Die maand Desember is gewoonlik 'n rustige tyd in die politiek. Die jaar
1912 was egter 'n uitsondering en dan sommer 'n uitsonderlike uitsondering.
Dit was 'n woelige, spannende maand omdat Gen JBM Hertzog, die groot
kampvegter vir die Afrikaner na die Engelse Oorlog, die konsiliasie-politiek
van Gen Louis Botha aangeval en verwerp het as lid van die Botha-kabinet. So
skep Gen Hertzog 'n nuwe polarisasie in die politiek - Afrikanernasionalisme
téénoor Gen Louis Botha se verengelsingsbeleid.
Dit was 'n moeilike tyd. Skaars 12 jaar vroeër is die republikeinse
Afrikaner se geledere verdeel in Bittereinders aan die een kant en
hensoppers en joiners aan die ander kant. Terwyl daardie verdeling nog vars
is, kom daar weer 'n verdeeldheid. Dit gaan wesenlik oor dieselfde saak as
gedurende die oorlog net die rolspelers verskil.
Die vraag nou is of die Afrikaner geestelik, kultureel, polities maar deel
moet word van die Engelse wêreld waarin hy nou staatkundig vasgevang is. Gen
Hertzog se antwoord is Nee ! en daarom hys hy die vaandel van
Afrikanernasionalisme. In die Unie van Suid-Afrika kom dit amper neer op
hoogverraad teen Engeland ! Maar Gen Hertzog se standpunt : Daar kan vir die
Afrikaner net stilswyend en hoflike opgaan in die Engelse leefwêreld wees of
manlike, onaangename stryd vir die handhawing van 'n selfstandige
Afrikaner-Volksbestaan. Dit was 'n moeilike keuse met die oorweldigende
Engelse kulturele en politieke mag teenoor die Afrikaner.
Geen wonder dat Gen Hertzog se toespraak by De Wildt Gen Louis Botha
paniekerig laat reageer om Gen Hertzog uit die kabinet te kry. Hy wou die
Engelse paai en maak dan sy eie mense kwaad. So skryf een van Gen Hertzog se
vriende aan hom : "En so, ou vriend, is jy dan vir tyd en wyl op die altaar
van papbroekigheid gelê."
Op 28 Desember word 'n landswye vergadering in Pretoria gehou om Gen Hertzog
te steun. Ongeveer 5 000 mense woon die vergadering in Prinsespark by waar
die sprekers 'n komposhoop as 'n platform moes gebruik. Een van die
hoofsprekers was Gen Christiaan de Wet wat daar gesê het : " ... dat hij
liever op een mesthoop onder zijn eigen volk was, dan op het schitterendste
spreekgestoelte onder vreemdelingen ..." Hy het sy toespraak ge-eindig om
dat vra dat sy volk : " ... moesten hun nationaliteit niet weggeven ..."
Gen Hertzog het na die Engelse Oorlog die simbool en stem van
Afrikanernasionalisme geword. Hy laat die Afrikaner polities her-rangskik om
sodoende die vlam van Afrikaner-nasionalisme brandende te hou.
Die Mishoop-vergadering word 'n baken in die heroplewing van
Afrikanernasionalisme en help om Afrikanernasionalisme as een van die
invloedrykste strominge in die Suid-Afrikaanse politiek te vestig.
Uit hierdie moeras kan slegs 'n blanke lelie spruit ...
Keppler is soos 'n moses in hierdie dae ...
Daar is slegs een manier om die arrogante "flyfarmers" (Australianers) se
smoele te sluit ...
**********************************
Agter elke donker wolkie 'n silwer randjie,
kyk vir jou persentjie in die wasgoedmandjie ...
**********************************
In die geheel is die verbeterde matriekuitslae bemoedigend. 'n Slaagsyfer
van 60% is 'n aansienlike verbetering op syfers van onder die 50% enkele
jare gelede.
'n Sinvolle vergelyking met verlede jaar se syfers is baie moeilik,
aangesien die groter aandeel van jaarpunte in die eindpunt 'n positiewe
uitwerking op die resultate kon hê.
Die situasie in Mpumalanga, waar die slaagsyfer van 53% na 46% gedaal het,
is uiters kommerwekkend. Dit is veral opvallend dat Mpumalanga juis die
provinsie is waar die onderwysowerhede 'n vendetta voer teen voormalige
model C skole. Mpumalanga se rassitiese onderwysagenda het hom nou gewreek
op die gehalte van sy onderwys. Die AEB doen 'n beroep op die minister van
Onderwys, Kader Asmal, om spesiale maatreëls te tref wat Mpumalanga se
onderwysowerhede sal dwing om van eie agendas af te sien, presterende skole
met rus te laat en te konsentreer op hul basiese taak.
Die slaagsyfer van 99% onder die 5 414 kandidate van onafhanklike skole,
moet spesiaal vermeld word. Hierdie prestasie moet dien as 'n wekroep tot
die minister om privaatskole met rus te laat en dit as 'n belangrike bate in
die onderwysopset van Suid-Afrika te beskou. Pogings tot inmenging in die
leerplanne wat deur hierdie skole gevolg word, moet onmiddellik laat vaar
word, aangesien die uitslae 'n bewys is daarvan dat die verbesondering van
hul leerplanne die beste resultate oplewer.
Zimbabwe: Suid-Afrika se regering steun Mugabe se vernietigende
beleidsrigtings
In...@groep63.org.za
Niks het Suider-Afrika die afgelope jare soveel skade berokken as pres.
Robert Mugabe se skending van die demokrasie in Zimbabwe en die steun van
die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) vir hierdie noodlottige
beleidsrigtings nie.
Wat die situasie vererger, is Suid-Afrika se steun aan pres. Mugabe. Die
Suid-Afrikaanse regering het byvoorbeeld op 11 Desember 2001 as lid van 'n
afvaardiging van ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
(SAOG) sy volmondige steun aan pres. Mugabe toegesê.
Daarmee is die ideaal van 'n Afrika-Renaissance en die ekonomiese opbou van
Suider-Afrika waarskynlik die ergste terugslag in jare toegedien. Die
Suid-Afrikaanse rand het onder andere as gevolg hiervan in wat genoem word
in 'n "vryval" gegaan met verreikende ekonomiese gevolge vir alle
Suid-Afrikaners. Op een stadium het dit 40% van sy waarde sedert die begin
van die jaar verloor.
Met sy optrede van 11 Desember en in die weke daarna het die Suid-Afrikaanse
regering vir die eerste keer amptelik en openlik sy gewig op hierdie hoë
vlak by die despotiese pres. Mugabe ingegooi wat elke denkbare beginsel van
die demokrasie in sy land ondermyn het en nou besig is om 'n eens florerende
ekonomie ten gronde te rig.
Veral fataal was die Suid-Afrikaanse regering se instemming met pres. Mugabe
se wanvertolking dat die Zimbabwiese kwessie oor grond gaan - terwyl dit
duidelik is dat grond bloot misbruik word as instrument vir sy
herverkiesingsveldtog.
Suid-Afrika se steun aan Zimbabwe is daarna bevestig met 'n besoek van die
ANC aan Zanu-PF en 'n verklaring deur die ANC wat ontken het dat daar enige
verdeeldheid tussen hulle bestaan. "Pres. Mbeki is 'n vriend van pres.
Mugabe en sal dit bly," het die ANC gesê.
Veral belangrik is dat die SA Regering hiermee volledig bevestig het dat die
Groep van 63 gelyk gehad het toe hy op 5 Mei vanjaar in 'n omvattende
strandpuntinname verklaar het:
"Die Suid-Afrikaanse regering verleen, volgens alle aanduidings, steun aan
die regering van Zimbabwe, en oefen geen 'stille diplomasie' uit om die
bewind van pres. Robert Mugabe tot ander insigte te bring nie."
Die Groep was vir 'n baie lang tyd die enigste wat die oënskynlik weifelende
en lukrake optrede van pres. Thabo Mbeki korrek vertolk het as steun aan die
Zimbabwiese regering.
In teenstelling hiermee het 'n groot groep Suid-Afrikaanse waarnemers
volgehou dat pres. Mbeki met sogenaamde "stille diplomasie" probeer om pres.
Mugabe tot ander insigte te bring. Selfs die Minister van Justisie, dr.
Penuell Maduna, se uitlating op 7 Maart vanjaar dat Zimbabwe die oppergesag
van die reg in ere hou - wat heeltemal onwaar was - het hulle nie van
standpunt laat verander nie.
Om verstaanbare redes wil veral 'n minderheid soos die Afrikaners maar graag
glo dat pres. Mbeki gekant is teen pres. Mugabe se beleid.
Na die jongste gebeure kan die Groep van 63 se vertolking egter nie meer
weerlê word nie. Die ondertekening deur die Suid-Afrikaanse lid van die
SAOG-afvaardiging, mnr. Membathisi Mdladlana, van 'n SAOG-verklaring van
vier bladsye waarin al die versekeringe van die Zimbabwiese regering sonder
meer aanvaar is, is die verdoemendste getuienis tot dusver en geheel en al
oortuigend.
In die verklaring word geen kritiek teen die Mugabe-regime uitgespreek nie,
maar eerder "besorgdheid" oor die "verwronge" en "negatiewe" persepsies wat
deur die internasionale en streeksmesia uitgedra word" - 'n dag voordat die
Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai, deur pres. Mugabe se
polisie gearresteer is op 'n klaarblyklik kunsmatige klag.
As vernaamste streeksmoondheid het Suid-Afrika met sy steun sodoende
meegehelp om die Abuja-ooreenkoms van 6 September, waarvolgens die
Zimbabwiese regering wet en orde moet herstel en die demokrasie moet
handhaaf, verder te ondermyn.
Die SAOG-verklaring en die ANC se besoek aan Zanu-PF is opgevolg met 'n
waarskuwing deur die Statebond dat dit sal oorweeg om Zimbabwe te skors as
gewelddadige plaasbesettings en politieke viktimisasie nie gestop word nie.
Hierdie verklaring toon maar net weer hoe uit pas Suid-Afrika is met die
siening van die Statebond, waarvan hy 'n lid is.
In plaas daarvan om die stem van rede en 'n baken vir die demokrasie in die
streek te wees, het die Suid-Afrikaanse regering hom gevoeg by diegene wat
met hulle optrede besig is om die demokrasie en alle vooruitsigte van
ekonomiese herstel te vernietig.
Hiervoor gaan alle Suid-Afrikaners, maar veral die armes, in die volgende
maande 'n duur prys betaal.
Soos tydens die apartheidsjare, het Suid-Afrika met sy houding standpunt
ingeneem teen die fatsoenlike demokratiese internasionale mening. Die
volgende instellings het byvoorbeeld die Mugabe-regime oor die afgelope
maande veroordeel:
Die VN se kommissaris vir menseregte, mev. Mary Robinson
die Internasionale Balieraad
die Statebond
die Internasionale Kommissie vir Juriste (ICJ)
die president van Suid-Afrika se Konstitusionele Hof en die waarnemende
Hoofregter van Suid-Afrika
die Zimbabwiese Balieraad
die Zimbabwiese Prokureursorde
die Amerikaanse Kongres
die Europese Unie
'n groot aantal menseregtegroepe soos Amnesty International, Human Rights
Watch en soortgelyke organisasies binne Zimbabwe en
die International Crises Group.
Veral insiggewend is dat die Amerikaanse president, pres. George W. Bush, op
Vrydag, 21 Desember 2001 die Zimbabwe Democracy and Economy Recovery Bill
onderteken en dit gevolglik 'n Amerikaanse wet gemaak het. In die betrokke
wet word voorsiening gemaak vir sanksies teen Zimbabwiese leiers.
In die SAOG-verklaring het Suid-Afrika egter die betrokke strafmaatreël
gekritiseer!
Die Europese Unie is ook in 'n gevorderde stadium om sanksies teen Zimbabwe
in te stel. 'n Vergadering tussen die EU en die Zimbabwiese regering word
binnekort in Brussel, België, gehou volgens 'n EU-meganisme wat voorsiening
vir laaste gesprekke maak voordat sanksies ingestel word.
Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, asook etlike
individuele Europese regerings, het reeds opgehou om Zimbabwe geldelik te
help.
Intussen weier die Mugabe-regering om internasionale waarnemers vir Maart se
presidentsverkiesing toe te laat in stryd met etlike verklarings van die
Statebond en EU wat pres. Mugabe reeds onderteken het.
Terwyl 'n Amerikaanse hof reeds beslis het dat pres. Mugabe se Zanu-PF
verantwoordelik was vir intimidasie en geweld tydens verlede jaar se
parlementêre verkiesing, het menseregte-organisasies soos Human Rigts Watch
duidelik gesê dat die Zimbabwiese regering menseregte skend. Oorgenoeg
getuienis bestaan dat die vlak van geweld, wat politieke moorde,
viktimisasie en geweld insluit, geensins afneem nie.
Die gesaghebbende International Crisis Group (ICG) wat onder leiding van 'n
gewese president van Finland, mnr. Martthi Ahtisaari, staan, het onlangs, na
'n ter plaatse ondersoek, 'n lywige verslag vrygestel waarin hy verklaar het
dat Zimbabwe hom in 'n "baie ernstige krisis" bevind en dat die staat aan
die leiding van die geweld in die land staan.
Die ICG het aanbeveel dat die internasionale gemeenskap sanksies teen
Zimbabwe instel as pres. Mugabe nie tot besinning kom nie.
Suid-Afrika se steun as SAOG-lid aan Zimbabwe het feitlik volledig saamgeval
met 'n uitspraak deur die Amerikaanse onderminister van buitelandse sake,
mnr. Walter Kansteiner, vroeg in Desember in Pretoria dat Amerikaanse
kongres, pres. Thabo Mbeki (sic!), die Europese Unie en die Statebond dit
eens is dat die situasie in Zimbabwe nie goed verloop nie, dat dit nie in
die regte rigting beweeg nie en dat die internasionale gemeenskap en die
streekbure beswaar moet maak.
Intimidasie, regeringsgesteunde geweld en 'n verbod op buitelandse
joernaliste in die land is deel van 'n patroon wat aandui dat ons nié te
doen het met 'n deursigtige, oop proses nie, het hy gesê.
Kort nadat Suid-Afrika as SAOG-lid sy steun aan Zimbabwe se regering
uitgespreek het en voordat die ANC se afvaardiging Harare besoek het, het
Zimbabwe se inflasiekoers tot hoër as 100% gestyg. Pres. Mbeki en die
Suid-Afrikaanse Regering het egter verkies om hieroor te swyg.
Pres. Mbeki het tot op hede elke denkbare geleentheid verspeel om die skade
wat sy Zimbabwiese ampsgenoot die sub-kontinent berokken, te versag of teen
te werk. In plaas daarvan het sy onbeholpe beleidsrigtings die ontwrigtende
en vernietigende gevolge van die beleid vir Suid-Afrika eerder verhoog.
Dit was nog altyd die Groep van 63 se standpunt dat die Zimbabwiese situasie
relevant vir die Afrikaanse minderheid is omdat minderheidsbelange daar
wesenlik ter sprake is. Pres. Thabo Mbeki se optrede sou beslis as
belangrike toets dien om sy houding oor minderhede te probeer peil.
Die Afrikaanse minderheid behoort tot aansienlike ongerustheid gestem te
word as hy waarneem hoe Suid-Afrika se staatshoof 'n beleid van intimidasie
en vervolging teen 'n magtelose klein minderheid in 'n buurland goedkeur.
Nie net gee Suid-Afrika sy steun aan die manipulering van die regbank en die
skending van die oppergesag van die reg nie, maar ook aan die aanhoudende en
stelselmatige rassistiese viktimisering van 'n lojale, maar magtelose klein
minderheid.
Vir die Suid-Afrikaanse Regering is sy standpunt so belangrik dat hy bereid
is om die internasionale mening teen te gaan en oor 'n lang tydperk self 'n
ekonomiese offer te bring met die verlaging in die waarde van sy
geldeenheid.
Suid-Afrika en die wêreld kon die afgelope dae sien hoe dat die rand tuimel
van die een laagtepunt tot die volgende laagtepunt.
Aangesien die waarde van 'n land se geldeenheid gesien word as 'n barometer
vir die vertroue wat daar in die land bestaan, is dit duidelik dat
Suid-Afrika nie juis veel vertroue by die wêreld inboesem nie.
Telkens word daar die een of ander rede aangevoer vir die dalende rand.
Zimbabwe bly steeds 'n gerieflike verskoning. Die krisis wat in Argentinië
ontstaan het, het ook 'n geweldige invloed uitgeoefen, en die nuus dat die
adjunk-president van die Reserwebank nie weer sy kontrak gaan hernu nie, het
ook skokgolwe veroorsaak. Met sy vertrek is daar nog 'n bron kundigheid wat
vertrek, en ingevolge die ANC-bewind se affirmative action-program kan 'n
mens maar net asem ophou oor wie sy pos gaan inneem, en wat die nuwe
aanstelling se kwalifikasies, agtergrond en vermoëns gaan wees.
Die werklike rede vir die gebrek aan vertroue moet egter by die ANC-bewind
self gesoek word. As hy nie self bereid is om die dalende rand te ondersteun
nie, waarom sal iemand anders dit dan wil doen? Intussen is daar steeds
onsekerheid oor hoe die ANC werklik staan teenoor Robert Mugabe van
Zimbabwe. Aanvanklik was dit 'n sogenaamde stille diplomasie wat gevolg is,
later 'n sterker standpunt van afkeur, maar intussen blyk dit dat daar
steeds goeie vriendskapsbande bestaan.
Watter belegger het ook lus om sy geld te pomp in 'n land waar daar steeds
dreigemente is van herverdeling van grond? As basiese eiendomsreg nie eers
verseker kan word nie, gaan niemand wat by sy volle verstand is, sy risiko's
verhoog nie. Die feit dat bekende Suid-Afrikaanse maatskappye soos Anglo
American en selfs SA Brouerye op ander beurse noteee en hoofkantore
buiteland toe skuif, stuur ook 'n boodskap van wantroue na die buitewêreld
uit. Dit is algemeen bekend dat groot maatskappye gewoonlik meer weet wat
agter die skerms aangaan omdat hulle 'n bepaalde vermoë tot manipulasie
besit. Dit is dus duidelik dat hierdie groot geldinstellings iets weet wat
die gewone publiek nie weet nie.
Daarbenewens het die ANC-bewind net na sy oorname die land se ekonomiese
status vrywillig verlaag. Die een dag was ons nog 'n ontwikkelde land, en
die volgende dag kondig die ANC aan dat ons nou 'n ontwikkelende land is,
skynbaar in die hoop dat hy ook hier en daar sy hand kan hou vir 'n
aalmoesie van die ryker lande in die wêreld. Die wêreld het dit egter
dadelik vertolk as 'n agteruitgang, en niemand het vertroue in 'n besigheid
of land wat agteruit boer nie. Vandat ons 'n ontwikkelende land is, val ons
in dieselfde kategorie as werklik ontwikkelende lande soos Argentinië.
Vandaar dat die wêreld geen vertroue in ontwikkelende lande het nie, want
skynbaar vorder hierdie lande ook nie juis nie.
Dit is mooi om nou te sê dat die lae randwaarde ons uitvoere bevoordeel.
Maar uiteindelik het die gewone Jan Publiek daar geen voordeel van nie. Dit
is die mynmagnate wat weer die voordeel in hulle sak sit, sonder om dit te
gebruik vir werkskepping of ander welvaartskeppende projekte. Die publiek
voel die teenoorgestelde met brandstofpryse wat styg, wat weer lei tot
verdere stygings op elke terrein.
Die ekonomiese wanbestuur van die ANC-bewind beklemtoon al hoe meer die
noodsaaklikheid van 'n volksekonomie, oftewel 'n ekonomie binne 'n ekonomie.
Hierdie eie ekonomie kan 'n baie magtige wapen wees in ons uiteindelike
algehele volksvryheid.
Op Sondag 20 Desember 1914, vandag sewe en tagtig jaar gelede, het 'n
vuurpeloton van Jan Smuts Jopie Fourie koelbloedig in die agterplaas van die
tronk in Pretoria vermoor.
Hierdie moord was die gevolg van Jan Smuts en Louis Botha se besluit om die
Boerevolk op die offertafel van die Eerste Wêreldoorlog te plaas in hulle
drang om persoonlike aansien by die vyand van die Boerevolk te wen. Selfs
jongmanne wat die Britse moordkampe oorleef het, maar broers, susters en
moeders daar verloor het, is sinies opgevorder om as kanonkos vir Engeland
te dien en Duitswes-Afrika op 'n laakbare wyse binne te val.
Teen hierdie besluit het Jopie Fourie en ander rebelle in opstand gekom. Die
uiteinde van die saak is dat Jopie Fourie voor 'n vuurpeloton vermoor is.
Daarmee het Jopie Fourie en Jan Smuts na vore getree as twee uiterste tipes
in die bestaan van die Boerevolk: Die kolonialer, Smuts, wat enigiets sou
doen om tog maar net 'n kloppie op die skouer by die Engelse veroweraar te
verdien; wat vernederend voor sy vreemde base kruip; en wat die Boerevolk
sinies uitbuit en selfs laat vermoor om sy dienstigheid aan die vyand te
toon.
Daarteenoor die beginselvaste Jopie Fourie wat pal staan by God, volk en
vaderland; Jopie Fourie wat nie soos 'n banggeslaande hond die hand lek wat
die sweep vashou nie. En vandag, soveel jaar na sy dood, dien Jopie Fourie
nog steeds vir elke ware Boer as voorbeeld van onwankelbare trou.
Vandag kan elkeen van ons bepaal of ons op koers is deur onsself af te vra:
Tree ek soos Jopie Fourie op of soos Jan Smuts? Is ek getrou aan God, volk
en vaderland, of doen ek maar soos die vyand vir my voorskryf?
Praat ek Afrikaans, of papegaai ek maar die vyand se terme agterna? Praat ek
ook in die taal van die veroweraar van 'n siedie of seedee in plaas van
straalplaat of straalskyf, wat my Vlaamse neefs my bied? Of het die ou
Transvaal ook al vir my so 'n verleentheid geword dat ek van die vyand se
veroweringsnaam Gauteng of Mpumulanga praat? Is ek nog trots genoeg om my
eie simbole te vertoon, of leef ek al saam met die veroweraar se vlag en
volkslied?
Jopie Fourie het sonder huiwering die hoogste opoffering gemaak. Sou iemand
vir wie dit te veel van 'n opoffering is om 'n Afrikaanse woord of volkseie
simbool te gebruik, 'n Jopie Fourie genoem kon word? Daar is geen
inspanning, geen straf, geen geldverlies, geen gevaar vir iemand wat sy eie
respekteer en bevorder nie. Hoe sou iemand wat so maklik kapituleer en sy
eie taal en simbole prysgee, optree wanneer daar regtig gevaar is en regtig
opofferings vereis word?
Vir sy verraad en verengelsing het Jan Smuts 'n mooi uniform en die rang van
veldmaarskalk gekry. Hy is na vergaderings, onthale en konferensies genooi
en selfs die kans gegee om kruiperig om die Britse koningsgesin te kloek.
Diegene wat vandag Afrikaans versaak om ewe dienstig Engelse terme na te
praat kry niks! Hulle doen dit gratis! Ver van Jopie Fouries, kan hulle nie
eers Jan Smutse genoem word nie, want hy kon darem nog die verskoning van
vergoeding vir sy verraad aanvoor!
Mag die Boerevolk weer 'n volk van Jopie Fouries word! Jopie Fourie het sy
lewe gegee - mag die geskiedenis nie nodig hê om van ons geslag aan te teken
dat ons te pap en te pateties was om uit te staan vir ons eie nie.
As twee miljoen Gautengers gedurende die Kersvakansie uitwyk na die kus en
ander binnelandse vakansieoorde, maak dit klaarblyklik nie 'n duit verskil
aan die populasie hier nie. Totaal teen ons jaarlikse tradisie van wegbly
van enige opeenhoping van die mensdom die laaste Saterdag voor Kersfees, het
ons vanoggend (Saterdag) besluit om te gaan inkopies doen. (Almal is mos in
Durban en die Kaap op die oomblik).
Die Goue Myl van Boksburg Noord is by uitstek ons geliefkoosde uithangplek,
met die East Rand Mall, restaurante en elke ander denkbare inkopiesplek, kan
mens maklik die hele dag daar deurbring. Ongelukkig dink 'n miljoen ander
mense dieselfde as ons. Tientalle restaurante, 'n string bioskope
insluitende een Imax wat nou tradisioneel orals ingepas word, en die
grootste vlooimark in die land, was almal tjokvol van 'n malende massa mense
wat onwetend seker gemaak het dat Gauteng se geld in Gauteng bly.
Ofskoon ons vroeg gery het om parkeerplek te kry, het niks ons voorberei
vir die toestroming van geldblasers soos ons hier ondervind het nie. Dit het
ons teen 12 namiddag, 'n driekwart uur geneem om UIT die parkeerterrein te
kom.
Maar iets het my en die Tannie mateloos gehinner. Daar was deurgaans 'n
totale afwesigheid van ongeduld, onvriendelikheid en ongenaakbaarheid wat
altoos saam met so 'n massa samedromming van mense gaan. Dit was nie die
Kersfeesgees nie. Dit was nie die bykans totale afwesigheid van Swartes
nie - Gauteng het 'n soort van vrywillige apartheid wat geen ander plek het
nie. Daar was iets anders "missing", iets wat ander Kersfese geirriteer
het, en ek kon nie my vinger daarop lê nie. Eers teen laat vanmiddag het dit
my getref soos 'n bom. Dit kon net een ding wees. In nie 'n enkele winkel
het ons Bony M se Little Drummer Boy gehoor nie. Dink jouself dit in:
Kersfees sonder The Little Drummer Boy! Wat 'n deurbraak!!! Halleluja!!!!