Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Weer Baviaanskloof

Di., 26 Maart 2002 10:33

So rukkie terug het ek iets oor Baviaanskloof hier berig. Gaan kyk
bietjie na die website, louis.vanbiljon.com.

Louis is met 'n fiets daardeur. Wow en WOW! Daar is hoogtes en
afgronde wat absoluut skrik vir niks. Met 'n fiets nogal. Lig
julle hoede hoog! Ook vir sy vrou wat hom skynbaar in 'n Mazda
1300 bygestaan het! Dis defnitief nie 'n plek vir sissies nie.

Al probleme wat ek het met Louis se fotos is dat die plek so groen is.
Toe ek daar gery het was daar niks wat groen was nie. Seker maar
'n goeie seisoen wat hy daar ondervind het. Ook dat hy sinspeel
dat daar baie mense is. Daar is nie, en ek glo nie daar was ooit nie.
Die plase wat hy noem is ver van mekaar af en om "dorp
toe" te gaan is werk, nie net 'n trippie nie. As die
suiker opraak drink jy maar bitter koffie.

Ek kan Baviaanskloof sterk aanbeveel. Dis 'n ongelooflike mooi
plek.

Reis & vakansie | 7 kommentare

Verkeerskaartjie

Di., 26 Maart 2002 06:54

Kry toe uit die bloute 'n spoedboete van Port Shepstone - 'n plek wat ek
seker 20 jaar laas gesien het. My nommer en Port Elizabeth-adres is reg,
maar hulle reken ek ry 'n Honda.

Hoe raak ek met die minste moeite van hierdie pyn ontslae? Ek moet nou
posgeld betaal om hulle fout op te los.

Help asseblief, julle juridies-geneigdes...

Koot Pieterse

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ils-servers

Sa., 23 Maart 2002 22:12

Hallo, elkeen,

Ek sou wou 'n verbinding het met me vriendin in Suid-Afrika
(audio-video) met Netmeeting.
Weet iemand daar by watter server ek die beste kan inlog?
Is daar ook n' Suidafrikaanse Ils-server wat Netmeeting aankan
en hoe word dese genoem? Ons het al gewerk met Paltalk maar
die laaste keer was nie een sukses nie.
Sal dit seer waardeer as iemand my daaroor inligtings kan verskaf.

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tom Gouws (geb. 1961) - onsuiwer wiskunde

Vr., 22 Maart 2002 14:40

Tom Gouws (geb. 1961)

onsuiwer wiskunde

the elusive penetrates everything
you must know that everything rhymes
- Wols

die uurwerk kantel g'n. die boesmans
kon jou dit lank terug reeds vertel:
veel meer kere as wat hul kon tel,
is al wat vorm is, begoël. sjamans

kén die mistieke rekenwette van verbeelding. selfs
pythagoras moes in 'n grot eers offers bring
voor hy kon leer van vermenigvuldiging.
en eers na van gogh dieper moes delf

na steenkool en God in die skagte van die myn,
kon hy iéts sien van die son en die sonneblom.
al is ons empiries presies, bly ons matematies dom.
hoe héél ons Hom probeer bedink, ons dink te klein

om die verganklike tot die onverweerbare te jel.
ons besit bloot tydelik deur te benoem en te tel.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Charl-Pierre Naudé (geb. 1958) - Inisiasie

Vr., 22 Maart 2002 14:38

Gloudina het gevra: "Ek wonder of die "villanelle
van die oos-vrystaat -clarens distrik" in die
verseboek is."
Jammer, nee - dis nie daar nie. Ook nie Naudé se "Die Brommer" nie. Ek moet
nogal regtig sê dat ek Brink se keuses van gedigte wat geplaas is - en veral
soms wat nie geplaas is nie - verrassend vind. Maar nouja - soos 'n
digtervriend in Suid-Afrika my geantwoord het: "daar is ook soveel smake wat
bevredig moet word wanneer 'n mens so 'n bundel saamstal."

Nietemin - hier is nog van Naudé. Geniet dit. Terloops - jammer ek het nou
eers kon antwoord. My "day job" meng nogal in met die ander dinge wat ek
graag sou wou doen.... :-)

Charl-Pierre Naudé (geb. 1958)

Inisiasie

Dit was op een van daardie dae wanneer,
so meen sommige mense, niks gebeur nie.
Niks het op die hoewe beweeg nie
behalwe onbespeurbaar, die aarde.
In die verte was die smeulende geweerlope
van 'n steengroef se gruishope.
Ek onthou hoe helder die venster
se skaduwee op die vloer lê;
die beklemmende slaap daarna:
realiteit en droom is twee emmers
van dieselfde waterdraer.
In die middag en my droom se gedeelde halflig
moes ek heidense maskers aanpas,
oorspronklikes van my eie vervalste gesig.
Die kussing se rooster was in my gesig afgedruk soos vlerke,
toe ek wakker skrik en vaskyk teen my muurplakkaat
van 'n Afrika-gesig met diep inisiasiemerke.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pieter Pieterse

Do., 21 Maart 2002 17:15

Daar is Pieter Pieterse die storieverteller ook vermoor.
Sy vrou het 12 uur vanmiddag sy lyk gevind.

Die ANC het vandag beloof dat die doodstraf nooit weer
ingestel sal word nie.

Koeitjies & kalfies | 202 kommentare

Kortbroek sonder broek

Do., 21 Maart 2002 17:15

Lyk my die weivelde wat Marthinus gevind het slegs groen in die hulle vlag
het?

Maar, die NNP kry darem die voorsitterskap van die komitee wat die DP nie
wou gehad het nie...

Of, is dit sy verdiende loon ?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Why is Europe supporting racists like Mugabe & the genocide of whites?

Do., 21 Maart 2002 14:52

On Thu, 21 Mar 2002 16:58:04 +0200, "Annette" wrote:

> Ek was nou soet hierbo, so ek kan nou Afrikaans praat:))))
> Daardie atack wat jy van praat Davie - is dit a tack from a grape
> tree?:))))
>

or the local tack of the ANC :-)))

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Is dit waar wat ek hier lees?

Do., 21 Maart 2002 09:44

Hallo, elkeen,

Is dit waar wat ek hier lees in die andere "soc"-nuusgroep oor
Suid-Afrika? Daaronder skryf ek nog 'n bietje kommentaar.
(Dit is 'n artikel van joe...@yahoo.com)
------------------------------------------------------------ --------------------------------------------------
The ruling ANC/Communist Regime's Department of Minerals and Energy
has admitted to a 80% failure rate in the non-grid electrification and
schools upliftment programme once touted as one of the success stroies
of its controversial 'Reconstruction and Development Programme'.
Funded mainly by nearly a hundred million Rand from the European
Union, the programme was meant to provide electrical systems and
audio-visual equipment to about a thousand 'historically
disadvantaged', ie black, schools in the Northern and Eastern Cape.
Department spokesman Kanyo Gqulu said a study had shown that
81% of the non-grid electrified schools were not functioning due to
vandalism, theft and lack of maintenance. Within a few months of
installation already, more than 20% of the donated systems had either
been stolen or broken by black vandals.
Another 'land transfer' under the auspices of the ruling black,
communist Regime's much-touted land reform program has collapsed.
Three years ago large chunks of the Kalahari were handed over to a San
(Bushmen) community with the blowing of trumpets and flowery speeches
by, inter alia, then deputy president Thabo Mbeki on Human Rights Day
March 21, 1999. According to the Transvaal Agricultural Union, most of
the infrastructure has now collapsed. The game which was on some of
the farms has either been stolen or poached or sold, and what is left
is dying of thirst because the water pumps are broken and nobody has
repaired them. Most of the livestock has vanished, and there is no
motorized transport.
'Transformed' staff at Robben Island, the ruling ANC/Communist
Regime's premier propaganda tourist attraction, is once again being
accused of fleecing foreign visitors through fraud. New Zealand family
members have reported that they were the victims of a series of credit
card scams after they visited the island in January, - not the first
time this has happened.
Shane Keohane, the New Zealander whose credit card was allegedly
fraudulently used, said he wanted future tourists to be "forewarned".
The island in Table Bay, on which a convicted terrorist Nelson Mandela
was jailed for more than two decades, has been turned into a museum to
glorify Mandela's and other convicted ANC/Communist terrorists'
imprisonment. Reminiscent of Soviet-era obligatory visits to Lenin's
Mausoleum, more than a million visitors have flocked to the island,
where they pay good money to be able to put up a dutifully serious
demeanor and gape at Mandela's prison cell.
------------------------------------------------------------ -----------------------------------------------------

Julle moet mos weet ek het die 'Reconstruction and Development
Programme' met me eie (Europese) geld gesteun. Ek is daaruit gevlug
omdat die Rand teveel na onder toe getuimel het. Ek was ook so naïef
om te glo in die gesamentlike ontwikkeling van blankes en swartes
almal tesaam...
'n Mens weet maar regtig wat in 'n land gebeur as hy in die brokke
het gedeel.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Hou die soentjies

Do., 21 Maart 2002 09:40

Ek was verkeerd.
Dit is glo nie vandag versoeningsdag nie.
Dit is Menseregtedag.

Wat dit ook al vir wie ook al mag beteken.

Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1834): [ «    777  778  779  780  781  782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 25 02:19:40 UTC 2026