Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuut onder die Son

Ma., 08 April 2002 07:28

Daar is mos die gesegde dat daar niks nuut onder die son is nie.
Maar daar is.
Dinge verander mos, gesindhede en uitkyke verander, en wat reg en toepaslik
was 50 jaar gelede is vandag soms nie meer geredelik aanvaarbaar nie.

Dit is seker daarom dat ek so 'n gly vang as mense vandag se probleme en
gebeure aanspreek of bespreek, en optredes van die jare toet word as
voorbeeld gegee van hoe ek vandag behoort te dink of op te tree. Strooi in
my opinie - maar dit kan wees dat dit net ek is wat so dink.

Mens pas toe vandag wat mens uit die verlede kan neem as 'n riglyn, maar in
die meeste gevalle is identiese optrede of gedrag net pleinweg te
onprakties.

Nou waarmee is ek nou al weer besig word gesug:
Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - 'n man wat 'n doring in die vlees
was van Onse Dokter Verwoerd.
'n Man wat met 'n vlymskerp humorsin en sarkasme, enigiemand behoorlik op
hul plek kon sit sonder om 'n vuis te lig.
Eendag, in die parlement, terwyl hy besig was met 'n toespraak, toe daar uit
die NP geledere skuinsweg hom toegesnou word dat hy 'n Jood is, was sy
antwoord:
Meneer die President. Ek is 'n Jood. En terwyl die agbare lid wat daardie
opmerking gemaak het se voorouers nog brutale barbare was iewers in Europa,
was my voorouers priesters in die Tempel van Solomo.

Goed gesê, dink julle nie so nie?
Maar Tony Leon sal dit nie in ons parlement kan sê nie, nog minder kan die
Israelies van vandag dit gebruik as rede vir hul optrede in die Palestynse
gebiede.

En alhoewel dit waar is, sal so 'n stelling deesdae as baie arrogant beskou
word as 'n opmerking , terwyl dit in 1959 glad nie so beskou was nie-
inteendeel, almal het gedink dit was 'n baie gevatte opmerking.

In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
besluitnemer en leier van sy mense.
Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
toelaat nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

O Koek!! Dis snaaks!!

So., 07 April 2002 21:56

Daar is selfs iets spesiaal vir Die Plaasvark by die snekseksie))

You have to see this site. I loved the 'snack' section .
http://www.engrish.com/

Annette

Humor & grappe | 4 kommentare

kook en geniet

So., 07 April 2002 21:33

Daar is blykbaar nou 'n tipe van 'n Kook en Geniet beskikbaar op
www.food24.co.za

Behalwe vir die die gewone manier om die 13500 resepte op te soek, kan mens
glo ook in tik wat jy beskikbaar het, en die resepte wat daardie bestanddele
bevat sal aangetoon word.
Dit kan ook resepte aanpas by die hoeveelheid gaste wat jy wil onthaal.
Annette

Kos & resepte | 2 kommentare

Om te Wykvirt

So., 07 April 2002 21:26

Wat dink julle - is dit wat Mnr Wakeford gedoen het , wat hy as sy plig as
'n patriotiese Suid Afrikaner beskou, reg - of gaan hy 'n absolute boks
verder van homself maak?

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Waarom?

So., 07 April 2002 15:29

Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
bewys dat dinge sleg gaan.

Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...

-Gids-

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Hallo

So., 07 April 2002 12:13

Aangename kennis.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

weggesteekte bladsy op ....

So., 07 April 2002 10:46

Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

vinnige karre

So., 07 April 2002 09:58

Ek staan verslae. Hier is nou 'n moewiese hoe-ha oor die "carnage" op Wes
Australië se paaie. 53 sover dood hierdie jaar, en die mense sidder by die
gedagte daaraan. Net noudie dag het 'n belowende jong krieketspeler homself
uitgewis in sy Porche en sy meisie is sover ek weet nog in die intensiewe
eenheid aan't vegte vir haar lewe.

Maar skakel ek toe nou pas die televisiestel aan en jou wragtag. Daar is 'n
bleddie yahoo besig om sulke wolke te spin in sy vuurrooi Holden dat dit 'n
orkaan tot gevolg het. Almal weet dis peperduur om 'n ad op TV uit saai en
dit moes Holden 'n fortuin gekos het om daardie TV advertensie uit te saai -
elke 5 minute. Selle strorie met die twee yahoos wat in hulle Holden (of is
dit nou 'n Ford) verby die ou jaag in die woestyn in sy jet aangedrewe tuig
(die soort wat hulle gebruik om te sien of hulle deur die klankgrens kan
bars.) So met die verbygaanslag seg die een bloke vir die ander "hy het
seker in derderat vasgehaak". ha ha groot grap.

en in die nuusbuletin 5 sekondes later kla hulle oor die carnage en dreig
met verdere spoed beperkings en "double de-merit points" op
bestuurslisensies." Die spoedgrens is onlangs in beboude gebiede verlaag na
50 kmph en op die oop pad is dit 110 kmph.

Is daar erens 'n paar breinselle te spaar om oor te skeep hierdiekant toe?

Wiele | 10 kommentare

Persvryheid in Israel

So., 07 April 2002 09:26

Vanoggend 'n onderhoud met 'n Israeli minister omdat daar op CNN motors
geskiet is deur Israeli soldate toe hulle vertrek het.
Pertinente vrae oor persvryheid en wat die Israelse standpunt is t.o.v.
skietery op joernaliste is nie beantwoord nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Tobie

So., 07 April 2002 07:08

Dankie Tobie, ek het so pas geluister na jou bladsy
http://walk.isat.co.za/downloads.htm
en dit was al wat nodig was om die dag van vandag
die dàg van die dàe te maak
Dankie ook vir die fasiliteit om dit te ,download, (wou nie die
woorde af te laai gebruik nie want ek wil dit liewer oplaai)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786  787    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 24 20:45:41 UTC 2026