Dronk regter kry R5 milj. vir by die huis sit
2011-05-24 09:53
Johannesburg – R4 676 336. Dít is hoeveel die veroordeelde regter
Nkola Motata oor die afgelope vier jaar betaal is ten spyte van die
feit dat hy nie by die werk is nie, het The Star Dinsdag berig.
Jeff Radebe, minister van justisie, het in 'n geskrewe parlementêre
antwoord aan die Cope-LP Dirk Feldman gesê hy is van mening dat Motata
op spesiale verlof moet bly met volle vergoeding tot die Regterlike
Dienskommissie (RDK) sy ondersoek na bewerings van wangedrag teen hom
afgehandel het.
Indien die RDK nie sy ondersoek teen Februarie aanstaande jaar,
wanneer Motata aftree, afhandel nie, kan hy op die volle salaris van
'n regter aftree.
Motata het in Januarie 2007 sy Jaguar deur die muur van Richard Baird,
'n sakeman, se huis in Hurlingham, Randburg geploeg.
Hy is in 2009 in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind op
aanklag van dronkbestuur en 'n boete van R20 000 of 12 maande
tronkstraf opgelê.
In 2007 het 'n regter jaarliks R739 497 verdien en teen 2010 het dié
bedrag tot R1 385 013 gestyg.
Feldman het geëis dat Motata bedank en gesê hy is "diep bekommerd" dat
sy verlof verleng is. Hy het gevra dat die RDK "'n voorbeeld stel" en
"die lyn trek".
"Dit is verkeerd. Een van my grootste bekommernisse is dat die
belastingbetaler sy salaris betaal, terwyl hy by die huis is en niks
doen nie."
Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gesê hoewel die reg
sy gang moet gaan, is dit 'n "kommerwekkende fenomeen" dat beamptes
wat uit die publieke beursie betaal word, toegelaat word om vir 'n
onbepaalde tydperk 'n maandelikse salaris te ontvang.
ANC se doppie in 'skiet die Boer'-saak geklink
2011-05-16 10:59
Johannesburg – Waarnemende regter Leon Halgryn het Maandag in die Suid-
Gautengse hooggeregshof beslis dat "Skiet die Boer" nie net haatspraak
is nie, maar aanhitsing tot moord.
Die ANC het verlede jaar ’n aansoek om verlof tot appèl teen die
verbod op die lied “Dubul’ iBhunu” (“Skiet die Boer”) ingedien, is
vroeër berig.
Halgryn het die ANC se aansoek om tussenbeidetrede in dié saak met
koste van die hand gewys, het AfriForum in 'n verklaring gesê.
Die ANC sê die lied vorm deel van die geskiedenis van die vryheidstryd
en word steeds deur sy ondersteuners gesing.
Thandi Modise, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het die aansoek
namens die ANC by die hof ingedien.
Dié uitspraak hou nie verband met die haatspraaksaak teen Julius
Malema nie.
Naar aanleiding van het verschijnen van dit woordenboek publiceert de
Vlaamse krant 'De Standaard' een test 'Zeg het in het Afrikaans'. Er
worden tien Afrikaanse woorden gegeven en de lezer moet raden wat die
betekenen door de juiste betekenis te kiezen uit vier mogelijkheden en
die aan te klikken. Dan volgt het tweede woord, etc. Een vergelijkbare
test voor Afrikaanders staat er niet bij. Maar het is voor hen toch
leuk om hem ook eens te doen.
Ook nog dit: volgende maand vindt in Amsterdam het Festival van het
Afrikaans plaats. Meer vinden jullie daarover op volgende url,
helemaal onderaan de pagina:
'90% van die plase oorgedra was onsuksesvol'
2011-05-09 08:45
Alet Rademeyer
Johannesburg – Grondhervorming is nie suksesvol as nuwe plaaseienaars
hul grond verlaat om weer in townships gaan bly en die plase nie
produktief bewerk word om voedselsekerheid te verseker nie.
Só het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en
grondhervorming, Sondag op ’n mediakonferensie buite Pretoria gesê.
Hy het gepraat ná ’n restitusie-werksessie wat die naweek deur meer as
1 200 afgevaardigdes bygewoon is.
Hiertydens is na die bekommernisse van begunstigdes van grondeise
geluister en na tekortkominge van die restitusie-program gekyk.
Nkwinti het op ’n vraag oor grondhervormingsuksesse gesê tot 90% van
plase wat in die boekjaar 2009-’10 oorgedra is, het nie presteer nie.
Volgens hom is grondrestitusie ’n ingewikkelde en emosionele kwessie.
Die doel is om te verseker dat grondoordrag met ontwikkeling gepaard
gaan. Daarom is dit belangrik om na mense te luister wat grondeise
ingedien het, meen hy. “Ons moet hul ervarings verstaan, pleks van in
kantore sit en besluite neem oor wat vir hulle goed is.”
Op ’n vraag oor die departement se kommentaar op uitlatings van Julius
Malema, ANC-jeugleier, dat grond sonder vergoeding onteien moet word,
het Nkwinti gesê grondhervorming moet binne die grondwetlike raamwerk
van die land plaasvind.
Volgens hom is die huidige mandaat om 30% van grond teen 2014 oor te
dra en boere daarvoor te vergoed.
“Die mandaat het sy eie beperkings en daar is pleidooie dat wysigings
gemaak moet word om die verkryging van grond makliker te maak.”
Nkwinti het gesê daar is ’n groot behoefte dat Suid-Afrikaners van
grondeise bewus gemaak word omdat mense grond wil koop waarop daar
reeds eise is.
Volgens Nkwinti is daar nie meer so baie grondeise agterstallig nie.
Dié wat wel uitstaande is, is ingewikkeld en baie geld is daarby ter
sprake.
Met verwysing na grondpryse wat deur sommige eienaars opgeblaas word,
het Nkwinti gesê die gedagte is dat ’n komitee gestig word wat na
standaardpryse kan kyk.
Van die probleme met die restitusie-program wat uitgewys is, is:
Die toestaan van prospekteer- en mynregte aan derde partye deur die
departement van minerale bronne op grond wat reeds geëis word of aan
mense teruggegee is;
Die afhandeling van eise sonder die versekering van deeltitelaktes vir
die begunstigdes;
Beweerde korrupsie en onbevoegdheid van amptenare in die departement;
Swak begrip van die restitusie- en grondregtewet by amptenare; en
Geen regsverteenwoordiging vir grondeisers in geskille wat in die hof
eindig nie.
Nkwinti het gesê sy departement se hoogste prioriteit is om die
geldelike vergoeding vir grondeise af te handel.
Ah shame Vavi, hoe langer julle aan bewind is hoe meer gaan dinge
agteruit.
Word wakker en neem verantwoordelikheid
=================================
'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'
2011-05-04 15:09
Johannesburg Zwelinzima Vavi, Cosatu-hoofsekretaris, het Woensdag
gesê kolonialisme, apartheid en internasionale mynhuise is
verantwoordelik vir reeksmoordenaars.
Vavi het 'n toespraak gelewer by die onthulling van 'n gedenksteen vir
die slagoffers van die suikerriet-reeksmoordenaar, Thozamile Taki, in
KwaZulu-Natal.
Taki het 13 vroue vermoor en hul lyke in suikerrietplantasies gegooi.
Suid-Afrika se geskiedenis het vatbare toestande vir 'n groot aantal
reeksverkragters en -moordenaars geskep, het Vavi gesê.
Hy het gesê die probleem is gewortel in die land se koloniale en
apartheidgeskiedenis weens die wrede en immorele stelsel wat
gewetenloos deur geweld toegepas is.
Ek is Chris van UITSAAI PROJEK, en ek is 'n Afrikaanse Musikant.
En nee, ek is nie MAAR NET NOG 'N AFRIKAANSE SANGER NIE! Ek Skryf,
Sing, speel my eie instrumente en doen ook my eie opnames. Vir "live shows",
probeer ek darem om musikante op die verhoog te kry, aangesien ek SOLO
is.
Maar dit gaan nie net daaroor nie, ek wil graag vir mense wys wat SOLO Afrikaanse
kunstenaars kan bereik met hulle EIE musiek, so julle ondersteuning is van uiterste belang,
en ek bedank almal wat in my glo en my ondersteun.
Hou gerus my SPOEGBLAD dop vir nuwe verwikkelinge, ek is in die proses om
fotos, biografie, lirieke ens op datum te bring.
Luister gerus na SAMPLES van my musiek. Julle kan dit ook DIREK koop
(AANLYN), aangesien dit goedkoper is om dit so te versprei. Ek wil graag my
CDS op die rakke kry, maar daar is baie min mense met baie min tyd...as julle
weet wat ek bedoel.
Ek wil dan ook net graag vir al daardie mense wat my "posts" blok
op hulle "community sites" sê:
Baie Dankie, julle maak my sterker hoor! En dan is dit nogal mense
uit jou eie "tuis-dorp", maar nou ja, laat ek nou nie te veel
moeilikheid maak nie...
Weet nie wat om met jou Kleingoed en Tieners te maak hierdie Winter
vakansie?? Stuur hulle bosveld toe.. Ons wys en leer hulle meer van
die Natuur. Alles ingesluit. Besoek ons webtuiste vir meer
besonderhede. Spesiale prys van R850.00 per persoon per dag as julle
meer as 14 in 'n groep is.
Slegs geldig vir hierdie winter vakansie.. Webtuiste:
www.carmenmichellesonnenberg.webs.com
Ek is gebore op Oudtshoorn en woon in die Paarl. Ek doen navorsing oor die
CLAASSEN, POZYN, WATERSON, SWIEGELAAR en BENCE-families van die Klein
Karoo.