Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

sies, antie!

Wo., 20 Maart 2002 19:15

hellou my antie,

my pa sê as ek nie nou daadlik vir antie skryf nie skryf hy self en
vermoer my. nou skryf ek ma' antie. as volg.

sies antie ek het nie geweet jille kandese is sulke raasiste nie. nog
voorlat 'n mens kon sê frie en vêr toe sanksie jille vir oom robber
makaber. dis nie vêr lat die fist nysjins van afrika nie self kan wys
hoe frie en vêr hille is nie antie. al issit met die vuis en dêgger
soos wat oom moggin staanenraai sê.

ma' ek sê vir my pa lat da' een regverdige in kanadaar moet wees soos
in sodom en dit moet my antie wees. so antie moet samblief vir my lat
weet lat die ytverkiesing in simbabwie lêjittemit was soos wat oom sêm
motsênee-ja gesê het lat ek my pa kan virtel van regverdigheid. dis
nou toe die ooms vannie koerante in simbabwie vir oom mot ytgelag het
antie. oom peewee het hoeka gesê die ooms vannie koerante is
linsrieme.

oom hansie vannie pênnelbieters sê wat hom warrie is lat oom taboe die
swyger niks sê om die arme rand se armpies hoog te hou soos oorle
moses sin nie. my pa sê hy warrie baie meer lat oom swyger iets gaan
sê wat die rand se kort armpies helemal sal afbreek. soos wat sy party
innie parlemint gemaak het en die parlemintêre kommietee van oom mot.

ma' die wit honne van roudiesië is nie te vertrou nie antie. het antie
gesien hoe lê daai een oppie kombers waarmee hille sy vermoerde baas
toegegooi het. antie sal bly wees om te hoor lat daar nou nie meer
twak geplant gaan word in simbabwie nie. oom hansie vannie
pênnelbieters sê wa die twak moet staan groei da nou dagga. meer geld
sê hy. ma ek hoor die boere trek nou mossambiek toe antie. ek hoop net
dit reent nie weer so baie lat ons helliekopters hille yt die bome
moet gaan ythaal nie.

ek willie sport praat nie antie ma' toe oom persie sonnersonde in
simbabwie gaan kyk hoe frie en vêr dit is toe wen die krieketspan.
oorlat oom persie toe nie die span kon kies nie antie. toe kies oom
oemkontoe belfôr hom. antie kan ma' vir oom leendit en oom louwater sê
die oom vannie koerant was allie tyd reg. as oom oemkonto die span
kies lat hy soos syd-afrika lyk wen ons.

sê virrie oom breytenkie is nog steeds oppie krikkelys ma' hy moenie
warrie nie want ons het 'n niewe held antie. johannes conradie. 'n
mooi boerseun op wie selfs oorle oom jaap marais trots sou wees.

koebaai antie

hennerietjie (is jammer oor jille sanksies anders kon antie saam met
ons na die roudiesien roens gaan kyk het)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: www.ForPeopleOfColor.net

Wo., 20 Maart 2002 19:06

On 20 Mar 2002 16:31:29 GMT, bnn...@aol.com (BNNinc) wrote:

> Auctions & Classifieds "For People Of Color" (FPOC) at
>
> http://www.ForPeopleOfColor.net
>
> Just Launched!!!
>
> Post Your Ad or Auction Today!!!
>
> The Online MarketPlace "For People Of Color"

Ja ja, ons is ook people of color, but is a white color of course.

Sy Amerikaanse Engels maak dit heelwaarskynlik 'n site vir Negers.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vloekwoorde

Wo., 20 Maart 2002 15:29

Wat is nou goeie Afrikaanse vloekwoorde?

As mens gereeld 'n woord gebruik, sonder om te bedoel om te vloek, is dit
nog steeds 'n vloekwoord?

Wat laat mens besluit watter woorde is vloekwoorde en watter nie?

Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Wat eet jy - Nie?

Wo., 20 Maart 2002 14:56

Elke mens het mos sy/haar gyte.

Wat eet jy nie / sal nie graag wil probeer eet nie?

Annette:
Afval
Beestong ( ek hou baiebaiebaiebaie van beesstert:))
Eiervrug
Slakke
Paddaboutjies
Mopaniewurms.
Hond
Rou vis ( byv rollmops) - bokkoms hou ek van - sommer baie
Kat. ( alhoewel ek vermoed ek het al kat onbewus gehad - blykbaar as jy
sjinese kos in Amsterdam eet, en jy bestel eend, dan kry jy kat)

Skulpvis - nie omdat ek nie wil nie - maar omdat ek nie kan nie - tensy ek
wil selfmoord pleeg;))

Die meeste ander goed het ek al geëet,sal dit weer eet, of sal dit graag wil
proe
Annette

Kos & resepte | 8 kommentare

Nie alleen Statebondskorsing nie

Wo., 20 Maart 2002 13:59

Hallo, elkeen

Ek is daaroor verwonder dat in Die Burger alleen staan dat Zimbabwe
geskors is deur die Statebond as gevolg van die frauduleuse
verkiesinge van die laaste week aldaar..
Daar is ook Switserland wat die depositos van die Zimbabwiese
regeringsleiers het geblokkeer.
Dit sal baie meer effek gee as die skorsing deur die Statebond!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Statebond Skorsing

Wo., 20 Maart 2002 05:13

Ongeag onse Prez se stilswye, en hoofsaaklik sy party wat gister in die
parlement gestem het dat die verkiesing in Zimbabwe vry en regverdig was
weereens 'n aanduiding dat daardie klomp bokse nie die moed van hul
oortuiging het nie)
het die Statebond sanksies vir 'n jaar teen Zimbabwe ingestel.

Sal dit nou beteken dat ons uitgeskop gaan word as ons hulp verleen?

Danksy hierdie besluit - en geen hulp van Onse Stilswyende Prez nie - het
die rand oornag verstewig.
Annette

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Gemorsposhulp

Wo., 20 Maart 2002 04:54

Ek gaan dit beslis probeer - ek is nou keelvol vir hierdie skielike aanslag
van vreemde oorde.
I stumbled across this. I have you to try it but I certainly intend doing
so.

Scrub for Spam

I've been receiving just a ton of pornographic junk mail lately. I wish I
could just wash my inbox out with soap. Email Guide Heinz Tschabitscher
reviews MailWasher 1.32, a spam filtering program. Best of all its free
although they encourage a donation.

http://email.about.com/library/ec/pr/aapr_mailwasher.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Annette (vanweë Norbert)

Di., 19 Maart 2002 21:12

Hallo, Annette!

Jy het vir my gevra of ek miskien 'n lugbrug sou wou organiseer om die
arme vlugtelinge uit Afrika te evakueer...
Euh.., neen, hierdie werk is egt nie me spesialiteit nie!
Maar vir ryke mense wil ek wel iets probeer!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Tobie

Di., 19 Maart 2002 19:00

Hoe vorder jou webplek Tobie?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nuus 19/3

Di., 19 Maart 2002 16:53

Daar was vandag 'n fratsgolf in die hawe - 'n boot met 27 behoueringsvragte
was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd:))
Blykbaar spoel die houers daar uit op Milnerton se strand.
Annette

Nuus | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    778  779  780  781  782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792  793    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 25 03:34:38 UTC 2026