Finland is glo die land met die minste korrupsie.
NZ is glo die derde soetste land.
SA is die tweede soetste in Afrika, en slegs 36ste op die wêreldlys.
So waaroor almal so oor korrupsie gal afgaan sal ek nie nou weet nie;)))
Annette
Op hierdie nuusgroep onder "Heldedag" en "Afdraend?" is daar verskillende
menings oor misdaad in Suid-Afrika.
Is daar moontlik iemand wat vergelykbare statistieke het oor misdaad in die
RSA en hoe dit met ander lande sou vergelyk.
Ek is onder die indruk dat ons in die RSA vrede gemaak het met die
geweldmisdaad wat ons teister - tot so 'n mate dat ons dit nie eens meer as
ernstig beskou nie.
Wat my dan weer tot verhaal bring is die onlangse publisteit wat verleen is
aan die 2 dogtertjies in Engeland wat vermoor is (die Holly-geval). Dan
besef ek dat die saak in 'n plaaslike koerant moontlik bladsy 3 kon gemaak
het - maar slegs vir een publikasie?
Wanneer iets gebeur het om sy dag deurmekaar te krap, het my oupa altyd gesê
"Ek is nou skoon uit die plom uit." Ek neem aan dit kom van die Engels "out
of plumb", wat verwys na iets wat skeef getrek is, sodat die loodlyn "plumb"
nie meer reg hang nie. Of liewer, die loodlyn hang reg, maar die hoek wat
daarme gemeet word, is nie meer 'n regte hoek nie.
My ma praat ook graag van poerpasdam, wanneer sy iets doen om die tyd mee te
verwyl - bv "Wat maak Ma daar?" - "Ag, ek brei sommer bietjie vir poerpasdam
terwyl ek wag vir die water om te kook." My afleiding is dat dit van die
Frans "pour passer le temps" af kom.
Het iemand daar buite miskien nog Laurika se plaat met "Moenie weggaan
nie" van Brel? Ek sal graag 'n kopie van die lirieke wil hê, asook wie
dit vertaal het in Afrikaans. Dit sal gaaf wees.
Ek sal graag van ounes in Perth, Wes Australië wil hoor.
Kontak my asseblief by my huis adres: dewets by iafrica dot com
Daar's geen sinistere motiewe verskuil nie, maar ek sal graag met julle van
die lys af wil kontak maak.
Dit gaan oor ander Suid Arikaners wat daarheen verhuis het.
Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
Dis vandag Heldedag in Namibië en die inwyding van die nuwe Heldeakker in
Windhoek vind vandag plaas. 'n Moerse lot miljoene dollars verder [wat die
land eintlik nie kan bekostig nie en die werk is gedoen deur buitelanders
terwyl werkloosheid hier by ons ongelooflik hoog is] word hiermee hulde
gebring aan die helde van die vryheidstryd van Namibië. Waar die fondse
vandaan kom, kan mens seker oor net spekuleer, maar onsself kan dié monument
nie bekostig nie. So, die buiteland moet seker maar die geld skenk? Mens
bly egter wonder of die geld nie beter aangewend sou wees om die lot van die
gewone man op straat te verlig nie?
Glo dit of nie, ons stap dieselfde pad as Zimbabwe. Mooi stories word
gepraat dat ons grondwet 'n model ene is en dat dit individuele eiendomsreg
beskerm, maar die dag gaan kom dat die buiteland nie meer genoeg gaan skenk
om Namibië se kop bo water te hou nie. Werkloosheid gaan vererger en dan
gaan die politici vir die mense vertel dat die oorsaak van al hul elende is
die boere op die plase wat hulle grond gesteel het. Maak nie saak of dié
man en sy mense nog nooit voorheen voet op daardie spesifieke stuk aarde
gesit het nie, beset gaan hulle hom beset, want dit is die enigste manier
van oorlewing in 'n land waar daar geen vooruitgang is nie. Hulle kan
eintlik nie anders nie!
Hoe anders kan mens die feit vertolk dat ou Mugabe se vrou vir haarself
'n plaas toe-eien? Haar man is een van die rykste mense ter wêreld
.....uit sy mense se goed steel. Nou doe sy maar so voort. Wat van die
feit dat omtrent elke minister in ons land een plaas of meer het.....dat Sam
Nujoma 'n stuk of sewe plase het? Niemand eis dat hy sy plase moet verkoop
of weggee nie!
Dit is net 'n kwessie van tyd, dan volg Suid-Afrika ons
ook........Afrika roep!
Saterdagaand het ons toe die John Rutter konsert gedoen.
Behalwe vir die plesier om aan so 'n gebeurtenis deel te neem, en die
voorreg om so 'n begaafde persoon te kon ontmoet, was ek ook blootgestel aan
twee heeltemal uiteenlopende vertolkings van dirigentskap.
Die New England Youth Orchestra van Amerika het ons begelei.
Die stigter en dirigent is 'n Doktor Moeilike-naam-en-van ( ek het nie 'n
program nie) - sy is 'n gebore Kapenaar en hierdie keer was die orkes se 5de
besoek aan SA.
Net na speeltyd, toe gaan staan die koperblasers bo op die oorvol gallery -
om 'n nommer saam met die orrel te lewer - en toe dirigeer Roucher die ou
lotjie, wat hom nie kon sien nie, vreeslik woes - op sy gebruiklike manier.
Die musikante kon hom nie sien nie, want hy het agter die orrelis gestaan,
en die koperblasers het met hul rug na hom gestaan - nietemin, hy het sy
ding gedoen.
Net daarna was daar toe 'n klavierkonsert met strykers en die ander
blaasinstrumente -en die een dirigeer die Doktor toe - met swaarlik 'n
pinkie wat nou en dan diskreet roer;)))
Ek hou nogal van die tweede metode.
Annette