Tony Leon (DA) meld gisteraand dat Libië, volgens hom, mildelik bygedra het
tot die ANC se koffers. Die bedrag oortref klaarblyklik die van
Morkel/Harksen volledig.
Woods (DA) het in die week ook verwys na buitelandse skenkings aan politieke
partye, en die moontlike anpassing van buitelandse beleid in ruil vir
hierdie skenkings.
Indien Libië wel mildelik bygedra het tot die ANC-koffers, is die volgende
vraag seker of hulle (Libië) 'n invloed gehad het op die RSA se beleid jeen
Zimbabwe. (Ons almal ken tog Libië se houding jeens Zimbabwe.)
Dit is eergister gebeeldsend - ek kon nie na alles kyk nie - mens moet werk
ook - maar die bietjie wat ek gesien het, het my elke keer in snot en trane
gehad.
Die diens was in Grey Kollege ( Bloemfontein) se saal.
Die kis was silwer met blou en groen blokkies op die hoeke?- Nietemin, Toe
Shaun Pollock na die verhoog geroep is vir sy huldeblyk, het daar 'n klomp
springbokkrieketspelers saam met hom op die verhoog verskyn, asook Bob
Woolmer. Meestal spelers wat saam met hom in sy laaste paar wedstryde
gespeel het.
Ek sien toe in gisteraand se koerant dat Ali Bacher wel by die begrafnis
was.
Annette
Tydens 'n wereld konferensie oor bierbrouery geniet die grootkoppe van
verskeie bierbrouer entiteite 'n pint of twee om die kroegtoonbank.
Bruce, Uitvoerdende Bestuurder van Fosters, skrou vir die kroegman "In
'Strailya, we make the best bloody beer in the world, so pour me a Fosters,
mate."
Bob, grootkop van Budweiser skree : "In the States, we brew the finest
beers of the world, and I make the king of them all - gimme a Bud."
Hans is volgende: "In Germany ve invented das beer. Give me un Helles, ze
REAL King of beers."
Jan, grootkop van Grolsch openbaar sy bewondering vir hierdie meesterstuk en
vra vir 'n lang koue een met so twee vingers skuim bo-op.
Kerneels, grootkop van SAB, tree na vore.: "Barman, give me a diet coke
with ice and lemon. Please". Die ander staar geskok na hom met totale
ongeloof op hul gesigte. Uiteindelik vra Bruce: "Are you not going to have a
Castle , Norm ?"
Kerneels se "Well, if you pansies aren't drinking, then neither am I".
Na 'n lang afwesigheid (twee, drie jaar?), hier ingeloer. Bly om jou nog hier
te sien (soos ook Ferdi en Swart Simon), en blyer dat jy nog die gespreksgrense
met oorgawe patrolleer en bevraagteken. Ek het so 'n paar weke waarin ek hier
kan rondkuier, en beloof 'n nuusgroep-stuiwer of twee.
Ken iemand anders ook die SA-indeks? Dit was blykbaar 'n Matie-term en staan
vir "soortlike afstootlikheid". Dit gradeer vroue op 'n skaal van een tot
tien, volgens die aantal biere wat 'n mens moet drink om haar aanvaarbaar te
maak.
Gistermiddag op RSG 'n "bespreking" tussen Max du Preez en Prof Piet Strauss
oor Afrikaans en Die Afrikaner. Max het gevra en Piet het gepraat.
Selfs na 45 minute kon Max nog steeds nie van Piet kry wat nou eintlik 'n
Afrikaner is nie - daar is darem konsensus bereik dat die term nie
gesteriotipeer kan word nie, sodat sekere mense nie uitgesluit kan word en
ander 'n eksklusiewe status bekom nie.
Dit lyk al of , afhangende van die persoon, daar sekere aanhangsels gemaak
word wat die terme vir daardie persoon aanvaarbaar maak.
Vir sommige mense is 'n Afrikaner iemand wat Afrikaans as huistaal het en
blank is.
Ek stem nie daarmee saam nie.
Vir ander is 'n Afrikaner iemand wat Afrikaans praat en 'n Christen is.
Daarmee stem ek ook nie saam nie.
Ander wil die "stryd" om Afrikaans te praat en die "stryd" vir die behoud
van die Afrikaner skei, en selfs kultuur en geloof uit die gesprek om
Afrikaans hou, maar dit inbring by die begrip Afrikaner.
Daarmee stem ek ook nie saam nie.
So, ek hoop JohanIs het darem tot 'n punt iewers gekom in sy taak.
Hierdie is mildelik ontleen aan die huidige uitgawe van "Insig": My eie
vrae: Wat is "postmoderne"? Wat is "Hermeneutiese navorsing"? "Godsdiens
is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê Du Toit...
is dít so?
George Bush sê "God bless America"; Osama bin Laden begin 'n djihad, 'n
"heilige oorlog". In die Midde-Ooste sterf honderde Israeli's en Palestyne,
elkeen in die geloof dat God aan sy kant is. Tog het die wetenskap al ver
gevorder om geloof en God as evolusionêre noodwendighede te bewys en die
debat oor die Bybel weg van emosionaliteit na redelikheid te stuur.
"In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was self
God."
Deesdae is god slegs 'n drieletterwoord.
Hierdie stelling som die debat rondom die Bybel as die Woord van God goed
op. Baie Christene glo in die onfeilbaarheid van die Bybel en beskou dit as
goddelike openbaring, terwyl ander dit slegs sien as getuienis van hoe mense
oor God gedink het. Die Bybel het vir sommige mense heilige waarde en vir
ander is dit een boek van vele.
In die postmoderne wêreld beskou sommige teoloë dit as gevaarlik om die
Bybel as die onfeilbare Woord van God bo alle twyfel te aanvaar. Dan word
die Bybel 'n afgod wat bo die God van die Bybel aanbid word. Geen teologiese
tradisie kan dit regverdig nie.
Hermeneutiese navorsing onder leiding van die Duitse Outestamentikus Herman
Günkel het reeds aan die begin van die twintigste eeu sonder twyfel bewys
dat die eerste vyf boeke van die Bybel nie deur Moses geskryf is nie, maar
deur verskillende skrywers. Nuwetestamentiese navorsing beweer dat slegs
tussen 5% en 14% van die woorde wat aan Jesus toegedig is, in werklikheid sy
eie kon gewees het.
Ons kan verdere twyfel wek deur te vra watter vertaling of watter weergawe
van die Hebreeus, Aramees of Grieks die Woord van God is. Daar bestaan
soveel verskille tussen die onderskeie weergawes dat niemand met sekerheid
kan sê watter een die oorspronklike is nie. Hoe kan 'n kerk dan 'n dogma bou
op 'n twyfelagtige teks of vertaling? Hoekom moet ons nog die Bybelse
seksisme aanvaar? Wie sê die Christene het die alleen-aanspraak op die
"waarheid"? Wat van die Hindoes, Boeddhiste, Moslems, Jode, Daoïste en
tradisionele godsdienste? Hoekom is hul geskrifte en siening van God van
minder belang?
"Maar Jesus is die Weg en die Waarheid," kom die antwoord van selfversekerde
Christene. Die Moslems, Jode, Hindoes en ander sê weer hêl siening van God
is die waarheid. Wie moet ons glo? Gelowiges stry nou al duisende jare oor
wie reg en wie verkeerd is en die gesprek kom nêrens nie. Indien almal glo
hul siening van God is die Waarheid, dan moet God skisofrenies wees óf almal
lieg.
Hierdie debat bevorder nie ons begrip van God nie en gee ook nie antwoorde
op ons lewensvrae nie.
Gelukkig het die moderne neurowetenskap 'n moontlike antwoord. Die
Amerikaners Eugene d'Aquili en Andrew Newberg het in twee boeke, The
Mystical Mind - Probing the Biology of Religious Experience en Why God Won't
Go Away - Brain Science and the Biology of Belief, 'n ander moontlikheid op
die tafel gesit.
Hul vertrekpunt, wat ook by godsdiens-wetenskaplikes voorkom, is die vraag
waarom die geneigdheid tot godsdiens en hunkering na God by alle mense en
volkere teenwoordig is. Unisa se Navorsingsinstituut vir Teologie en
Godsdiens het onder leiding van prof. Cornel du Toit 'n seminaar van die
Suid-Afrikaanse Wetenskap- en Godsdiensforum gehou om dié bevindings en
gevolgtrekkings te bespreek. Die boek Brain, Mind and Soul, uitgegee deur
Unisa, vervat al die lesings en gaan in detail daarop in.
"Godsdiens is 'n produk van evolusie en 'n evolusionêre noodwendigheid," sê
Du Toit. Volgens hom is dit die kern van die navorsing. Godsdiens het 'n
biologiese oorsprong wat teruggaan na die eerste bewussyn wat by die vroeë
mense voorgekom het. Hierteenoor beskou Freudiane mense met sterk
godsdienstige oortuigings as verstandelik afwykend en geestelikes as
wêreldontvlugters. Die breinwetenskap sê basta, godsdiens is natuurlik.
Die dood was altyd deel van die natuur. Die eenvoudige brein van 'n rooibok
stel die dier in staat om gevaar waar te neem, te vlug en nadat die gevaar
verby is, voort te wei. Daar is geen bewussyn of nadenke oor wat gebeur het
nie. Evolusie van die menslike brein het ons 'n nuwe (serebrale) korteks
gegee waarin die vermoë van taal asook die begrip van tyd, ruimte en
selfbewussyn geleë is om die mens te help oorleef in 'n komplekse en
gevaarlike wêreld. Die mens het nou bewustelik te doen gehad met roofdiere,
vloede, droogtes, siektes en hongersnood. Ons voorouers het in voortgesette
vrees gelewe.
Gelukkig het dieselfde brein wat die vrese veroorsaak het, die mens die
vermoë gegee om deur die ontwikkeling van handgereedskap, wapens en
eenvoudige tegnologie die meeste van die vrese te oorkom. Mense het hulself
in groepe georganiseer om doeltreffender te jag, hulpbronne te deel en
hulself teen vyandige buitestanders te verdedig. Hulle het ook idees
ontwikkel - wette, kultuur, godsdiens en wetenskap - wat die mens in staat
gestel het om by die omgewing aan te pas.
Die denkproses wat vir hierdie ontwikkeling verantwoordelik is, noem
D'Aquili en Newberg "die kognitiewe imperatief".
Navorsers ondersteun die bestaan van die kognitiewe imperatief deur te wys
dat die verstand, gekonfronteer met oorweldigende sintuiglike inligting, met
toenemende benoudheid reageer. Die menslike verstand het die dringende
begeerte om sin te maak van die warboel inligting. Die brein ontleed die
waarnemings en omskep dit in 'n wêreld van sin en betekenis. Dit gee die
mens die vermoë tot aanpassing en oorlewing.
Hierdie verstandelike ontwikkeling het ook 'n donker kant. Die mens kon een
vrees nie op 'n natuurlike manier oplos nie - die ontnugterende besef dat
almal sterf. Toe die prehistoriese verstand met hierdie dilemma
gekonfronteer is, het die kognitiewe imperatief 'n antwoord probeer kry. Die
oomblik toe die mense bewus geword het van hul eie sterflikheid, het verdere
vrae ontstaan soos waar kom ons vandaan, waarheen is ons op pad en wat is
die sin van die lewe?
Volgens Newberg en D'Aquili het godsdiens uit die worsteling met die
synsvrae ontstaan. Elke stam, volk, taal en gemeenskap het 'n metafisiese
godsbegrip ontwikkel wat antwoorde op hierdie onmoontlike vrae kon verskaf.
Die mitiese raamwerk begin met die fokus op 'n eksistensiële probleem, wat
in twee oënskynlike onversoenbare teenoorgesteldes gestel en dan deur die
ingrype van die gode op sê 'n manier opgelos word dat ons bestaankrisis
verdwyn.
Dink maar aan die verhaal van Jesus. Die wêreld is in sonde gedompel en die
hemel is onbereikbaar. Die mitiese teenoorgesteldes is 'n vervreemde God en
'n lydende mensdom. Jesus los die probleem op verskeie maniere op. Eerstens,
as die seun van God in menslike vorm, doen Hy dit in Sy eie persoon.
Tweedens, deur Sy dood en opstanding versoen Hy God en mens met die belofte
van die ewige lewe. Boeddha verkondig 'n soortgelyke verlossing deur die
najaag van verligting ("enlightenment"), die verwydering en meegevoel om ons
die eindelose siklus van menslike lyding te help verstaan en ons te herenig
met ons verhewe self, wat ons ware wese is.
Die skepping van hierdie komplekse mites verg die kreatiewe, kombinerende
interaksie tussen veral twee van die brein se kognitiewe werktuie. Die
eerste, die kousale of redegewende werktuig, is die verstandelike vermoë om
in terme van abstrakte oorsake te dink. Dit is om vanoggend se maagpyn te
koppel aan gisteraand se kombinasie van vleis en roomys. Die tweede, die
binêre of tweeledige werktuig, verwys na die brein se vermoë om die wêreld
in basiese teenoorgesteldes te raam: bo/onder, goed/boos, links/regs,
voor/agter. Die brein neem dit nie net waar nie, maar skep dit in die ware
sin van die woord en doen dit om 'n evolusionêre rede - om die mens te
oriënteer en te begelei deur ons omgewing, volgens Newberg.
Nog is het einde niet. Die brein word verdeel in verskeie lobbe, elkeen met
'n spesifieke funksie. Een deel fokus op die eie ek, my selfbewussyn, terwyl
'n ander deel, met behulp van ons sintuie, ons bewus maak van die wêreld
rondom ons. Onder sekere omstandighede, soos tydens slaap, meditasie en hoë
stres, sny die brein die sintuiglike af en 'n gevoel van euforie en eenheid
met die werklikheid kan ondervind word. Dit is ook wanneer gelowiges God
ervaar, bang mense spoke sien en New Agers engele en vreemde wesens
waarneem. Prehistoriese mense het natuurlike dwelms gebruik om in 'n
beswyming te gaan om sê kontak met die metafisiese wêreld te maak.
Elke stam, groep, volk, taal en streek se omgewing, agtergrond en tradisie
het 'n invloed gehad op die ontwikkeling van hul eie unieke godsbeeld. In
Indië kon die verskeidenheid en kleurrykheid van die omgewing asook die
Indiërs se abstrakte denkvermoë aanleiding gegee het tot die veelvuldige
manifestasies van Brahma. In Israel is 'n monoteïstiese godsbeeld ontwikkel
te midde van volke met 'n politeïstiese godendom. In Afrika word Modimo of
God as Lig gesien en die woord Afrika beteken "Kinders van die Lig".
Elke godsdiens het geworstel om die onmeetlike en onsienlike in verstaanbare
beelde te omskep. Een van die eerste metafore het God as vrou voorgestel as
'n verklaring van die metafisiese misterie. 'n Gesofistikeerde stelsel van
metafore is ontwikkel om te sê dat God byvoorbeeld " 'n rots" is, maar
terselfdertyd ook nie 'n rots nie. Dit keer dat God vasgevang word in 'n
definisie. Een van die redes hoekom Christene van mekaar verskil oor die
siening van die Bybel, is omdat sommige die metafore aanbid in plaas daarvan
om in verwondering en nederigheid voor die ondefinieerbare God te buig.
"Lees die Bybel soos dit jou pas," sê Du Toit. Hy meen die getjommel oor die
Bybel moet die waagmoediges nie afskrik om erns te maak met die postmoderne
wetenskap nie.
"Bewys wedersydse respek aan mekaar se sienings van God, want evolusie wys
dat almal 'n deel van die Groot Waarheid beethet. God is meer as net 'n
drieletterwoord."