Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

VIGS-genesing

Di., 09 April 2002 17:25

Uiteindelik kry die moffie to Vigs en die dokter skryf aan hom voor: 10
Kilogram Engelse sout, een kilogram per dag opgelos in lou warm water.

"Oe jou stouter," sê Pieter-dirkie, "Sal dit my Vigs genees?"

"Nee" sê die dokter met groot deernis, "Maar dit sal jou wys waarvoor jou
gat daar is".

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie is nog skuldig?

Di., 09 April 2002 17:21

Sondagmiddag, net na 2nm, is 2 jong bruin seuns doodgeskiet, en nog een
ernstig gewond by 'n sokkerveld by Beaufort Wes.
Die persoon wat dit gedoen het was 'n polisie-inspekteur.
Blykbaar was die drie jong mans by die sokkerveld om voor die tyd op te warm
vir 'n belangrike wedstryd bietjie later die middag.
Net hulle drie was daar op die veld.
Die Inspekteur het op hulle geskiet, want hy het vermoed hulle was daar op
die sokkerveld om te dobbel.
Volgens die koerant is die inspekteur 'n maand gelede na Beaufort Wes
verplaas nadat hy "verskeie verplasings na verskeie polisiestasies alreeds
op Die Kaapse Vlakte gehad het oor dieselfde probleem."
"Dieselfde probleem" word nie bespreek of verduidelik nie, maar ek neem aan
die inspekteur is iemand wat eers skiet en dan probeer uitvind waarom twee
of meer mense op 'n oop sokkerveld ( of enige ander openbare plek) staan "en
dobbel" - wat hy ook mag bedoel met die term.
Dis ongelukkig al wat ek weet van die geval.
My probleem is dat ek in die eerste plek nie geweet het jy seël jou dood as
jy dobbel nie.
Tweedens kos dit iemand met 'n helse vrugbare verbeelding om te dink mense
dobbel as slegs drie mense, geklee in sportklere, hulle op 'n oop sportveld
bevind.

Annette

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Re: South African "undevelopable"? Is the ANC like Hitler?

Di., 09 April 2002 14:40

Jy praat strooi, Reginald ou Dingetjie.
Wees nou soet en pos net op een groep toe?
Hoe Doen Jy Dit?
Jy deliet bo by newsgroups ( net onder news server) al die ander ng groepe
waarna jy nie behoort te pos nie - soos byv hierdie een - waar ons verkies
om die bydraes hoofsaaklik in Afrikaans te lees.
Verstaan?
Daar waar Afrikaans geskryf is, daar moet jy uitvee daarbo.
Annette

Reginald Bosanquet skryf in boodskap news:72335186.0204090609.2e3dc555@posting.google.com...
> add...@not.for.you (Ferdi Greyling) wrote in message news:...
>> On Mon, 08 Apr 2002 23:34:38 GMT, "Frank" wrote:
>>
>>
>> > we have
>>> no idea about those times. Very bad times, strong economy, strong
>>> currency....I presume you can take all your money out of SA today. You have
>>> free trade and free exchange.. I have never seen more stupid moron than this
>>> Ferdi - sorry I am wrong, Sabsy is another one.
>>> How much did you get paid for this theory of "free market". Do not forget to
>>> patent this your stupidity - one day you will be famous.
>>> Frank
>>
>> We are waiting on your analysis.
>
>
> South Africa will end up like ZImbabwe in 2 years or less.
> Bob Mugabe is the Black Hitler.
> ANC is a breeding ground for more Hitlers.
> Anything else you need?
>
>> ...er... you have one, don't you....?

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Hoe eet jy jou biltong?

Di., 09 April 2002 13:51

My beesbiltong moet nog effe nat wees - sodat ek dit in skyfies kan sny en
op die stoofplaat kan braai.
Annette

Kos & resepte | 34 kommentare

Hoe gaan ons nou tee drink?

Di., 09 April 2002 12:45

Annette

Het tannie nog koppies en pierings om uit te leen?

"A solid gold tea-set worth about R3-million, a gift from the British royal
family to the South African government in 1952, has been stolen from
Tuynhuys." - www.iol.co.za

:-)

TJ
www.artslink.co.za

--

Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
The SA Arts, Culture and Entertainment Hub

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Wonderlik

Di., 09 April 2002 10:10

Onthou, julle....

'n DINGUS is 'n wonderlikke ding!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat sou jy gedoen het?

Di., 09 April 2002 07:25

Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
deur voordat ek dit vir haar gee.
Van verlede week af is 'n nuwe redaktrise aan die roer, en haar hand kan
onmiddelik gesien word
Verlede week was daar 'n artikel oor 'n "slim" blonde advokaat en haar
"bates". Hierdie "slim" dame laat haar absoluut manipuleer deur haar
mansvriend, wat ook 'n advokaat is, en liggaamsboubedinges is.Dan ook die
aspris onnodige verwysing na die syblomme wat in die tuin geplant is.- glo
omdat daar nie tyd is om na regte blomme om te sien nie.
Hierdie week is dit 'n bietjie erger - Thereza Troskie - sjeim en foeitog-
al wat ek kan sê is dat daar in byna elke stelling wat daar gemaak word, in
dieselfde paragraaf soms, of verder aan, die eerste stelling weerspreek
word.
Ek is ook seker sy gaan binnekort 'n brief kry van iemand wat by die
Ontvanger werk.
Sou Huisgenoot die artikel vir goedkeuring aan die slagoffers voorlê voordat
dit geplaas word?

Die vraag is of Huisgenoot doelbewus van en op die spesifieke wyse van
hierdie mense skryf om reaksie van die lesers uit te lok, en of Huisgenoot
hulle mark skat as diegene wat net die strokiesprente lees, en nie kan
onthou wat van die een sin tot die volgende gelees word nie, of 'n algehele
gebrek aan begrip het van wat gelees word.

In die lig van bogenoemde, en omdat ek net bevrees is dit sal vorentoe net
al hoe erger en meer idioties -sensasiolisties raak, kan ek nie eers 'n
brief aan Huisgenoot skryf nie, want hulle sal heelwaarskynlk uit pure
vermaak die brief plaas - en daar sal mense wees wat sekerlik dit verkeerd
sal vertolk dat ek jaloers is op die twee dames in die artikels.
'n Meer verkeerde aanname kan daar nie wees nie.
Om die waarheid te sê, ek kry die twee betrokke dames jammer, omdat hul
gebrek aan oordeel so uitgebasuin word.

Dit gaan vir my meer dat Huisgenoot vir my, as potensiele leser, so
geringskat.

Nou sal ek maar die Huisgenoot vir ma koop, en dit dadelik wegsit in 'n
bruin papiersakkie totdat ek dit vir haar gee - net soos die ouens wat op
straat uit 'n bottel drink wat nog in 'n bruin papiersak toegemaak is:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Reginald Bosanquet speaks from the abyss - Mugabe = Hitler

Di., 09 April 2002 06:18

Het ons Ferdi nou wragtag weer loop nonsens soek op 'n ander NG en dit
saamgetrek na ons toe! Leer die arme siel nie?!

"Reginald Bosanquet" skryf in boodskap news:72335186.0204081908.18a76146@posting.google.com...
> add...@not.for.you (Ferdi Greyling) wrote in message news:...
>> On 31 Mar 2002 11:38:15 -0800, Reginald...@yahoo.ca (Reginald
>> Bosanquet) wrote:
>>
>> > NG.
>>> Farmers murdered, women raped, land plundered, uncontrollable AIDS,
>>> famine, rampant racism by people like Mugabe and the ANC. Sounds like
>>> nirvana to you. LOL! You fool.
>>
>> The point is you are as big a racist as Bob.
>
>
> Bob Mugabe is the black Hitler. Ferdi Geryling is a big supporter of
> the black Hitler.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Midnight in the Realm... all is quiet

Ma., 08 April 2002 23:18

Quintin:
Jis Q

Q:
Hallo ou maat, hoe gaan dit?

Quintin:
Goed makker, en jy?

Q:
Kla nie... stil vanaand.

Quintin:
Ja, die mense is almal bed toe. Wat maak jy?

Q:
Nee oom Leeu, ek sit maar hier, eet 'nannas en praat kaai met die ander
diere. En jy?

Quintin:
Ek probeer 'n paar gedigte onthou van die ou dae af. Maar ek het nie meer my
Groot Verseboek nie.

Q:
Whoa, dis bad. Wanneer ek so voel, dan maak ek sommer my eie weeregawes van
gedigte op.

Quintin:
Dem, dis 'n goeie idee... wat van:
"Hoe koud is die windjie en skraal"

Q:
Hanou, ou wa...

Quintin:
Was fout?

Q:
Is dit die real mcoy of die een van die bul en die koei?

Quintin:
Erhm...

Q:
Nee man, kinners kan mos hierdie goeters lees...

Quintin:
Sorry boet... wat van:
"Dis donke donker middernag"

Q:
Ja, hy's olraait.

Quintin:
Oukay...
"Nader sluip die Zoeloe mag"
"Kyk hoe blink die assegaaie"

Q:
En die res?

Quintin:
Nee, ek weet nie... dink hy stop daar.

Q:
Dis maar 'n kaai versie jong.

Quintin:
Oukay, wat van:
"Opgevoer en dik gemoer deur Quintin van Zyl"

Q:
Klink goed

Quintin:
Lus vir nog?

Q:
Nee, ek gaan nou 'n Google soektog doen.

Quintin:
Waarop?

Q:
Weetie, sal jou later sê.

Quintin
Oukay, ek sien jou later.

Q
Baai

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Internationaal gerechtshof

Ma., 08 April 2002 11:43

quote : http://www.nd.nl/htm/nieuws/nart.htm

DEN HAAG - ,,Nederland is als gastland op 1 juli klaar voor het
Internationaal Strafhof.En als de internationale gemeenschap het wil is er
ook een team om bewijzen van oorlogsmisdaden in ontvangst te nemen, te
registreren en op te slaan. Al komen ze met duizenden dozen materiaal.''

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1834): [ «    771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 24 19:46:43 UTC 2026