Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nie so lekker nie...

Sa., 26 Januarie 2002 12:08

Ai! Maar 'n mislike sportdag gewees - die Aussies kan maar net nie die
Kiwi's klop nie. Dit nogal op ons Nasionale dag. Waar is hulle
patriotisme?

Gelukkig het die cockroach races darem genoeg pret opgelewer - môre maak ons
hulle weer dood, vandag kry almal grasie.

Dis natuurlik ook die dag waarop baie immigrante burgerskap aanneem - dit is
die derde herdenking van ons burgerskap.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Raai Wat?

Sa., 26 Januarie 2002 10:24

Is die lieflingnaampie vir ons Protea Krieketspan?

Die rugbyspringbokke is die AmaBokkoBokko
Die sokkerspan is BafanaBafana
Die paraplegiese olimpiese span is die AmaKrokkoKrokko

Antwoord:
AmaDuckDuck.

Annette

.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Beplan jou Kaapstad vakansie hier - honderde brosjures!

Sa., 26 Januarie 2002 10:10

Hierdie site het honderde brosjures oor Kaapstad onder "BROSCHURE
ALLEY" en terwyl jy daar is check "PHOTO LIBRARY" vir fantastiese
fotos.

www.clickcapetown.com

Reis & vakansie | 1 kommentaar

kleure

Sa., 26 Januarie 2002 08:38

ek het in die afgelope tyd kleure by die posters op dié ng. gesit.
dit help nogal om gou by sekere mense uit te kom.
die 3 mouseketeers is blou (viva la France) hulle vanne is Frans)
Wouter Plaasvark is rooi (gevaarlik)
Me & Bobby green (racing green)
Gloudina silver (hare) Yep, jy's nog steeds daar. wonders never
cease to happen?

Die wat 'postings' doen onder twee en meer name, het ek klaar met dieselfde
kleur
ge-'mix' ;-)
Met die onderstaande sukkel ek nog met 'n kleur, help tog en gee rede.
Annette
Thys de Wet
Jonas
Sakkie
Lou
Hantamkind
3 ships
Dries Venter
Frikkie Potgieter
emmie (ek het gedink aan wit) :-)
Drom
Voetleuce
Kinky
Kekkelbek
David
Arthur
Wat is daai Flamink :-) se naam wat ook partykeer hier pos?
Wie't ek nog uitgelaat?

--
------------------------------------------------
Our attitude always tells others what we expect
in return.
------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Ma Baker en El Lute

Sa., 26 Januarie 2002 08:06

Almal het seker al Boney M se liedjie gehoor van Ma Baker, the meanest cat
in old Chicago Town. Waar kan ek die geskiedenis van Ma Baker naspoor op die
Internet?

Ek ook die storie van El Lute, die Spanjaard waarvan gese word "he was born
to be hunted like a wild animal". Rasputin was maklik genoeg.

Ek het al wyd en syd gesoek maar kan niks opspoor nie. Iemand wat kan help?

Hantamkind

Musiek & liriek | 5 kommentare

Maak gebruik van die geleentheid

Vr., 25 Januarie 2002 07:08

Die Spier Somerfees is weer aan die gang.
Vanaf 25/1 is Madame Butterfly
Op 3& 4 / 2 is Die Soweto String Quartet
Op 8 & 9/2 Abdullah Ebrahim - " African Suite"

Die wonderlike ding met Spier is dat mens hierdie vertonings kan sien vir
R25, op baie goeie sitplekke.
Net geluk en 'n bietjie beplanning is nodig.
En natuurlik eie vervoer.

Die toegangsfooi sluit 'n koppie koffie/tee, of altwee, en of 'n glas wyn
of twee) in - wat gedurende pouse bedien word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Retief se manifes en Afrikaans

Vr., 25 Januarie 2002 04:02

Retief se manifes en Afrikaans

Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se Manifes
in die Graham's Town Journal in Engels gepubliseer. Hoewel dit deesdae
verbode stof in die staatskole is, bly hierdie manifes met sy duidelike
uiteensetting van die redes vir die Groot Trek en sy aanklag teen die
Britse administrasie 'n belangrike deel van die Boerevolk se geskiedenis
van verset teen vreemde oorheersing en onderdrukking.

Die geldigheid van die besware in die manifes is deur niemand minder nie as
goewerneur sir George Napier in 'n brief aan lord Glenelg bevestig, Hoewel
hy Britse beleid in die openbaar verdedig het, erken hy aan Glenelg dat die
boere onherstelbare verliese ly weens rooftogte deur swartes, geen hoop op
kompensasie het nie en dat die situasie vir die Britse heersers buite
beheer geraak het. Ook sê hy dat die Boere self geen aanleiding vir die
rooftogte gee nie, dat hulle inderdaad onskuldige slagoffers is.

Dit is tog interessant dat hoewel Retief se manifes in Engels gepubliseer
is, die Groot Trek volgens die taalkenner prof. Jaap Steyn op die duur
belangrike taalgevolge vir die Afrikaner gehad het.

In die eerste plek het die grootskeepse uittog van die grensboere tot
gevolg gehad dat Oos-Kaapland feitlik heeltemal verengels het en dit vandag
nog is.

Die tweede gevolg was dat die Groot Trek Afrikaans oor 'n groot gebied van
Suider-Afrika verbrei het. In die nuwe state het Hollands vanselfsprekend
die taal van die staat, die regspleging, die kerk en die skool geword.

Die Transvaalse gondwet van 1858 het weliswaar nie bepalinge oor die
amptelike taal bevat nie, maar was natuurlik in Hollands.

Die Vrystaatse grondwet het egter spesifieke bepalings bevat wat Hollands
as die hooftaal, oftewel amptelike taak van die Republiek verskans het. Dit
is bepaal as die taal van alle geregshowe en regeringskantore,
dagvaardings, vonnisse, uitsprake, lasbriewe, instruksies, ordonnansies,
proklamasies ens. Dit het ook vir alle interdepartementele kommunikasies en
selfs briewe aan die staat gegeld. Dit was ook van toepassing op alle
plaaslike besture.

Hollands sou ook die taal van die onderwys wees en minstens die helfte van
die bedrag wat die staat vir die aankoop van biblioteke beskikbaar gestel
het, moes aan Hollandse boeke bestee word.

Die mense van die republieke het in voortdurende voeling met hulle familie
en vriende in die suide geleef en die nasionale en taaltrots het
aansteeklik op die Kapenaars ingewerk, skryf Steyn. Met die aanbreek van
die jare sewentig was daar tekens van 'n nasionale ontwaking en van dié tyd
af het al hoe meer Kaapse Afrikaners aanvalle begin doen op die verengelsde
staatskole en kerkskole.

Dit is 'n erkende feit dat die Groot Trek 'n deurslaggewende rol in ons
volkswording gespeel het en Retief se manifes, wat so sinoniem met die Trek
bly, moet ook gesien word as 'n bydraende faktor in die vorming en behoud
van Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Tinkerbell

Vr., 25 Januarie 2002 03:26

Ek soek na Tinkerbell! Gehoor sy is soms hier rond?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nederlands / Vlaams

Do., 24 Januarie 2002 18:31

Beste mensen in Suid-Afrika,
helaas spreek/schrijf ik zelf geen Afrikaans, maar ik versta toch
tamelijk veel (baie) en lezen gaat heel goed. Ik vroeg me gewoon het
volgende af : als er op de Zuid-Afrikaanse televisie een Nederlander
of Vlaming geïnterviewd wordt, zet men daar dan ondertiteling bij of
verstaan jullie het Nederlands dusdanig goed dat er niet moet vertaald
worden.

Bedankt voor jullie reacties

Groeten uit Vlaanderen

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Lotto-suinigheid.

Do., 24 Januarie 2002 11:53

Bo en behalwe dat slegs 'n aks uitbetaal is aan wie dit behoort toe te kom,
moet ons toe hoor dat die Dierebeskermingsvereniging niks gaan kry nie.
Ek dink dit is hoog tyd dat alle diereliefhebbers moet saamstaan en nie
lottokaartjies koop totdat hulle van besluit verander nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812  813  814    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 02:29:26 UTC 2025