Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kaapstad se Optog

Ma., 10 Junie 2002 09:09

Mark Shuttleworth en sy twee mede ruimtereidwalers gaan vandag om 1:00 nm in
'n oopdekbus deur Kaapstad ry.
Hulle praat van 'n tickertapeparade, maar ons sal maar hulle moet gooi met
gewone rekenaarpapier;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Dokterlose Hospitale

Ma., 10 Junie 2002 09:03

Blykbaar is Christiana en Stelle se hospitale sonder dokters.
Die geld is glo daar om vir die salarisse te betaal, maar die dokters wil
nie daar bly nie.
Vir wat nie?
Sover ek kan onthou was Christiana en Stella lekker plekke.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Shane se Rowwe Liedjies

Ma., 10 Junie 2002 08:31

Is daar manne hier wat dit het? Ek het net gehoor dit is baie rof, en nou
nie juis iets wat ek sal geniet om na te luister nie.
Maar blykbaar is daar mense wat verby die vloekery en die lasterlike
uitlatings luister en dan die "liedjies", woorde geskryf op bekende wysies,
geniet.
Die vraag is net, vir wat skaf hulle die CD aan as hulle verby wil luister?
Dan kan hulle mos net so lekker na die oorspronklike liedjies luister?
Of is dit maar net om te weet hulle kan die CD kry - soos toentertyd wat
mens spesiaal was as jy 'n Biltong en Potroast tape in die hande kon kry?

Dit sal darem lekker wees om weer 'n program soos Biltong en Potroast te kan
kry - hulle aanbieders leef nog - of is Mel toe al dood van al die rokery?

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Morkel Die Onskuldige

Ma., 10 Junie 2002 07:54

Na die naweek se koukusdinge het die DA verklaar dat hulle nog steeds wag
vir die forensiese uitslag van die ondersoek om uit te vind hoeveel geld
Morkel van Harksen gekry het.
Morkel en Markovitz is egter goed geroskam omdat hulle sulke dik pelle met
Harksen was.
Nou, ek weet ek raak oud, maar ek kan half goed onthou toe die storie die
eerste keer gebreek het, het Morkel onomwonde verklaar dat hy Harksen glad
nie ken nie, en slegs miskien een of twee keer by gesellighede raakgeloop
het.
Vanoggend op RSG het hy niks te sê oor die roskammery nie, net dat hy nie
geld gekry het van Harksen nie.
Ek sluk ook maar dik aan Harksen se stories wat hy onder eed as die waarheid
aan Regter Desai verkoop het.
Mens moet wragtag dik pelle met iemand wees om die telefoon op te tel en vir
die persoon te vra om R20 000 te gee om 'n huis te kan huur.
Aan die ander kant "dink" politici mos anders as regte mense.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sokker

Ma., 10 Junie 2002 07:21

Halftyd:
KFC -1
Hond - 0
Annette

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Les Geleer of dubbele standaarde?

Ma., 10 Junie 2002 07:19

Ons hoor nou al van gister af van die 30-jarige akteur wat in Generations
gespeel het wat van verkragting aangekla is en wat vandag in die hof gaan
verskyn. Geen naam word genoem nie.
In Leon van Nierop se geval was sy naam die wêreld vol uitbasuin nog voordat
hy aangekla was - slegs op gronde dat hy verdink word dat hy hom
kinderpornografie vermaak.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Peter Mokaba dood?

Ma., 10 Junie 2002 04:55

Nou net op RSG gehoor - wat was die oorsaak?
Annette

Nuus | 5 kommentare

Skuilname en 'n voorbarige nuweling

Ma., 10 Junie 2002 01:43

Johan B
Ek vemoed dat solank as jy agter jou skuilnaam wegkruip jy
sal aanhou snert kwytraak sonder enige vrees vir jou stellinge.

Wouter
Daardie deuntjie gaan jou niks in die sak bring nie, en ek kruip
vir niks weg nie. Ongeveer almal skryf hier onder skuilname,
daar is redes daarvoor wat ek nie aan jou hoef te verduidelik
nie. Ek staan in vir wat ek sê, die plaasvark het sy eie reputasie
hier. Bly 'n rukkie hier, dan sal jy dit verstaan. Of gee pad as
ons gevestigde manier jou nie aanstaan nie. Maar moenie vir ons
probeer voorskryf hoe ons ons dinge hier moet doen nie.

Jou naam beteken vir my niks en al wat jy hier het is 'n klomp
vermanings om te chill. Word tog groot. Of gaan speel elders.

Soos die boere sou gesê het, jou hele ou moer op 'n mikstok.

Koeitjies & kalfies | 107 kommentare

Uiteindelik 'n speletjie vir Afrikaners

So., 09 Junie 2002 14:10

Goeie dag,

Dit is met trots dat ek hierdie nuusgroep in kennis wil stel van 'n
Afrikaanse rekenaar speletjie. Ons is deur telke mense gevra om asseblief
die sagteware in Afrikaans ook beskikbaar te stel. Drie maande later het ons
toe die moed bymekaar geskraap en dit gedoen.

Die huidige uitgawe is heeltemal gratis en hoef nie eens geregistreer te
word nie... Die enigste vangplek is dat die huidige soekenjin 'n 350Mhz +
masjien soek om vinnig genoeg te kan werk. Nie te min sal die sagteware op
enige masjien hardloop. Minimum skerm grootte is 800x600. DirectX is nie
noodsaaklik nie. Alhoewel 'n klank kaart die speletjie meer interesant maak.

Twee weergawes is beskibaar: Engels and Afrikaans:

Gaan na http://tigme.com/software_games.htm vir besonderhede om af te
laai...

------------------------------------------------------------ ----------------
---
Rudolph Thomas
rud...@tigme.com
TIGME.COM
------------------------------------------------------------ ----------------
---

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Boks

So., 09 Junie 2002 05:59

Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
toeskouersport bly.
Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
Annette

Sport & ontspanning | 29 kommentare

Bladsye (1834): [ «    735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745  746  747  748  749  750    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 19:55:17 UTC 2026