Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Meditasie en die wet

Ma., 25 Februarie 2002 14:02

Wes-Australiese magistraat Michael King reken hy het die antwoord teen
misdaad en misdadigers. Ipv om oortreders tronk toe te stuur vir 'n misdaad,
vonnis hy nou wetsoortreders tot 'n 5 maande kurses in "trancendental
meditation." Hardebaard skelms het egter nie hierdie opsie nie, net minder
ernstige en eerste oortreders kry grasie.

Dr King se dit dien geen doel om minder ernstige oortreders te straf met met
'n swaar boete (wat armoede nog verder in die hand werk) of tronkstraf nie
(waar die eerste oortreder net meer tegniek aanleer in die tronk).

Dr King is gesetel in Geraldton in die Wes-Australiese platteland waar die
oorgrote meerderheid oortreders uit die Aboriginal gemeenskap kom. Dr King
het 'n doktoraat in "legal therapeutic jurisprudence" en is self 'n
mediteerder van formaat. Hierdie een jaar projek dra die goedkeuring weg van
die Wes-Australiese departement van Justisie. Indien suksesvol sal dit
uitgebrei word na die res van die staat in die nabye toekoms. Dr King het
reeds 'n internationale konverensie in Amerika toegespreek oor sy projek.

Dr King het die volle ondersteuning van die Amerikaners, waar navorsing
bewys het dat tot 43 persent van "re-offending" gesny kan word deur
"trancendental meditation." Die eerste Australier wat so gehelp is, Alex
McConville, se hy mediteer nou twee maal per dag en is genees van sy
drankprobleem. Sy aanvanklike skeptiese benadering tot die program het nou
verander, en hy noem sy leermeester, wat hy beskryf as 'n "white-collar
Perth worker from India" sy guru.

HK

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Donderende stilte

Ma., 25 Februarie 2002 10:26

Geen woord word hier gerep van die slagting by die Wanderers nie... wonder
hoekom?

"It takes a big man to admit when his wrong. It takes an even bigger man to
shut up when he's right."

Van my kant af sal die donderende stilte dus voortduur...

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Krieketnuus

Ma., 25 Februarie 2002 05:38

Die Australiers het ons alweer 'n liederlike pak gegee in die eerste toets.-
glo ons ergste nederlaag ooit.
Ek dink dit is die wit klere wat ons spelers afsit:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Rhodesia

Ma., 25 Februarie 2002 04:14

Op 26 Maart sal Cecil Rhodes 'n 100 jaar dood wees.

Die man het ook 'n droom van die African Renaissance gehad - net soos onse
Prez.

Kyk asseblief na www.cecilrhodes.co.za, en vind meer uit omtrent die mens
wat die meeste mense van oortuig was dat Afrika was maar net 'n politiese en
besigheidsplan vir hom.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

R7 Telkom aanbod

So., 24 Februarie 2002 19:53

Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
môreoggend daarvoor gaan betaal!

Rekenaars & selfone | 31 kommentare

potjie

So., 24 Februarie 2002 16:18

Naand almal

Voooolgende Saterdag kry ek mense (ek, vrou, en 4 gaste), en ek wil graag
die spulletjie beindruk met my potjievernuf.

Ek gaan maar die standaard skaapnek ding doen, maar ek weet ek weet nie wat
ek moet weet nie. Wenke sal waardeer word. Terugvoering word gewaarborg.

Hennie

PS "I don't like cricket....oh no...I loved it..." >:-P`

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ou koerante en Kaffir blare

So., 24 Februarie 2002 08:04

Ek is mos een van daai boring mense wat gladnie omgee om ou nuus te lees
nie. Veral nie as die nuutste beskikbare leestof van die dag reeds in beslag
geneem is deur 'n ander lid van die famililie, en dis tyd om Die Raadsaal te
besoek nie. Dan gryp ek sommer enige stuk leestof waarop ek my hande kan le
voor ek die troon bestyg. Al is dit 'n ou koerant.

Lees ek vervolgens in die Sunday Times van 17 Feb 2002 (in een van die
aanhangsels) hierdie resep, geplaas in haar rebriek "Cooking With (the good
old Ozzy sheila) Donna Hay":

Chicken and Corn Cakes:

2 Cobs corn
400 g chicken breast fillets, roughly chopped.
2 green onions, finely chopped
2 kaffir lime leaves, finely sliced

... en dis hier waar die koerant op die kakhuis vloer beland het...

1 eggwhite
etcetera etcetra....

As ek nie gesit het waar ek gesit het nie, het ek my bek@k. van pure skok.
Wil jy glo ek lees dit in 'n Aussie koerant? Ek het nognie sover gekom om
vir Ms Hay 'n email te stuur om te hoor waar die kaffir lime leaves vandaan
kom nie. Gedog ek sal eers die nuusgroep traai...

Maar dis nogal 'n prima resep daardie hoor!

HK.

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Die Klankies in die Berge

So., 24 Februarie 2002 05:47

Blykbaar is dit iets waaroor skrywers en filmakers stilbly.
Die feit is glo dat bergklim 'n windmakerige besigheid is.
Joseph Hamel is die eerste een wat dit in 1820, na 'n klimtog op Mont Blanc
opgemerk het - The Unpleasant Consequence of Altitude
Blykbaar gebeur die High Altitude Flatus Expulsion op 3700m en hoër.
Volwassenes kan tot 2000ml wind daagliks loslaat ( hoe op aarde meet hulle
dit?)
Dus,word bergklimmes vermaan om nie te diep die vars bergbriesie in te asem
nie:))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nog nuus 23/2

Sa., 23 Februarie 2002 06:28

Jonas Savimbi is dood.
Miskien gaan Angola nou uiteindelik vrede hê.
Annette

Nuus | 31 kommentare

Nuus 23/8

Sa., 23 Februarie 2002 05:17

Danie Gerber ( Springbok senter) het 'n nood hartoperasie ondergaan. Hy het
'n onreelmatige hartklop waargeneem tydens 'n afrigtingsoefening met die
Pumas.

Onse Prez gaan hierdie jaar nog skaarser wees in parlement as verlede jaar.
Volgens Bheki Khumalo sal die Prez ten minste 3 maal hierdie jaar Parlement
bywoon, en hy het al klaar 2 sittings bygewoon - toe hy die
Parlementsopening bygewoon het, en die dag van die debat ivm sy toespraak.
Blykbaar word dit verwag dat die President ten minste 4 maal per jaar in
Parlement verskyn om vrae te kan beantwoord.
Ek sal julle laat weet wanneer die derde en laaste verskyning hierdie jaar
met groot geskal aangekondig word.

Daar was alweer 'n voorval waar 'n swart korporaal in die weermag - wat
alreeds op pad was terug na SA weens sy ongedissiplineerde optrede - twee
blanke offisiere gekiet het. Die offisiere is terug in SA - ernstig gewond,
en die korporaal is dood toe ander weermaglede die offisiere te hulp gesnel
het.

Die Stormers het die Sharks gister in 'n super 12 wedstryd gewen - nie 'n
goeie teken vir die voorloper in die stryd vir nuwe springbokafrigter nie -
Rudolf Straueli kry dit nog steeds net reg dat sy span die eerste helfte
goed speel.
Miskien moet Rudolf aangestel word om die springbokke vir die eerste helfte
af te rig, en Gert Smal vir die tweede helfte. Ek begin wonder wat Gert die
spelers tydens rustyd injaag, want dit gebeur nou met reelmaat dat die WP en
( en nou Stormers) 'n ander span is in die tweede helfte.
Annette

Nuus | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    786  787  788  789  790  791  792  793  794  795  796  797  798  799  800  801    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 06:52:59 UTC 2026