"Koue Vuur" - deur KOOS DU PLESSIS
Di., 07 Mei 2002 16:37
Koue Vuur
die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop
en 'n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop
die ryp is 'n vlam om my voete
maar die koue brand in my bors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
daar's te veel met die wêreld gefoeter
daar's te veel met die mense gemors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
en die helde na al die geploeter
lê diep in die aarde se kors
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors
met 'n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
en ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op
vreet my stuk-stuk op
Musiek & liriek |
0 kommentare
Qantas in die bollies
Di., 07 Mei 2002 16:22
Ou Richard Branson het die tissue boks uitgeruk en krokodil trane gaan huil
by die verbruikers waghond in Australië.
Moerse onregverdig dat Qantas besluit het om kompeterend te raak en die
koste van hul kaartjies drasties te sny. Een voorbeeld - van punt A na punt
B wat gewoonlik $500 was daal nou na $230.
"Ongesonde kompetisie" is die ruling van prof Fels. Die "fine line" tussen
gesonde kompetisie en 'n "dead drop in price" om die teenstander te
elimineer is oorskry en dit is strafbaar. Qantas staar 'n boete van $10
miljoen in die gesig.
Wie is die vark in die verhaal? Qantas wat nog altyd te veel gevra het vir
'n kaartjie of Richard wat jou waarde vir jou geld wil gee?
Hantamkind.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Boikot ABSA - Hartelose huisafbrekers
Di., 07 Mei 2002 07:25
Siesa! Breek die ou ant Alie se huis by Stellenbosch op die plaas
af en gooi haar goed in die reën uit.
"Net 'n misverstand" seg hulle.
Ek sê hulle het net mis vir verstand.
As ek 'n ABSA rekening gehad het, het ek dit vandag dadelik gesluit
- daardie klomp ou boereverneukers.
Daardie ploeg op die ou Volkskas logo was vir al die mense wat
hulle al help onderploeg het, het my oupa altyd gesê.
Skaam julle, ABSA.
Ekonomie & geldsake |
0 kommentare
draai sy nek om
Di., 07 Mei 2002 07:10
met die winter wat nou so skielik op ons is die grappie
twee ouens ry op `n bike toe die bestuurder by die robot vir die
passasier se 'my baaitjie se zip is stukkend en ek vrek nou van die
koue' waarop die passasier toe antwoord 'hoekom trek jy hom nie
agterstevoor aan nie dan is die oop kant mos agter'. 'great' se die
bestuurder wat toe dadelik stop om dit te doen. hulle ry toe aan maar
is in `n ongeluk betrokke. mense stop om te help en toe die ambulans
daar aankom vra die medic hoe dinge lyk. 'ongelukkig was die een ou
klaar dood toe ons hier aankom en die ander een het olraait gedoen tot
ons sy kop reg gedraai het' se `n omstander.
die moral of the story is 'sorg nou dat jy winterklere reg is anders
kan dit te laat wees' of is dit nou 'slim van sy baas'
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Koos du Plessis lirieke
Di., 07 Mei 2002 05:51
Is hier iemand wat lirieke van Koos se bekende liedere êrens beskikbaar het?
My vriendin in Kanada het op sy musiek afgekom en nou wil sy weet wat sê hy.
Groete
Koot Pieterse
(jpie...@petech.ac.za)
Musiek & liriek |
16 kommentare
Pim Fortuyn
Ma., 06 Mei 2002 17:23
Pim Fortuyn, 'n regse Nederlandse politikus, is neergeskiet. Ek het nooit
met die man se idees saamgestem nie, maar as 'n mens vir sy politieke idees
neergeskiet word is dit baie ver van demokrasie verwyder. Dit is 'n swart
dag vir Nederland.
Hilda.
Koeitjies & kalfies |
27 kommentare
Chirac - Le Pen
Ma., 06 Mei 2002 13:04
Vir al die mense wat dit nog nie sou weet nie:
in Frankryk het Le Pen die tweede ronde van die Franse
presidentsverkiesings verloor.
Chirac het nou 82% van die stemme gekry en
Le Pen 17,94%.
Mededeling vanweë
Norbert (uit Vlaanderen)
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Tweede Politikus dood in 1Mil
Ma., 06 Mei 2002 08:28
Janee , 'n tweede politkus is in 1 Mil dood - nou nie een van ons eie nie,
maar darem - ons sal nou nie dat 'n grensie of drie die statistieke beduiwel
nie;))
Nou wag ons vir die derde een.
Iets waaroor ek nogal wonder - hoekom sou Tswete na 1Mil gaan vir die
operasie en hospitalisasie, terwyl nie eers die siek misdadigers hier na
2Mil gaan nie?
Is die Militêre hospitale nie daar slegs vir die personeel en dienspligtiges
nie?
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare