Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hallo...

Ma., 17 Junie 2002 19:15

> On Sat, 15 Jun 2002 01:24:57 +0200, "Jan" wrote:

> Is daar nog enigeiemand hier wat nog redeneer skuilname is OK?

> Johan Bornman

> en Kinky reageer sò:
> En die stryery oor skuilname is regtig vervelig.

Hallo Johan. Ek loer vanaand weer hier in
en vind (behalwe vir dieselfde debatte wat
gewoonlik erg holrug gery word totdat iemand
die inisiatief aan die dag lê om die onderwerp te
verander) dat jy besig is met 'n redenasie wat my ook
na aan die hart lê. Ek voel soos jy oor die feit dat die
meeste van die deelnmers hier skuilname sowel as vals adresse
gebruik. Waarom hulle dit doen weet nuger. Trap hulle uit vriend!
Ek sal binnekort weer inloer en hoop dat jy hulle intussen tot ander
insigte sal kan oorreed.

Davie Davis

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Lekkersmul

Ma., 17 Junie 2002 09:56

Met my jagery heen en weer na Hermanus Saterdag, het ek darem tyd gemaak om
te stop by Houwhoek se padstal.
Dis nou een plek wat ek nie sommer maklik verbyry nie.
Daar koop ek toe 'n potjie suurvyekonfyt.
Een hele pot vol lekkerte.!!
Ek is iemand van besondere wilskrag - die potjie is nou eers half:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Shocking New South African Book

So., 16 Junie 2002 18:29

On Sat, 15 Jun 2002 01:24:57 +0200, "Jan" wrote:

http://www.AfricanCrisis.org
http://www.AfricanCrisis.org/BkGovt.asp
http://www.AfricanCrisis.org/Order.asp

Is daar nog enigeiemand hier wat nog redeneer skuilname is OK?
Johan Bornman

Wouter
Sheez, maar jy is stadig van begrip, Johan Boorman, ek moet
darem toegee dat jy dit al self hier as verskoning genoem het
vir die snert wat jy kwytraak. Maar jy mag darem probeer
dink voor jy skryf..

Jan Lamprecht se naam en meer is beskikbaar by die
skakel wat hy gee, dis eerder jy wat agter 'n onverifieerbare
naam skuil

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Boere Bittereinders

So., 16 Junie 2002 11:30

"Vir die derde maal in ons geskiedenis is ons hele volk in ons hele land
onregmatiglik sy vryheid, karakter en veiligheid deur ons vyande ontneem, en
word ons onderwerp aan onder- drukking, onreg en volksmoord. Al hoe meer van
ons mans, vrouens en kinders, oud en jonk, word vertrap, verneder,
verontreg, belas, mis-
bruik, vermoor, doodgeslaan, beledig, vervolg, verkrag, beroof, besteel, en
weerloos aan n vreemde, onregverdige en barbaarse bestel uitgelewer. Ons is
slawe en lakeie in ons Vadere se eie huis. "

http://www.boer.co.za/cyber/dorpe/balmoral/boerekoop.htm

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Die HNP en Duitsers

So., 16 Junie 2002 11:16

Ek stik behoorlik in my bier toe ek hierdie arikel lees op die internet.

Die Afrikaner het onlangs 'n berig en ook 'n kort artikel oor die
Nasionaal-demokratiese Party van Duitsland gedra. Die kongresagenda van die
afgelope HNP kongres het ook 'n bydrae oor die NPD daarin gehad. Daar kan
tereg oor gewonder word welke belang dit vir ons inhou. Dit moet besef word
dat die eenwêreldorde vinnig besig is om fatsoen aan te neem en dat die
grootste struikelblok op die weg daarheen die nasionalisme is. Veral wanneer
deur wisselwerking tussen nasionalistiese partye en bewegings, die
nasionaliste oor die wêreld heen tot 'n gesamentlike mag ontwikkel.
Belangstelling in die nasionalistiese stryd van ons rasgenote is 'n
noodsaaklike eerste stap in die stryd teen die maghebbers van die
eenwêreldorde.

HK

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Manifes

So., 16 Junie 2002 11:09

Terloops raakgeloop op die internet.
http://www.boer.co.za/boerwar/vhk/2c_manifes.htm

Manifes

"Die wêreld moet weet: ons sal weer veg en ons sal weer vry wees!"

Die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog is vir die Afrikanervolk van die allergrootste belang. Naas die geskiedenis van die Groot Trek is die oorlog die gebeurtenis wat die diepste ingegrif is in die siel van die Afrikaner. Sonder die Trek en sonder die diep spore wat hierdie Vryheidsoorlog nagelaat het, is die bestaan en die karakter van die Afrikanervolk ondenkbaar. Daarom verbaas dit ons nie dat daar duidelik pogings aan die gang is om die betekenis van die Tweede Vryheidsoorlog in die gemoed van die Afrikanervolk aan te tas, te verwater of te probeer vernietig. Dit pas in ons vyande se plan om die Afrikanervolk van sy geskiedenis en sy geestelike wortels te vervreem.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog is die volksbande van die Afrikanervolk deur triomf en neerlaag, deur oorwinning en smart, onwrikbaar gesmee op die aambeeld van die geskiedenis. Die erfenis van ons volk uit die lydensgeskiedenis van die oorlog is 'n onvernietigbare en onvervangbare een. Dit het ons verhef tot 'n hoë rang onder die nasies, in die eerste plek omdat dit 'n morele en regverdige stryd vir 'n volk se vryheid was, maar veral ook oor die heldhaftige wyse waarop die klein Boerevolk vir drie jaar lank verbete teen die magtige Britse ryk kon staan.

Soos min ander volke het die Afrikanervolk deur sy offers en heldedade 'n aansien verwerf wat aan die legendariese grens. Die krygsvernuf van die Boeregeneraals, die vindingrykheid van die burgers in die veld, die getrouheid en standvastigheid van die Boerevrou – hierdie dinge het mense se harte aangegryp en het weerklank gevind in New York, Londen, Brussel, Amsterdam, Parys, Rome, Berlyn en Moskou. Veral onder die Protestants-Dietse volke van Europa is aangevoel dat die Boere 'n stryd moes stry wat eintlik ook húlle stryd was: 'n stryd van die geloof teen die gryplus van die Britse Empire, teen die minagting van 'n klein volk se vryheid. Daar is oral besef dat Brittanje se oorlog teen die Boere nie met die Christelike geloof te versoen is nie.

Die gewetenlose veldtog deur die Britte om die twee onafhanklike Boererepublieke gewelddadig te onderwerp het mense oral in die beskaafde wêreld met weersin vervul. Vandaar dan ook dat vrywilligers uit ander volke spontaan by die Boeremagte aangesluit het: Iere, Skotte, Amerikaners, Russe, Duitsers, Nederlanders, Skandinawiërs en andere. Hulle was bereid om hulle lewe vir die saak van die Boere te gee. Hierdie feit staan vandag steeds as 'n getuienis van die reg van die Boeresaak en as 'n ewige aanklag teen Brittanje se wandaad.

Dat die Boerevolk meer as 26 000 vroue en kinders in Britse konsentrasiekampe aan die dood moes afstaan is so 'n groot skandvlek op die Britse militêre geskiedenis dat ‘n Engelse geestelike, C.F. Aked, op 22 Desember 1901 in die Engelse kerk te Liverpool daaromtrent verklaar het: "Groot-Brittanje kan sy oorloë nie wen nie sonder die toevlug te neem tot die laagste veragtelike daad van die veragtelikste skurk op aarde: die daad om na ‘n dapper man se hart te slaan met sy vrou se eer en sy kind se lewe." Vir hierdie "grusame vergryp teen die beskawing", soos Aked dit bestempel het, moet Brittanje steeds verantwoording doen

Om die redes hierbo genoem, verklaar die Boere-Afrikaners van vandag:

* Dat die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog vir ons 'n heilige plig en verantwoordelikheid is wat ons nie sal ontwyk nie. Ons wil nie alleen herdenk nie, maar ons wil ook bemoediging en inspirasie put uit die heldedom van daardie stryd. Die huidige geslag van Afrikaners moet deur die herdenking van die oorlog nuwe krag en visie ontwikkel vir die stryd waarin ons gewikkel is en vir dit wat nog voorlê – 'n stryd wat duidelik ooreenstem met dit wat die Boererepublieke ondervind het in die aanloop tot die oorlog, en ook daarna.

* Dat die minagting en vernietiging van die reg van die Boererepublieke aan die einde van die negentiende eeu in ons tyd voortgesit word deur politieke magte wat met die steun van Brittanje en ander lande optree om die vaderland van die Boer finaal van hom te vervreem en om sy vryheid en onafhanklikheid te vernietig deur middel van swart oorheersing. Ook hierdie plan van ons vyande sal nie slaag nie, soos die plan van Milner en Kitchener op die lange duur nie kon slaag nie. Op 31 Mei 1961 is opnuut 'n Afrikanerrepubliek onder dr. H.F. Verwoerd tot stand gebring, 'n republiek vry van Britse oorheersing!

* Dat ons is diep bewus is van ons volk se verantwoordelikheid teenoor die geslag wat in 1899-1902 die hoogste tol moes betaal vir die vryheid en die reg van die Boererepublieke. En waar die republikeinse vyheid, wat in 1961 herwin is, deur verraad en ontrou weer verlore gegaan het sonder dat daar om die vryheid van ons vaderland geveg is, weeg daardie verantwoordelikheid soveel swaarder op ons. Ons volk moet besef dat ons ons vryheid verloor het deur verraad en dat daar weer met alle mag geveg sal moet word om dit te herwin. Dié stryd sal op alle toepaslike terreine voortgesit moet word. Ten diepste is ons oortuig dat daardie vryheid verwesenlik kan word deur die herlewing van Afrikanernasionalisme en deur die vernuwing van ons geloof in onsself as 'n God-geroepe volk.

* Dat die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog vir ons volk 'n herbevestiging moet wees van ons band met die verlede en dit moet getuig van ons trou aan die heldegeslag van 1899-1902. Alleen wanneer ons getrou bly aan onsself sal ons voortbestaan as 'n volk en sal ons die magte wat teen ons gemonster word, weerstaan en oorwin. In hierdie geloof wil ons die toekoms tegemoet gaan – as 'n volk wat in sy siel onoorwinlik is, as 'n volk wat in die stryd sy krag van Bo ontvang, en as 'n volk wat weier om onderwerping as 'n finale uitslag van die geskiedenis te aanvaar, net soos die Afrikaner ná 1902 ook geweier het om permanente Britse heerskappy oor Suid-Afrika as die finale uitslag van die oorlog te aanvaar.

Die Afrikanervolk staan sonder enige twyfel voor die grootste uitdaging van sy bestaan sedert 11 Oktober 1899: ons taal, kultuur en godsdiens word in ons skole en op talle ander terreine misken; ons reg op ons eie vaderland word ons ontsê. Wanneer 'n volk voor so 'n uitdaging te staan kom, is daar net een eerbare weg, en dit is stryd – stryd totdat die oorwinning verkry is, voortdurende en volgehoue stryd ter wille van dit wat stryd werd is, naamlik die reg om as 'n volk in die geskiedenis voort te bestaan soos God dit beskik het. Genl. Christiaan de Wet het in 1900 gesê dat 'n volk se selfrespek dit van hom verg dat hy nie sonder stryd sal toesien hoe sy vaderland van hom vervreem word nie. Om dieselfde rede, ter wille van ons selfrespek, mag die Afrikaner vandag ook nie onderwerping en vervreemding aanvaar nie.

Hierdie waarheid is deur die heldegeslag van 1899-1902 in bloed neergeskryf op die bladsye van die geskiedenis. Laat ons vandag antwoord op die oproep van pres. Paul Kruger en laat ons neem uit die verlede wat goed en reg, edel en skoon is, om daarop ons toekoms te bou. Dan sal die vryheidswinde gewis weer oor ons velde lag, en sal die geslagte wat kom met eer en respek kan praat oor die Afrikaners van vandag, soos ons ook oor die helde van 1899 –1902 kan praat.

'n Volk wat sy verlede voortdurend voor oë hou en 'n volk wat sy helde eer, is 'n gesonde volk. Mag dit ook van die Boere-Afrikaners van ons dag gesê word:

"dat ons nie kon gebuig word soos hul geweld dit wou,

maar dat ons hoog kon lewe, slegs aan ons bloed getrou."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 16/6

So., 16 Junie 2002 11:04

Vroutjie Douwtjie, oftewel Douwlina Grobbelaar, eggenote van Fanus
Rautenbach, is gister op 76 jarige ouderdom oorlede.
Sy het die afgelope 5 jaar aan Alzheimer's gely.
Annette

Nuus | 8 kommentare

Sokker - Afrika Juig

So., 16 Junie 2002 09:06

Met Senegal se oorwinning oor Swede gaan ons more seker hoor Afrika het
gearriveer in WB sokker - hoekom sal die Suid-Amerikas, die Ooste, die
Europeërs, die Engelse en die Skandinawiërs nie so vreeslik tekere gaan as
een van hulle spanne deurdring nie? - daar is elke land vir homself.
Wonderlike samehorigheidsgevoel wat ons mense hier het - alhoewel die meeste
van die juigendes hier nie eers 'n idee het waar Senegal is nie.

Kameroen het al voorheen ook die halfeindronde gehaal - maar kon nie hul
vorige seges herhaal of daarop verbeter nie.
Hopelik kan Senegal bewys dat hulle meer konstant welslae kan behaal in
toekomstige WB toernooie.

Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

24 uur horlosie

Sa., 15 Junie 2002 19:31

hoe kan ek my komper stel dat dit die tyd in 24 ure gee.
--

Rekenaars & selfone | 16 kommentare

Acts of God

Sa., 15 Junie 2002 19:30

Hello ppl
Ek weet daar is van julle wat in die versekeringsbedryf is en ek
wil graag meer weet oor wat is die verskillende 'Acts' waar die
mens sy besittings kan teen verseker.
Wat is die Afrikaans vertaling van 'Acts of God'?
--

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1834): [ «    730  731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 18:31:39 UTC 2026