Dit is miskien goed dat daar so 'n week is, maar jaar na jaar sien ek net
plakkate wat my daarvan bewus maak, en op die TV 'n handtolk by die nuus.
Miskien moet ons permanent handtolke of onderskrifte by alle programme op TV
kry - altyd - en kan die publiek meer bewus gemaak word van hierdie mense se
dilemma.
Dit geld natuurlik vir alle gestremdes - nie net die dowes nie.
Annette
Blykbaar was die WSSD glo 'n sukses.
Daar is 43 ooreenkomste bereik, en daar is ook gevorder om 'n ooreenkoms wat
10 jaar gelede bereik is werkbaar te maak.
Die vraag is natuurlik hoeveel van die ooreenkonste van 10 jaar gelede is al
ten volle ge-inplimenteer, en hoeveel van hierdie jaar se ooreenkomste sal
binne die volgende 10 jaar implimenteer word.
Malbob Mugabe het natuurlik die afgevaardigdes om sy pinkie gedraai en
beweer dat slegs plase weggeneem is van diegene wat meer as een plaas het -
en die logiese vraag is dan hoekom so baie blanke boere dan die land verlaat
het as hulle dan nog 'n plaas gehad het.
En as Malbob en sy vrou elkeen ten minste een plaas het, hoekom kan 'n boer
en sy vrou dan nie elkeen een plaas besit nie - maar sulke vrae is nie gevra
nie - hy is met 'n dawerende handeklap vereer.
Die politici mag miskien dink dit was 'n sukses omdat daar 43 ooreenkomste
bereik is - waarvoor niemand pa staan of dit wel implimenteer gaan word
binne 'n (onbepaalde) tydperk nie.
Dit was nog steeds net 'n sirkus.
Baie mense, organisasies en regerings het bitter baie geld spandeer om iets
by ander tuis te bring hier, en ek weet nou nog nie wat die doel was van die
protesoptog nie, want waarteen die menigte ookal protesteer het, is nie eers
bespreek of eers erkenning aan gegee ter bespreking nie.
Elkeen het maar net vrolik voort op sy eie beueltjie geblaas, kop geknik,
die nodige geluide gemaak dat die mense tuis weet hy/sy is darem wakker, en
nou is almal lekker uitgerus, uitgevreet, en maak hulle reg vir die volgende
tedoe oor 10 jaar.
ek sien die Israelis praat om lewe in die Dooie See te
blaas deur water vanaf die Rooi See te pomp.
'bordered by Israel, Jordan and the Palestinian
territorities would promote peace in the region. By
piping water from the Red Sea to the Dead Sea would
bring extra water to the region through a desalination
project and top up the declining sea.
--
Niekie vertel dat hy die naweek by Calvinia se vleisfees was en skuinskoek
geëet het wat vreeslik lekker was. Toe skakel iemand onder uit Gauteng en sy
sê sy ken dit nie.
Ek het nooit eers gedink skuinskoek is 'n streekskos nie.
Annette
Ek het tot die besef gekom dat diegene wat met Siembamba as wirgeliedjie
grootgeword het, die is wat so graag die doodstraf wil sien en mense wil
slaan en skiet wat hulle ongelukkig maak.
Dus, hiermee die Gewysigde Siembamba vir 'n vredeliewende opkomende geslag:)
Siembamba, Mamma se kindjie,
Siembamba, Mamma se kindjie,
Draai sy vinger om,
Gooi hom in die water
Trippel op sy "Dingus"
Dan is hy 'n kapater.
Moet nie so kwaai wees nie, ek is seker hy het nie dit agter gekom nie. Jou
sarkasme word waardeer. ;o)
Groete
I. Hate Telkom
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:u2u4nusg4kuhvl7n47v987g3jo3kmntogd@4ax.com...
> On Sun, 1 Sep 2002 13:11:57 +0200, "Paul" wrote:
>
>
> Why??? They were so nice last week to offer you ADSL at merely R1
> 000
>>> a months!!!
>
>>> Think of it! They COULD HAVE asked R10 000 a month but did not!
>
>
>
>
>
>> As usual Ferdi Greyling is being an ASS HOLE
>
> As usual you are too fucking stupid to recognise sarcasm when it jumps
> up and bites you.
>
Ken iemand die reëls vir dié spel? Ek wil weet hoe lank die stokke moet
wees en dan elke hou wat geslaan kan word. Die hele spul
asseblief.......of waar kan ek gaan om dit te kry?