir eksta klere moet gaan kyk, soos
julle aanbeveel het.
Hoeveel mense hier het met 'n lyer op 'n daaglikse basis te doen?
Hoeveel mense hier het 'n ouer of familielid wat aan hierdie vreeslike
siekte ly?
Annette
Dit help nou maar net nie om voor te gee oor goed net om polities korrek te
probeer wees nie.
Die feit bly staan dat mens opgroei met sekere vooropgestelde idees wat mens
van kleinsaf ingeprent word deur ouers, onderwysers, politici en die kerk.
Nie almal van ons op aarde is laterale denkers wat dinge vir hulself probeer
uitklaar, ongeag wat die media en watter organisasie hulle ookal aan behoort
vir hulle voorhou nie.
Dus tans kan mens seker met sekerheid sê die volgende algemene aannames word
deur die meeste Suid-Afrikaners gedoen ( ons praat nou van gewone mense -
nie politici nie)
As daar gepraat word van witboordjie misdaad - Afrikaanssprekende Suid-
Afrikaner.
Swart Suid-Afrikaners word eerste aan gedink as die die volgende misdade
deesdae genoem word:
Moord, verkragting, roof, diefstal, korrupsie en meineed.
Die feit dat veralgemenings 'n onding is, word weerspreek deur dat
bogenoemde aannames daagliks bevestig word deur inhegtenisnemings en
skuldigbevindings.
Ek voel bitter jammer vir die ander mense van daardie groepe wat eerlike,
wetsgehoorsame burgers is, maar slegs deur die algemeen aanvaarbare stigma
ook as misdadigers geklassifiseer word.
Ek dink ons moet gaan kyk wat die Engelssprekendes, Indiërs, Kleurlinge,
Oosterlinge, Grieke en Portugese nou juis so reg doen dat sulke misdade
nooit outomaties aan hulle toegedig word nie, al is daar van hulle wat hul
wel aan sulke misdade skuldig maak.
Annette
Annette, ek het jou e-mail na my werkadres gekry sonder enige boodskappe
daarin. My pos na jou het teruggekom. onafgelewer.
Ek is met verlof vir sie mand. Sal weer probeer as ek by die werk is
Wentzel
Almal word uitgenooi om 'n Nuwe Naam vir die Noordelike Provinsie uit te
dink, en dit voor Januarie in te stuur.
Die rede?
Die naam Noordelike Provinsie trek glo nie beleggers na die provinsie nie.
Janee - dons op tot die mense nie meer iets met jou te doen wil hê nie, kry
dan 'n ander naam, en gaan maar net voort op dieselfde trant .
Miskien kry hulle genoeg voorstelle om so elke jaar of tien van naam te
verander:))
Annette