Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kan iemand tog verduidelik?

Sa., 26 Januarie 2002 16:39

Ek het die volgende antwoord ontvang en toe val ek uit die boom uit. Meeste
maak nie sin nie "Net n' kort verduideliking. Sinergisme beteken dat almal
saamstem. Demokrasie beteken dat 50% plus 1 moet saamstem."

Dit gaan nie eintlik oor politiek nie maar oor van bestuurs tegnieke. Hier
word kortliks van twee style gebruik: a) Die voorsitter rammel iets af en
almal stem daarmee saam b) Die voorsitter gaan oor in stemming.

My eerste indruk is dat (a) 'n form van diktatorskap is maar na betragting
kan ek dink aan die Engelse 'concur' (of in Afrikaans 'akkoord'). Daarby is
'demokrasie' 'n bestuur deur die mense en dus moet hulle op een of ander
manier hulle stemme kan voortbring. Dus die nodigheid vir stemmery. '
Sinergisme' is suiwer maniere (of tegnieke) om meer werkverrigting/
produktiweteit (of samewerking) te kry.

So, nou sit ek met die volgende probleme: verstaan ek die antwoord? Nee! So
kan iemand (Tant Hessie?) miskien vertaal? En, wat sou dan 'n term wees vir
die berstuurstyl waar almal altyd saamstem? Bring maar die politiek by.
Miskien verduidelik dit beter.

Ernest

--

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

wildparken in de Noordeljke Provincie.

Sa., 26 Januarie 2002 15:43

Hallo Afrikaners (en Vlamen en Nederlanders).

Mijn vrouw en ik gaan in september/oktober op rondreis door Botswana. Maar
eerst willen we een dag of 8 met de auto naar de Noordelijke Provincie.
Vooral Marakele lijkt ons mooi.
Iemand anders nog leuke tips? Vooral in het gebied van de Waterbergen willen
we onze dagen doorbrengen.

Bedoeling is om daarna naar Botswana te rijden, waar we de auto in Maun
zullen inleveren.
Is deze streek ook veilig? Geen criminaliteit, of zijn er zaken waar je goed
op moet letten?
De auto halen we op in Johannesburg.

Alvast bedankt (baie dankie!).
Vriendelijke groet,
Corné.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nie so lekker nie...

Sa., 26 Januarie 2002 12:08

Ai! Maar 'n mislike sportdag gewees - die Aussies kan maar net nie die
Kiwi's klop nie. Dit nogal op ons Nasionale dag. Waar is hulle
patriotisme?

Gelukkig het die cockroach races darem genoeg pret opgelewer - môre maak ons
hulle weer dood, vandag kry almal grasie.

Dis natuurlik ook die dag waarop baie immigrante burgerskap aanneem - dit is
die derde herdenking van ons burgerskap.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Raai Wat?

Sa., 26 Januarie 2002 10:24

Is die lieflingnaampie vir ons Protea Krieketspan?

Die rugbyspringbokke is die AmaBokkoBokko
Die sokkerspan is BafanaBafana
Die paraplegiese olimpiese span is die AmaKrokkoKrokko

Antwoord:
AmaDuckDuck.

Annette

.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Beplan jou Kaapstad vakansie hier - honderde brosjures!

Sa., 26 Januarie 2002 10:10

Hierdie site het honderde brosjures oor Kaapstad onder "BROSCHURE
ALLEY" en terwyl jy daar is check "PHOTO LIBRARY" vir fantastiese
fotos.

www.clickcapetown.com

Reis & vakansie | 1 kommentaar

kleure

Sa., 26 Januarie 2002 08:38

ek het in die afgelope tyd kleure by die posters op dié ng. gesit.
dit help nogal om gou by sekere mense uit te kom.
die 3 mouseketeers is blou (viva la France) hulle vanne is Frans)
Wouter Plaasvark is rooi (gevaarlik)
Me & Bobby green (racing green)
Gloudina silver (hare) Yep, jy's nog steeds daar. wonders never
cease to happen?

Die wat 'postings' doen onder twee en meer name, het ek klaar met dieselfde
kleur
ge-'mix' ;-)
Met die onderstaande sukkel ek nog met 'n kleur, help tog en gee rede.
Annette
Thys de Wet
Jonas
Sakkie
Lou
Hantamkind
3 ships
Dries Venter
Frikkie Potgieter
emmie (ek het gedink aan wit) :-)
Drom
Voetleuce
Kinky
Kekkelbek
David
Arthur
Wat is daai Flamink :-) se naam wat ook partykeer hier pos?
Wie't ek nog uitgelaat?

--
------------------------------------------------
Our attitude always tells others what we expect
in return.
------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Ma Baker en El Lute

Sa., 26 Januarie 2002 08:06

Almal het seker al Boney M se liedjie gehoor van Ma Baker, the meanest cat
in old Chicago Town. Waar kan ek die geskiedenis van Ma Baker naspoor op die
Internet?

Ek ook die storie van El Lute, die Spanjaard waarvan gese word "he was born
to be hunted like a wild animal". Rasputin was maklik genoeg.

Ek het al wyd en syd gesoek maar kan niks opspoor nie. Iemand wat kan help?

Hantamkind

Musiek & liriek | 5 kommentare

Maak gebruik van die geleentheid

Vr., 25 Januarie 2002 07:08

Die Spier Somerfees is weer aan die gang.
Vanaf 25/1 is Madame Butterfly
Op 3& 4 / 2 is Die Soweto String Quartet
Op 8 & 9/2 Abdullah Ebrahim - " African Suite"

Die wonderlike ding met Spier is dat mens hierdie vertonings kan sien vir
R25, op baie goeie sitplekke.
Net geluk en 'n bietjie beplanning is nodig.
En natuurlik eie vervoer.

Die toegangsfooi sluit 'n koppie koffie/tee, of altwee, en of 'n glas wyn
of twee) in - wat gedurende pouse bedien word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Retief se manifes en Afrikaans

Vr., 25 Januarie 2002 04:02

Retief se manifes en Afrikaans

Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se Manifes
in die Graham's Town Journal in Engels gepubliseer. Hoewel dit deesdae
verbode stof in die staatskole is, bly hierdie manifes met sy duidelike
uiteensetting van die redes vir die Groot Trek en sy aanklag teen die
Britse administrasie 'n belangrike deel van die Boerevolk se geskiedenis
van verset teen vreemde oorheersing en onderdrukking.

Die geldigheid van die besware in die manifes is deur niemand minder nie as
goewerneur sir George Napier in 'n brief aan lord Glenelg bevestig, Hoewel
hy Britse beleid in die openbaar verdedig het, erken hy aan Glenelg dat die
boere onherstelbare verliese ly weens rooftogte deur swartes, geen hoop op
kompensasie het nie en dat die situasie vir die Britse heersers buite
beheer geraak het. Ook sê hy dat die Boere self geen aanleiding vir die
rooftogte gee nie, dat hulle inderdaad onskuldige slagoffers is.

Dit is tog interessant dat hoewel Retief se manifes in Engels gepubliseer
is, die Groot Trek volgens die taalkenner prof. Jaap Steyn op die duur
belangrike taalgevolge vir die Afrikaner gehad het.

In die eerste plek het die grootskeepse uittog van die grensboere tot
gevolg gehad dat Oos-Kaapland feitlik heeltemal verengels het en dit vandag
nog is.

Die tweede gevolg was dat die Groot Trek Afrikaans oor 'n groot gebied van
Suider-Afrika verbrei het. In die nuwe state het Hollands vanselfsprekend
die taal van die staat, die regspleging, die kerk en die skool geword.

Die Transvaalse gondwet van 1858 het weliswaar nie bepalinge oor die
amptelike taal bevat nie, maar was natuurlik in Hollands.

Die Vrystaatse grondwet het egter spesifieke bepalings bevat wat Hollands
as die hooftaal, oftewel amptelike taak van die Republiek verskans het. Dit
is bepaal as die taal van alle geregshowe en regeringskantore,
dagvaardings, vonnisse, uitsprake, lasbriewe, instruksies, ordonnansies,
proklamasies ens. Dit het ook vir alle interdepartementele kommunikasies en
selfs briewe aan die staat gegeld. Dit was ook van toepassing op alle
plaaslike besture.

Hollands sou ook die taal van die onderwys wees en minstens die helfte van
die bedrag wat die staat vir die aankoop van biblioteke beskikbaar gestel
het, moes aan Hollandse boeke bestee word.

Die mense van die republieke het in voortdurende voeling met hulle familie
en vriende in die suide geleef en die nasionale en taaltrots het
aansteeklik op die Kapenaars ingewerk, skryf Steyn. Met die aanbreek van
die jare sewentig was daar tekens van 'n nasionale ontwaking en van dié tyd
af het al hoe meer Kaapse Afrikaners aanvalle begin doen op die verengelsde
staatskole en kerkskole.

Dit is 'n erkende feit dat die Groot Trek 'n deurslaggewende rol in ons
volkswording gespeel het en Retief se manifes, wat so sinoniem met die Trek
bly, moet ook gesien word as 'n bydraende faktor in die vorming en behoud
van Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Tinkerbell

Vr., 25 Januarie 2002 03:26

Ek soek na Tinkerbell! Gehoor sy is soms hier rond?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812  813  814    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 10:45:06 UTC 2026